DIE HEILIGE GEES IS DIE LIEFDE VAN 1 KORINTIËRS 13!
Hersien
2010/08/20
Die mens, sonder enige uitsondering [elke godsdienstige Leermeester, Predikant, Pastoor en die Kerklidmaat ingesluit], is as gevolg van Adam se
“ongehoorsaamheid,”
losgemaak van die Liefde en beskerming van GOD,
En deur Adam se ongehoorsaamheid, het alles vir die mens by GOD verkeerd geloop!
Toe Adam en Eva omdraai by die ingang van die tuin van Eden, nadat die engel van GOD hulle weg gewys het, is die mens se liefde vir GOD as VADER bedenklik!
Sedertdien is die menslike-sélf, sonder eer, onafhanklik van GOD!
Met selfgesentreerdheid is hy nou ingestel op sy eie-gedagtes van selfstandigheid!
En die mens bly dus onafhanklik van GOD!
Nie net dit nie, onder andere is hy nou ook sonder die beskermende hand van GOD blootgestel aan die alom teenwoordigheid van die leuenagtige en die verleidende Satan!
Die vrug van ongehoorsaamheid bring skeiding tussen GOD en die mens!
Met die gevolg dat die menslike-sélf, van nature, sondig-boos is, en juis daarom; is almal met die sondeval van Adam en Eva, bestem vir die ewige verderf!
Sonder die Liefde en die insiggewende LIG van GOD se wysheid, is die mens vir duisende jare, onder die Satan se bose en duistere invloed van verleiding en goddeloosheid!
Selfs die menslike intuïsie van ’n Goddelike bewustheid, word deur ’n demoniese-gees van godsdienstigheid, in die verstand van die mens beïnvloed sodat een of ander vorm van godsdiens gepraktiseer en beoefen word!
Die godsdiens wat daardie persoon dan beoefen, voel vir die verstandelike intellek, kompleet en waar!
Selfs in die Kerk van vandag, is dieselfde demoniese-gees van godsdienstigheid voltyds teenwoordig en aktief!
En daarom is hulle besluier en blind vir GOD die VADER se NUWE HART VERBOND naamlik, JESUS se Evangelie van wedergeboorte uit water en Gees, wat vir die godsdienstige en verlore gaande méns, dié enigste HOOP van redding is!
(Joh.3:3&5)
Dit is om hierdie rede, dat Liewe Jesus die volgende verklaar het:
“
En as iemand na my woorde luister en nie glo nie, Ek oordeel hom nie; want Ek het nie gekom om die wêreld te oordeel nie [want die wêreld is reeds van die begin áf tot verderf toe veroordeel], maar om die wêreld te red.”
(Joh. 12:47
)
En Ek soek nie My eer nie; daar is Een [GOD die Heilige Gees] wat dit
soek en wat
oordeel.
(Joh. 8:50 & Joh.16:7-14)
Hier op die aarde tans, is dit die Heilige Gees wat beslissend oordeel wie se naam in die boek van die Lewe verskyn of nie!
Die uitdrukking van; “my eie gewete klae my aan,” of van ’n skuldige gewete van sonde wat jy mag ondervind, dit is die gevolg van jou eie gees wat aan GOD behoort en wat binne-in jou benoud, vasgevang en onderdruk word deur jou onbekeerde en bose-self-natuur, of deur jou onbekeerde, godsdienstige bose-self-natuur!
Dit is jou onderdrukte gees [jou gewete] wat binne in jou vasgeknel, manifesteer om bevryding en verlossing vanuit jou valse dop van skynheiligheid!
Jou bose selfbeeld, wat ewe vroom in godsdienstigheid geklee wil wees en so voorgehou word!
Die gees van die mens is gedurig bewus van sy SKEPPER!
En die gees van die mens is bewus van sy bestemming in die ewige-verderf, wat vir die sondige, godsdienstige en selfgesentreerde mens beslis die bestemming is!
Dit is verskriklik!
Daarom is jy dan met die oordeel van die Heilige Gees, in jou deur sonde of godsdiens onderdrukte gees [gewete], oortuig en aangekla van jou sondige toestand!
Want dit is die Heilige Gees wat gedurig by die deur van jou duistere en godsdienstige hart aanklop en ondersoek instel, of jy dalk gered en wedergebore wil word!
Maar die Tere, Sagmoedige en Almagtige GOD die Liewe Heilige Gees, dwing Homself aan niemand op nie!
Want JESUS se Evangelie van wedergeboorte deur die krag van die Heilige Gees, of dit aangeneem of verwerp word, dit is ’n individuele en vrye keuse wat nie afgedwing kan word nie, maar ’n persoonlike besluit wat deur elke mens geneem moet word!
Veral die godsdienstige Kerk se godsdienstige gepeupel, weerstaan die Heilige Gees en verwerp JESUS se Evangelie van wedergeboorte deur die Heilige Gees, wát in werklikheid vir die mens, die enigste deur van ware Liefde na die Saligheid is!
Hierdie wonderlike en wedersydse Liefde van die VADER vir ons en ons vir die VADER, word alleenlik met die vrug van die Heilige Gees binne-in die weergebore dissipel en navolger van JESUS bewerkstellig!
(Gal.5:22)
Juis vir ons verlossing en redding is die HERE JESUS gekruisig, en dit is van uiterste belang, dat elkeen wat gered wil word, moet uitroep na die HERE en in erkentlikheid vir HOM sê; “HELP my asseblief HERE,” red my van my sondige en goddelose-self, of van ’n selfregverdigend en ’n godsdienstige self, help my HERE, red my asseblief, HERE!
In die teenwoordigheid van die Heilige Gees, moet elkeen met godsdiens en al, sélf erkentlik wees oor die wanhopige toestand van jou sondige self!
En juis daarom, om hulp na GOD die VADER uitroep [uitskreeu as dit nodig is] vir die redding en verlossing van die oorheersende en vernietigende mag van jou eie weghol gedagtegang!
Want dit is nie die regverdige en godsdienstige sélf nie, maar jou onderdrukte gees binne in jou wat met die gevoel van wanhoop en benoudheid, uitruik na die Heilige Gees en daarna smeek om gered en verlos te word!
Dit is jou eie gees wat vir jou deur die Heilige Gees met ’n skuldige gewete laat oortuig van sonde!
Jou eie gees is jou gewete en kla vir jou aan van sondeskuld en veroordeling!
Die Heilige Gees hoor dan die benoudheid en die berou van jou onderdrukte gees wat aan GOD behoort en juis daarom klop Hy gedurig aan die deur van jou verharde en duistere-hart!
Maar die eiesinnige, moedswillige en opsetlike-self, moet met bekering, berou betoon en die Heilige Gees sal vir jou in die Naam van Jesus Christus, tot redding, verlossing, genesing en vertroosting, tegemoetkom!
Die Heilige Gees Sélf, is die Liefde van 1 Korintiërs 13, waarmee ons met ’n rein hart, die hemel moet ingaan!
Daarom terwille van die Volmaakte Liefde in JESUS CHRISTUS, word die vrug van liefde deur die mistiese werking van die Heilige Gees, binne-in SY dissipels bewerkstellig, en dit is JESUS se Evangelie van wedergeboorte, wat vir ons van wesenlike belang is!
“Omdat dié Liefde van GOD in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is!”
Sê Paulus.
(Gal.5:22) (Joh.3:3&5) (Rom. 5:5b) (Rom. 15:30)
Die Heilige Gees verklaar in die boek van Hebreërs die volgende:
“En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ’n beloner is van die wat Hom soek.
(Heb. 11:6)
WAT BETEKEN GELOOF VIR ’n CHRISTEN?