|
DIE GROOT DWALING. VERLEIDENDE LEERSTELLINGS. CHRISTELIKE WAARDES.
Daar is verskeie godsdienstige denke gebaseer op die wanbegrip dat die Kerk of gemeente die bruid van Christus is, en dat daar ʼn wegraping gaan plaasvind voor die Groot verdrukking.
Omdat die Christene nog ongeletterd was, is hierdie verleidende leerstelling mondelings mee volhard en vir baie eeue, van een geslag na die volgende oorgedra, en sedertdien is dit as die waarheid aanvaar en verkondig tot vandag toe.
Groot menigte belydende Christene en veral die Charismatiese of Pinkster Kerke oor die algemeen, glo en verkondig hierdie onwaarheid naamlik: “Dat die op of wegraping van die bruid, voor die Groot verdrukking gaan plaasvind.”
Hierdie verleidelike onwaarheid het reeds voor die ontstaan van die meeste van die hedendaagse Kerke sy beslag gevind. In 1918 “onder andere” is hierdie misleidende onwaarheid, as die waarheid gepubliseer en is toe so aanvaar. Maar dit bly ʼn leuen en om hierdie rede is dit geopenbaar en bewys!!!
Sulke boodskappe bring verwarring en stel die uitsprake van Jesus, sowel as dié van die Bybeltydse profete in konflik met mekaar, en dan sou ons geloof in Christus en ons hoop op die opstanding uit die doderyk tevergeefs wees.
Vir die dwaalleraars wat jaar na jaar vir Jesus Christus die Eniggebore Seun van GOD, wil voorhou en verkleineer as ʼn “Krismis baba” wat in ʼn krip lê, Hom te vereenselwig met Kersfees en al die afgodery en al die verfoeisels wat daarmee gepaard gaan, vir hulle wag daar ʼn “verskriklike” openbaring en ontnugtering, wanneer die Erekoning en Hoë Priester van GOD Homself aan hulle bekendmaak!
(Open. 1:10-18)
Genoemde Leraars dra geen kennis van GOD die Vader, Jesus Christus en die Liewe Heilige Gees nie, en praktiseer dus ʼn valse godsdiens van afgodery!
Die apostel Petrus vermaan dan ook: “Maar daar was valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle ‘met Sy bloed, duur’ gekoop het verloën”...“en baie sal hulle [die Kerk se] verderflikheid navolg, en om hulle ontwil sal die Weg van die Waarheid gelaster word.” (2 Pet. 2: 1-2)
Ons sien dus dat valse predikers, leraars en profete vanaf die tyd van die dissipels, en tot vandag toe teenwoordig is en onbeteueld, voortgaan met hierdie verkeerde leerstellings, asof dit reg is!
Hulle kom voor met ʼn skyn van heiligheid en ʼn valse nederigheid. Hierdie predikers is in hulself emosioneel voortgedrewe, dit is hulle wat toegee aan diaboliese leerstellings en demoniese influisteringe wat só leuens verkondig en met hulle verdraaide ideologieë, kleingelowiges en swakkes in hul opregtheid mislei.
Vandag word baie van hierdie valse boodskappe versprei en gedra deur die “beeld” van televisie en die rekenaar en so help dit mee om Christene te vervreem van mekaar en van hul verpligte gemeenskaplike samekomste.
Ons sien hoe duisende Christene ewe gemaklik die gemeenskap van die heiliges met die teenwoordigheid van Jesus Christus in Gees en waarheid verruil het, om die “beeld” van televisie en rekenaar met sy bose internet “beeldmateriaal” te verafgod.
As gevolg hiervan, is baie onvaste Christene reeds deel van die “groot afval” – weg van die geloof. Die gemeente is daar gestel juis om die verval van Christene tee te werk en om ʼn pilaar en grondslag van die waarheid te wees. (1 Tim. 3: 15)
Daar rus ʼn geweldige verantwoordelikheid op die skouers van elke prediker en leraar, om die Woord van GOD en die Evangelie van Jesus Christus onberispelik te verkondig. Dit is hulle wat die kudde van die Here in Sy geregtigheid moet lei. (Eseg. 34)
Om dié rede sê Jesus aan Sy Dissipels: “Want al die profete en die wet het tot op Johannes geprofeteer!” (Matt. 11: 13)
Met ander woorde die Ou Testament era is verby. Met die kruisdood en die opstanding van ʼn Lewende en ʼn GOD verhewe Christus Jesus, is dit nou die Nuwe Testament era! Die profesieë van die Ou Testament met betrekking tot die toekoms en wat die mensdom se voortbestaan betref, word nou alles deur Jesus Christus bewerkstellig en voleindig! (1Pet. 3:22)
"Maar” wat die Christen betref sê Paulus, die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,
sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.
(2Tim. 3:16-17)
Vêrder waarsku Jesus: “Pas op dat niemand julle mislei nie. Want baie sal onder My naam kom en sê: Ek is die Christus, en hulle sal baie mense mislei.” (Matt. 24: 4 - 5)
“En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei. En omdat die ongeregtigheid
vermeerder, sal die liefde van die meeste verkoel.” (Matt. 24: 11–12)
Let wel: Hierdie bogenoemde “oorleweringe van die oumense” deur valse predikers en profete, weerspieël hoegenaamd geen refleksie op die “Heilige Gees” gevulde, opreg weergebore dienaar en herder van Jesus nie. (Hand. 20: 28)
Want Hy sê tog: “en waar Ek is, daar sal My dienaar ook wees; en as iemand My dien, sal die Vader hom eer.” (Joh. 12: 26)
Wat sê liewe Jesus vir Dominee, Pastoor, Werker, dienaar, Doktor, Professor, leraar van die volk “Nikodemus?” “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die Koninkryk van GOD
nie sien nie .” (Joh. 3: 3)
Met ander woorde, Nikodemus moet homself op sak en as met absolute oorgawe tot GOD verneder en bekeer van die godsdienstige self, en die godsdienstige self oorgee om saam met Jesus gekruisig te wees! (Gal. 2: 20)
Om sodoende deur die Heilige Gees, in die gemoed, geheel en al bevry te word van al die teologiese en eie oortuigings met betrekking tot die Kerk en die bediening daarvan. Sodat die liewe Heilige Gees kan inwoon in die gemoed en ʼn tempel maak van Nikodemus! (Efese. 2:22)
Om vir Nikodemus met insig en begrip te onderrig en te lei, aangaande die waarheid met betrekking tot die Evangelie van Liefde van Jesus Christus en die koninkryk van GOD!
Bogenoemde Predikante moet hulself met die belydenis van sonde (Mark. 1: 4-5) oorgee, om deur ʼn Heilige Gees weergebore dienaar van GOD, en deur middel van onderdompeling in water gedoop te word soos Jesus en Johannes die Doper vir ons die voorbeeld gestel het!
(Luk. 3: 22-23a)
In die Naam van GOD die Vader, Jesus die Seun en die Heilige Gees moet hulle gedoop word.
Dit is ʼn
voorwaarde van Jesus vir almal, Predikante ingesluit, om uit water en Gees weergebore te wees.
Hulle moet in opregtheid bid tot GOD, sodat die Heilige Gees hulle met Sy krag kan vernuwe vir die roeping van Jesus Christus, sodat Hy hulle kan toevertrou met die verborgenhede van die waarheid!
Die Christen Predikant en Pastoor wat nie met sondebelydenis gedoop is nie, en nie met die Heilige Gees krag vernuwe is nie, is nie weergebore nie, en verskyn hul naam dus nie in die Boek van die Lewe nie! Die Heilige Gees laat die weergebore Christen se naam in die boek van die Lewe verskyn!
Al skryf “Nicodemus” van die Kerk die Bybel menigmaal, geheel en al oor en al kan hy die Bybel van voor tot agter resiteer, en al ploeg Nikodemus biblioteke vol van boeke met die kennis van ʼn ander se kalwers waarmee hy skryf, maar hy is nie weergebore nie, dan bly “Nikodemus” sonder die Liewe Heilige Gees, met die kennis van die letter van die Bybel, net ʼn klinkende metaal en ʼn luidende simbaal.
Met ander woorde; sonder die Heilige Gees krag wat die “Liefde tot die ewige lewe is,” bewerkstellig Nicodemus [wat die Predikant en Pastoor van die Kerk is] deur die krag van die godsdienstige self [wat demonies beïnvloed word] in pleks van lewe, die dood in die pot, dus sal geen siel ooit deur sy bediening tot bekering en wedergeboorte gelei word nie!
(Matt. 23:15)
Die Nicodemus wat nie deur die Krag van die Heilige Gees weergebore is nie, “sal die Koninkryk van GOD
nie sien of ingaan nie”, sê Jesus!
Met die gevolg dat: Sonder die Heilige Gees se krag van wedergeboorte is die Predikant en die Pastor as dienaars van die Kerk, net wonderlik, en hoe meer snert hy opdis hoe beter vir die Kerk!
Maar vir die koninkryk van GOD en wat die Saligheid betref, is hulle sonder die Heilige Gees se krag van wedergeboorte, net “useless”!
Tensy die Predikant, leraar van die volk, “Nikodemus,” hiérdie bogenoemde
voorwaarde van Jesus uitvoer, is sy bediening “
van geen nut of waarde” vir die Evangelie van Liefde tot die
redding van siele vir Jesus Christus nie. Hy sal die koninkryk van GOD
nie ingaan nie sê Jesus; dit is so eenvoudig as dit!
(Joh. 3: 1-10 & Joh. 3:36) ( Joh. 16 ; 13-14) (1 Tim. 3: 13-16)
Bogenoemde voorwaarde van Jesus is van uiterste belang en ʼn minimum vereiste vir ʼn dissipel en ʼn navolger van Jesus en is die hoogste kwalifikasie vir Sy dienaar! (Hand. 2:38-39)
“Daarom is elke skrifgeleerde wat ʼn leerling (van die Heilige Gees) geword het in die koninkryk van die hemele, soos ʼn huisheer wat uit sy skat nuwe en ou dinge te voorskyn bring;” sê Jesus!
(Matt. 13:52)
Sodat Sy dienaar al die (verborgenhede van die) heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus! Skryf Paulus
(2Tim. 3:15) (Efese. 1: 17-23)
Vêrder mag dit nie nagelaat word om die sogenaamde “Afrikaner Volk se Kerke,” hoegenaamd ook al, se skrifgeleerdes en Fariseërs, (wat in die Kerk en op die uitsaai media vanweë die aansien van hul persoon en geleerdheid, hulself aan die Volk wil voordoen asof hulle dié gesante van GOD is), aan te spreek nie!
In die letter van die Bybel is hulle wel hoogs geleerde Predikante, wat met hulle eie definiëring van die Bybel, baie godsdienstig en vindingryk wil voorkom, (maar dit is ’n dooie godsdiens sonder liefde, waarmee hulle die volk verblind en besluier, want self ontbreek dit vir hulle die Lewendmakende Heilige Gees krag daarvan)!
Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene en allerhande onreinheid is. So lyk julle ook van buite vir die mense wel regverdig, maar van binne is julle vol geveinsdheid en ongeregtigheid:
Sê JESUS vir julle.
(Mat 23:27-28)
Daarom is hulle geveins, want hulle ooreenkoms met die Kerk en hulle hoogs aangeskrewe posisie en pakket van vergoeding wat voorsien word deur die Kerk, weerhou hulle daarvan om vir die Volk te s
ê; Kyk, ons is jammer en vra vir Jesus Christus om genade en vergifnis vir ons sonde, dat ons al die jare, deur eeue heen godsdienstig sonder liefde, verkeerd was, kyk ons bekeer ons tot die Here onse GOD, van hierdie valse, en liefdelose godsdiens van die Kerk, wat ons in die Naam van die Here bedryf!
“Onmoontlik is dit vir ’n Predikant en ’n Pastoor om hulself van die liefdelose, godsdienstige Kerk te bekeer, en weg te breek van die KERK! Sodoende deur die krag van die Heilige Gees wedergebore as dissipel en dienaar van Jesus Christus, alleenlik te staan vir die Koninkryk van GOD, sonder om weer ’n ander kerk te stig!
Sonder die insig en begrip (van die “Heilige Gees se krag van wedergeboorte,”) in die kennis van die Waarheid, word Hy deur die godsdienstige Teoloë van die Kerk wat so vol van hulleself en van ’n liefdelose godsdienstige geleerdheid is, weerstaan.
Dus, is hulle met ’n liefdelose godsdiens verblind, naamlik: Dat hulle sonder die wedergeboorte van die Heilige Gees, die barmhartige Genade van GOD se Liefde, en die Saligheid wat vir ons deur die Volmaakte Liefde in Jesus Christus bewerkstellig is, nie kan begryp nie, en om dié rede bly die Volk sonder die wedergeboorte van die Heilige Gees wat die ewige lewe is, binne die Kerk deur hierdie godsdienstige predikante besluier en vasgevang onder die Wet van dooie werke en die ewige verderf!
Want self is hierdie godsdienstige Predikante en Pastore wat sonder die wedergeboorte van die Heilige Gees is, oppad na die ewige verderf: Sê Jesus!
(Joh. 3: 15-17) (Heb. 5: 9-10 en 7: 1-28) (Joh. 3:3-5).
Blinde leiers is hulle, wat net soos die Jode, die Heilige Gees minag en in die godsdienstige self volhard met die Tien Gebooie, wat nie in staat is om te red nie!
Juis daarom was dit noodsaaklik dat Jesus, met Sy lewensbloed ʼn Volmaakte Liefdes offer bring, wat versoening en vergifnis by GOD, vir die mensdom bewerkstellig!
Sodat ons geheilig word deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, net eenmaal.
“Want Jesus Christus is die einde van die Wet (Hy het die Wet deur volmaakte Liefde vervul) tot geregtigheid vir elkeen wat glo(in Hom is elke Heilige Gees weergebore Christen versoen met GOD sonder die Wet):” Sê Paulus. (Rom. 10:4)
Want deur een offer van Volmaakte Liefde met Sy liggaam as Slagoffer, het Hy vir ewig volmaak die wat (deur die Heilige Gees wedergebore) geheilig word!
Hy het as Hoëpriester van GOD, die Vader behaag, dat hierdie offer in Liefde en Liefde alleen moes geskied, sodat die wat die Here Jesus Christus aanneem se saligheid deur middel van Sy Volmaakte Liefde bewerkstellig word; aangesien dit deur die onderhouding van die Wet nie moontlik is nie! (Joh. 1: 29b) (Heb. 10: 1-18) (Rom. 3:20)
Vêrder is daar van hierdie kamma besorgde Predikante, wat deur middel van en in samewerking met die uitsaai media, besig is met opswepery. Wat onder die dekmantel van sogenaamde “Volkseie en Afrikaner Boerevolk geskiedenis”, die “Afrikaner Boerevolk,” met vernuftige haatspraak tot politieke verset teenoor die huidige ANC regering mislei.
Die van ons wat haatdraend en rassisties is, het vanweë die hardheid van hart, die Heilige Gees Van GOD, nie deelagtig geword nie, en vergeet hulle daarom, dat Jesus gekruisig is, omdat GOD die VADER se Liefde vir “almal,” elke nasie, volk, stam en taal se redding daardeur bewys word!
Hierdie einste “Afrikaner Boerevolk geskiedenis van ons voorvaders,” hou hoegenaamd geen voordeel in vir die redding van kosbare siele vir Jesus nie. Siele wat dan uiteindelik die
Saligheid in die Koninkryk van GOD wat ons binnekort verwag, moet ontvang!
Maar sodoende het bogenoemde onwyse Predikante die “Afrikaner Boerevolk,” vêrder besluier en mislei tot afvalligheid. Om die rede, skryf die Apostel Paulus die volgende: “... Ek vergeet die dinge wat agter is “ ... en beskou dit alles as drek .... want ons burgerskap is in die hemele, vanwaar ons ook as verlosser verwag, die Here Jesus Christus.”(Filip. 3:8-21)
Dat daar wel ʼn gewetenlose en Godlose, Judas leier was, wat die “Afrikaner Boerevolk” in kapitulasie uitverkoop het en toe daarna gereël het vir die aanstel van hierdie huidige regering oor ons, is waar.
Dit moet egter beklemtoon word, dat al hierdie gebeure juis deur die wil van GOD onse Vader oor hierdie volk toegelaat was. Let wel; en dit sonder bloedvergieting!
(Rom. 13: 1-7) (1 Tim. 2:1-3)
Dit is van uiterste belang dat hierdie “Volk” hulself aan die gesag wat oor hulle aangestel is onderwerp. Juis daarom; dat dit verdraagsamer sou wees vir hierdie “Christen Volk” van GOD.
Ook vir die wat in die Naam van Jesus Christus, beskryf kan word as Wettiese Christene, ʼn verstrooide gemeente, wat met die wederkoms van Jesus saam met die Jode sal agterbly!
Dit is hiérdie einste Wettiese volk wat hulle hart verhard het teen die Heilige Gees, wat met berou hul dwaasheid te láát sal besef wanneer hulle agterbly! Gedurende die aanvang van GOD se 1000 jarige Vrederyk hierop aarde, word hulle deur Jesus met Sy uiteindelike wederkoms versamel! (Sef. 3: 8-20)
Daarom moet daar ook klaargekry word om Kerk te speel. ʼn Mens sou dink dat hierdie “top heavy” Predikante die nutteloosheid daarvan tot die “saligheid,” deur die eeue heen sou kon insien en begryp.
Maar dan is dit al, waarvoor hulle geleerdheid van enige nut en gebruik is, naamlik; die mensgemaakte en omvangryke instellings, leerstellings, reëls en regulasies hoegenaamd ook al!
Almal nuttelose gebruike wat hulle op grond van die Woord regverdig. Waarmee hulle onder mekaar wedywer en die godsdienstige self beywer en verblind! Soveel so, dat hulle vergeet het waaroor alles gaan, en nou is die Kerk leeg gewedywer! (Matt. 23:13)
Nogtans is daar genoeg predikante om die Kerk mee vol te maak, maar nie een siel is na Jesus gelei nie.
Die eeue oue skewe mure van tradisies wat op grond van Kerk verskille, en op grond van dié en daardie se leerstellings gebou is, moet baie vinnig afgebreek word. Sodat daar weer by die stewige fondament van die evangelie van Christus Jesus uitgekom kan word.
Jesus Christus self het die grondlegging gedoen, die Apostels het vir ons die voorbeeld gestel hoe daarop gebou moet word, met Jesus as die Hoeksteen van die nuwe testament en die Heilige Gees as die Leermeester en die Boumeester van die Waarheid! (1 Kor. 3: 9-21)
(Efese. 2: 20-22)
Die Liewe heilige Gees sal binne die strukture van Kerklike gemeenskappe, ongeag die kundigheid, bekwaamheid, charisma of die vermoëns, nie een siel met Sy Heerlikheid red of vul en vernuwe nie. Die Kerke, met Predikante, Pastore en al, sal almal leegloop!
Maar die LIEWE HEILIGE GEES sal wel buite die geknoei en gekonkel van Kerklike strukture en instansies, die volke wat in die Naam van onse Liewe Heiland Jesus Christus byeenkom, vir hulle in hul duisende en tienduisende sal Hy tegemoet kom!
Die Heilige gees met Sy Heerlikheid, sal hulle red en vernuwe, en met wonders en tekens sal hy onder hulle saamwerk. Sodat in ʼn band van eenheid en liefde daar ʼn volk in die liggaam van Jesus Christus vir die Koninkryk van onse GOD en Liewe Vader wedergebore word! En nie ʼn verderflike “Kerk” nie!
Indien enige iemand wat die Heerlikheid van die Heilige Gees deelagtig word, en sou terugkeer na ʼn Kerklike gemeenskap waar ʼn paar Predikante of Pastore die kitaar slaan, wat sê dat hulle van die Here is, sal eenvoudig net terugval in ʼn dooie godsdiens afsaksel van dié Kerk, die verderf in!
Eendragtiglik moet daar alleenlik net een liggaam; ʼn Godvresende weergebore “Christenvolk” verrys, wat voorbereid en gereed is voor die koms van onse KONING. Halleluja! (Joh. 11: 52)
Nie die Kerk organisasie, nog die Kerkraad, of die Predikant nie, maar die Heilige Gees se wedergebore gemeente is die draer en is verantwoordelik vir die voortbestaan van die Waarheid! (1 Tim. 3: 15)
Die Predikante en Pastore moet aanpas by die Heilige Gees en Sy wedergebore Gemeente, en nie anders om nie!
Die liewe Heilige Gees word bedroef (Efese. 4: 30), as elke lid in die liggaam van Jesus (1 Kor. 12: 12-31), wanneer julle saamkom, nie mag deelneem om te getuig vir Jesus nie, dan het elkeen van julle ʼn Psalm of ʼn lering of ʼn taal of ʼn openbaring of ʼn uitlegging, laat alles tot stigting van die gemeente geskied, sê Paulus!
(Matt. 18:1-6) (1 Kor. 14: 26)
Wanneer die Heilige Gees teenwoordig is in die gemeente, (en dit is met elke samekoms (Matt. 18: 19-20) dan moet die eerbiedige Predikant, soos ʼn herder terugstaan en nie verhinder wanneer GOD met Sy Heilige Gees, oor Sy gemeente vaardig word en manifesteer nie!
(Luk. 17: 1)
Soos die wind deur ʼn groot boom waai en al die blare beweeg en ritsel in die wind!
So is dit dan ook wanneer die liewe Heilige Gees met krag en heerlikheid oor Sy gemeente beweeg.
Elkeen gewaar die salwing van die Heilige Gees se teenwoordigheid en die heerlikheid wat op almal neerdaal!
Die herder mag in welke hoedanigheid, geen hoogmoed toelaat of verdra in die gemeente nie, want hoogmoed weerstaan en verhoed die Heilige Gees se teenwoordigheid!
Die hoogmoedige self en die godsdienstige self, moet afgelê word (homself in Jesus kruisig en dit is presies wat wedergeboorte deur die krag van die Heilige Gees bewerkstellig!
Die self sterf in JESUS)!
(Spr. 8: 13)
(Mark. 7: 20-23)(1 Tim. 6: 17-19)(1 Pet. 5: 5-6) (Rom. 6:1-23)
Die tyd het vir ons uitgeloop. Ons het aan die einde van die genade tydperk gekom en staan nou voor die deur van ʼn Groot verdrukking. Net smarte en ellende wag op ons!
Gedenk julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het; aanskou die uiteinde van hulle lewenswandel en volg hulle geloof na.
Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.
Moenie rondgeslinger word deur allerhande en vreemde leringe nie; want dit is goed dat die hart versterk word deur genade, nie deur voedsel nie, waarvan die wat daarin gewandel het, geen voordeel gehad het nie. (Heb 13:7-9)
Daarom moet die “opregte” weergebore Predikante, Pastore, Werkers, Ouderlinge en Leerkragte van die “Volk,” vol van die Heilige Gees krag wees!
“Dienaars” met leeuemoed, wat GOD vrees. Wat eendragtiglik en in opregtheid voor GOD wandel om die afgodery te bestraf, sodat die vrees van GOD weer in die hart van die volk en ons kinders kan inwoon. (Judas vs. 17-25)
Dit is hierdie verwaande, kamma geringe en onskuldige afgodery van die volk, wat vir GOD die Vader vertoorn en waarmee Hy ontevrede is tot vandag toe!
Die wedergebore dienaar, van Jesus Christus, is sonder eiebelang, vry en losgemaak van enige Kerklike instansies. Sy dienaar staan in absolute afhanklikheidsbesef, alleenlik onder die gesag en leiding van die Heilige Gees vir die Koninkryk van GOD!
Vêrder wat die Godgegewe oorvloed betref, word daar voorsien met liefde en ontferming in die behoeftes van hierdie heiliges!
Bogenoemde Heilige Gees gevulde weergebore dienaars is die enigste verteenwoordigers van ons Meester en van GOD die Vader en Sy Koninkryk wat kom!
Hierdie weergebore “dienaars”, is ook die leiers en voorgangers van die volk na wie die volk moet opsien as sodanig! Niemand en niks anders as dit nie!
Want die gelowiges is reeds in afwagting op die koms van die Koning van die Konings naamlik; JESUS, wat met Sy koms Homself binnekort aan ons sal openbaar!
(Matt. 25: 1-13)
Vêrder wat die “Volk” betref: “Wees gehoorsaam en onderdanig aan julle ‘Godvresende’ voorgangers, want hulle waak vir julle siele as diegene wat rekenskap moet gee, sodat hulle dit met blydskap kan doen en nie al sugtende nie; want dit is vir julle nie nuttig nie.” (Heb. 13:17)
Bid vir hulle en voorsien uit die oorvloed van jul Godgegewe seëninge, in die behoeftes van hierdie opregte diensknegte en verteenwoordigers van GOD, sodat hulle sonder enige bekommernisse, met vrymoedigheid voor GOD vir julle kan intree! (Rom. 12: 13)
Julle moet ook met vlytigheid, en nie al klaend en sugtend nie, maar in opregtheid, na die behoeftes van die armes, weduwees en wese in die gemeente en onder die volk omsien!
Want die heidene doen dit met groot ywer, en plaas die werke van die gelowiges daardeur in die skande voor GOD!
(1 Tim. 6: 17-19) (Luk. 6: 24-38) (Jak. 5:1-6) (Jak. 1: 27)(Rom. 12: 9-21)
Daarom sê Jesus: “... soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê. Hieraan sal almal weet dat julle My dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.
(Joh. 13: 34b-35)
Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die Wet: Sê Paulus. (Rom 13:10) (1Pet. 1:22)
|