Laai die dokument gratis af www.Lastweek.co.za
Druk hierdie bladsy
Jesus onderwerp homself aan God

JESUS ONDERWERP HOMSELF AAN GOD DIE VADER.

 

Hiermee word alles volbring; deurdat Hy aan ons die verborgenheid van Sy wil bekend gemaak het na Sy welbehae wat Hy in Homself voorgeneem het, om die volheid van die tye te reël, met die doel om alle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in Christus te verenig!   (Efese. 1:10)

 

“So bring Jesus alles tot ʼn einde wanneer Hy die koninkryk aan GOD die Vader oorgee, nadat Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het. Want Hy moet as Koning heers totdat Hy al Sy vyande onder sy voete gestel het. Die laaste vyand wat vernietig word is die dood.

Want Hy het alles aan Hom onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het.

En wanneer alles aan Christus onderwerp is, dan sal ook die Seun Homself onderwerp aan GOD die Vader wat alles aan Hom onderwerp het, sodat GOD alles in almal kan wees.”   (1 Kor. 15:24-28)  

 

Met ander woorde, die   “heerlikheid”   van GOD se universele en majestueuse Koninkryk, is deur Jesus Christus as die Erekoning en ewige Hoëpriester van GOD die VADER, volmaak herstel!  Volkome in Goddelike harmonie van vrede en liefde!   (1Pet. 3:22)

 
 

Terug na bo
Druk hierdie bladsy
Stuur hierdie blad aan iemand
Voeg tot gunstelinge
Kopiereg ©2010 Laastweek.co.za - Alle regte voorbehou