Laai die dokument gratis af www.Lastweek.co.za
Druk hierdie bladsy
Huidige kerklidmate se vooruitsig

DIE HUIDIGE KERKLIDMATE SE VOORUITSIG!  

 

Daar is ’n weg wat reg lyk [in die oë van die godsdienstige Kerklidmaat] maar die einde daarvan is wee van die dood! (Spr. 14:12)

 

Die Kerk is sinoniem met een en almal van 33000 plus, geregistreerde of nie geregistreerde godsdienstige Kerklike instansies!  

 

Die godsdienstige Kerk [as die Kerk daaromtrent eerlik is], moet aan die staat belasting betaal op geld en eiendom, wat van die Kerklidmate gemelk word [sagkens gestel]!  

 

In die Naam van die Here word hierdie aangeleerde godsdienstigheid van hulle skynheilige Predikante en Pastore geregverdig, en word ’n demonies beïnvloedbare, dooie letter godsdiens [teologie van Bybel korrektheid, wat oor eeue heen bemeester en afgerond is], in opdrag van die Kerkorde, oor die godsdienstige Kerklidmate uitgevoer, sodat die lidmate [onder hierdie godsdienstige mag van besluiering] toegewyd, aan die godsdienstige Kerk, gebonde sal bly!

 

Hierdie godsdienstige Kerk wat so liefs deur die godsdienstige Kerklidmate die huis van god genoem word, is nie die huis van GOD nie, net die gedagte daaraan om so iets te wil sê, is Godslasterlik!   (Hand. 7:48-51)

 

Die Kerk verteenwoordig ook nie die Koninkryk van GOD nie!  

Maar hier op die aarde is die Verteenwoordiger van GOD se Koninkryk, alleenlik die Heilige Gees, wat binne in SY wedergebore Christen na volgelinge van Jesus Christus woon!

 

Die gemeente van GOD is nie die godsdienstige Kerk nie; en die Kerk is nie die heilige wedergebore Christen gemeente van GOD nie; en die kinderdoop van die Kerk, maak van ’n godsdienstige Kerklidmaat, nie ’n heilige wedergebore Christen dissipel van JESUS CHRISTUS nie!

 

Maar die Heilige Gees se wedergebore Christen dissipel van Jesus, dien as die tempel van GOD, waar die Heilige Gees van GOD inwoon, en waar twee of drie van hierdie weergebore, heilige Christene, in die Naam van Jesus Christus vergader, daar is Hy in hul midde teenwoordig en is dit die gemeente van GOD! (1Kor. 3:16) ( Joh. 14: 23) (Matt. 18:20) (Open. 3:20-22)

 

Die onderlinge byeenkomste waarna Hebreërs. 10:25 verwys, is vir die wedergebore Christen heiliges bedoel wat in teenwoordigheid van die Heilige Gees, met Jesus Christus verenig is!   Hierdie samekomste is nié die godsdienstige “Kerk” sê gemeentelike byeenkomste met allerhande bybedoelings nie!

 

Die Heilige Gees bewerkstellig binne in die volmaakte Liefde van Jesus, met die krag van wedergeboorte, Sy gemeente wat alleenlik as heiliges, die bewaarder en draer van die “LEWENDMAKENDE LIEFDE EN DIE WAARHEID” is!

 

Daarom is hulle ook lede in die heilige liggaam van die verrese Jesus Christus en hoekom hulle as wedergeborenes die Tempel van die Heilige Gees is, en die Kerk dit nie is nie! (Heb. 9:24) (Heb. 10:19)

 

Hierdie heilige dissipels wat na volgers van Jesus is, is wedergebore deur die krag van die Heilige Gees, hulle sal uiteindelik, as die uitverkorenes, die Koninkryk van GOD deur Jesus Christus beërwe!

 

Die godsdienstige, Christen Kerklidmaat, is nie ʼn dissipel, en navolger van Jesus Christus nie!   Al wil die lidmaat graag so dink, en behoort die lidmaat dus nie aan die Koninkryk van GOD nie!  

 

Maar die godsdienstige Christen Kerklidmaat is [in die godsdienstige Kerk verwyder van die Heilige Gees] hulle is wel aanhangers van die demonies, beïnvloedbare godsdienstige [teologiese] Predikant en Pastoor, en onder die besluiering van godsdiens, dien hulle gesamentlik die Orde van die Kerk en al sy godsdienstige afgodery en rituele, wat gegrond is op die dooie letter godsdiens, kennis van die Bybel [Teologie].  

 

Alles word godsdienstig in die Naam van GOD die Vader en Jesus Christus die Seun uitgevoer!

 

Die Kerk se slim Predikant en Pastoor, is nie die dienaar van Jesus Christus en Sy evangelie nie! Maar hulle is baie slim godsdienstige dienaars [Teoloë], in die Orde van die Kerk!  

Hulle voorgeskrewe dienslewering is volgens meriete, onder die gesag van die Kerk, en uit eie belang met inkomste en prestasie, alleenlik vir die Kerk! (Joh. 10:11-13)

 

Die Heilige Gees se wedergebore en heilige dienaar van Jesus Christus, is sonder eiebelang, vry en ongebonde, losgemaak van enige godsdienstige, Kerklike instansies!  

Jesus Christus se dissipel en dienaar staan in absolute afhanklikheidsbesef, alleenlik onder die gesag en leiding van die Heilige Gees [om die Waarheid van die Evangelie van die Nuwe Testament, wat ook in Christus Jesus, GOD se Nuwe Verbond vir alle nasies, stamme, volke en tale is, te verkondig]!  

Hulle is die Heilige Gees se wedergebore dissipels en dienaars van Jesus, wat op die Fondament van Waarheid, alleenlik vir die Koninkryk van GOD staan! (Joh. 12:26)

 

Geen Kerklike organisasie kan een siel tot bekering bring nie, indien wel, val die siel in die ou Kerklike afsaksel van godsdiens [teologie] vas!  

Nog minder kan ’n Kerklike instelling een siel vir Jesus red, want dit is beslis ʼn saak van onmoontlikheid!

 

Redding vir die dissipel, word alleenlik deur die Heilige Gees se krag van wedergeboorte bewerkstellig; na aanleiding van die werke wat uit die geloof in Jesus Christus is; naamlik 1.} Bekering van die ou wee.   2.} Sondebelydenis in eerlikheid en opregtheid.   3.} Die grootdoop van onderdompeling in water.   4.} En die doop van die Heilige Gees wat binne in die Volmaakte Liefde van Jesus Christus deur die krag van wedergeboorte bewerkstellig word!  

 

Maar die Kerk het die Heilige Gees weerstaan, en HOM vervang met ’n baie slim demoniese, beïnvloedbare godsdienstige praktyk van afgodery [Teologie], wat met die dooie letter van die Bybel, ingestel is op die intellek van die godsdienstige Kerklidmaat!

 

Vir eeue al, word die Heilige Gees en die Krag van wedergeboorte, wat alleenlik in die volmaakte Liefde van Jesus Christus vir Sy gemeente bewerkstellig is, deur die Kerk en sy godsdienstige Predikant en Pastoor weerstaan!

 

Gegrond op die aangeleerde kennis en geskiedenisse vanuit die Bybel en die Kerk, word daar in die Naam van die Here, sonder die krag en teenwoordigheid van die Heilige Gees, ʼn baie slim klomp godsdienstige snert [Teologie], kwytgeraak [m.a.w. die dood is in die pot], wat vir die Kerklidmaat as die Weg van die Waarheid en die Lewe voorgehou en opgedis word!

 

Daarom staan daar geskryf: “Daar is ’n weg [dit is die Kerk se dwaalweg van Teologie, wat uit die kennis van die dooie letter en die geskiedenis van die Bybel, sonder enige Heilige Gees insig en krag van GOD is, en is dit ’n demonies beïnvloedbare godsdiens, wat deur die Kerk Orde se Predikante en Pastore opgedis word] wat vir ’n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood!” (Spr. 14:12) (Jes. 3: 12)

 

Die Satan glo ook in Jesus Christus as die Seun van GOD, hy’t HOM ontmoet en met HOM gepraat, trouens deur JESUS CHRISTUS is hy uit die hemel ontsetel en hy sidder want hy gaan oop oë hel toe!

 

Hy is gesamentlik met die skrifgeleerdes en Fariseërs van die Jodekerk verantwoordelik vir die vervolging, kruisiging en verwerping van Jesus as die Messias van die Jode!

Immers is hy die stigter van die Jodekerk, wat deur Jesus verklaar word as die sinagoge van Satan!

 

Hy ken ook die Bybel, en resiteer ook die letter van voor tot agter net soos sy skrifgeleerdes en Fariseërs van die hedendaagse Kerk dit kan bemeester, na alles is hy van voor tot agter ʼn rolspeler daarin!

 

Vir eeue lank is die volk van Israel en die Jode op ’n baie subtiele wyse van godsdiens beoefening [teologie], deur die skrifgeleerdes en Fariseërs besluier gewees!   Die Volk word besig gehou met die gee van tiendes, en die bring van offers vir hulle sonde [wat deur genoemde skrifgeleerdes en Fariseërs vir hulle eie voordeel, as ʼn besigheid uitgebyt word]!

 

In teendeel die volk van Israel en die Jode, is met ’n baie slim godsdiens beoefening deur die Kerk, so besig gehou gewees met die uitvoering van hul verpligte onderhouding van die tien gebooie, wette, insettinge, reëls en regulasies van Moses!  

Sodanig was hulle ten opsigte van die WAARHEID, besluier en blind gewees, dat hulle tot vandag toe, versuim het om die eerste en die belangrikste gebod van GOD [en wat vandag deur Jesus die enigste gebod is] te handhaaf, naamlik; om GOD die VADER, met hulle hele wese lief te hê!

 

Dieselfde subtiele praktyk van godsdiens beoefening; en die besluiering van kerklidmate om Kerk gebonde te bly!   Word ten koste van JESUS CHRISTUS en die WAARHEID wat die Liefde betref; deur die Kerk van ons tyd [wat sonder die Heilige Gees is], met ’n baie slim aangeleerde godsdiens [teologie], waarmee die Predikante en Pastore van die Kerk, baie goed mee toegerus is, en implisiet, word dit oor die Kerklidmate beoefen!
(Joh. 2:13-16)

 

Vanaf die ontstaan van die godsdienstige Kerk deur eeue heen, is Satan met sy godsdienstige invloed wat hy uitoefen deur middel van Teologiese Professore, Doktore, Predikante, Pastore ensovoorts; die outeur van die Kerk se “Teologiese” leerstellings!

 

Hierdie godsdienstige leerstellings word daagliks aangepas vir die godsdienstige kerklidmaat se intellek, sodat die Kerklidmaat van die WAARHEID, besluier sal bly!  

Sodat die kerklidmaat nooit die krag van wedergeboorte wat deur die Heilige Gees binne in die volmaakte Liefde van Jesus Christus bewerkstellig is, mag bekom nie!

 

Hy is ook die vader van die leun, van dwaalleringe en die valse godsdiens leerstellings!  

Dit is hy wat die partyskappe wat GOD so haat, in die kerk verwek, daarom is daar so baie kerke!  

 

Immers is hy die monarg, die stigter, en die outeur van elke nuwe Kerk en dié se grondwette!   Hy is die hoofrolspeler agter elkeen van dié wat duiwel vat, en wegbreek van die een Kerk om ’n ander Kerk te stig!

 

Sonder die teenwoordigheid van die Heilige Gees in die godsdienstige Kerk [want Satan vrees die Almag van GOD], is dit waar hy ook so knussies tuis voel, tussen sy baie slim geleerde skrifgeleerdes en Fariseërs, hulle wat so getrou staan aan die Orde van sy Kerk, om so getrou as moontlik, die dooie godsdiens letter van die Bybel aan te pas by sy Kerk!

 

Sedert die mensdom se ontstaan is Satan ook die verleier van die mens!

Daarom gaan hy ook getrou Kerk toe, want dit is hier [omdat die Heilige Gees nie teenwoordig is nie], waar hy op mees suksesvolle wyse, ook vir die godsdienstige kerkmense, die lekkerste kan verlei met “matchmaking,” om met egskeiding, onder mekaar te hoereer en allerhande vleeslike afgodery te bedryf!

 

Juis omdat die Liewe Heilige Gees nooit in die Kerk teenwoordig is nie, en onder die gesanik van die godsdienstige Predikant se slim boodskap, gedurende die dienstye van die Kerk, sluimer en slaap hy ook op sy lekkerste in die kerk!

 

Tyd het bewys dat die Rooms-Katolieke-Kerk deur die eeue heen sonder die Heilige Gees, veroorsaak het, dat miljoene baie goeie Kerk mense in ʼn verderflike toestand van godsdienstige afgodery en besluiering, verlore gaan.

 

Die Kerk wat [sonder die Liewe Heilige Gees] godsdiens bedryf met Martin Luther se Heidelberg kategismus, is soortgelyk, ’n voortspruitsel en niks anders as ʼn afgietsel en ’n vertakking, wat eie aan die Rooms Katolieke Kerk is nie.

 

Hierdie protestantse en gereformeerde Kerke ongeag wat die naam is, se voortbestaan word gegrond op ’n baie slim Teologiese intellektualisme van die Bybel, en daarmee word ʼn baie slim Teologiese godsdiens van afgodery in die kerk gepleeg [m.a.w. Oor die lidmate in die Kerk word daar deur middel van die Bybel met baie slim woorde gegoël!   Sodoende word die kerklidmate besluier teenoor die Waarheid en is hulle vasgevang in die strik van toegewyde Kerk gebondenheid]!  

 

Daarom is hierdie protestantse Kerke [wat sonder die Waarheid en die teenwoordigheid van die Heilige Gees is, en wat die Saligheid in Jesus Christus betref] ook niks anders of beter as Martin Luther se 95 tesis verlig, Rooms-Katolieke-Kerk nie, en die laaste is erger as die eerste!

Met ander woorde: Die godsdienstige letter van die Bybel, sonder die insig wat deur die Heilige Gees verleen word, is die insig deur die godsdienstige sélf [Predikant] se vertolking daarvan morsdood!

 

Met die verpligte toepassing van die Heidelberg kategismus in die Kerk, en die baie slim maar dooie letter gebruik van die Bybel, word Teologiese afgodery deur die Predikant bewerkstellig.(Dit is ʼn dooie godsdiens wat die dood in die Kerk veroorsaak en die ewige verderf vir sy lidmate!) (Spr. 14:12) (Jes. 3: 12)

 

Die kerklike las, wat die Kerk aan die lidmaat oplê, en die slim fabels, verdigsels en die klomp godsdienstige en geskiedkundige snert wat deur die Predikant vanuit die Bybel kwyt geraak word. Dit alles Bewerkstellig ʼn Strik van intellek besluiering oor die Kerklidmaat. Hy is dus vasgevang onder ʼn net van baie slim Teologiese afgodery!

 

Verbeel jou net; Alles word gedoen in die Naam van GOD die Vader en Jesus die Seun en die Heilige Gees!

 

Daarom het Jesus Hom in die Gees verheug en gesê: “Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense [teoloë] en dit aan kindertjies [dissipels en navolgers van Jesus] geopenbaar het. Ja, Vader, want so was dit u welbehae.” (Luk 10:21)

 

Dus word die Kerk met sy slim Teoloë deur die Kerklidmaat wat onder die godsdienstige besluiering van die Kerk is, diens williglik gehoorsaam en verafgod!

 

Terwyl die Kerk daadwerklik die oorsaak van skeiding is, tussen die Kerklidmaat en dié se Saligheid, wat alleenlik met die Krag van wedergeboorte in die Volmaakte Liefde van Jesus Christus deur die Heilige Gees bewerkstellig word!

 

Met ander woorde die godsdienstige Kerklidmaat kan hoor, maar hy kan nie sien nie, en is blind net soos die godsdienstige Predikant, demonies Teologies verblind is, wat hom dan saam die verderf in lei! (2Tim. 4:3-4)

 

Want as die godsdienstige Predikant wat hulle bedien, nie deur die krag van die Heilige Gees wedergebore is nie, dan is dit vir die godsdienstige Kerklidmate, net soos vir die Jode wat ook sonder wedergeboorte is, onmoontlik om in gees en waarheid, tot die volle Waarheid van Liefde in Jesus Christus te kom.

 

Met die gevolg dat: Die Kerk, sy Predikante, sy Kerklidmate en Martin Luther met sy 95 tesis en kategismus en alles waarvoor dit staan, eenvoudig, in die Naam van Jesus Christus verlore gaan!

 

Die Kerk, vanweë die godsdienstige strik van sy baie slim teologiese afgodery, is die oorsaak van miljoene en miljoene, baie goeie Kerklidmate se godsdienstige besluiering, en uiteindelik hulle verderflike ondergang.

 

Baie goeie Kerkmense sit hulle lewe om in die Kerk, vasgevang in ʼn godsdienstige gemoedstoestand van baie slim godsdiens besluiering!   Sonder die besef dat hulle vasgevang is in die strik van ʼn baie slim en verraderlike afgodediens!

 

Met die gevolg dat dit vir die Liewe Heilige Gees onmoontlik is om die Kerklidmaat binne in die Kerk te bereik, om vir dié wat dit opreg met die Here meen, binne in die volmaakte Liefde van Jesus Christus, Sy krag van wedergeboorte te bewerkstellig.

 

Indien wedergeboorte wel buite die Kerk gebeur, word die Kerklidmaat eers onder sensuur geplaas daarna word die attestate van klublidmaatskap eenvoudig gelig en vernietig, en hy word permanent uit die Kerk verban!   Foei tóg, hoe belaglik is die godsdienstige saligheid wat die Kerk vir sy arme godsdienstige Kerkmense in die ewige verderf bewerkstellig!

 

Wat is belangriker vir die Kerklidmaat?

Wil die lidmaat met wedergeboorte deur die krag van die Heilige Gees, vir ewig in GOD se Koninkryk, as kind van GOD wees!   Of wil die lidmaat sonder wedergeboorte, met godsdienstige Kerklidmaatskap van ʼn Martin Luther se 95 tesis verlig, Rooms-Katolieke-Protestante-Kerk, uiteindelik in die ewige verderf beland!

 

Wie is belangriker; Jesus Christus wat deur die Heilige Gees krag van wedergeboorte, vir ons die ewige Saligheid met Volmaakte Liefde bewerkstellig het.   Of is Martin Luther en sy 95 tesis verlig, Rooms-Katolieke-Protestante-Kerk belangriker.   Wat met ’n baie slim godsdiens beoefening, veroorsaak dat miljoene en miljoene baie goeie Kerkmense, deur die eeue heen onder godsdienstige besluiering, die Saligheid sonder die Krag van wedergeboorte vir ewig kwyt is!

 

Dieselfde geld vir die Pinksterkerke wat deur middel van ’n doopsertifikaat erkenning gee aan hulle nat gedoopte sondaars [Kerklidmate en Pastore wat sonder die belydenis van hul sonde gedoop is] as Kerklidmate!

 

Verbeel jou net, die asemrowende getalle waarop hulle roem, van by die 620,000000 miljoen dopelinge, waarvan die meerderheid, nat gedoopte sondaars is, wat sonder die Heilige Gees krag van wedergeboorte, met oopoë hel toe gaan!

 

Gevolglik het die Kerklidmaat deur eeue heen, die Kerk verryk!   Maar terselfdertyd is die lidmaat se afvalligheid van GOD en die Heilige Gees, met groot sukses deur die Kerk se dooie godsdiens bewerkstellig!  

Die godsdienstige Kerklidmaat se verderflike verval is dus sonder die Heilige Gees se krag van wedergeboorte met welslae deur die Kerk veroorsaak volgens: Mattheüs 23;13-15 & 12:43-45!  

 

Daarom het Jesus die volgende verklaar: “...  maar wee die mens deur wie die struikelblok kom!  (Matt. 18:7c)  

 

Met die voleinding van hierdie wêreld [na die duisendjarige vrederyk], sal Jesus Sy engele uitstuur en hulle sal uit Sy koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die ongeregtigheid doen en hulle sal in die vuuroond gegooi word.   Daar sal geween wees en gekners van die tande!   (Matt. 13:36-43)

 

Vanweë die Kerk se godsdienstige huigelary, word die Kerklidmaat met afsterwe, heilig verklaar, en kamma binne in die hemel met gebed verwesenlik, saam met al die gepaardgaande snert van so ʼn emosionele opgeruide gebed wat GOD onse Vader nie eers verhoor nie!

Dink net aan die gruwelike Godslastering van die Kerk teenoor GOD en Sy Koninkryk!   Terwyl die Here Jesus Christus alleenlik aan die voleinding, met die laaste opstanding van die dode, Self sal oordeel en regverdig wie in GOD die Vader se Koninkryk moet ingaan! (Open. 20:11-15) & (Matt. 25:31-46)

 

Hierdie baie goeie godsdienstige Kerkmense word onbewustelik vir ʼn leeftyd lank, tot finansiële voordeel van die Kerk, deur middel van baie slim Teologiese intellek nie net gemelk nie, maar hulle is beroof van ʼn baie groot Goddelike seën en uiteindelik die ewige lewe! (Matt. 23: 13-15)

 

Deur ʼn beroep te maak op die bejammerenswaardige en getroue Kerklidmate se bydra tot fondse waarmee die Kerk sy koffers volstop!   Is die “Kerk” baie vinnig om sy eie beul te blaas met kamma hulpverlening aan die hulpbehoewende, maar deur GOD vervloekte buurlande. (Jesaja 18:1-7)

 

Terwyl Jesus verklaar: “Want voorwaar Ek s ê vir julle [Sy wedergebore dienaars], julle sal sekerlik met die stede van Israel [Westerse nasies] nie klaar kry [om hulle in Jesus tot bekering te lei, hulle sondes te laat bely en hulle te doop] voordat Ek kom nie!” (Matt. 10:23b)

 

Hoé pateties kan die Kerk wees.   Terwyl die Kerk kamma omsien, na die sorgbehoewende weduwees, en vir sy arme uitgemergelde oumense, wat aan hierdie Kerke behoort, moet hierdie Kerklidmate tog vir alles ten duurste aan die Kerk betaal en word elke moontlike sent deur die Kerk van hulle gestroop!

 

Die godsdienstige Kerklidmaat dien en gee obligatories uit die oorvloed van sy swaar verdiende loon, nie vir Jesus nie, maar vir die Kerk, wat nie omsien na die behoeftes van die armes, weduwees en wese nie!  

 

Al blaas die Kerk hul beul oor die Radio, dat hulle wel na die sorgbehoewende omsien, lieg hulle eintlik vir die arme kerklidmate wat deur die Kerk uitgemelk is!

 

Maar iemand wat verby en buite die Kerk strukture, vry van godsdienstige verpligting is, en uit liefde gee aan die armes, weduwees, wese en die heiliges wat nie die Kerk is nie, gee in der waarheid vir Jesus, (Matt. 25:40)

 

So word daar in die Koninkryk van GOD gesaai, waar skatte (met ʼn ewige waarde van heerlikheid) versamel word! (Matt. 6:19-21) (Luk 12:33-34)

 

Maar sonder wedergeboorte wat die “Krag” van opregte liefde binne in ons vir GOD onse Vader bewerkstellig, ontbreek dit aan die liefde volgens Korintiërs 13, en is die motief van die vrygewigheid tevergeefs, daar word dus geen loon sonder wedergebore liefde in die Koninkryk van GOD bewerkstellig nie! (1Kor. 13:3)

 

Dit sou beter gewees het vir die godsdienstige Kerklidmaat dat hy nooit die Kerk bygewoon en gedien het nie, en dat hy niks in verband met die Saligheid wat Jesus Christus vir hom bewerkstellig het, gehoor of verneem het nie! Hy dan sterf en vir ewig beland in die poel wat brand met swael en vuur. Want dan is hy onskuldig van die kennis aan die Kerk se godsdiens en het hy niks geweet van godsdiens nie en word hy vergeld net vir sy sonde!

 

Eerder dit, as dat hy uiteindelik in die poel beland wat brand met swael en vuur vir sy sonde, en hy homself vir ewig daaroor verwyt. Omdat hy vir al sy nietige lewe in die godsdienstige Kerk onder die slim Teologiese strik van intellektuele besluiering vasgevang was. Dat hy die Kerk met sy lewe en al sy besittings baie getrou gedien het, en hy dit sonder blymoedige liefde moes toewy aan die Kerk! Net om uiteindelik te besef dat die Kerk deurentyd met al sy slim godsdiens en geskiedenis, die breë weg na die hel is, vir ewig!

 

Al wat nodig was vir hierdie kerklidmaat om die ewige lewe in Jesus Christus te beërwe, was om te glo dat Hy is, sodoende die godsdienstige self te bekeer van die godsdienstige Kerk, die sonde in diepte te bely, deur onderdompeling gedoop te word soos JESUS aan ons opdrag gegee het, volgens (Matt. 28:18-20). En daarna vir ’n kort tydjie te wag op die Heilige Gees vir die wedergeboorte en om aangedoen te word met krag, volgens (Hand. 1:4-5 & 1:8) (Hand. 2:4 & 2:33)!

 

Waarna ons vir die oorblywende lewe op aarde, kinderlik as ’n dissipel en ’n navolger van Jesus van Hom getuig, terwyl ons wandel op hierdie Weg van die Waarheid, wat deur die Jode en die Kerk n Sekte genoem word, volgens (Hand. 24:5 & 24:14 & 28:22)!

Verlief op GOD onse LIEWE Vader, op Jesus Christus onse LIEWE Heiland en op GOD die Liewe Heilige Gees, en om vir jou naaste lief te hê soos jouself!

 

Dit alles moet ons en kan ons alleenlik doen, wanneer ons toelaat dat die Heilige Gees vir ons met die krag van wedergeboorte, bevry van die vloek van die godsdiens geleerdheid en Hy ons geheel en al genees van die mag van die vervloekte godsdienstige Kerk se besluiering!

 

Hiérdie sogenaamde wedergebore Sekte [dissipels van JESUS] is die liggaam van die Here Jesus Christus op aarde, hulle is die draers van die Waarheid! Hierdie wedergebore Sekte van Jesus, bestudeer nie die Bybel nie, maar lees daaruit die Will van onse Vader in hul lewe, om alleen vir Hom te behaag!

 

Hulle lewenswandel is in Gees en Waarheid voor Sy Aangesig! Uitverkorenes is hulle, ’n ontelbare skare uit alle nasies en stamme en volke en tale. Hierdie dienaars van JESUS is nie Kerklidmate nie, daarom is hulle deur die Heilige Gees binne in die Volmaakte Liefde van Jesus Christus wedergebore!

 

Soos hulle in Engels sê; “Without love, you die.” Sonder Liefde vir die Here sterf jy. Dit is so eenvoudig as dit!

Vir die eenvoudige rede: Met die laaste opstanding voor die Wit troon, sal hierdie godsdienstige Kerklidmaat hoor, Jesus sê vir hom, “gaan weg voor My aangesig, Ek ken jou nie, Ek weet nie wie jy is nie.”

 

Die enigste voorwaarde wat Ek vir jou opgelê het voor My kruisiging, en wat jy versuim het om getrou te doen, is dit: “Hoor, Israel, die Here, onse God, is ʼn enige Here; en jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag.

 

Dit is die eerste gebod. En die tweede, hieraan gelyk, is dit: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as dié nie.” Let op: Nie die “heilige koei” Kerk liefhê nie! (Mark. 12:29-31)

 

Liewe Jesus sê: Liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag: Dus, word daar nagenoeg geen tyd, plek of ruimte in die Kerklidmaat se nietige lewe, vir homself of enige iets anders oorgelaat nie.  Behalwe vir gehoorsaamheid aan die Here Jesus, in die uitvoering van Sy bogenoemde voorwaarde! (Mark. 12:29-31)

 

Let noukeurig daarop; Hierdie genoemde liefde, is nie net in die kop of in die mond nie. Maar met jou hele wese, solank as wat jy leef, elke bewustelike oomblik van jou nietige lewe, moet hierdie liefde vir GOD die Vader en vir jou naaste, vanuit die hart toegepas word, en nié vir die “Kerk” nie!

Onvoorwaardelik moet dit in alle opregtheid met toegewyde liefde uitgevoer word, wat letterlik, ʼn saak van onmoontlikheid is. Tensy die Kerklidmaat die self oorgee om deur die werking van die Heilige Gees krag, binne in die Volmaakte Liefde van Jesus Christus weergebore word!

 

Die geheim wat agter hierdie volhardende liefde lê, is die Saadjie van Liefde (let wel: Nie die Volmaakte Liefde nie, want met ons hele wese streef ons daagliks daarna)!

Dit word wel deur die Heilige Gees in die Volmaakte Liefde van Jesus Christus, met die krag van wedergeboorte, binne in die dissipel van die Here Jesus Christus bewerkstellig!

 

Dit moet baie ernstig aan diegene uitgewys word wat sê dat hulle wel Christene is, maar hulleself regverdig voor GOD deur hulle pogings om die Wet te onderhou
(Rom. 10:4, 6:14, 10:4, 13:10) (Gal. 3:11)

 

Net soos die Jode vir 2500 jaar reeds sonder GOD is, bly hierdie wettiese Christene ook sonder GOD, onder die liefdelose vloek van die Wet wat nie in staat is om hulle te red nie! (Gal. 3:13 & 4:4-5)

 

Juis om dié rede; Is Jesus vir die redding van hierdie Jode, deur God die Vader aan die kruis geoffer.

 

Maar hulle het GOD Sy Vader se barmhartige genade van Liefde verwerp. Net omdat hulle nie afstand wou doen van die Wet nie. Gevolglik bly hulle onder die vloek van die Wet tot vandag toe! (Joh. 1:11-12)

 

Daarom het die Heilige Gees van GOD onse Vader Homself tot redding van die heidene gerig! Danksy vir Jesus Christus! Hy is GOD se Volmaakte Liefdes offer. Halleluja!!!
(Luk. 14:15-24)

 

Al bely hierdie wettiese Christene hul geloof in die Here Jesus Christus, maak hulle deur die onderhouding van die Wet, die barmhartige genade van redding kragteloos vir hulleself.

 

Redding word alleenlik deur die Heilige Gees Krag van wedergeboorte in die Volmaakte Liefde van die Here Jesus Christus bewerkstellig!

 

Daarom, as gevolg van die Wet wat die verhardheid van hulle liefdelose harte bewerkstellig, bly hulle net soos die Jode, vervreemd van die Liewe Heilige Gees, omdat Hy nie by hulle kan kom inwoon nie!

 

Hierdie liefdelose wettiese Christene, moet hulle bekeer van die Wet, en met sondebelydenis, in die naam van GOD die Vader, Jesus Christus, die Seun van GOD en die Heilige Gees gedoop word.

 

Hulle (die Kerk se) vooruitgang met ’n godsdiens van dooie werke, het vir 2000 jaar sonder die teenwoordigheid van die Heilige Gees, in die geskiedenis en die dooie letter korrektheid van die Bybel, bly stilstaan en veragter!  

 

Maar wat die kerklidmate betref is daar wel in die geskiedenis van die Kerk, vordering gemaak, en is daar met die letter korrektheid van die Bybel gefloreer, sodanig so, dat die doderyk vandag, vol is met godsdiens verblinde kerklidmate wat onder die besluiering van ’n dooie godsdiens, wag op die wederkoms van Jesus en vir die opstanding van die dode om dan uiteindelik deur die bediening van hulle Kerk se predikers die ewige verderf te beërwe!  

 

Vir elke Predikant en Pastoor breek daar ’n oomblik van WAARHEID aan, wanneer hulle sal moet besef, dat hy of sy al die tyd in die kleed van die hoer [Kerk] bekleed was!   Inplaas daarvan om deur middel van die Heilige Gees se krag van wedergeboorte, gevul te wees met die Heilige Gees en die WAARHEID en bekleed te wees met JESUS CHRISTUS!   (Rom. 13:14) (Gal. 3:27) (Kol. 3:10-17) (Open. 3:4b-5)

 

As die kerk nie spoedig leegloop van kerklidmate nie en hulle deur die Krag wat die Heilige Gees bewerkstellig, binne in die Volmaakte Liefde van Jesus Christus, weergebore word nie, is daar ʼn ontelbare skare van Kerklidmate van die onderskeie Kerke, “eenvoudig gesê;” in groot getalle bestem vir die Ewige verderf! (Gal. 3:10-13 & 4:5-6 & 5:4 & 5:18) (Joh. 3:3&5) (Joh. 1:11-12)

 

Want sonder wedergeboorte sal niemand die Koninkryk van GOD, sien of ingaan nie; Verklaar Jesus! (Joh. 3:3-5)

 

Alles wat meer as dit is, is vanuit die bose en GOD lasterlik.   Dit sluit die Kerke in wat met die Evangelie van die Nuwe Testament en in die Naam van Jesus Christus, hul wettiese dwaalleer godsdiens wil regverdig!  

 

Gelykstaande hiermee is die Kerk wat met valse profete [eintlik is hulle professionele witboordjie bedrieërs en rowers], ’n mammon godsdiens bedryf!  

Almal Kerke wat deur middel van godsdienstige [teologiese] Predikante en Pastore, die arme Kerkmense, met ’n baie slim maar ’n dooie, geskiedkundige godsdiens, vanuit die Bybel besluier.  

 

Hierdie arme godsdienstige kerklidmate, word as gevolg daarvan, nie net in die naam van Jesus Christus in alles wat gedoen word, finansieel beroof nie, maar van ’n ewige saligheid word hulle beroof, en so; deur die eeue heen, is hulle by die miljoene, met oopoë op die breë godsdienstige weg na die ewige verderf gelei!  

 

Wat emosionele manipulering van kerklidmate betref, en deur middel van ’n baie slim godsdiens beoefening, is hierdie Kerke erger as die Roomse Katolieke Kerk, uit wié se stamboom hulle lank gelede van uitspruit en soos ’n katarak oor die ganse wêreld versprei!  

 

Miljoene kerklidmate sal moontlik nou hieroor lag as dit gelees word en dit minag en dit nie glo nie, maar wanneer hulle daar aankom, sal die ontnugtering groot wees wanneer hulle dit aanhoor en besef dat hulle getroue en toegewyde gebondenheid aan die Kerk, vir hulle ’n warm plekkie in die ewige verderf besorg het!  

 

Daar is diegene wat wel wedergebore is, maar weens die liefde vir self, wat nie elke dag met sondebelydenis gekruisig word nie, en jeens die gebrek aan liefde vir GOD die Vader, en vir jou naaste, en vir jou broer, en vir jou suster, wat in die Here is, gaan hulle met die wederkoms van Jesus, met ʼn groot skok en teleurstelling eenvoudig net agterbly! (Mark. 12:29-31)

 

Terwyl daar baie goeie en vroom Kerkmense is wat met hulle hele wese die wedergeboorte van Liefde begeer wat julle het, en dit nie kan bekom waar hulle onder die besluiering van die Kerk monster is nie!  Sonder liefde is dit onmoontlik om vir GOD te behaag! (1Kor. 13)

 
Terug na bo
Druk hierdie bladsy
Stuur hierdie blad aan iemand
Voeg tot gunstelinge
Kopiereg ©2010 Laastweek.co.za - Alle regte voorbehou