JESUS IS DIE LOSPRYS VIR SY UITVERKORENES!
(Matt. 20:28)(1Tim. 2:6)
Jesaja het ongeveer 700 jaar, reeds vooraf die koms van Christus Jesus aan die volk bekend gemaak.
(Jes. 53:1-12)
Daniel het selfs tot op die jaar, Jesus Christus se kruisiging vooruit bekend gemaak!
(Dan. 9:24-26a)
Vir 700 jaar lank, het die Jode en die Kerk van daardie tyd, daarop gelet en is Sy koms in afwagting verkondig.
Maar alhoewel hulle daarvan kennis geneem het, min wou hulle aanvaar en besef dat hulle kerklike en godsdienstige rituele, sedert die afbreek van die tempel van Salomo, reeds ’n tevergeefse godsdiens van aanstootlikheid vir GOD was!
Toe Jesus Christus met Sy groot doop [want Hy was omtrent 30 jaar oud], deur Johannes die Doper aan hulle bekend gemaak word; was die Skrifgeleerdes en die fariseërs [Predikante en Leraars van die volk] se teleurstelling in HOM baie groot gewees, toe hulle moes aanskou en aanvaar dat JESUS maar net nog ’n “vaal seun van ’n mens is en Hy nogal vir ’n profeet aan die volk voorgehou word!”
Boonop gemeet en te oordeel aan die Jode, en die Kerk van vandag se godsdienstige standaarde [wat die Joodse godsdiens navolg], is JESUS en Sy bekwaamheid [deur die krag van die Heilige Gees] as ’n rabbi, vir hulle van geen noemenswaardige, en vooraanstaande afkoms nie!
(Luk. 3:21-23a)(Joh. 1:15)(Joh. 3:26-36)
Verder is Hy ’n Bedrieër teenoor die geloof van die godsdienstige Joodse Kerk, en verkondig Hy nou ook nog, ’n evangelie van wedergeboorte, wat vals en strydig indring teenoor hulle [die Joodse] standvastige geloof in hulle wettiese godsdiens!
(Joh. 3:3-21)
Hy is dus ’n bedreiging vir die Jode se godsdienstige Kerk [sinagoge] en dié, se Wettiese grondbeginsels en die godsdienstige [of teologiese] voortbestaan daarvan!
“Die Waaragtige GOD van hemel en aarde, sal mos nie so ’n fout en ’n bespotting van Homself laat maak nie.
Deurdat HY ’n gewone mens stuur, eerder as ’n GOD verheerlikte wese nie?
En boonop alles is Hy nog ’n vraat en ’n wynsuiper, ’n vriend van tollenaars en sondaars!
Ná alles is
“ons”
mos die uitgesonderde afstammelinge van vader Abraham en is dit mos letterlik die godsdienstige waarheid waarvoor ons afgesonder is, en dien ons onberispelik in die Kerk [naamlik, die onderhouding van die besnydenis, die Wette, insettinge en verordeninge van Moses]! Dit is mos alles, korrek in die letter van die Bybel opgeskrywe [alles oor die godsdienstige voorskrifte van die Jode]!
Ons voorvaders het wel GOD se profete vermoor, dit kan en sal ons verseker nie doen nie!
Maar hierdie Huigelaar [JESUS] die Seun van ’n timmerman, wat ’n Dwaalleraar van ’n sekte is, Hy moet vinnig in die kiem gesmoor en van ontslae geraak word!”
So is dit destyds onder mekaar in die Joodse Sanhedrin [sinode van die kerk] geredeneer en is die besluit geneem om vir Jesus te laat vermoor, ten opsigte die voortbestaan van hulle godsdiens te verseker!
Maar wat GOD die VADER van JESUS betref, is die Joodse godsdiens nou ’n nuttelose, en GOD verlate [IKABOD] godsdiens!
Met ander woorde:
Alleenlik is JESUS se Evangelie van wedergeboorte uit water en die Heilige Gees, ook die Evangelie van GOD se
“NUWE HART VERBOND!”
Naamlik, wedergebore in JESUS met ’n vernude hart [gees] en ’n nuwe lewe vir toeganklikheid in GOD die VADER se koninkryk, en daarom is dit die Evangelie van GOD se koninkryk!
(Esegiël. 36:25-27 & Esegiël. 11:19-21)
(Jer. 31:31-34 & Heb. 8:8-13) (Joh. 3:3 & 5) (Matt. 6:33 & Luk. 12:31) (Mark. 16:16) (Hand. 2:38-39)
Daarom dan, nadat die Jode saamgesweer het teen die regverdige Jesus, wié die Seun van die mens is [Met ander woorde; Hy is gebore uit ’n mens], is HY nie net deur die Jode met gehoon bejeën nie, maar deur hulle toedoen, is HY wreed gemartel.
JESUS se heilige bloed is op ’n onwaardige en wrede wyse op hiérdie aarde verspil, waar Hy as die Geheiligde van GOD, aan die kruis van Golgota soos ’n sondaar moes ly, en vermoor is!
(Hand. 7:52)
Alles was deur hierdie “onheilige,” godsdienstige Joodse skrifgeleerdes en fariseërs [wié almal Joodse Professore, leermeesters en Predikante van die destydse Jodekerk tot vandag toe is] bewerkstellig!
Inplaas daarvan dat hierdie godsdienstige Joodse rabbi’s, destyds [toe hy nog in die lewe was, voordat hy vermoor is], na Johannes die Doper hardloop en die onheilige godsdienstige self, bekeer het met sondebelydenis, en laat doop het, het hulle in stede daarvan, bly vaskleef aan ’n godsdienstige verdraaidheid [wat tot vandag toe, ’n addergeslag voortbestaan van Satan is].
Die WAARHEID van Jesus Christus en SY Heilige Evangelie van wedergeboorte deur die Heilige Gees, wat vir hulle tot redding is, het hulle ten koste van hul saligheid dit alles en vir GOD verwerp, om sodoende, die voortbestaan van ’n valse en ’n onheilige godsdiens vir die Jode te verseker.
Sedertdien word hierdie valse godsdiens in die Jodekerk [wat deur Jesus die sinagoge van Satan genoem word] voortgesit!
(Hand. 7:51-53) (Open. 2:9)
So het hulle toe, sonder om in HOM te glo, vir JESUS die eniggebore Seun van GOD, die nederigste en mees beskeie mens van almal wat ooit op die aarde tot vandag toe geleef en gewandel het, laat vermoor!
Sonder roem en eer of enige aansien, is Hy groter as al GOD se profete, wat vermoor is!
(Matt. 11:11 & Luk. 7:28) (Jes. 52:13-15 & 53:1-12)
Let daarop: Hierdie “Jode,” met hulle Wettiese godsdiens, se plek van samekoms is die sinagoge!
JESUS CHRISTUS het soos volg na hulle verwys oor hulle lastering [teen die Heilige Gees], van die wie sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg - en ’n sinagoge van die Satan is” [’n Kerk van die Jode in teenwoordigheid van die Satan met hul samekomste]!
(Open. 2:9 & 3:9)
Hierdie einste Jode, is deur Jesus vermaan om nie teen die Heilige Gees te laster nie:
“Voorwaar Ek sê vir julle, al die sondes sal die mensekinders vergewe word en al die lasteringe wat hulle mag uitgespreek het; maar wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel”
— omdat hulle gesê het: Hy het ‘n onreine gees.
(Mar. 3:28-30)
Dit is hoekom die Jode se hart deur GOD tot van dag toe verhard is!
Daarom het Stefanus hierdie Jode met reg bestraf, toe hy vir hulle sê:
Julle hardnekkige en onbesnedenes van hart en ore, julle weerstaan altyd die Heilige Gees; net soos julle vaders, so ook julle.
Watter een van die profete het julle vaders nie vervolg nie?
Ja, hulle het dié gedood wat vooraf die koms verkondig het van die Regverdige [JESUS], van wie julle nou verraaiers en moordenaars geword het; julle wat die wet deur die beskikkinge van engele ontvang het en tog nie onderhou het nie!
(Hand. 7:51-53
)
Hierdie einste Jode is van voorneme om eendag weer ’n tempel te bou!
Maar hulle word tans deur Islam weerstaan, wié se moskee op die tempel grond gebou is!
Dus vir meer as 2000 jaar, is die Tempel nooit weer gebou of herbou nie; en die Tempel sal ook nooit weer tot en met die wederkoms van Jesus Christus, deur die Jode herbou word nie!
Eers met die aanvang van die duisendjarige vrederyk, sal KONING JESUS, nadat Hy Sy vyande verslaan het en die heerskappy van die nasies van die wêreld deur HOM in besit geneem is, Sy Koninkryk op hierdie aarde vestig!
Dan word Sion opgerig wat ’n nuwe Koninklike stad en Tempel van GOD is, waarvandaan Jesus self, as Ere Koning en Hoëpriester van GOD, oor die Goddelike Heelal, vir ’n 1000 jaar op hierdie aarde sal heers!
Nogtans het Jesus as mens, deur die krag van die Liewe Heilige Gees, geweet wat die noodlot vir Hom inhou!
Hy moes Homself [as die Seun van die mens] as eersteling, tot die dood toe, met heiligmaking voorberei.
Wetende die verwerping deur Sy eie mense [die Jode], moes Hy nogtans terwille van hul redding, onskuldig ly!
Al is dit dan tevergeefs gewees!
Vir hul redding van die ewige verderf, het Jesus tot en met Sy dood aan die kruis, in ’n heilige gehoorsaamheid, Sy liggaam as ’n soenoffer vir alle mense voorberei en toegewy aan GOD die Vader, maar die Jode het HOM verwerp tot vandag toe!
(Joh. 1:11-12)
As ʼn rein en onskuldige, maar ʼn heilig en welgevalle offergawe van Volmaakte Liefde, het Jesus Homself, gedurende Sy leeftyd op aarde, in gehoorsaamheid voorberei, as die Seun van GOD.
Juis in Volkome Liefde, vir die redding van hulle deur wie se toedoen Hy gemartel en gekruisig word!
(Jes. 53:1-12)
(Heb. 9:14)
Die kruis as altaar getuig daarvan dat hierdie sagmoedige “Liewe” Jesus [wat as die Seun van die mens], Homself terwille van die Liefde, en in besonder, gehoorsaam aan Sy Vader, Homself oorgegee het aan lyding, en Hy is in onskuld sonder sonde verneder en verwerp.
(Heb. 5:7-9)
Bedink die verskriklikheid daarvan, hoe Sy Vader toegelaat het, dat Hy as ’n “goddelose mens,” vervloek in ons plek van godsdienstige goddeloosheid gekruisig is!
Ongeag wie en wat elkeen van ons is, wat ek van myself mag dink, en hoe godsdienstig ek ook al mag wees!
Besef maar alte goed, die menslike onwaardigheid teenoor hierdie oorweldigende en volmaakte, Goddelike heiligheid van volkome Liefde vir die VADER?
Dit is ’n Volmaakte Liefde waarvan die omvang en die diepte, deur geen menslike maatstaf ooit gemeet kan word nie.
Maar as jy die omvang van GOD se Liefde wel wil meet, plaas dan in alle eerlikheid jou eie innerlik opregte liefde wat jy vir Liewe Jesus koester daarteenoor.
Vra dan eerlik aan jouself hierdie vraag; het ek regtig vir Liewe Jesus lief [nie die kop se liefde, wat jy in jou gedagtes mag dink dat jy vir Hom het nie, of die mond se liefde, wat sommer net praat-liefde is nie]?
Let dan in skaamte daarop, hoe “GROOT” die enigste, enkele liefde vir “myself” is, ek die godsdienstige self wat nie in Jesus aan die kruis wil sterf nie!
Hier is die wanbegrip van die Kerk wat aan die kerklidmate voorgehou word, dat almal maar net moet glo in Jesus en hulle sal gered word!
Maar die duiwels glo ook en hulle sidder!
Die waarheid is dat: Deur die kruisiging van Jesus, Sy wedergebore Christen dissipels wat geredelik in Hom glo en Hom aanneem as hul Verlosser en Saligmaker, vrygeskeld is van die sondeval, en ontvang Sy dissipel deur die werking van die Heilige Gees, vryspraak by GOD van die ewige verderf!
Maar deur die heilige bloed van Jesus, ontvang ek met belydenis van my sonde, vergifnis vir my sondes en word die mag van sondeskuld in my gewete [gees] oor my gebreek, ten minste as ek my sondes getrou en eerlik teenoor die Heilige Gees bely en my laat doop met die doop van JESUS!
Sodoende en met ’n baie ernstige oortuiging moet ek die selfgesentreerdheid afsterwe om sodoende in JESUS te lewe!
(Rom. 6:1-23)
Nou egter, deur die krag van die Heilige Gees se doop en wedergeboorte, word my innerlike gemoed, “my gees,” met die vrug van die Heilige Gees vernuwe naamlik, liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing!
Nét soos JESUS en die Evangelie van wedergeboorte, die vervulling van die WET van Liefde en die Profete is, is die vrug van die HEILIGE GEES met wedergeboorte, die vervulling van die WET van liefde en JESUS binne-in my!
(Rom. 13:10)
Liewe Jesus het met Sy liggaam, vir my as kind van GOD, in volmaakte Liefde versoen met die VADER, sodat ek as Sy bevoorregte, in Gees en Waarheid met GOD in geregtigheid mag wandel!
Met die Heilige Gees se krag van wedergeboorte binne-in my bewerkstellig, is JESUS nou met die vrug van die HEILIGE GEES, die vervulling van die wet van liefde, binne-in my innerlike gemoed!
HALLELUJA!
PRYS DIE HERE!
AMEN
(Gal. 5:22)
Dit wil sê: Deur die werking van die Heilige Gees, is die krag van wedergeboorte, vir die wat in Jesus glo en HOM aanneem, die “mag” wat Hy binne in ons bewerkstellig om kinders van GOD te wees!
(Joh. 1:12)
Nie net dit nie, maar nou is aan elkeen van ons wat in JESUS glo, deur die vrug van die Heilige Gees bewerkstellig, GOD se Nuwe hart Verbond van LIEFDE deur die VADER binne-in ons openbaar gemaak!
En dit bevestig vir ons sonder enige twyfel, dat in JESUS, GOD onse LIEWE VADER is wat in die hemel woon!
Vir die van ons wat in JESUS glo en Hom aanneem, is daar deur die Heilige Gees se krag van wedergeboorte, ’n mag van eenwording met Hom vrygestel, wat deur Sy bloed binne in die Volmaakte Liefde van Christus Jesus ’n ewige vergifnis en versoening vir ons sonde bewerkstellig.
Geliefde van ons Geliefde Heiland Jesus.
Let tog baie ernstig daarop: Sonder die Heilige Gees se krag van wedergeboorte, wat die verseëling is waardeur elkeen van ons in geregtigheid, gekenmerk word as GOD se kind!
Dat daar op geen ander wyse, hoe reg en godsdienstig gekwalifiseerd [teologies letter korrek] dit ook al vir u mag lyk, dat die geregtigheid daarvan hoegenaamd geen versoening met GOD as VADER bewerkstellig nie!
As Liewe Jesus sê:
“Maar soek eers die koninkryk van God en SY geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.”
(Matt. 6:33)
Dan is die geregtigheid van GOD ’n vereiste vir geloof in HOM [JESUS] wat Hy stel, en nie ’n raaisel nie, want Hy gee ook die antwoord, as Hy verklaar:
“Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.”
(Joh. 14:6)
“Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word.”
(Joh. 10:9a)
“Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.
En dit het Hy gesê van die [Heilige] Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.”
(Joh. 7:38-39)
Iemand wat in JESUS glo as die Saligmaker en Hom aanneem, word deur die werke van jou geloof, nie net met die krag van wedergeboorte wat die Heilige Gees met Sy vrug bewerkstellig, vernuwe nie, maar het nou die koninkryk van GOD en SY geregtigheid van geloof in JESUS CHRISTUS gevind!
Dit is wat Jesus vir Nikodemus sê:
“Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van GOD nie sien nie.
“… as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van GOD nie ingaan nie!”
(Joh. 3:3 & 5)
Anders gestel: Sonder Wedergeboorte deur die Heilige Gees se krag in jou aktiewe lewe van godsdienstigheid, is die kruisiging van JESUS vir jou tevergeefs en sinneloos!
Besluier deur die Kerk se godsdiens en alles wat daarmee gepaard gaan, kan jy die belangrikheid van hierdie waarheid van wedergeboorte en GOD se geregtigheid van geloof, vir geloof in JESUS, wat alleenlik deur die krag van die Heilige Gees bewerkstellig word, nie insien nie!
En die genade van GOD wat alleenlik in en deur JESUS verkrygbaar is, kan jy dus sonder die Heilige Gees se krag van wedergeboorte, nie deelagtig word nie!
Daarom en eenvoudig gestel, is jy dan met oopoë [met godsdiens en al] op pad na die ewige verderf!
Met Jesus se kruisiging; is die woorde van Abraham in vervulling gebring toe hy sê: ... “Die HERE sal voorsien!”
(Gen. 22:8-14)
Daarom moes Jesus as die Seun van die mens, uit eie wil die bereidwilligheid toon om die wil van GOD die Vader uit te voer.
Vanselfsprekend het Hy as mens, deur gehoorsaam te wees aan die uitvoering van Sy Vader se wil, en met Sy groot doop, die mag van die selfgesentreerdheid in gehoorsaamheid oorheers en afgesterwe.
(Rom.6:3-8)
Sodoende, het Hy tot en met Sy dood aan die kruis, met die self onderworpe aan gehoorsaamheid, in Gees en Waarheid met Sy Vader gewandel.
Vanweë die mens se sondige en godsdienstige, goddeloosheid, was JESUS nie net bereidwillig om alleenlik vir ons redding te sterf nie, maar deur middel van lyding, het Hy die vernedering en verwerping tot die dood toe verdra, om vir ons as navolgers van JESUS in die wedergeboorte, te regverdig vir die Saligheid!
(Joh. 6:38-40) (Matt. 19:28-29)
Daarom is Hy GOD se Regverdige Offerlam.
Want in gehoorsaamheid sonder om te kla, het Hy die toets van versoeking en verlyding met lyding deurstaan!
Nogtans ten spyte van Sy lyding, vernedering en verwerping deur die Jode, is JESUS as GOD se OFFERLAM in onderdanige gehoorsaamheid deur die Heilige Gees, vlekloos voorberei!
Daarom het JESUS in volkome gehoorsaamheid aan Sy VADER, die Volmaakte Liefde vir ons bewerkstellig, wat onder andere met wedergeboorte, die vrug van die Heilige Gees is en dit is ’n bewys binne-in ons [Sy wedergebore dissipels], van JESUS se gehoorsame onderdanigheid aan die VADER!
(Gal. 5:22)
Uit genade het Hy met Sy liggaam en sy bloed aan die kruis, vir ons [sy wedergebore dissipels], verlossing van die ewige verderf, vergifnis vir ons sondes en versoening by GOD Sy Vader bewerkstellig!
Ook het Hy vir ons GOD se geregtigheid van ’n standvastige en volhardende en deur die Heilige Gees geïnspireer, ware-geloof in HOM vir die ewige Saligheid bewerkstellig!
(Rom. 3:21-26)
(Open. 5:9c-13) (Fil. 3:9-10) (Rom. 1:17)
(Gal. 2:16)
Jesus het terselfdertyd ook GOD se geregtigheid van geloof, vir die geloof in GOD as VADER, vir die mens in vervulling gebring!
Sodat die weg van geloof in JESUS [en dit is die gemaakte pad van GOD] met die vrug van die Heilige Gees in geregtigheid met die VADER gewandel mag word!
(Gal. 5:22) (Fil.1:11)
Toe Jesus in opdrag van die Jode as ’n vervloekte mens aan die kruis vas gespyker hang en uitroep; “dit is volbring,” bedoelende; dat die Ou-Testamentiese godsdiens era met Sy kruisdood nou in vervulling gebring en beëindig is!
(Matt. 11:13) (Matt. 3:15) (Rom. 10:4)
En Hy sterf en Sy gees Hom verlaat het, het die voorhangsel wat in die tempel hang, middeldeur geskeur om te sê: GOD word nie meer daar verteenwoordig nie, die era van alleenlik vir die Jode godsdiens, en die vervloekte godsdienstige rituele daarvan, vanuit die Ou Testament tydperk, die tempel [en die godsdienstige Kerk by name] is verby!
Van nou af is GOD se geregtigheid vir geloof in JESUS vir alle mense moontlik gemaak, om ’n nuwe hart en ’n nuwe
“GOD onse VADER,”
georiënteerde lewe te bekom en daarom is JESUS se Evangelie van wedergeboorte uit water en die Heilige Gees, van krag!
(Joh. 19:30)
(Matt. 27:50-51) (Esegiël. 36:25-27 & Esegiël. 11:19-21)
(Jer. 31:31-34 & Heb. 8:8-13) (Joh. 3:3 & 5) (Matt. 6:33 & Luk. 12:31) (Mark. 16:16) (Hand. 2:38-39)
Behalwe vir insig van die GOD gegewe wysheid in die leringe van norme en waardes en van integriteit en van profetiese verborgenhede wat die Heilige Gees vir ons gee en openbaarmaak vanuit die Ou-Testamentiese era, is die voortsetting van enige Joodse en godsdienstige feeste en rituele tevergeefs!
En die onnodige beoefening daarvan veroorsaak dat JESUS Christus openlik tot skande gemaak word aangesien Hy dit in vervulling gebring het!
(Heb. 6:4-6)
Die laaste godsdienstige ritueel vanuit die Ou-Testamentiese Era naamlik die “Pasga,” het JESUS aan die kruis as die Offerlam van GOD, die Pasga vervul!
En daarom het Hy die hou van die “Nagmaal” eerder as die viering van die Pasga ingestel!
(1Kor. 11:24-26)
Nou is daar deur die bloed van Jesus, wat in volkome gehoorsaamheid aan die wil van Sy vader, op hierdie aarde uitgebloei het, vir ons wat in Hom glo, ’n Nuwe Testament van Volmaakte Liefde, geskryf!
Naamlik: Soos JESUS Homself sonder sonde laat doop en na Sy doop deur die Heilige Gees wedergebore is as die eerste tempel van GOD!
So ook moet ons as Sy dissipels met die verskil van bekering en sondebelydenis in die werke van ons geloof Sy voorbeeld navolg om vir die self te sterf!
(1Joh. 1:5-10)(Rom. 6)
Met die opwekking van ons gees deur die krag van wedergeboorte wat die Heilige Gees bewerkstellig, en die vernuwing van ons gees [hart] met die vrug van die Heilige Gees, is elkeen van ons, die tempel van GOD waar die Heilige Gees inwoon!
(Rom. 8:10-18)(2Kor. 6:16b)
Vir ons wat deur GOD se geregtigheid van geloof in JESUS wedergebore dissipels en navolgers van JESUS is, moet dit baie mooi begryp word, dat daar vir die dissipel wat aan Christus Jesus behoort, geen verkeerde persepsie gevorm word nie!
JESUS is die Offerlam van GOD!
Sý kruisiging, Sý dood en Sý opstanding vanuit die dood deur die krag van die Heilige Gees, bewerkstellig vir ons [sy wedergebore dissipels en navolgers] binne-in die lewende en verhewe liggaam van Jesus, vryspraak van die sondeval oordeel en die ewige verderf!
(Joh. 3:15-21)
(Heb. 9:14 & Heb.9:26b-28)
Maar deur die Heilige bloed van Jesus ontvang Sy dissipel as kind van GOD, vir sondes wat bely word, vergifnis en versoening mits, die dissipel in alle opregtheid teenoor die Heilige Gees, sondebelydenis in diepte doen en die dissipel groot gedoop is!
Met
sondebelydenis moet elkeen van ons
gedoop word in die Naam van GOD die Vader en Jesus Christus die Seun en die Liewe Heilige Gees tot vergewing van sondes!
(Matt. 28:19)
Daarna moet elkeen van ons, as
Sy dissipel in afsondering wag op die
Liewe Heilige Gees vir “Sy” krag* van wedergeboorte [die doop van die Heilige Gees wat gepaard gaan met die spreek in ’n ander taal], wat binne in die
Volmaakte Liefde van Jesus Christus, met die vrug van die Heilige Gees [
Gal. 5:22
], elkeen afsonderlik, ’n innerlike vernuwing van liefde
bewerkstellig!
(Hand. 2:38-39)
*
Die Heilige Gees se krag van wedergeboorte is in werklikheid ’n Goddelike energie wat vrygestel word om in en deur jou innerlike gemoed, jou gees [hart], te vernuwe met die vrug van die Heilige Gees!
En dit is wat JESUS se Evangelie van wedergeboorte vir ons beteken!
(Gal.5:22)
GOD se vereiste van GEREGTIGHEID vir geloof in JESUS, is wedergeboorte!
En dit is die VADER se NUWE HART VERBOND wat met die Heilige Gees binne-in ons [JESUS se wedergebore dissipels en navolgers] verseël is!
(Esegiël. 36:25-27 & Esegiël. 11:19-21)
(Jer. 31:31-34 & Heb. 8:8-13) (Joh. 3:3 & 5) (Matt. 6:33 & Luk. 12:31) (Mark. 16:16) (Hand. 2:38-39)
Daarsonder, naamlik wedergeboorte, soos vir die wat Christus Jesus in gehoorsaamheid navolg, is daar andersins vir die kerklidmaat geen rus, vrede, blydskap en oorwinning [om gelukkig te wees ten spyte van omstandighede] nie, en is uitleef van die liefde [van 1 Korinthiërs 13] onmoontlik!
Van genoemde liefde sê JESUS: “... sodat die liefde waarmee U my liefgehad het, in hulle kan wees en Ek in hulle.”
(Joh. 17:26b)
Vir ewig is ons deur die Volmaakte Liefde van Jesus Christus se lyding, wat uit gehoorsaamheid is, deur Sy Heilige bloed gevrywaar van die Wet van Moses
“godsdiens”
en die onderhouding daarvan!
Want die vrug van liefde van die Heilige Gees binne-in ons is die vervulling van die WET!
Met die vernuwing van wedergeboorte, lewe ons nou die Wet van liefde!
(
Gal.5:22)
“Jesus Christus het ons [met Sy Heilige bloed] losgekoop van die vloek van die Wet, daarom terwille van ons verlossing van die Wet, het Hy in ons plek ʼn vloek aan die kruis geword …”
(Gal 3:13)
“... Aangesien uit die werke van die Wet geen vlees voor GOD [ooit] geregverdig sal word nie ...”
(Rom. 3:20)
Want [die Liefde van] Jesus Christus [vir ons wat Hom aangeneem het] is die einde van die Wet tot geregtigheid vir elkeen wat in hom glo [met wedergeboorte is Hy nou binne in ons die Liefde en die vervulling van die Wet]!
(Rom. 10:4)
Die Heilige lewensbloed van Jesus Christus wat die Eniggebore Seun van GOD die Vader is, het ʼn eenmalige maar tog ʼn Allerheiligste en aan GOD n welgevallige, maar kosbare Liefdes offer van versoening en vergifnis van sonde, vir almal wat Hom aanneem, bewerkstellig.
(Rom. 5:8-9)(Heb. 13:12)(Heb. 9:22-28)(1 Pet. 2:24)(Joh. 1:12)
Die Heilige lewensbloed van Jesus as mens [want Hy is sonder sonde], het vir ons in gehoorsaamheid aan Sy Vader, met groot Liefde, onskuldig, maar tog met smartvolle lyding op hierdie aarde uitgebloei en is nie in die hemel soos sommige [dwaalleringe] dit wil glo nie.
(Jes.52:13-15 & 53:1-12)
Die offer van vergifnis en versoening by GOD vir die mens, moes deur middel van Jesus [as die Seun van die mens] se bloedvergieting hier op die aarde geskied, sodat ons geheilig word deur die offer van die liggaam van Jesus Christus [as die Seun van GOD], net een maal!
Daarom ook het die voorhangsel van die tempel van die “Ou Verbond” geskeur en is die Evangelie van die Nuwe Testament met die bloed van Christus Jesus ingelyf, bewerkstellig en geskryf!
Want deur een [Volmaakte Liefdes offer], met Sy liggaam as slagoffer het Hy vir ewig [in Liefde, die saligheid] vervolmaak vir die wat geheilig word [die wat deur die Heilige Gees se krag weergebore is]!
(1 Joh. 2:2)(Joh. 1: 29b)(Heb. 10:10)
Om dié rede staan dit soos volg opgeskryf deur Johannes: ... “Daar is drie wat getuig op die aarde: die [Heilige] Gees en die water [van die doop] en die bloed [van Jesus as die Seun van die mens], en dié drie is eenstemmig.”
(1 Joh. 5: 7-8)
As hierdie Heilige, Barmhartige, en Godgegewe genade bloed van Liefde, op welke onwaardige wyse en wettiese beginsels geminag of toegepas word, sal GOD self diegene oordeel wie se naam in die boek van die lewe opgeskrywe staan of nie opgeskrywe is nie!
(Heb. 10:26-39)
NB:
Vir diegene wat deur die Kerk se toedoen, in vertwyfeling en onsekerheid, huiwer oor die saligheid!
Met insig maak die Heilige Gees vir ons kortliks die volgende duidelik en die verstandiges onder julle sal insien en verstaan!
JESUS het uitsluitlik vir een doel en een doel alleenlik na hierdie aarde gekom en dit was om die wil van Sy VADER te volbring!
En daarom sê Hy vir ons die volgende: “Ek het gekom om die wet en profete [dit is die Joodse-godsdiens van integriteit] te vervul!
Want al die profete en die wet [weereens die Joodse-godsdiens] het tot op Johannes die [Doper] geprofeteer!”
Op geen ander wyse sou die skrifte van die profete vervul word nie!
Maar deur die Heilige Gees in en deur HOM het JESUS die wet en profete aan die kruis in vervulling volbring!
(Matt. 26:56)
Met die verheerliking van JESUS deur Sy VADER, en reeds tydens JESUS se kruisdood, met Sy uitroep van hierdié woorde; “ dit is volbring,” is die Joodse-godsdiens deur HOM as vervloek afgesterwe, waarna die voorhangsel in die Joodse-tempel [die Kerk van die Ou-Testamentiese-era] van bo tot onder middeldeur geskeur het!
(Joh. 19:30 & Luk. 23:45b)
Sedertdien, meer as 2000 jaar gelede, en vir elkeen wat daarna vra, bewerkstellig die Heilige Gees met wedergeboorte, onder andere die vrug van die Heilige Gees!
Die Heilige Gees binne-in ons ná wedergeboorte, is ook die aanvang van GOD se NUWE HART VERBOND van Genade vir die dissipel!
Dié wat die Heilige Gees deelagtig word ontvang ook JESUS se Liefde [Sy gebod van liefde binne-in ons]!
Want vir die mens word die versekering van redding, en die waarborg van ’n toekomstige saligheid, alleenlik ná die wedergeboorte in en deur JESUS met die vrug van die Heilige Gees, fisies binne-in ons innerlik gemoed [wedergebore-gees] bekragtig!
(Gal.5:22) (Joh. 12:48-50 & Joh. 13:34-35 & Joh. 14:21 & Joh.15:9-14 & Matt. 22:37-40)
Die waarheid wat vir ons sedert die ontstaan van die Babiloniese-hoer-kerk en haar gebroedsel van kerke, met hulle letter korrekte kortsigtigheid vanuit die bybel verbloem was, en waarmee hulle die teenwoordigheid van die Heilige Gees in hulle midde mee uitblus, is die feit dat die Joodse-godsdiens ’n vervloekte en deur Godverlate [IKABOD] godsdiens is!
En daarom sonder die teenwoordigheid en die insig en wysheid van die Heilige Gees, is die letter-kennis-godsdiens van die Kerk maar nét ’n morsdood kop en mond godsdiens van afgodery!
(Open. 17:5 & Open. 3:9)
Sedert die Satan in die begin, vir die ongehoorsame Eva verlei het met die begeerte om Goddelike kennis te bekom!
Doen hy deur die eeue heen, dieselfde met sy Predikante in die Kerk!
Eerder as om vir insig en wysheid in die WAARHEID oor JESUS se EVANGELIE van wedergeboorte, op die Heilige Gees ingestel en van die Heilige Gees afhanklik te wees!
Word die verstandelike beoefening van ’n dooie-letter-korrekte, Joodse godsdiens-kennis van die Bybel, ’n hiper binding van godsdienstigheid, op die godsdienstige persoon se onderdrukte gees [hart]!
Wîe se gees graag met die vrug van wedergeboorte vernuwe wil word en op die Heilige Gees ingestel [in-ge-tune] wil bly!
Daarom is die “top-heavy” Predikante van die Kerk met hul gegradueerde godsdiens-kennis en al, vir JESUS se Evangelie van wedergeboorte, ’n struikelblok [useless]!
En vir hulleself is hulle ’n godsdienstige verleentheid!
Dit is hoekom hulle met ander mense se stories, philosophies geletterd wil voorkom en daarom, baie goeie storievertellers!
Maar van die Lewende JESUS wat deur middel van die Heilige Gees binne-in hulle gees [hart] teenwoordig moet wees, weet hulle hoegenaamd niks vanaf nie, en die wil van GOD, met ’n besige en vermoeiende leefwyse van godsdienstigheid, ken hulle nie
(Matt.28:19)
Daar is diegene wat met ’n wanbegrip van die Waarheid, ’n patetiese JESUS beeld veronderstel, hetsy aan kinders of selfs aan groot mense, maar by die openbaarmaking van JESUS, sal die skrik van ’n Almagtige GOD, vir die sulkes met vrees oorweldig!
(Jes. 52:13-15 & Jes.53:1-12) (Open.1:17-18) (Open. 19:11-21)