Laai die dokument gratis af www.Lastweek.co.za
Druk hierdie bladsy
Die Christen martelare
 

DIE “CHRISTEN MARTELARE”.  

 

J

ohannes sien onder die altaar die siele van die [Christen martelare], wat gedurende die afgelope 2000 jaar gedood is ter wille van die Woord van God en die getuienis wat hulle gehad het.  Naamlik dat Jesus hulle deur Sy Bloed gevrywaar het van die ewige verderf.  

 

Want die ewige verderf is die bestemming vir al die mense wat sonder Jesus is!  

 

En hulle het met ʼn groot stem uitgeroep en gesê: “Hoe lank, O Heilige en waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie.  

En aan elkeen van hulle is wit klere gegee; En aan hulle is gesê dat hulle nog ʼn klein tydjie moet rus, totdat ook hulle medediensknegte en hulle broers wat nog gedood sou word, soos hulle, voltallig sou wees.”   (Openb. 6:9-11)  

 

Dit is hierdie doodmaak van hul medediensknegte en broers die “uitverkorenes” wat gedurende hierdie bogenoemde “Groot verdrukking” afgehandel moet word.  

 

Hierdie “wedergebore” martelare, word gekenmerk aan die Goddelike seël, wat deur die Heilige Gees aan hulle toegeken is as dissipels en kinders van GOD se Koninkryk!  

 

Hulle word uiteindelik na die eerste opstanding, in die hemel voor die troon van God verenig saam met die Here Jesus Christus en Sy “wedergebore” uitverkorenes, wat vanuit alle volke, nasies en stamme deur die drie en ’n halwe jaar Groot verdrukking kom!  

Hulle is reeds deur die Heilige Gees met die selfde Goddelike seël van “wedergeboorte hier op die aarde geoordeel as kinders van GOD,!”  

 

Dit is wat die onderskeid maak tussen die agterblywende Kerkmense, en die Heilige Gees se wedergebore volgelinge van die Here Jesus Christus!   (Open. 7:9-17)  

 


Terug na bo
Druk hierdie bladsy
Stuur hierdie blad aan iemand
Voeg tot gunstelinge
Kopiereg ©2012 Laastweek.co.za - Alle regte voorbehou