Laai die dokument gratis af www.Lastweek.co.za
Druk hierdie bladsy
Die Laaste sewe jaar

  DIE “LAASTE SEWE JAAR.”  

 

M

et ander woorde: Binnekort breek die laaste sewe jaar vir die mensdom op aarde aan en met insig van die Heilige Gees, sien ons alles wat daarna moet volg!  

Die  “laaste week”   [sewe jaar] soos voorspel deur die profeet Daniël, is in werklikheid ook die laaste sewe jaar van GOD se lankmoedige genade in Jesus, vir die mensdom op aarde. Dit strek alreeds oor ʼn tydperk van meer as 2000 jaar.   (Dan. 9:27)   (Efese. 1:3-23)  

 

Barmhartige genade wat kosbaar deur die GOD Ontfermend, se ewige liefde voorsien is in Christus Jesus.   Die mensdom is almal vooraf reeds bestem vir die ewige verderf.   Juis daarom en alleenlik deur Jesus Christus is die mens gevrywaar van die ewige verderf, altans vir die wat glo in HOM en vir JESUS deur die wedergeboorte aanneem en navolg as Sy dissipels!   ( Hand. 4:12)   (Joh. 6:37-40)   (Joh. 3:3-5 & 3:16-18)   (1 Joh. 2:2)   (Mark. 16:16)

 

Genade in Jesus vir die berou oor sonde, die bekering en verlossing daarvan, en sodoende in die gewoonte geoefen van sondebelydenis, ʼn rein hart te bekom om ’n meer uitnemende Saligheid vir ewig deelagtig te word.   (Joh. 10:28) (Rom. 6:23) (1Joh. 3:1-11) (Psalm. 24:4-5)  

 

Genade vir ernstig, toegewyde Christene, dié wat opreg kinderlik vir GOD onse Vader daarvoor vra, om deur die Krag van wedergeboorte vernuwe te word.  Dit is ʼn wonderwerk wat alleenlik deur die Heilige Gees binne in die Volmaakte Liefde van Jesus Christus, vir die dissipels van Jesus, as SY heilige uitverkorenes bewerkstellig word!  

 

Genade om met die vrug van die Heilige Gees, in die Waarheid te oorwin en vry te wees van die Kerk se strik van verpligtinge, dwaalleringe en afgodery!  Wat deur middel van ’n baie slim, georkestreerde godsdiens vanuit die Bybel, en die Orde van Teoloë in die Kerk aan die lidmaat opgelê word.  

M. A. W. Die Kerklidmaat se gewete word met ’n dooie godsdiens verstrengel en verkrag, alleenlik in belang van die Kerk , om dan met ’n skuldgevoel aan die Kerk gebonde te bly!  

 

Ook teen Satan met sy verleidende houvas en diaboliese aanslae wat hy maak op die lewe van die Kerkmense en die heiliges!  

 

Genade vir die wedergebore heiliges (dissipels van Jesus), om deur die krag van die Heilige Gees, standvastig te volhard met hul getuienis vir die Koninkryk van GOD, en vir Jesus Christus wat die ewige Saligheid vir ons bewerkstellig.   (Openb. 12:9 & 12 & 17)  

 

Hierdie laaste sewe jaar, voorspel deur Daniel: Soos deur Jesus verwys, is verdeel in twee tydperke van drie en ʼn half jaar elk.   (Dan. 9:27)(Dan. 12:11)(Matt. 24:15-21)

 

Maar dit is egter die betekenisvolle laaste periode van drie en ʼn half jaar van Groot verdrukking, waarna Jesus verwys het toe Hy gesê het: “En as daardie dae [van hongersnood vervolging en verwoesting] nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; Maar terwille van die “uitverkorenes” sal daardie dae verkort word.   (Matt. 24:22) (Dan. 12:11) (Matt. 24:21)  

 

“Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.  Die hemel en die aarde, sal verbygaan, maar My woorde sal nooit verbygaan nie.”   ( Matt. 24:34-35)  

 

Wanneer u hierdie openbaring lees, weet verseker dat u reeds deel uitmaak van die laaste geslag wat die drie en ʼn halfjaar Groot verdrukking moet verduur!  

 

Maar eers moet daar ʼn ontelbare skare ʼn groot menigte wat niemand kan tel nie, uit alle nasies, stamme, volke en tale, buitekant die mure van die Kerk, deur die Krag van die Heilige Gees binne in die Volmaakte Liefde van Jesus Christus weergebore word as Sy uitverkorenes!   (Joh. 3:3-5) (Open. 7:9)  

 

Aan die einde van hierdie beduidende sewe jaar, sal ons Heiland, Jesus Christus, terugkeer, om Sy [weergebore] uitverkorenes te versamel en saam met Hom weg neem.   (Matt. 24:29-31)  

 

Die volgende is deur die Heilige Gees geopenbaar, om die chronologiese volgorde van gebeure gedurende die laaste sewe jaar en wat daarna moet volg, te verstaan:  

   

   

 

 


Terug na bo
Druk hierdie bladsy
Stuur hierdie blad aan iemand
Voeg tot gunstelinge
Kopiereg ©2012 Laastweek.co.za - Alle regte voorbehou