Laai die dokument gratis af www.Lastweek.co.za
Druk hierdie bladsy
Die agterblywende kerkmense

DIE AGTERBLYWENDE KERKMENSE OP AARDE. DIE KERK SE EINDE!  

 

Die Kerk en alles waarvoor dit staan, sal gehaat en vernietig word gedurende die laaste drie en ʼn half jaar van Groot verdrukking. (Openb. 17: 16-17)

 

Daar gaan letterlik miljoene en miljoene Kerkmense wees, op die oog af baie goeie en godsdienstige Kerkmense, wat vanaf die wederkoms van JESUS, hier op die aarde sal agterbly en dan ook met verdwaasdheid, na hulle godsdienstige Kerkleiers sal gaan om antwoorde te verkry!

 

Ja, selfs na die Rooms-Katolieke Pous, om helaas net uit te vind dat dié godsdienstige leiers geen antwoorde het nie, en dat hulle prediking [sonder die krag van die Heilige Gees was] maar net aangeleerde godsdiens is, wat met leuens en eie versinsels gekruie was, en word dit deur hulle vanuit die Bybel geregverdig. (Matt. 25: 6-13)

 

Apostel Petrus wys daarop: “... Wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie (nie die Wet nie) van GOD ongehoorsaam is? En as die regverdige [wedergebore heiliges] nouliks gered word ...?” (1Pet. 4:17c-18a)

 

In sy brief aan Timotheus skryf Paulus: “Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang deur die geveinsdheid van leuenaars [demonies, godsdienstig beïnvloedbare Predikante en pastore] wat gebrandmerk is in hulle eie gewete.” [omdat hulle nie uit die krag van die Heilige Gees weergebore is nie] (1 Tim. 4: 1-2)

 

Ook sê hy: “En daarom sal GOD hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo [en liefgehad] het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.” (2 Thess. 2: 11 -12)

 

Daar sal egter gedurende die drie en ʼn halfjaar “Groot verdrukking”, heelwat mense uit verskillende Kerke wees wat nie die merk van die dier geneem, of sy beeld “verafgod” het nie.

 

Daar is vir hulle ook nog ʼn geleentheid om hulle tot die Here met sondebelydenis te bekeer, en hulle te laat doop, om deur die krag van die Heilige Gees weergebore en vernuwe te word!

 

Joël skryf; “en elkeen wat die naam van die Here aanroep, sal gered word”; “... die vrygeraaktes [van die Kerk], die wat die Here sal roep.” (Joël. 2: 32)

 

Johannes verklaar ʼn verskriklike waarheid soos volg: “... As iemand die dier en sy beeld [rekenaar, televisie en selfoon] aanbid [misbruik en verafgod] en ʼn merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van GOD wat ongemeng ingeskink is in die beker van Sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam.

En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie.” “... Hier kom die lydsaamheid [gedurende die Groot verdrukking] van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van GOD en die geloof in Jesus bewaar.” (Openb. 14: 9 - 12)   (Jes.   66: 24)


DIE NIÉ-CHRISTENE WAT OP DIE AARDE AGTERBLY.


Terug na bo
Druk hierdie bladsy
Stuur hierdie blad aan iemand
Voeg tot gunstelinge
Kopiereg ©2010 Laastweek.co.za - Alle regte voorbehou