Laai die dokument gratis af www.Lastweek.co.za
Druk hierdie bladsy
45 dae na groot verdrukking

“45 DAE” NA DIE GROOT VERDRUKKING.  KERN VERWOESTING.  

DUISTERNIS OP DIE AARDE.  

 

Die profeet Daniël verklaar: “Welgeluksalig is hy wat bly verwag, [dit is die oorblywende Christene] en een duisend-driehonderd vyf en dertig [1335] dae bereik.”   (Dan. 12:12)

 

Merk op, dat dit vyf en veertig [45] dae na die Groot verdrukking is!  

 

Dit is gedurende hierdie tydperk van “45 dae” dat daar ʼn geweldige kernkrag verwoesting sal plaasvind en dadelik daarna, sal die wederkoms van Jesus Christus plaasvind.  

 

Jesus verklaar dit as Hy sê: “want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn ...”

En vêrder; “Dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre [dit is trosbom vuurpyle wat toegerus is met kern slaankrag] sal van die hemel val en die kragte van die hemel sal geskud word [met ondenkbare kern slaankrag en radioaktiewe skokgolf verwoestings].  Die son sal verduister [as gevolg van geweldige en baie digte rookkolomme] en die maan sal sy glans nie gee nie.”   (Matt. 24:27-29)  

 

Hiermee word duidelik deur die insig van die Heilige Gees verstaan dat ʼn kernaanval dadelik ná die Groot verdrukking sal plaasvind!  

 

Dit sal wees vanuit die Ooste na die Weste, waarna die Weste onmiddellik daarop sal reageer.  “... En tot die einde toe sal dit oorlog wees, vasbeslote verwoesting.”  “... En op die vleuel van gruwels [ʼn vuurpyl] sal daar ʼn verwoester [ʼn waterstof bom] wees, en wel tot aan die einde; en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word.”   (Dan. 9:26-27)

 

Joël maak bekend: “... Bloed en vuur en rook pilare.”   (Joël. 2:30)

 

Johannes sien duidelik as hy verklaar: “En die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos ʼn vyeboom wat deur ʼn groot wind geskud word, sy navye laat afval [dit is trosbom vuurpyle wat toegerus is met kern slaankrag]; en die hemel het weg gewyk soos ʼn boekrol wat toegerol word [wat die gevolg is van geweldige en ondenkbare kernkrag verwoestings, met radioaktiewe skokgolwe, en paddastoel rookkolomme], en al die berge en eilande is uit hulle plekke versit; en die konings van die aarde en die grotes en die rykes en die owerstes oor duisend en die magtiges en al die slawe en al die vry mense het hulle weggesteek ...”   (Openb. 6:13-15)

 

Want: “... Hy sal hulle vlees laat wegteer, terwyl hulle nog op hulle voete staan; en hulle oë sal wegteer in hulle holtes, en hulle tong wegteer in hulle mond [wat die resultaat van geweldige kernkrag skokgolwe met radioaktiewe bestraling is].”   (Sag. 14:12)

 

Die profeet Jesaja onthul: “Want die sterre van die hemel en sy Orion’s sal die lig nie laat skyn nie; en die son is duister by sy opgang en die maan laat sy lig nie skyn nie.”   (Jes. 13:10)

 

In Handelinge lees ons: “... Bloed en vuur en rookdamp [atoom rookkolomme]” “...Die son sal verander in duisternis en die maan in bloed voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom.”  “...Want die dag van die Here kom, want hy is naby ʼn dag van duisternis en donkerheid, ʼn dag van wolke en wolke nag...”   (Handelinge 2:19–20)

 

Johannes skryf: “... En die son het swart geword soos ʼn harige sak, en die maan het geword soos bloed.”   (Openb. 6:12)

 

En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun, en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom.  Want die kragte van die hemele sal geskud word.   (Luk 21:25-26)  

 

Hierdie openbaringe van die profete oor die laaste dae, en wel voor die koms van Jesus, het baie duidelik betrekking tot interkontinentale ballistiese trosbom vuurpyle wat toegerus is met kern-of waterstof plofkoppe.  

 

Hierdie wapentuig bring ondenkbare vernietiging en verwoesting en dan uiteindelik verlatenheid teweeg.

 

Die gevolg van hierdie geweldige atoom of kern slaankrag verwoesting, laat in die atmosfeer rondom die aarde ʼn digte radioaktiewe laag van as, rook, stof, roet, waterdamp, en verskillende gasse.  

Dit sal so geweldig wees, dat dag en nag nie van mekaar onderskei kan word nie.  

 

NB : Noord van die ewenaar in die noordelike halfrond van die aarde, vind ons al die atoom moondhede met hul Kern arsenale geleë, wat strek vanuit die Ooste tot die Weste.  Dit is vanaf Japan in die ooste, groot en klein Asië, die Islamitiese kern-moondhede, verby Israel, regoor die Europese kern-moondhede verby, tot by die Verenigde State Van Amerika in die Weste.  

 

Die Ooste en Weste word hier gesien met Jerusalem as die vertikale lyn van skeiding. Hieraan is dit dus duidelik dat die Ooste en die Weste vyandig teenoor mekaar staan.  

 

Ons kan dit vêrder so beskryf dat die laaste Westerse wêreldorde [die ruiter op die wit perd] en Islam saam met die Oosterse moondhede [die ruiter op die vuurrooi perd], as vyande in oorlog teenoor mekaar staan.  

 

Net vyandskap, verdrukking en dood staar die oorblyfsel van opregte Christene in die gesig, terwyl hierdie twee magte tot die einde toe, hulle teenoor mekaar uitwoed.

 

Dit is gedurende hierdie tydperk dat die Christene wat nog oorbly, se geloof tot die uiterste getoets en beproef sal word en hulle geheel en al van hulle mag gestroop sal wees.   (Dan. 7:25)(Dan. 12:7)

 

Hierdie 45 dae sal dan die laaste dae wees, vir die Heilige Gees se wedergebore, uitverkore Christene se bestaan op aarde!  

Daarom sê Jesus: “Maar wie volhard tot die einde toe, sal gered word.”   (Dan. 12:11-12)(Matt. 24:13)

 

Sonder die Heilige Gees se vrug van wedergebore en ware Liefde, wat HY binne in ons innerlike bewerkstellig en koester vir Liewe Jesus, is dit vir ons onmoontlik om onder die druk van hierdie geweldige vervolginge, nie die HERE Jesus Christus te verloën nie!

 
 

Terug na bo
Druk hierdie bladsy
Stuur hierdie blad aan iemand
Voeg tot gunstelinge
Kopiereg ©2010 Laastweek.co.za - Alle regte voorbehou