Laai die dokument gratis af www.Lastweek.co.za
Druk hierdie bladsy
Dankbetuigings

DANKBETUIGINGS

 

Jesus waarsku ons as Hy sê: “Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van My Naam. En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat.” (Matt. 24: 9-10)

 

Juis daarom verskyn hul name nie hier nie, maar is opgeskryf in die boek van die Lewe!

Elkeen wat van oor die hele wêreld en deur middel van die internet, met nuttige en gewaardeerde opmerkings en wenke bydra tot die opstel van die manuskrip.

 

Elkeen se aandeel in die redigering en taalversorging daarvan.

 

Elkeen wat met opreg, toegewyde oortuiging, borge is en gesamentlik deelneem aan die verkondiging en die verspreiding van hierdie Waarheid met betrekking tot die Heilige Gees en die Koninkryk van GOD!

 

Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van GOD is; en as ons kinders van GOD is, dan ook erfgename, erfgename van GOD en mede-erfgename van Christus Jesus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word! Amen. (Rom. 8: 16-17)

 

Hierdie openbaringe is toegewy aan die Lewende Jesus Christus, die eniggebore Seun, Erekoning en Hoë Priester van GOD!  Hom vir wie ons verwag om te kom en om uiteindelik dan Sy koninkryk hier op aarde in besit te neem.  Soos in die hemel net so ook op dié aarde! (Matt. 6: 10)

 

Hierdie Heilige Gees openbaringe, mag onder geen omstandighede verkwansel word nie!

OOR DIE SKRYWER
Terug na bo
Druk hierdie bladsy
Stuur hierdie blad aan iemand
Voeg tot gunstelinge
Kopiereg ©2010 Laastweek.co.za - Alle regte voorbehou