Laai die dokument gratis af www.Lastweek.co.za
Druk hierdie bladsy
Die laaste opstanding

DIE LAASTE OPSTANDING. DIE WIT TROON OORDEEL. DIE 2de DOOD.

 

D

eur die insig van die Heilige Gees wat in my is, skryf ek oor die verborgenhede van die toekomstige gebeure en die werklikheid daarvan!   (1Kor. 14:30) (Kol. 3:1-4)

Of jy dit wil lees al dan nie, dit is ’n realiteit!   Maar ekself sal nie hier by die Wít Troon oordeel teenwoordig wees nie, want JESUS het Sy wedergebore uitverkorenes ’n 1000 jaar vantevore opgewek en hulle is in HOM alreeds by die VADER verheerlik!  

Vervolgens sien ons dan hoedat Daniël reeds vooraf dit bekend gemaak het:  “En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik.”   (Dan. 12:2)

 

Jesus self het gesê: “Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom ʼn uur wanneer almal wat in die grafte is, Sy stem sal hoor en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling.”   (Joh. 5:28-29) (Joh. 6:44)

 

Jesus sê vêrder: “En wanneer die Seun van die Mens in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op Sy heerlike troon sit, en voor Hom sal al die nasies versamel word...”   (Matt. 25:31-32a)  

 
Deur die. Heilige Gees aan hom geopenbaar, bevestig Johannes die volgende insig:   En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die [huidige] aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie.  En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen.  En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; [let daarop] en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke.  

... En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.   (Openb. 20:11-15)  

 

Die Here sal hulle van mekaar skei, en aan die wat aan Sy regterhand is, sal Hy sê; “Kom julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af.”  Dan sal Hy ook vir die aan Sy linkerhand sê; “gaan weg van My af julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.”   (Matt. 25:34 en 41)

 

Die wat hulself aan die linkerhand van die HERE bevind, is hulle wat op die knieë, in die godsdienstige gewoonte geoefen is, om die mooiste moontlike, maar ’n valse voorkoms en ’n skyn van godsaligheid voorhou!   Wat nou aan JESUS erkenning moet gee; dat HY waarlik die ERE KONING en HOË PRIESTER van GOD se KONINKRYK is [nie van ’n Kerk nie], en HY is waarlik die SEUN van GOD!  

 

Elkeen van hulle wat JESUS se Evangelie van wedergeboorte met die Joodse godsdiens en die baba-doop verkrag het, moet nou vir die laaste keer, hierdie woorde aanhoor: Hoe dat die enigste HEILAND en VERLOSSER van die mens, met groot Liefde en ontferming, vir almal wat in JESUS glo en HOM aanneem, vir hulle is redding en verlossing van die ewige verderf deur die HEILIGE GEES se krag van wedergeboorte in JESUS bewerkstellig!  

Hierdie pateties-verontwaardigde-mense, is niemand anders as die Pousdom met sy blink gevolg nie, en so waarlikwaar, daar staan al die godsdienstige Predikers, Professore, Doktore en Leermeesters van die Kerk [hoegenaamd ook al], netso, ewe pateties-verontwaardig!  

 

Almal het net soos die Pousdom, deur middel van sy godsdienstige geleerdheid, hulself bekwaam as die heilige gesante van die Kerk [nie van GOD nie].  En die Kerklidmate wat ook daar staan, het aan hierdie Predikers wat met ’n mooi voorkoms, en wonderlike storievertellers is, se lippe gehang, en was dus deur hulle bediening van ’n baie slim godsdiens, besluier en verblind gewees [vir JESUS se Evangelie van wedergeboorte], so asof hierdie Predikers werklik die gesante van GOD is!   Maar hulle eie mond sal teen hulle getuig!   En die Lewende Woord van GOD sal uit die boeke van hulle sogenaamde godsdienstige-werke getuig!  

 

Daarom die woorde wat die HERE spreek en sê: Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?  

En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!   (Mat 7:22-23)

 

“En as dit bevind word dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.”   (Openb. 20:15)

 

Dink net vir een oomblik hoe liefs móói, aantreklik en sjarmant jy vir jouself in die spieël en voor die lidmate van jou Kerk voorkom!   Hoe lief jy is om jou pragtige stem te hoor wanneer jy voor mense optree!  En dan hoor jy hierdie woorde wat LIEWE JESUS sê: Ek het jou nooit geken nie. Gaan weg van My !

 

Jy is mos ’n godsdienstige Teoloog; naamlik ’n briljante Professor, Doktor, Predikant of Pastor!  En daarby is jy [nie wedergebore nie en is jy sonder die insig en die wysheid van Heilige Gees] ’n godsdiens leermeester van formaat!  En vanweë jou gekunstelde intellektualisme, hang die skares aan jou lippe [dink jy], jy roem daarop [blaas jou beul in die openbaar, en oor die media] dat jy ’n kenner van die Bybel is!  Jy gee erkenning daaraan dat jy die vernuftige skrywer van baie teologiese boeke is [wat eintlik tot eer van jóú eie selfbeeld, maar nét ’n klomp saamgestelde teologiese snert is!   En vir die Heilige Gees se wedergebore dissipel en navolger van JESUS, se salige en rein hart, hou dit geen noemenswaardige of ewigheidswaarde in nie]!   Nog minder is die waarde daarvan vir die niksvermoedende lidmate van die Kerk se godsdienstige intellek!

 

Maar hulle, die arme kerklidmate wat ook hier saam met jou staan, is deur jou baie slim intellektualisme van ’n dooie letter godsdiens besluier gewees en dit nie geweet nie, maar nou weet hulle dit]!   Die moontlikheid dat hulle jou daar wil aanrand is nie uitgesluit nie!

 

En nou moet Jy sien en aanhoor dat die HERE JESUS CHRISTUS oor Wié jy so baie van gepraat, geskryf en gedoseer het, [en vir Wié jy met die aanbieding van jou eiesinnige godsdiens selfs vereenvoudig het]; dat Hy daadwerklik bestaan!   Maar sonder die Heilige Gees se krag van wedergeboorte het jy vir JESUS en Sy evangelie van wedergeboorte in werklikheid, nooit geken nie!  

 

Dink net; die geweldige ontnugtering vanweë die klimaks van die oomblik, wanneer jy hierdie woorde moet aanhoor: “Uit Barmhartige Genade van ontferming het My VADER met ’n innige Goddelike Liefde, vir almal wat bestem is vir die ewige verderf, My Heilige Gees gestuur om deur My Evangelie van wedergeboorte gered te word!  Ek wou jou red en verlos van die ewige verderf, maar jy het jou godsdienstige hart teen My Heilige Gees verhard!   (Joh. 3:1-21)

 

In alle Waarheid en Liefde wou die Heilige Gees vir jou leer en lei, ook wou die Heilige Gees vir jou die verborge en die toekomstige dinge waar dit op neerkom bekend maak!   Maar onteenseglik het jy voortgegaan met jou sélf aangestelde, self aangeleerde godsdiens en daarmee het jy My Evangelie van wedergeboorte en die Heilige Gees, wat tydig en ontydig met jou gepleit het, weerstaan en geminag!   (Joh. 14:16-18 & Joh. 14:26)(Joh. 15:26-27)(Joh. 16:7-14)

 

Sodoende het jy die Liewe Heilige Gees, vir My, en die Liewe VADER bedroef,   Ek het jou nooit geken nie. Gaan weg van My !”  

 

Dat jou nuttelose godsdiens vir jou tot op hierdie plek in die hemel bevorder het, is werklik ’n prestasie!   Eintlik was JESUS se Evangelie van wedergeboorte deur die Heilige Gees vir jou die “shortcut” gewees!   Maar jou eiesinnige godsdiens is die oorsaak dat Jesus vir jou tevergeefs aan die kruis moes sterf!   Dit is nou te laat!   Die Barmhartige Genade tydperk van die VADER se innige Liefde vir jou, is lankal verby!  

 

Hoe tragies is dit dan nie, dat jy ooit besluit het om godsdiens te studeer en nou word jy met oopoë, teologie en al, deur die engele van Jesus in die vuuroond verwerp en dit alles net vir die godsdienstige self!   Dink net daaraan; vir ewig sal jy oor niks anders kan dink behalwe om die godsdienstige self te verwyt en daaroor spyt te wees nie!

 

Jesus het deur die insig van die Heilige Gees, vir meer as 2000 jaar gelede, die volgende aan ons verklaar: “... so sal dit wees in die voleinding van hierdie wêreld: die Seun van die mens [JESUS] sal Sy engele uitstuur en hulle sal uit Sy koninkryk bymekaar maak al die struikelblokke [wat die wedergeboorte en die HEILIGE GEES geminag het] die wat die ongeregtigheid doen en sal hulle in die vuuroond gooi.   Daar sal geween wees en gekners van tande!”   (Matt. 13:40-24)

 

Hierdie struikelblokke, sogenaamde Predikante en Pastore [is struikelblokke vir die WAARHEID van JESUS se Evangelie van wedergeboorte en van die HEILIGE GEES] hulle het hulleself met godsdiens beywer en kwalifiseer dus vir ’n eenrigting- bewys verby die wit troon oordeel reguit na die hel!   ’n Mens sou amper vir hulle wou jammer voel!

 

Verder aan se Jesus uitdruklik vir hulle: Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes [Predikante en Pastore van die Kerk], want julle trek rond oor see en land om een bekeerling [Kerklidmaat] te maak; en as hy dit geword het, maak julle hom ‘n kind van die hel, twee maal erger as julle self.   (Mat 23:15)

 

Ons sien dus, met insig van die Heilige Gees, wié word as ’n struikelblok geïdentifiseer: Enige godsdienstige persoon soos byvoorbeeld; ’n Predikant of Pastor van die Kerk, wat deur middel van godsdienstige rede, die Waarheid en die Heilige Gees weerstaan, om te verhoed dat iemand uit die werke van sy of haar geloof binne in die liggaam van Jesus Christus deur die krag van die Heilige Gees, wedergebore word!  

Maar jy sal egter hierdie verderflike oordeel vryspring en daaruit gered word, indien jy onmiddellik terwyl jy hierdie insig van die Heilige Gees lees, en jouself in alle opregtheid bekeer van die Kerk en van ’n eiesinnige en Godlose vormgodsdiens en die werke daarvan!  

Die werke van jou geloof, as n dissipel van die HERE Jesus Christus, moet saam met die Liewe Heilige Gees getuig, dat Sy krag van wedergeboorte in jou nietige, mooi lewe bewerkstellig is!   (Joh. 3:3 & 5)

 

JESUS se Evangelie van wedergeboorte deur die krag van die Heilige Gees vind plaas vanuit die werke van jou geloof naamlik, glo in die HERE JESUS CHRISTUS as jou enigste SALIGMAKER [nie die Kerk nie], bekeer jou van sonde en/of van jou Kerk-godsdiens, met die belydenis en die aflegging daarvan, deur middel van die doop van onderdompeling in water en ontvang die doop van die Heilige Gees!  

Nadat JESUS alles volbrag het, is Hy deur GOD-sélf aangestel as Koning en Hoëpriester oor GOD se koninkryk en die voorafgenoemde is van krag in JESUS se eie woorde as Hy sê:   “Maar soek eers die koninkryk van GOD en Sy Geregtigheid [dit is JESUS vir wie ons moet aanneem om gered te word] en al hierdie  “dinge”  [verwys na JESUS se Bergpredikasie] sal vir julle bygevoeg word!”   (Matt. 6:33 & Matt. Hoofstuk 5:1 tot by hoofstuk 6:34)

 

Wedergeboorte is beslis nie ’n dooie letter kennis godsdiens van die Bybel, wat in jou gedagtes of in jou mond is nie!  Dit is ’n krag van GOD, wat vanuit die innerlike, uit ’n rein en opregte hart [gees] deur die Heilige Gees se geïnspireerde geloof van binne af, in Gees en Waarheid voortvloei!  

 

En nie net dit nie, maar Wedergeboorte binne in die opgestane liggaam van Jesus ís in werklikheid die HEILIGE GEES se wedergebore gemeente van JESUS wat oor die ganse aarde versprei is [“nie die Kerke nie”]!   JESUS se Evangelie van wedergeboorte, realiseer ’n heilige praktiese leefwyse van ’n gehoorsame geloofsoorgawe om te wil handel en te wandel na die wil van die VADER!   [Nie ’n vervloekte Kerk wat die Waarheid van JESUS se Evangelie van wedergeboorte en die werke van die Heilige Gees met ’n dooie letter godsdiens vanuit die Bybel weerstaan nie!]   (1Pet. 4:1-2)

 

GOD is geregtigheid, daarom sal elke mens wat gelewe het, ʼn geleentheid vind om die knie te buig en te erken dat Jesus Christus die seun van GOD is.   (Fil. 2:9-11)

 

Sy oordeel is regverdig vir elkeen van ons en die res van die mensdom wat ooit op die aarde geleef het!   (Sef. 3:5a)

 

Maar dit moet jy verseker weet; dat ongeag jou finale bestemming waarvan jy hier op die aarde deur die mag van die Heilige Gees, in JESUS CHRISTUS die voorreg van ’n eie keuse geniet, en of die keuse deur jou met ’n oorgawe gemaak of nie gemaak word nie, en die onwillekeurig besluit in die dag van oordeel vir jou gemaak is, sal daar geen een mens of wese ooit tot niet gaan nié!   En bly jy vir ewig voortbestaan!   Hetsy in JESUS, die ewige heerlikheid van GOD die VADER, of deur GOD verdoem, die ewige verderf!

 

Let wel . Volgens die gelykenis van die ryk man en Lasarus: Die ryk man is deur die Wet van Moses volgens sy werke, geoordeel maar sy naam was nie in die boek van die lewe gevind nie en juis daarom, is hy waar hy is.

 

Lasarus die bedelaar, is nie volgens sy werke deur die Wet geoordeel nie, maar hy is deur barmhartige genade wat uit die Liefde van GOD is, in Jesus Christus, volkome geregverdig, sy naam was in die boek van die lewe gevind en daarom, word hy getroos deur vader Abraham.   (Lukas. 16:19-31)

 

Maar die onderskeid tussen die dode, en die skeiding van die dode wat opgewek word, vind eers plaas met die laaste opstanding van al die dode, soos dit vir ons hierbo uiteengesit is.

 

Die twee kwaaddoeners wat saam met Jesus gekruisig is, is begrawe.  

Daarna speel tyd vir hulle geen rol meer nie, want tot en met die opstanding uit die dood en die doderyk, sal die tyd wat vir hulle verbygegaan het, soos ʼn oogknip wees. “...Want die dooies weet glad niks nie...”   (Pred. 9:5)

 

Wanneer hulle dan weer hulle oë oopmaak, sal die gebeure van hul kruisiging nog vars in hulle gedagtes wees, so asof hulle in werklikheid nog daar is. Nou egter, na die opstanding sal alles om hulle heen vreemd gevind word. Netso sal dit dan vir ons ook wees!

Daarom toe Jesus vir die een sê: “Voorwaar” ... “ vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.” Dan is dit met die opstanding van die dode, vir hom nog steeds vandag!   (Luk. 23:43)

 

“... En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.”   (Openb. 20:14)

 
Terug na bo
Druk hierdie bladsy
Stuur hierdie blad aan iemand
Voeg tot gunstelinge
Kopiereg ©2012 Laastweek.co.za - Alle regte voorbehou