Laai die dokument gratis af www.Lastweek.co.za
Druk hierdie bladsy
Die Tien maagde

  DIE TIEN MAAGDE.

 

D

ie Heilige Gees wys met insig wat die gelykenis van die tien maagde beteken: Die tien maagde verteenwoordig die tien stamme van Israel wat in die verstrooiing onder die ganse Christendom is op aarde! (1 Pet. 1:1-2)(Jak. 1:1)

 

Daarom het Jesus voor Sy kruisiging die volgende gesê: “Ek is die goeie herder, en Ek ken my eie en word deur my eie geken. “... Ek lê my lewe af vir die skape.  Ek het nog ander skape (die bogenoemde tien stamme van Israel) wat nie aan hierdie stal (van die Jode) behoort nie.  Ek moet hulle ook lei, en hulle sal na my stem luister, en dit sal wees een kudde (die 12 stamme van Israel), een herder (Jesus gedurende Sy 1000 jarige vrederyk)”.   (Joh. 10:14-16)

 

En later na Sy opstanding verklaar Jesus soos volg: “… Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.   (Mat 28:18-20)

 

Die Vyf verstandige maagde is die helfte van die tien stamme van Israel.

Hulle toewyding, geloof en liefde vir Jesus is opreg gevind en hulle is deur die krag van die Heilige Gees, in geregtigheid weergebore met die vrug van die Heilige Gees, die liggaam van JESUS, ’n tempel van GOD!   (1Pet. 1:3-12)

 

Gedurende die drie en ʼn halfjaar Groot verdrukking was hulle gereed gewees want hulle het met lydsaamheid tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie, en maak deel uit van die “uitverkorenes” wat saam met Jesus opgeneem word!

 

Die vyf onverstandige maagde is die ander helfte van die tien stamme van Israel: Hulle godsdienstige geloof en toewyding aan die Kerk, was gerieflikheidshalwe nie in waarheid en opregtheid van liefde vir JESUS gewees nie, en daarom is hulle deur die krag van die Heilige Gees nie weergebore nie!

 

Deur die verleiding van Satan het ʼn gees van selfgeregtigdheid en hebsug, naamlik; Mammon van hulle besit geneem!

Hulle het die wêreld, hulself en hulle sogenaamde “prosperity religion” liefgehad en dit alles gedoen in die naam van Jesus!

 

Gedurende die drie en ʼn halfjaar Groot verdrukking het hulle nie kans gesien om die lydsaamheid (wat vooraf bepaal is vir die “uitverkorenes”) uit te leef nie.

Sommige van hulle sal die “merk van die dier” opneem en daarom bly hulle agter wanneer Jesus Christus Sy uitverkorenes wegneem!   (Matt. 25:10)

 

Dié wat die merk van die dier neem “... sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam (Jesus).  En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie, hulle wat die dier en sy beeld aanbid (verafgod), en elkeen wat die merk van sy naam ontvang.   (Open. 14:10-11)

 

Dit beteken eenvoudig net dat die groot meerderheid van die ganse Christendom op aarde en dit vanuit die Westerse nasies, nie gereed sal wees nie.

 

Hulle sal net eenvoudig agterbly, wanneer Jesus saam met die engele Sy uitverkorenes kom haal!   (Matt. 25:1-13)

 

Hierdie Christene is nie deur die Heilige Gees weergebore nie en so seker as wat hulle gaan agterbly, sal hulle deel uitmaak aan die laaste opstanding van die dode!

 

Hulle sal geoordeel word volgens die Wet en hul werke, en as hulle name nie in die boek van die lewe verskyn nie, is hulle beslis bestem vir die poel wat brand met swael en vuur!   (Open. 20: 15)

 

 

Terug na bo
Druk hierdie bladsy
Stuur hierdie blad aan iemand
Voeg tot gunstelinge
Kopiereg ©2012 Laastweek.co.za - Alle regte voorbehou