|
DIE MENSDOM SE LAASTE WEEK.
Die volgende profesieë in die Bybel is deur die krag en salwing van GOD se Heilige Gees aan Sy heiliges, die “uitverkorenes” geopenbaar, sodat hulle, hulself gereed moet maak.
Jesus sê: Wanneer Hy [die Trooster, die Heilige Gees] gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei;
Want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig.
(Joh. 16:13)
(Hand. 1:8
)
Alhoewel dit nie bekend is watter uur die Here Jesus sal terugkeer nie, is die volgende wel geopenbaar en verseker: “... Die verstandiges sal verstaan,” ... “en die kennis sal vermeerder.”
( Dan. 12:10)(Dan. 12:4d)
Dit moet julle weet; Dat genoemde “verstandiges,” ongetwyfeld deur die HEILIGE GEES van GOD met insig en die WAARHEID, verstandelik geïnspireer word, om onder andere, te let op die toekomstige gebeure!
Soos die wederkoms van JESUS vir Sy uitverkorenes en hul ewige saligheid!
Asook om die omstrede gedagtes en verskille van godsdienstige opinies te weerlê met betrekking tot die WAARHEID, oor die opstanding van JESUS uit die dode!
En wié die HEILIGE GEES se ware wedergebore dissipel van die geloof in JESUS CHRISTUS die kind van GOD onse VADER is!
Wees asseblief versigtig dat u nie die insig in verband met die volgende openbaringe, soos hieronder in chronologiese volgorde uiteengesit is, betwyfel of minag nie!
DIE “LAASTE SEWE JAAR.”
|