DIE NAGMAAL:
Geliefdes van onse Geliefde HEILAND JESUS: So dikwels as wat julle bymekaarkom, dan moet julle die Nagmaal neem tot gedagtenis van JESUS!
(Matt. 26:26-28)(Mark. 14:22-24)(Luk. 22:19-20)(1Kor. 11:23-25)
Onthou die Nagmaal gedenk JESUS as die Liefdes offer van GOD onse VADER!
En is JESUS die offergawe van Barmhartige GENADE vir die vergifnis en versoening van ons sondes!
Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom: Sê Paulus!
(
1Kor. 11:26)
Paulus; beklemtoon onomwonde, die realiteit en die Waarheid vir ons tot gedagtenis van JESUS, wat Homself as mens aan die kruis moes offer tot vergifnis van ons sonde!
Vervolgens vra hy dan: ... “die beker van danksegging wat ons met danksegging seën, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie?
(1Kor. 10:16)
Met julle samekomste vir die gebruik van die Nagmaal tot gedagtenis van JESUS, en by elke ander geleentheid, moet julle die vrymoedigheid in besit neem, om vertroulik met mekaar saam te bid vir die belydenis van sonde en die bevryding daarvan, indien enige!
(1Kor. 11:28-32)
In hierdie saak van heiligmaking en terwille van die waarheid wat julle moet beoefen, is dit van die uiterste belang dat julle met liefde vir mekaar moet bystaan, ondersteun en verdra!
Verder wat die dierbares betref [wat die lewende liggaam van JESUS is]; moet julle mekaar in julle aller heiligste stig en geestelik met die waarheid opbou!
Gedagtig daaraan dat JESUS se leringe, Sy Wette en Sy opdragte en alles wat Hy vir ons geleer het, getrou uit te voer en te onderhou!
Omdat die Nagmaal vir JESUS alleenlik moet gedenk!
Het die gee van tiendes en offergawes tydens voor, of gedurende, of na die Nagmaal, niks te doen met die Nagmaal nie,
DIE GEE VAN TIENDES EN OFFERGAWES! VERPLIGTEND OF NIE?!
Geliefdes, met julle Godgegewe en bevoorregte seëninge van oorvloedigheid, gedurende hierdie baie moeilike tye van werkloosheid, swaarkry, hongersnood, ellende en alles wat dit behels, moet julle uit die werke van jou liefde en in oorgawe daarvan, vir mekaar met offergawes van liefde dien en bedien!
Julle moet ook na die behoeftes van die geliefde heiliges omsien, sodat hulle nie hoef te sug vanweë die sorge van die lewe nie!
Terwyl hulle dan nou dag en nag afgesonder bly en met alle vrymoedigheid vir julle by die VADER intree vir julle behoeftes, sodoende vir julle te bid en op te dra in dié tye van benoudheid!
En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus: Verklaar Paulus.
(Fillip. 4:19)
Die VADER se Seën rus daarin, dat julle vergenoegd moet wees!
Sodat julle teenoor die lede in die liggaam van JESUS, met die oorvloed van jul seëninge, die gawe van vrygewigheid in hierdie liefde sal beoefen!
Die gee van tiendes en offergawes is nie ’n instelling deur JESUS aan Sy dissipels gemaak nie!
Dus, is die gee van tiendes en offergawes vir die dissipels van JESUS, nie verpligtend nie!
Maar die gee van tiendes en offergawes, is wel ’n verpligte en godsdienstige ritueel vanuit die Ou-Testamentiese era gewees, wat deur Moses net vir Israel opgelê was!
Met die aanvang van die Nuwe-Testamentiese era was dit vanaf die Jode oorgedra, ingestel en voorgestel aan die kerklidmate asof die gee daarvan ’n verpligte godsdienstige ritueel is!
Dit was eerste deur die Rooms-Katolieke-Kerk ingestel en daarna, deur elke ander Kerklike vertakking wat spruit vanuit die Rooms-katolieke-Kerk of nie!
Sodoende deur die Kerk se slim Predikante en Pastore, word die Kerklidmate tot voordeel van die Kerk se geldkoffers, finansieel droog gemelk met die oortuiging dat hulle dit vir GOD gee!
Wel, dit is ’n leun!
En is dit alleenlik ’n kerklike instelling vir die Christen Kerklidmate!
Maar vir die dissipel en navolger van JESUS is die “liefde” wel verpligtend! waarmee die tiendes en offergawes aan die HERE gemaak word!
Sodoende rus die seën van die VADER wat ryk maak in hierdie liefde van die dissipel wat uit liefde as gewer bydra in die behoeftes van die heilige afhanklikes, byname, die armes, weduwees, wese en die heilige dienaars van JESUS!
Daarom verklaar JESUS die volgende:
‘n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê.
Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.
(Joh. 13:34-35)
Met die gee van julle tiendes en offergawes aan die VADER word Hy alleenlik in die motief van jul opregte liefde daarmee gedien!
Julle liefde is die altaar vir tiendes en offergawes wat gemaak word aan die VADER!
Groot is die GENADE en LIEFDE van ’n BARMHARTIGE VADER wat ons met ’n rein hart deur die Heilige Gees se krag van wedergeboorte, binne in die HERE JESUS CHRISTUS as regverdiges bewerkstellig!
HALLELUJA!
PRYS DIE HEER! AMEN!