|
DIE BRUILOF VAN DIE LAM.
Nadat al hierdie openbaringe in chronologiese volgorde in vervulling gegaan het, breek daar ʼn tyd van hemelse feestelikheid aan.
Want daar staan geskryf: “...Halleluja! Want die Here GOD, die Almagtige, het die koningskap aanvaar. Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak. En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges.” “...Salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam.” “...Dit is die waaragtige woorde van GOD.”
(Openb. 19: 6 - 9)
Dit is dus baie duidelik dat die bruid van Christus nie op aarde is nie, maar wel in die hemel met hierdie uitnodiging! “En die Gees en die bruid sê kom ...” (Openb. 22: 17)
Nietemin is dit vir ons voordelig en noodsaaklik om onsself rein, skoon en suiwer in die geloof, ongeskonde in ons liefde vir liewe Jesus in afwagting vir Sy koms te bewaar!
Ons liefde vir HOM moet elke dag toeneem! Net soos ʼn reine maagd dolverlief raak op haar verloofde en haarself voorberei vir die huwelik met haar dierbare man.
(2 Kor. 11: 2)
Met die koms van Jesus Christus, en met harde trompetgeskal (nadat die engele ons versamel het)! Word die van ons wat gedurende die Groot verdrukking afgesterf het, en deur die Liewe Heilige Gees uit die dode opgewek is, saam met die wat in die lewe oorbly, aan Hom voorgestel as Sy wedergebore uitverkorenes. (Rom. 8:11)
Met gemoedere vol van vreugde keer ons dan saam met Jesus en die Liewe Heilige Gees terug na Sy heerlikheid! (Matt. 24:31)
Wat wel baie duidelik is, is dat ons nooit die bruid van Christus sal wees nie, maar wel genooide gaste na die bruilofsmaal van die Lam.
Wanneer die bruid van Christus wel aan ons bekend gemaak word, sal dit vir ons almal ʼn groot verrassing wees. En so sal ons altyd in geluksaligheid by die Here woon.
Die genade van die Here Jesus Christus en die koestering van die Liewe Heilige Gees, sy met julle almal! Amen.
|