DIE NIÉ-CHRISTENE WAT OP DIE AARDE AGTERBLY.
Na die versameling van die “uitverkorenes” van die Here en hulle vereniging met Hom, is daar diegene (Kerk mense ingesluit) wat sal agterbly. Hulle sal tye van onbeskryflike chaotiese en vernietigende toestande beleef.
Hierdie is die mense van die laaste wêreldorde, die dier, wat die merk geneem het, en sy beeld “verafgod.”
Hulle is nie-Christene-nie, en is nog in oorlogvoering teen die Islamitiese massas vanuit die Ooste gewikkel.
Daniël bevestig; “.... en tot die einde toe sal dit oorlog wees, vasbeslote verwoestings.” (Tot en met die aanvang van die 1000 jarige vrederyk sal dit oorlog wees!)
(Dan. 9: 26)
Ná al die bogenoemde ellende en strafgerigte, is daar nog sewe engele wat gereed staan om die laaste sewe plae van die toorn van GOD oor die mensdom uit te stort. Naamlik:
1. Kwaai en bose swere.
2. Die see het bloed geword, soos van ʼn dooie.
3. Die water van riviere en fonteine word bloed.
4. Die son skroei die mense met sy gloed.
5. Duisternis en geweldige pyn.
6. Die Eufraat rivier droog op.
7. Geweldige weerligte, donderslae en die grootste aardbewing ooit.
Dit word vêrder uit die Woord bevestig; “want hulle het die bloed van heiliges en profete vergiet, ...” (Openb. 16: 6a)
Ten spyte van al hierdie pyn en smarte, het die mens nogtans GOD gelaster en hulle nie tot GOD bekeer nie. (Openb. 16: 1 - 21)
Hierdie gebeure en wat hierna moet volg, bring ʼn einde aan die mag en heerskappy van die dier (die laaste wêreldorde) asook die valse (Antichris) profeet (Mohammed) en sy Islamitiese gevolg en elke ander Antichristelike leier en sy volgelinge.
Dit beteken ook die einde van Satan en sy “gees van verleiding”, asook alle oorblywende mense wat in hulle sondige toestand voortleef.