DIE HEILIGE GEES: WAT WEERGEBORE BETEKEN?
Op dertigjarige ouderdom het JESUS as ’n gewone mens, deur die werke van Sy geloof naamlik, onderdanigheid, gehoorsaamheid, die doop in water en die ontvangs van die Heilige Gees, binne-in Homself gesterf vir die Joodse godsdiens!
Sodoende het Hy in die geregtigheid van geloof die onderdanige persoonlikheid en gesindheid van ’n gehoorsame dienskneg voor Sy VADER ingeneem!
(Luk. 3:21-22)
En deur die Heilige Gees was JESUS die woestyn in gelei om deur die Satan versoek te word!
(Matt. 4: 1-11 & Luk. 4:1-13)
Dit is die Heilige Gees wat vir JESUS beproef verklaar vir Sy roeping as GOD se Offergawe van versoening vir die mens!
Hy het daarna in die geregtigheid van geloof en in gehoorsaamheid, Homself as Dienaar van GOD aan die Heilige Gees oorgegee, om die wil van Sy VADER tot en met sy dood aan die kruis, uit te voer!
En so het Liewe JESUS deur geloof, alle geregtigheid vir die geloof in HOM in vervulling volbrag!
(Luk. 4:14) (Matt. 3:15) (Hand. 3:16 & Hand. 4:12)
Toe JESUS deur die wil van Sy VADER aan die kruis hang, het Hy dit beruik met die volhardende werke van Sy geloof en die samewerkende krag van die Heilige Gees, en daarom vir eiebelang en die self alreeds lankal dood gewees!
Sodat ons deur Sy kruisdood en die Heilige Gees se krag van wedergeboorte, wat voortspruit uit die werke van ons geloof, die mag kan ontvang, om as kind van GOD, die self te onderwerp aan die wil van die VADER!
En sodoende, leef ons ’n nuwe lewe van gehoorsaamheid, in geregtigheid van geloof met GOD!
En wandel ons nougeset in Gees en Waarheid op die smal weg van ware-geloof!
(ROM. 6:1-23) (Joh. 8:47)
Dit is hoekom wedergeboorte nie ’n godsdiens is nie, maar vir ’n dissipel en dienaar van Jesus is dit ’n leefwyse van volwaardige geloofsoorgawe aan die Heilige Gees!
Met die Heilige Gees se vrug van liefde en van geregtigheid daaraan, leef ons nou om gehoorsaam te wees aan die wil van die VADER, en die oorsprong van Sy wil, kom uit die innerlik gemoed, van binne af!
En daarom met ’n rein hart [gees], is die wedergebore dissipel, ’n tempel van GOD!
(Rom. 5:5)
Juis hierom het JESUS gesê:
“
Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.
En “... as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.
(Joh. 3:3&5)
Met wedergeboorte word die HEILIGE GEES vir jou GOD se TROOSTER!
In tye van ergerlike van teleurstellings en droefheid, dan word jy met Sy teenwoordigheid van ontfermende LIEFDE vertroos, en al die innerlike seer en vernietigende wonde en merke van jou wanhopige lewe, wat die gevolg van selfgesentreerdheid en ongehoorsaamheid is, word vir jou deur Sy krag genees!
Die HEILIGE GEES is die gewer van Wysheid!
Hy is vir jou, GOD se MENTOR!
Deur insig van wysheid onder andere, ontvang jy van die Heilige Gees, die nodige begrip om verstandig en versigtig, verby die sondige strikke van verleiding, wat deur die bose vir jou gestel word, in opregtheid van Gees en Waarheid, met die VADER te mag wandel!
HALLELUJA!
(Efés.16:10-18)
Die HEILIGE GEES is ook jou LEWENSREDDER!
Tydens die sielswroegende storms van begeerlikheid, verleiding, versoeking, afgodery en sonde, dan kom Hy vir die wanhopige self [wat na die HERE toe uitroep om hulp] tegemoet en dan word jy deur die Heilige Gees uit die verleentheid van jou ellende gered!
In die HEILIGE WAARHEID, is die HEILIGE GEES jou LEERMEESTER!
Hy leer vir jou met begrip, die alombelangrike betekenis van die waarheid en sodoende die bedrieglike en leuenagtige self, aan die kruis af te sterf!
Sodat JESUS in jou die waarheid mag lewe!
Daarmee gee Hy vir jou insig oor die verborgenhede!
’n Insig vanuit jou gees wat strek, vêr bokant die denke van enige normale mens!
In waarheid en gehoorsaamheid, is die Heilige Gees vir jou ’n KOMPAS ’n LEIDSMAN en dui Hy vir jou in die regte rigting aan!
En reg deur die lewe lei die HEILIGE GEES vir jou met insig, om te wandel op die gemaakte pad van GOD se Geregtigheid vir geloof in JESUS, wat lei na die ewige saligheid!
Maar in die teenswoordig tyd, en in die voetspore van JESUS, met ’n onwankelbare geloof is jy ’n navolger van HOM vir die waarheid!
Die HEILIGE GEES is ook vir jou, die VADER se RENTMEESTER, deur Wié ons vir die minagting van JESUS se GENADE en LIEFDE, daarom rekenskap moet gee vir ons liefdelose, sorglose en onverskillige oortredinge!
Omdat jy deur die bloed van JESUS, kosbaar is in die oë van die VADER, daarom, vir jou, is die HEILIGE GEES ook GOD se TUGMEESTER!
En as jy vele besit, waarmee jy tot struikeling gebring word en daarmee sonde doen en jy daarmee afgodery pleeg, dan ontneem Hy jou dit “alles,” wat jy mag besit of nie besit nie!
En jy verloor alles sodat jy tot inkeer mag kom en gered kan word!
(Heb. 12:1-15)
Maar meer nog; ’n persoonlike en getroue VRIEND tot in ewigheid, is die HEILIGE GEES vir die getroue en gehoorsame dissipel van JESUS, wat in die waarheid wandel!
“Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.
Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle “moet” weer gebore word nie.”
Sê JESUS
(Joh. 3:3-7)
WEDERGEBOORTE IS SAKRAMENTEEL!
En nie die werke van geloof nie, naamlik die doop onder andere!
Vervolgens; die werke van geloof!
-
Die HEILIGE GEES, met jou bekering en jou opregte oorgawe aan
sondebelydenis, bewerkstellig vir jou vergifnis van sonde deur die bloed van JESUS!
-
Met die
groot doop van onderdompeling in water, ontvang jy vergifnis van jou sondes en deur die HEILIGE GEES word jou dissipelskap, as ’n navolger van CHRISTUS JESUS, bevestig!
(Mark. 16:16) (Hand. 2:38-41)
-
Met wedergeboorte [die doop van die HEILIGE GEES],
wat alleenlik deur die Goddelike krag van die HEILIGE GEES bewerkstellig word, ontvang jy die vrug [GOD se Nuwe Hart Verbond] van die Heilige Gees!
En sodoende word die naam van Jesus se dissipel in die Boek van die Lewe opgeskryf, ’n kind van GOD die VADER!
(Esegiël. 36:25-27 & Esegiël. 11:19-21)
(Jer. 31:31-34 & Heb. 8:8-13) (Joh. 3:3&5) (Gal. 5:22)
-
Met wedergeboorte, is die vrug [’n eienskap] van die HEILIGE GEES, die vervulling van JESUS se gebod van liefde binne-in my innerlike gemoed!
Dit is die Liefde van die Heilige Gees wat ons moet hê en waarsonder, ons die Koninkryk van GOD die VADER, nie sal sien of ingaan nie en waarsonder ons GOD nie kan behaag nie
!
(Joh. 3:3-5) (Gal. 5:22) (Rom. 5:5)
-
Tot in ewigheid is die die HEILIGE GEES my teenwoordig as die VADER se Trooster, Hy is ook my Mentor, Lewensredder, Leermeester, Leidsman, rentmeester, Tugmeester en my Vriend!
(Joh. 14:16-17)
Elkeen wat uit GOD [weder] gebore is, doen geen sonde nie, omdat SY [onverganklike] saad [van Liefde] in hom bly; en hy kan nie sondig nie, want hy is uit GOD [weder] gebore.
(1 Kor. 12:1-3)
(1Joh. 3:9)
Genoemde “vyf” is die werke en die vrug van die geloof en dit is daarom, so noodsaaklik, om weergebore te wees!
Dit is nie net ’n vereiste tot die ewige Saligheid nie, maar JESUS CHRISTUS word verteenwoordig deur die Heilige Gees, binne-in ons innerlike wedergebore gemoed!
Wedergeboorte deur die krag van die Heilige Gees is JESUS se Evangelie van die Nuwe Testament!
Juis daarom; is die krag van wedergeboorte, wat deur die Heilige Gees bewerkstellig word, Sakramenteel, en nie enige van die genoemde werke van geloof wat lei na wedergeboorte nie!
Dus sien ons deur die insig van die Heilige Gees; dat die mag [krag] om kinders van GOD te word, wedergeboorte is en dit word alleenlik deur die krag van die Heilige Gees vir ons bewerkstellig!
(Joh. 1:12)
Dissipelskap in Christus Jesus, is die resultaat van Wedergeboorte deur die Heilige Gees en die oorsprong daarvan is ’n algehele oorgawe aan die werke wat spruit uit die opreg toegewyde en ware-geloof!
Net soos dit nie in die vermoë van die godsdienstige Kerk is nie, so kan nie een van genoemde vyf, sonder die ander in die geheel, ooit die mens se eiesinnige geregtigheid van geloof voor GOD regverdig om gered te word nie!
Maar sonder die uitvoering en die toepassing van die genoemde vyf, wat vir jou bestem is tot vergifnis van sonde, redding en die ewige Saligheid!
Ontbreek dit vir jou die Barmhartige Genade en die versoening met GOD!
Want die Heilige Gees, deur middel van SY krag van wedergeboorte, kan alleenlik uit die genoemde werke van jou geloof, vir jou die aanspraak op geregtigheid as kind van GOD, binne in die Volmaakte Liefde van Jesus Christus, die ewige Saligheid in GOD se Koninkryk bewerkstellig!
Dit is die voorbeeld en voorwaarde van die Nuwe Testament wat vir ons deur Jesus en Johannes die Doper, daar gestel is, om dit netso na te volg!
Nie net dit nie; maar die Heilige Gees verseël met die Heilige bloed van Jesus Christus, Sy Liefde binne in die harte van Sy wedergebore, heilige dissipels!
Dit is alleenlik die Heilige Gees se wedergebore uitverkorenes [wat nie ’n Kerk is nie, maar dissipels van Jesus is] wat die liggaam van Christus Jesus uitmaak!
(1 Joh. 5:7-8) (Heb. 8:10-13) (Jer. 31:33-34) (Heb. 10:10-23)
Daarom verklaar Jesus soos volg aan die godsdienstige [teologiese] Nicodemus wat ’n godsdienstige leraar van die Joodse volk en Kerk van sy tyd is: “ ..EK sê vir jou, as iemand nie weer gebore word uit water en Gees nie kan hy die koninkryk van GOD nie sien nie; ... en kan hy in die koninkryk van GOD nie ingaan nie!”
Dit is ’n voorwaarde wat deur Jesus nie net vir Nicodemus gestel word nie, maar vir almal!
[Let versigtig daarop, as Hy sê; Voorwaar, voorwaar EK sê vir jou ...” dan lê die klem op “voorwaar” by herhaling met betrekking tot wedergeboorte, en is dit ’n baie ernstige vereiste, en daarom is dit ’n voorwaarde en nie ’n opsie nie]!
Indien Nicodemus enigsins van die ewige verderf, gered wil word, moet hy glo en uit die werke van sy geloof word hy deur die [Heilige] Gees weergebore!
(Joh. 3: 3 en 5 saamgevat)
Vêrder het Jesus na SY opstanding vanuit die dood, SY elf dissipels nie net verwyt oor hulle ongeloof en hardheid van hart nie, maar onder andere het HY die volgende aan hulle verklaar: “Hy wat glo en hom laat [groot] doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.”
(Mark. 16:16)
Gelykstaande daarmee verklaar Paulus die volgende: “ ... Maar as iemand die [Heilige] Gees van Jesus Christus nie het nie, dié [persoon] behoort nie aan HOM nie!”
(Rom. 8:9b)
Daarmee word deur Paulus geïmpliseer dat; op een of ander wyse die dissipel van JESUS deur die Goddelike krag van die Heilige Gees ’n Goddelike vernuwing van persoon moet ondervind!
By implikasie beteken dit; dat beide, die sondaar en die godsdienstige Christen [kerklidmaat], nie net in Jesus moet glo soos deur die Predikant en die Pastoor vir hulle gesê is nie, maar vanuit hul geloof, moet die werke naamlik, bekering, sondebelydenis, die grootdoop in water en die doop van die Heilige Gees, so spoedig moontlik in hul lewe gerealiseer word!
WEDERGEBOORTE IS UIT DIE WERKE VAN GELOOF!
Om ’n weergebore “dissipel” van Jesus
te word, moet die volgende vyf stappe gedoen en uitgevoer word en is dit die werke van geloof tot redding; en die wedergeboorte!
1)
Eerstens:
Die
voorgenome dissipel van Jesus moet die volgende met jou hele hart glo en erken naamlik:
Dat
die Here Jesus deur die skeppende krag van die Heilige Gees, as n gewone mens gebore is, wat op die aarde sonder sonde geleef en aan die kruis gesterf het, vir ons bevryding van die ewige verderf!
(Hand. 2:23 & 36) (Heb. 2:14) (1Joh. 4:2-3)
Dat
die voorgenome dissipel van JESUS, deur die Liefdes offer van Sy lewensbloed aan die kruis, vergifnis en versoening by GOD die Vader vir jou sonde, en genesing en verlossing vir jou liggaam ontvang!
(Rom. 5:8-9) (Heb. 13:12) (Heb. 9:22-28) (1 Pet. 2:24) ( Joh. 1:12)
Dat
Jesus Christus na Sy opstanding uit die verskriklike dood, nie net die Eniggebore Seun van GOD is nie!
Maar Sy liggaam was in smartvolle lyding tot en met Sy afsterwe aan die kruis, en met verlies van Sy lewensbloed, het Hy met Sy liggaam vir ons net eenmaal vir altyd, Heiligmaking bewerkstellig!
En juis daarom is vir die Jode onder die ou verbond, wat die werke van die Wet moet onderhou, ook bevryding bewerkstellig!
Maar hulle het vir JESUS verwerp, en bly dus onder die Wet van die ou verbond wat die dood bewerkstellig!
Dieselfde geld ook vir elkeen wat deur die krag van die Heilige Gees nie weergebore is nie, maar ewe kordaat, die wedergeboorte afmaak as onsinnig en onnodig!
Vir hulle is die Wet van die ou verbond wat voorheen geen mag oor hulle gehad het nie, en net vir die Jode van toepassing is, nou óók vir hulle van krag!
(Heb. 10: 10) (Heb. 1:3b) (Joh. 1:11) (Hand. 13:38-41)
Dat
Jesus Christus aan die regterhand van Sy VADER, tot Erekoning en Hoë Priester in Sy VADER se Koninkryk verhef is!
Waar Hy vir elkeen van Sy wedergebore dissipels, die ewige Saligheid in die Koninkryk van GOD die VADER bewerkstellig!
(1Pet. 3:22) (Rom. 8:34)
(Efese. 1:11-14 & 4:30) (Heb. 2:7-18)
Dat
GOD die Vader, Sy Heilige Gees na die Aarde teruggestuur het, om Sy Nuwe Hart Verbond van Barmhartige Genade in die Volmaakte Liefde wat HY deur Jesus Christus bewerkstellig het, aan ons te bevestig!
Aan die van ons, wat kinderlik glo en vir Jesus Christus aanneem vir redding!
Daarna word ons met die Heilige Gees se krag van wedergeboorte, binne in Christus Jesus se Volmaakte Liefde, innerlik vernuwe!
En word ons Sý tempel vir GOD!
(Esegiël. 36:25-27 & Esegiël. 11:19-21)
(Jer. 31:31-34 & Heb. 8:8-13) (Joh. 3:3&5) (Gal. 5:22)
(Rom. 5:5) (Gal. 4:6) (2Kor. 1:22)
Dit is van die uiterste belang, om met jou hele hart in Jesus te glo!
Dit is die eerste stap [werke] van geloof vir wedergeboorte, en die eerste stap van dissipelskap!
2)
Tweedens:
Moet die voorgenome dissipel van Jesus wat wedergebore will word, die baie ernstige besluit van bekering neem en afstand doen van die bose en verkeerde weë van die goddelose self, wat nie die Here wil dien nie!
Alhoewel die godsdienstige-self ten aansien en tot voordeel van die self, as ’n erkende kerklidmaat, Kerk toe sal gaan!
Juis daarom sal die Satan die Kerklidmaat met godsdienstigheid besluier en dit wil voorhou asof dit die smal en nougesette Weg van die Waarheid en die Lewe is!
In werklikheid is die godsdiens van die Kerke, die breë weg, wat lyk asof dit reg is, maar sonder die wedergeboorte van die Heilige Gees, ’n weg is waarvan die uiteinde daarvan, valse weë is wat na die dood en die ewige verderf lei!
(Efese. 4:17-24)
Bekering;
van ’n sondige of ’n godsdienstige leefstyl, is die tweede stap [werke] van jou geloof vir wedergeboorte!
Dit vereis ’n algehele ommeswaai van 180º, weg van jouself, wat jou huidige, sondige of godsdienstige begrip van die lewe betref [dit beteken dat jy ’n “algehele afstand doening” van die self maak, om sodoende deur die krag van die Heilige Gees, die wedergeboorte te ontvang]!
Dit is die eerste manifestasie van jou werke, wat ’n grondige bewys van jou geloof in Jesus, aan die Heilige Gees bevestig!
En dit is die tweede stap van dissipelskap!
3)
Derdens:
En onvoorwaardelik moet die voorgenome dissipel van Jesus, met berou, in die teenwoordigheid van die Heilige Gees, onder die leiding van ʼn weergebore heilige dienaar van Jesus, baie ernstig en opreg, jou sonde in diepte bely!
(Heb. 4:13) (Spr. 5:21-23)
Predikante en Pastore wat nie wedergebore is deur die krag van die Heilige Gees nie, moet self ook hierdie stappe navolg, om deur die werkende-krag, wat die Heilige Gees bewerkstellig, gered en wedergebore te word.
Daarsonder kan hy die koninkryk van GOD nie sien [begryp of verstaan] nie, en kan hy die koninkryk van GOD nie ingaan nie: Sê Jesus vir die godsdienstige Nikodemus [Predikant & Pastoor], wat die godsdienstige leermeester van die Volk is!
Onthou, deur eeue heen wat die godsdienstige Kerk betref, en behalwe vir die “ENKELE” uitsondering van ’n opreg toegewyde Nikodemus hier en daar, is dit iets ongehoords dat ’n Dominee of pastoor, sy of haar sonde saam met GOD se nederige maar heilige ouderling bely!
Hul kamtige hoë-profiel van ’n letter korrekte godsdiens, word gehandhaaf om as gevolg daarvan hul godsdienstige selfbeeld met geveinsdheid en
skynheiligheid voor die lidmate te regverdig!
Dit alles is maar nét oëverblindery, waarmee hulle armsalige Godloosheid, vir die lidmate verbloem word!
Hulle bedien wel die lidmate met ’n letter korrekte godsdiens kennis, vanuit die Bybel, maar die Heilige Gees word deur hulle onrein hart, weerstaan en geminag!
Dit is vir die Dominee en die Pastoor dieselfde betekenis as vir die ryk jongman toe JESUS die volgende uitspraak maak: “
As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou goed en gee dit aan die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê; en kom hier, volg My.”
(Matt. 19:21)
Net soos hierdie jongman nie van sy aangeleerde godsdiens en persoonlike sekuriteit kon afsien, om ’n navolger van JESUS te word nie!
Netso is dit onmoontlik en kan die Dominee en Pastoor nie van hul aangeleerde godsdiens, en van die Kerk se gewaarborgde maatskaplike sekuriteit afstand doen om ’n navolger van JESUS te word nie!
Onomwonde verklaar Johannes die volgende en dan sluit hy homself daarby in: “As ons [die Dominee en Pastoor ingesluit]
sê dat ons met JESUS gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons [vir die lidmate] en doen nie die waarheid nie.
Maar as ons in die lig [met ’n rein hart] wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar [dié wat lede in die Lewende liggaam van JESUS is]; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde [en die skuldgevoel daarvan].
As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei [bedrieg] ons onsself en die waarheid is nie in ons nie.
As ons ons [geringste daaglikse] sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.
As ons [die Dominee en die Pastoor] sê dat ons nie sondig nie, dan maak ons vir JESUS tot ‘n leuenaar en is sy [Lewende] woord nie in ons nie.”
[So eenvoudig is die Waarheid vir die wat in die Heilige Gees van GOD wandel!]
(1Jn. 1:6-10)
Dit moet ’n wedergebore, heilige en ’n eerbare dienaar [ouderling] van die Here Jesus Christus wees, wat ter aller tye, wanneer sondebelydenis gedoen word, verseker weet dat hy of sy, deur die Heilige Gees verordineer, uitgesonder en afgesonder is, vir die onbaatsugtige en private dienslewering van sondebelydenis!
JESUS se dienaar moet met ’n diep deernis van ontferming en liefde, saam met die Heilige Gees in die bres staan vir die voorgenome dissipel se opregte bevryding en verlossing vanuit die Satan se bose mag van sonde besit!
(1Joh. 5: 19) (Gal. 1:4b)
Indien enigiemand hom-of-haarself aanstel wat nie deur die Heilige Gees verordineer is nie, om die aanhoor en belydenis van ’n ander se sonde waar te neem of daaroor te praat, moet verseker weet, dat die dimensie van bose geeste betree word!
En vir so ’n iemand van voorgenome en verkeerde motiewe met verskriklike gevolge kan beëindig, aangesien die Satan geen vriend, maar ’n uiterste en bose vyand van GOD en mens is!
(Hand. 19:15-18)
Sondebelydenis, is emosioneel en baie privaat, dit moet dus vertroulik, in absolute afsondering geskied
Omdat hierdie voorgenome dissipel, sondebelydenis van ’n leeftyd, sedert kleintyd tot tans in die teenwoordigheid van die Heilige Gees doen moet verdraagsaamheid [geduld] en liefde gedurende die proses van sondebelydenis deur die dienaar van Jesus beoefen word!
Want die Liewe Heilige Gees werk met lankmoedige Liefde teenoor Sy bekeerling!
Deur middel van belydenis in diepte en behalwe vir die sonde wat deur die Heilige Gees geopenbaar is en wat die bekeerling bely, moet daar ook afstand gedoen word van alle onheilige godsdienstige dinge soos byvoorbeeld: Jou aangeleerde en valse godsdiens van die Kerk, wat ’n negatiewe en ’n dooie godsdiens is waarmee die Kerk sy voortbestaan, wetties wil regverdig!
Jou eiesinnige godsdienstige oortuigings!
Jou skynheilige gewoontes van godsdienstigheid, en profetiese opinies vanuit die Bybel!
Jou eie godsdienstige persepsies van profesie!
En profetiese uitsprake wat deur onheilige Predikante en Pastore oor jou uitgespreek is!
Belydenis en afstanddoening van genoemde godsdienstige tradisies is van die uiterste belang vir die Kerklidmaat se bevryding en vernuwing deur die Heilige Gees!
Die Heilige Gees wil jou van alle dwaalleringe bevry en vernaamlik, vir die godsdienstige Kerklidmaat, oor wié die Satan sy mag van ’n godsdienstige besluiering en ’n skuldgevoel van Kerk gebondenheid uitoefen!
(1Joh.1:8-10&2:1-2)
Die dienaar van Jesus moet gedurende die proses van sondebelydenis op die teenwoordigheid van die Heilige Gees ingestel blý, want sê JESUS: “Waar twee of drie in MY naam vergader daar is EK teenwoordig!”
Die dienaar moet baie versigtig wees om homself of haarself as ’n profeet te wil voor stel!
Soos byvoorbeeld dit in die prosperity en charismatiese kerke gedoen word, terwyl dit in werklikheid ’n verleidende gees van Mammon of ’n gees van waarsêery is, wat vir die kerklidmaat profeteer!
Wees alte versigtig om te dink dat jy onderskei iets, of sien iets van die persoon se sonde wat nie bely word nie, en deurentyd is dit jou eie sonde wat nie uit bely is nie!
Want die Sagmoedige Liewe Heilige Gees kom met deernis en Liefde die persoon wat opreg bely tegemoet, om dié te help, en openbaar dan aan die persoon-self, hoe sy of haar lewe voor GOD lyk!
(Rom. 8:27) (1Kor. 2:10) (1Pet. 3:21)
En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het.
(Heb. 4:13)
Want elke mens se weë is voor die oë van die HERE, en Hy weeg al sy gange. Sy eie ongeregtighede vang hom, die goddelose, en in die vangstrikke van sy sonde word hy vasgehou. Hy sal sterf deur gebrek aan tug, en deur die grootheid van sy dwaasheid sal hy dwaal.
(Spr. 5:21-23)
Daarom het Jesus die gelykenis van die Saaier verklaar. Die diepte van die goeie grond waarin die goeie saadjie (wat die Lewende Woord van die Waarheid is) moet groei, is afhanklik van die opregtheid waarmee die sonde en eiesinnige godsdienstige persepsies, in die diepte uit bely word en ’n rein hart voor GOD!
(Matt. 13:3-23) (luk. 8:5-15)
Die weergebore dienaar van Jesus moet deur middel van die Heilige Gees die sonde wat bely is, onder die bloed van Jesus verklaar en vra; dat Hy, so ver as die Ooste en die Weste van mekaar geskei is, so ver moet die oortredinge verwyder word vanuit die gewete van die persoon, sowel as uit die geheue van die dienaar van Jesus.
In die diepste, diepste see word dit weggewerp om nooit weer daaraan te dink nie!
(Psalm. 103:12) (Jes. 1:18) (Miga. 7:19b) (Heb. 9:14)
Die bloed van Jesus getuig nou saam met die Heilige Gees hier op aarde, dat die voorgenome Christen vergifnis en versoening by GOD die Vader ontvang het!
(Efese. 1:7) (1Joh. 1:7) (Open. 1:5)
Na sondebelydenis vra die dienaar vir Liewe Jesus om met Sy Sagmoedige, Helende Liefde, die wonde en die seer van die gemoed, wat as gevolg van die sonde voortgebring is, te genees!
(Rom. 6:6) (Gal. 2:20 & 5: 20) (Psalm. 103: 12) (Miga. 7:19b) (Rom. 8:33)
Sondebelydenis
; is die derde stap [werke] van jou geloof vir wedergeboorte!
Dit is die tweede manifestasie van jou werke, wat ’n grondige bewys van jou geloof in Jesus, aan die Heilige Gees bevestig!
Dit is die derde stap van dissipelskap!
4)
Vierdens:
Moet die voorgenome dissipel van Jesus, let wél; deur ʼn weergebore dienaar van Jesus in water gedoop word!
In die naam van GOD die Vader en Jesus die Seun en die Liewe Heilige Gees, met beklemtoning van die GOD-DRIE-EENHEID, word die dissipel net eenmaal onderdompel!
(Hand.2: 38) (Mar.16:16) (1Joh. 5:5-8 & Rom. 6:3-4)
Die water en die bloed van Jesus getuig nou saam met die Heilige Gees dat die dissipel deur die doop in Christus Jesus se dood, gedoop is!
(1Joh. 5:8) (Kol.2:12-14)
Met ander woorde; deur die opregte oorgawe aan sondebelydenis en die [groot] doop, is die oumens-self, se vorige sondige natuur, met al sy gewoontes en neigings om sonde te wil doen of net godsdienstig te wil wees, nou eenvoudig iets van die verlede!
Want van nou af, na wedergeboorte deur die krag van die Heilige Gees, wandel die dissipel van Jesus, verslaaf aan die Heilige Gees se Liefde, en onderworpe aan die wil van die VADER in gehoorsaamheid!
Deur insig met begrip van die Heilige Gees, sien ons dus duidelik; dat die doop van die Evangelie van JESUS CHRISTUS, niks te doen het met die Protestante, die Gereformeerde en die Hervormde Kerke en dié sulks, se subtiele dwaal lering oor die baba-doop wat vir die kerklidmate voorgehou word nie.
Bo en behalwe dat die godsdienstige kerklidmaat, deur die Kerk se demonies beïnvloedbare Predikante, godsdienstig [teologies] besluier is, en dié godsdienstige lidmate, daardeur verhoed word om ware Heilige Gees, wedergebore kinders van GOD te wees!
Het die orde van die Kerk ’n baie slim baba-doop idee ingebring!
Wat deur hulle geregverdig word op grond van die besnydenis uit die Ou Verbond!
Dit is ’n Ou Verbond wat deur GOD, alleenlik net met Abraham en vir sy geslag ingestel was!
En dit word aan die lidmate voorgehou om die lidmate psigosomaties tot Kerk gebondenheid dwing!
Maar hierdie Ou Verbond is in JESUS CHRISTUS tot vervulling gebring!
Dit word nou vervang deur GOD se geregtigheid van geloof in Jesus Christus, én die Heilige Gees se krag [mag] van wedergeboorte, altans vir dié wat glo!
Dit is ook GOD die VADER se Nuwe Hart Verbond van Liefde en genade!
Dit is ook die Evangelie van JESUS se Nuwe Testament en van God se koninkryk!
(Esegiël. 36:25-27 & Esegiël. 11:19-21)
(Jer. 31:31-34 & Heb. 8:8-13) (Joh. 3:3&5) (Gal. 5:22)
(Rom. 5:5) (Gal. 4:6) (2Kor. 1:22)
Die baba-doop word deur die orde van die Kerk, kamtig geregverdig onder die vaandel van “dit is ’n heilige sakrament wat deur GOD ingestel is,” [maar dit is ’n leun uit die mond van Satan]!
Islam is ook die nageslag van Abraham en volgens oorleweringe word Islam nét soos die Jode, ook besny, maar geen baba-doop van enige Kerk, hoe genaamd ook al, sal vir Islam oortuig dat die baba-doop vir hulle kinders van GOD sal maak nie!
Eenvoudig gestel: Die sogenaamde kinderdoop [baba-doop] van die Kerk maak van ’n godsdienstige Kerklidmaat geheel en al, nie die Heilige Gees se wedergebore dissipel en navolger van JESUS CHRISTUS nie, en vir hierdie rede, ontbreek dit vir hierdie lidmaat, nie net die heerlike en ewige saligheid wat in Jesus Christus deur die Heilige Gees bewerkstellig is nie, maar dit ontbreek ook vir die lidmaat, die koninkryk en die VADERSKAP van GOD se Liefde en genade!
Daarom het Jesus na SY opstanding vanuit die dood onder andere die volgende verklaar: “Hy wat glo en hom laat [groot] doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.”
(Mark. 16:16)
Die doop van onderdompeling
; is die vierde stap [werke] van jou geloof vir wedergeboorte!
Dit is die derde manifestasie van jou werke, wat ’n grondige bewys van jou geloof in Jesus, aan die Heilige Gees bevestig!
Dit is die vierde stap van dissipelskap!
5)
Vyfdens:
Nou egter na die doop, vir dié wat daarna vra, sal die liewe Heilige Gees wat GOD die Vader vir ons gestuur het, u met Sy krag vernuwe, sodat u gees [hart] en u innerlike gemoed, geheel en al met ʼn Goddelike Liefde weergebore is, en dit is gekenmerk [’n bewys], dat die Heilige Gees ’n vreemde taal deur u spreek!
(Luk. 11:13b) (Hand. 1:5 & 11:16) (Tit. 3:3-7)(Mark. 16:17d)
Wedergeboorte
deur die krag van die Heilige Gees, is die vervulling en verseëling van GOD se Nuwe Hart Verbond in jou lewe!
Jy is nou binne-in jou innerlike en vernude gemoed [hart], vervul met die Heilige Gees en Sy vrug van geregtigheid!
Naamlik, JESUS se Liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing!
Dit is vir jou God se geregtigheid van geloof vir geloof in JESUS, en daarmee, word die VADER, binne in ons met liefde gekoester, en daarom is jou liggaam die tempel van GOD, en gesamentlik, in ’n gees van eenheid en liefde, verteenwoordig ons met die Heilige Gees, die liggaam van Jesus Christus!
(Gal.5:22) (Fil. 1:11) (Rom. 8:9-18 & Rom. 10:3-4)
Die doop van die Heilige Gees
; is die vyfde stap [werke] van jou geloof!
Dit is die vierde manifestasie van jou werke!
Vernuwe met die vrug van die Heilige Gees en deur die krag van wedergeboorte is jy nou fisies in JESUS met liefde verseël [ingeënt]!
Die teenwoordigheid van JESUS se opwellende Liefde binne-in jou innerlike en hernude gemoed, is die afronding en verseëling van jou dissipelskap!
(Efese. 1:13c & Efese. 4:30)
Om die rede en vir so lank jy lewe, is jy JESUS se uitverkore, dissipel en navolger!
En deur die Heilige Gees, met die werke van jou geloof, is jy met krag aangedoen, om as volwaardige en heilige dienaar van JESUS en Sy Evangelie van wedergeboorte, ’n ware getuienis vir HOM te wees!
AMEN!
(Hand. 1:8 & Mark. 16:15-18 & Luk. 24:45-49 & Matt. 28:18-20)
WEDERGEBOORTE: DIÉ ESSENSIËLE VOORWAARDE!
Dit is vir die geliefde dissipel van uiterste belang om die VADER te bid vir die Heilige Gees en in alle nederigheid, geduldig te wag op die openbaarmaking van die Heilige Gees!
(Luk. 11:13)
Besef dat die Heilige Gees, Christus Jesus en GOD die VADER “EEN” is!
Wees kinderlik bewus van SY Almag, terwyl u wag op die krag van SY wedergeboorte!
Die Heilige Gees, en die bloed van Jesus, en die water van die doop hier op die aarde, getuig saam daarvan en verklaar; die dissipel van Jesus, as Sy weergebore heilige tempel!
(1Joh. 5:7-8)
Die Heilige Gees bewerkstellig wedergeboorte; en die naam van die weergebore dissipel van Jesus verskyn nou as ’n uitverkore en geheiligde in die Boek van die Lewe en dan is daar groot blydskap en vreugde in die Hemel!
(Luk. 15:7&10)
Daarom het Johannes die volgende verklaar: “Jesus het na Sy eiendom gekom, en Sy eie mense (wat die Jode is) het Hom nie aangeneem nie.
Maar almal wat Hom (Jesus) aangeneem het, aan hulle het Hy
mag (wedergeboorte deur die krag van die Heilige Gees) gegee om kinders van GOD te word, aan hulle wat in Jesus glo”!
(Joh. 1:11-12)
Die doel van wedergeboorte is heiligmaking met ’n rein hart vir elkeen wat met die vrug van die Heilige Gees en die vrug van Sy geregtigheid, as ’n uitverkorene van Jesus Christus deur die Heilige Gees se krag binne-in die liggaam van Christus Jesus vernuwe word, om te dien as die tempel van GOD!
Met wedergeboorte is die Vrug van die Heilige Gees die sieraad van GOD se tempel binne-in my!
(Gal. 5:22) (Efese. 5:9) (Fil. 1:11)
Vir die koninkryk van GOD word hulle deur die Heilige Gees as die uitverkorenes van geregtigheid vernuwe en geheilig! Dit is die doel van die Evangelie van die Nuwe Testament!
(1Pet. 1:3-12)
Want sê Paulus: “... toe die volheid van die tyd gekom het,
(Matt. 11: 13)
het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ʼn vrou, gebore onder die wet, om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons (wat geheilig is) die aanneming tot kinders [van GOD] kan ontvang.
En omdat julle kinders is, het God die Gees (Heilige Gees) van sy Seun in julle (wedergebore) harte uitgestuur, en Hy roep: Abba, Vader!
(Rom. 8:15)
Maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit afgesterf het, sodat ons dien in die nuwigheid van die [Heilige] Gees en nie in die oudheid van die letter nie.
(Rom. 7:6)
Daarom is jy nie meer dienskneg (onder die Wet) nie, maar (’n wedergebore) kind; en as jy kind is, dan ook erfgenaam van God deur Christus.
(Gal. 4:4-7)
Let daarop: Dat GOD die Vader deur die Heilige Gees ʼn nuwe verbond van genade uit Liefde met die weergebore heiliges van Jesus Christus as Sy volk gesluit het!
Dat die Heilige Gees vir die dissipel van Jesus, as kind van GOD met die Vrug van die Heilige Gees, die volgende innerlike wonderwerk bewerkstellig het; ʼn nuwe gees, ʼn nuwe hart, en ʼn nuwe Wet, wat vir ons die gebod van Liefde tot geregtigheid in Christus Jesus is!
(Gal. 4:6-7) (Gal. 5:22) (Efese. 5:9) (Fil. 1:11)
Met die inwoning van die Liewe Heilige Gees binne-in ons innerlike hernude gemoed, is ons nou met GOD verenig!
Om dié rede is die weergebore dissipel se liggaam ʼn geheiligde tempel van GOD!
(2Kor. 5:14-21) (2Kor. 6:12-18)
Die Heilige Gees is die Bekragtiger van GOD se Nuwe Verbond van Liefde en Genade deur Jesus Christus vir Sy weergebore heilige Volk, wat nou ook SY nuwe uitverkore Volk is.
Die wedergeborenes is die Liggaam van Jesus wat die tempel van die Heilige Gees is!
(Nie ’n Kerk nie)!
Prys die Here
Hallelujah.
Amen!
(Jer. 31:33) (Esek. 11:19 & 36:26-27) (Joh. 13:34-35 & 15:12-17)
Deur die inwoning van die Liewe Heilige Gees is die Liefde van 1Korinthiërs 13 nou teenwoordig in ons innerlike hernude gemoed!
Met ander woorde: Liewe Jesus as die Saadjie van Volmaakte Liefde, moes sterf aan die kruis, en die Heilige Gees van Liefde, die “Liewe Heilige Gees,” moes terugkeer as die Landbouer van Liefde, om in die hart van die bekeerde sondaar Sy Saadjie van Liefde te plant.
Daarom deur die werking van die Heilige Gees, net soos vir JESUS, is die dissipel wedergebore uit ’n onverganklike saad, en al sterf hierdie uitverkore dissipels, sal hulle as SY uitverkorenes weer uit die dood opstaan by SY wederkoms!
Hiérdie wedergeborenes, is die regverdiges van wie JESUS die volgende verklaar: “Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hul VADER
.
(Matt. 13:43)
Die wedergeborene wat met die Heilige Gees en ’n rein hart voor GOD die VADER volhard en oorwin, is kosbaar in die oë van die VADER!
(Open. 21:7)
Sodoende deur middel van sy weergebore dissipels en dienaars se gehoorsame en onderdanige diensbaarheid, word ʼn ontelbare uitverkore, weergebore heilige Christen oes (wat nie Kerklidmate is nie), met Jesus se Volkome Liefde opgewek, versorg en gekoester deur die Heilige Gees, tot Jesus Christus se wederkoms!
(1Kor. 13:1-13) (1Pet. 1:22-23)
Bogenoemde stappe, is die getuienis van wedergeboorte tot heiligmaking, wat elkeen van ons moet hê, elkeen van ons, vir wie Jesus Christus die Saligheid bewerkstellig, en waardeur ons in die naam van Jesus Christus, deur die bloed van die Lam, oorwin oor die mag van Satan!
Die getuienis van hierdie weergebore heiliges is die sout van die aarde, hulle is ʼn ware lig vir die mense van die wêreld, veral vir die wat in die Kerk se godsdienstige strik van besluiering en gebondenheid vasgevang is!
(Open. 7:14b & 12:11)
Vervolgens: Ons lees dus wat die werke van die geloof vir ’n dissipel en ’n navolger van JESUS beteken!
Weereens word dit baie duidelik beklemtoon aan dié wat in onkunde bly as gevolg van ’n baie slim-toegepaste-godsdiens.
Ook aan dié vir wie hul saligheid ’n saak van lewe en dood geword het.
Sodat julle moet weet en verstaan, dat die Gereformeerde en die Hervormde Kerke [die susters Kerke], hoegenaamd ook ál!
Asook al die satelliet-Kerk-vertakkings daarvan, wat met ’n rasseskrede, feitlik daagliks afstig en daaruit voortspruit!
Onder andere word dit deur hierdie kerke, Sondag vir Sondag aan die lidmate, die volgende voorgehou: “Ek glo in ’n heilige algemene Christelike Kerk [maar in werklikheid is dit net nog ’n afgod, ’n heilige koei Kerk]!”
Bogenoemde en verwante Kerke spruit voort en is gedurende die Luthers en Calvinistiese era van Protestantisme en Hervormers, maar net nog ’n vertakking vanuit die Rooms-Katolieke Kerk!
Net soos in die Rooms-Katolieke, waaruit genoemde Kerke vertak, word daar met ’n aangeleerde en aangepaste godsdiens van kategismus, weerstand gebied teen die Heilige Gees, die doop van die Heilige Gees, en die Heilige Gees se krag van wedergeboorte!
Wedergeboorte
deur die krag van die Heilige Gees word weerstaan en verbied in die genoemde Kerke se vergaderings en onder die Kerklidmate word dit nie toegelaat nie!
Maar in die Naam van: “GOD DIE VADER, JESUS DIE SEUN en DIE HEILIGE GEES,” gee hulle tog erkenning aan die bestaan van die Heilige Gees!
Nogtans word die lidmate belieg en bedrieg deur professionele predikante wat hulleself weerspieël met ’n opgesmukte geveinsdheid van skynheilige en ’n vals nederigheid, sodat die lidmate aan die kerk gebonde moet bly!
Noodgedwonge moet dié lidmate onder hierdie godsdienstige Kerke se besluiering van dwaalleringe en rituele uitkom, julle moet die Kerk met haar wettiese godsdiens afsweer, sodat julle die Heilige Gees se krag van wedergeboorte deelagtig mag word!
Sodoende word julle dan ware dissipels en navolgers van JESUS vir die Koninkryk van GOD onse VADER!
Die Heilige Gees wil dié van julle wat nog nie wedergebore is nie, red voordat die drie en ’n halwe jaar van Groot verdrukking aanstons aanbreek!
En onmiddellik daarna volg die groot en deurlugtige dag van onse Heiland se wederkoms!
(Matt. 24:29-31)
Om die Heilige Gees se wedergebore dissipel van JESUS te wees, vereis onomwonde van jou 'n persoonlike verhouding in JESUS en Hy in jou, en word hierdie verhouding deur die krag van die Heilige Gees bewerkstellig en met die salwing van geloof verseël!
En is dit nie die werke van enige godsdienstige Kerk hoegenaamd ook al nie!
(Joh. 15:1-7)
Die primêre vereiste van ’n dissipel en navolger van Jesus, is om met die “vrug van die Heilige Gees,” agtenswaardig in al die verskillende fasette van die “waarheid,” deursigtig en eerbaar te wees!
Dit is nodig dat die “Waarheid” [JESUS], binne in jou, altyd met die beoefening en die toepassing van die waarheid in jou lewensgang, onder alle omstandighede geëer en gekoester word!
Sien jouself met die waarheid altyd in die alomteenwoordige lig van die Heilige Gees!
Die waarheid is soos ’n baie waardevolle, en suiwer blouwit diamant, daarin is geen onsigbare onsuiwerhede verskuil nie!
Omgord jou dan met die waarheid van deursigtigheid!
(Matt. 5:14-16 & Matt. 6:23) (Luk. 8 :16-18 & Luk. 11:33-36)
Met die Heilige Gees se krag van wedergeboorte word my innerlike gemoed my gees [hart] met die “vrug van die Heilige Gees” vernuwe!
Inderdaad is dié vrug, eie aan die Heilige Gees, ook die vervulling van GOD se Wet in my hart, ek is nou vry van oordeel deur die Wet, sodat ek met vrymoedigheid, in Gees en waarheid met die VADER kan wandel!
(Gal. 5:22 & Rom. 13:8-14)
Maar vir jou om deur die Heilige Gees se krag, wedergeboorte te ontvang, is daar ’n eenvoudige vereiste jy moet kinderlik die VADER daarvoor vra!
Want sê JESUS: “... hoeveel te meer sal die Hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat hom bid (en daarvoor vra)?”
(Luk. 11:13b) (Hand. 2:38-39)
Nadat ons volhard het tot die einde toe en alles wat daarna moet gebeur, staan daar geskryf; “... en GOD self sal by hulle wees as hulle GOD. En GOD sal al die trane van hulle oë afvee, ...!”
(Open. 21:3d-4a)
Maar voor ons by die VADER kan uitkom sê JESUS vir ons: “Salig is die wat rein van hart is ['n hart wat nie verhard is nie, jou nie veroordeel nie, en sonder die skuldgevoel van sonde is], want hulle sal GOD sien.”
(Matt 5:8)
En deur die Heilige Gees word dit beklemtoon as Hy sê: “
Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die HERE sal sien nie!”
(Heb 12:14)
En daarom het die Heilige Gees deur die mag [krag] van wedergeboorte, in die uitvoering [werke] van ons geloof vir ons wat in JESUS glo en HOM navolg, tegemoet gekom sodat ons ’n rein hart voor GOD mag bekom!
(Joh. 1:12-13)
Waar ’n rein hart ontbreek as gevolg van ’n leefwyse wat verstrik is in die dooie kategismusse godsdiens van ’n Kerk en van sonde, kan die ware volheid van liefde vir GOD die VADER nie met volle oorgawe van binne af voortvloei nie!
Dit is net ’n saak van onmoontlikheid en is die kamtige liefde wat vir GOD, sonder ’n rein hart vanuit die gedagtes en vanuit die mond bely word, net eenvoudig gesê: “Vals!”
Die krag van wedergeboorte moet plaasvind binne-in ons innerlike gemoed!
Deur die werking van die Heilige Gees, wat vir ons binne-in Jesus Christus, onder andere, die Volmaakte Liefde van GOD die VADER bewerkstellig, is ons deur die Heilige Gees, met die vrug van Liefde deurdronge, die tempel van GOD!
(Gal.5:22 & Rom. 13:8-14)
Net soos JESUS deur die werking van die Heilige Gees in GOD die VADER Een is, so is ons oumens uit ’n onverganklike Saad van LIEFDE, deur die krag van die Heilige Gees, wedergebore, onteenseglik ’n nuwe skepsel van GOD, binne in die liggaam van Christus JESUS bewerkstellig!
(Joh. 15:5-6)(1 Kor. 12:13&27)(Rom. 6:3-4 & 6:6)
Deur die Heilige Gees bewerkstellig, is Jesus die Goddelike Saadjie van Liefde, en gevul met die Heilige Gees, het Hy as ’n gewone mens met ’n rein hart voor GOD geleef en toe gesterf aan die kruis!
Op die derde dag het JESUS deur die krag van die Heilige Gees weer vanuit die dood opgestaan!
Vir dié rede: Sodat ’n ontelbare skare “uit alle nasies, stamme, volke en tale;” binne in hierdie Volkome Goddelike Liefde, weergebore mag word!
Bewerkstellig deur die krag van die Heilige Gees, en vernuwe met die vrug van die Heilige Gees is elkeen van Sy dissipels ook wedergebore!
Een in die liggaam van JESUS!
Wanneer JESUS vir Sy uitverkorenes kom en ons verander gelyk aan HOM, is die vrug van die Heilige Gees wat ons ontvang met wedergeboorte, ook die vrug van ’n rein hart [gees] wat ons nodig het om vir ewig in die heerlike teenwoordigheid van onse HEILIGE VADER te vertoef!
(Open. 21:7)
Met wedergeboorte, wat deur die krag van die Heilige Gees bewerkstellig is, word elke dissipel van Jesus, deur die werke wat uit die geloof is, die Heilige Gees binne in deelagtig, wat die LEWENDMAKENDE WOORD, die WAARHEID en die LIEFDE is!
Dus word elkeen van Sy dissipels, met die vrug van geregtigheid, beeld draers van JESUS CHRISTUS se Persoon!
Die
werke wat uit die
geloof in Jesus is; bewerkstellig nie net alleen bevryding van die ewige verderf nie!
Maar uit die geloof, is dit die daad van werke, waarna die Heilige Gees oplet, om vergifnis en bevryding van sonde deur die bloed van Jesus, versoening en heiligmaking vir die dissipel by die VADER, te bewerkstellig, sodoende deur die krag van wedergeboorte ’n rein hart [gees] te bekom!
Wedergeboorte word deur die krag van die Heilige Gees bewerkstellig!
Dit is beslis nie ’n aangeleerde geloof, of ’n dooie letter kennis-godsdiens vanuit die Bybel wat net in jou gedagtes of in jou mond is nie!
Dit is ’n krag van GOD, wat in Gees en Waarheid voortvloei van binne af, vanuit die innerlike, uit ’n rein en opregte hart wat in die waarheid aan die VADER blootgelê is!
En nie net dit nie, maar wedergeboorte deur die krag van die Heilige Gees; realiseer vanuit ’n rein hart, die vrug van die Heilige Gees, wat met ’n geloofsoorgawe voortvloei in ’n ongekunstelde, praktiese leefwyse van heiligheid en geregtigheid!
Daarom; vanweë GOD se geregtigheid binne-in ons, is die Wet van Moses, deur die Heilige Gees se krag van wedergeboorte wat vir ons binne in die liggaam van Jesus Christus bewerkstellig, nou in vervulling gebring!
(Gal.5:22) (Fil. 1:11) (Rom. 8:9-18 & Rom. 10:3-4)
Indien iemand uit die werke van die geloof in Jesus Christus, nie met ’n rein hart kan getuig van wedergeboorte wat deur die krag van die Heilige Gees binne in die gemoed bewerkstellig is nie, vir dié persoon wat gewoon sonder die werke van geloof, godsdienstig net glo in die HERE Jesus Christus, is die kruisdood van Jesus en alles waarvoor dit staan, tevergeefs!
HOEKOM?
Diegene, wat nie kan getuig van bogenoemde, Heilige Gees weergebore krag ondervinding, wat op een of ander stadium in hul lewe plaasgevind het nie, bly dus net soos die Jode onder die vloek van ʼn liefdelose Wet vanuit die Ou Testament.
Dit is ’n dooie godsdiens wat nie daartoe in staat is om hulle te red nie!
Hulle word uiteindelik met die laaste opstanding, na die duisend jarige vrederyk van Christus Jesus, volgens hulle werke daardeur geoordeel en veroordeel!
(Rom. 10:4) (Joh. 1:11-12)
Let tog daarop, dit is van geen nut as jy in Jesus Christus Glo as die Seun van GOD, en dat jy die Bybel van voor tot agter, ken en resiteer nie!
Dat jy getrou Kerk toe gaan, en dat jy alles weet oor die verlossing van die ewige verderf en van die ewige Saligheid, dat alles sonder wedergeboorte vir jou tevergeefs is!
Om die rede verklaar Jesus aan Nikodemus: As iemand nie uit water en die Heilige Gees weergebore word nie kan hy die koninkryk van GOD nie sien of ingaan nie!
(Joh. 3:3-5)
Christene wie se Christen ouers hulle kleintyd in die Kerk laat doop of ingeseën het, is nie noodwendig weergebore nie, en sal dus nie die Koninkryk van GOD kan ingaan nie!
Want sê Paulus:
“ ... as iemand die (Heilige) Gees van (Jesus) Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie.
(Rom. 8:9c)
Diegene, wat goeie en godsdienstige Christen ouers het of gehad het wat gereeld Kerk toe gaan, in wie se huise hulle baie goed en Christelik groot geword het, en deur al die jare heen hulle sondes getrou bely het, is nie noodwendig weergebore nie en sal dus nie in die Koninkryk van GOD ingaan nie!
Hierdie Christene moet die bogenoemde stappe volg om deur die Here Jesus Christus gered te word, sodat hulle name deur die liewe Heilige Gees in die Boek van die Lewe kan verskyn!
(Matt. 25: 1-13)
Elke mens wat deur Jesus Christus van die ewige verderf verlos en gered wil word, of dit, ʼn baie goeie en ’n godsdienstige Kerkmens is, of dan ʼn groot sondaar, ongeag die karakter van die persoon! Dit sluit in; Skrif geleerdes, fariseërs, Akademici, Predikante, Pastore en die Kerklidmate van enige Kerk en genootskap: Almal moet die selfde bogenoemde weg na die kruis tot die Saligheid volg!
(Efese. 1:12-14)
Die oumens-self, moet deur middel van sondebelydenis en die doop van onderdompeling, saam in die vernederde lyding en die dood van Jesus gekruisig word!
Want daar is geen korter weg verby die ewige verderf vir die mens as deur die kruisdood van Jesus Christus nie!
Daarna vir elkeen wat dit hoor en dit kinderlik opreg uitvoer, vra dan net vir die Heilige Gees en bly op Hom wag vir die vernuwings krag van wedergeboorte tot heiligmaking, en die dissipel sal dit ontvang!
(Luk. 11:11-15)
(Tit. 3:5) (Joh. 3:5)
Eers na Jesus se opstanding uit die dood, en met Sy verheffing aan die regterhand van GOD onse Vader, word die Krag van wedergebore heiligmaking, binne in die Volmaakte Liefde van Jesus Christus deur die Heilige Gees bewerkstellig, vir elkeen wat Hom aanneem!
(1Pet. 1:3&23)
Behalwe vir GOD die Vader se Liefde tot redding van die mens deur die aanneming van Jesus Christus, en die Liefde van Jesus vir die weergebore dissipel, moet dié se liefde en geestelike wandel, met ʼn kinderlike deernis en passie vir Liewe Jesus, vir God die Vader en die liewe Heilige Gees, daagliks toeneem!
Gister se liefdes oorgawe vir Jesus is reeds deur die Liewe Heilige Gees opgebruik, want daarin is GOD die Vader verheerlik, vandag moet ʼn opreg nuwe toegewyde liefdes oorgawe vir Jesus
deurentyd gemaak word, en more weer en elke dag solank dit vandag genoem word, moet ons, ons liefde opnuut weer aan Liewe Jesus en vir GOD onse Vader toewy!
Dit is ook baie belangrik vir standvastigheid in die Hoop, Geloof en die Liefde, (nie een van hierdie drie is die minste nie), want dit vorm ʼn eenheid van krag tot oorwinning, vir die wat geheilig is deur die krag van wedergeboorte, en kinderlik in Jesus glo om vir Hom te getuig!
Maar die grootste hiervan, is die opreg toegewyde liefdes oorgawe wat deur die Heilige Gees vir Jesus en GOD onse Liewe Vader opgedra word!
(1Kor. 13:13)