Laai die dokument gratis af www.Lastweek.co.za
Druk hierdie bladsy
Jesus se uiteindelike wederkoms

JESUS SE UITEINDELIKE WEDERKOMS “DIÉ DAG VAN DIE HERE!”

 

Sagaria skryf in verband met dié dag soos volg: “...Dan sal die Here my GOD kom, al die heiliges [uitverkorenes] met U! En in dié dag sal daar geen lig wees nie, die sterre sal duister wees. En dit sal ʼn enige dag wees wat aan die Here bekend is - geen dag en geen nag nie, maar teen die aand sal dit lig word.”   (Sagaria. 14: 5d-7)

 

Johannes skrywe; “Toe het ek die hemel geopen gesien; en daar was ʼn wit perd en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid”...“en sy Naam is Die Woord van GOD.”...“die Koning van die konings en die Here van die here.”   (Openb. 19:11-16)

 

“En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne.”   (Openb. 19:14)

 

“... En die wat saam met Hom is, geroepe en uitverkore en getrou.”   (Openbaring 17:14)

 

En uit Sy mond gaan daar ʼn skerp swaard, om die nasies daarmee te slaan en Hy sal hulle met ʼn ysterstaaf regeer...”   (Openb. 19:15)

 

In groot krag en heerlikheid kom die Here terug na die aarde om Sy koninkryk hier op aarde te vestig; maar eers sal die wêreld met die vuur van GOD se toorn, van alle onheiligheid gereinig word.

 

In die boek Sefanja lees ons: “Daarom, verwag My, spreek die Here, op die dag wat Ek My gereed maak vir die buit, want dit is My straf oordeel om nasies te versamel, koninkryke te vergader om My grimmigheid oor hulle uit te stort, al die gloed van My toorn.

Want die ganse aarde sal deur die vuur van My ywer verteer word.” (Sefanja. 3:8)

 

Vêrder sê hy; “...en hulle bloed sal vergiet word soos stof en hulle ingewande soos drek. Hulle silwer of hulle goud sal nie in staat wees om hulle op die dag van die grimmigheid van die Here te red nie...”   (Sef. 1:17-18)

 

Die profeet Jesaja skryf: “Want kyk, die Here sal kom in vuur, en Sy waens soos ʼn stormwind, om in hittigheid Sy toorn te openbaar en in vuurvlamme Sy dreiging.

 

Want met vuur en met Sy swaard sal die Here strafgerig hou oor alle vlees, en hulle wat deur die Here verslaan is, sal baie wees.”   (Jes. 66:15-16)

 

Die oorblyfsel sal terugkom, die oorblyfsel van Jakob na die sterke God toe.

Want al was jou volk, o Israel, soos die sand van die see, net ʼn oorblyfsel van hulle sal terugkom; die verdelging is vas besluit en vloei oor van geregtigheid.

Want ʼn verdelging wat vas besluit is, sal die Here, HERE van die leërskare voltrek in die midde van die hele aarde.   (Jes. 10:21-23)  

 

Sagaria maak bekend: “Dan sal Ek die derde deel [minder as ʼn miljoen Jode wat oorbly] in die vuur bring en hulle smelt soos ʼn mens silwer smelt en hulle toets soos ʼn mens goud toets. Hulle sal My Naam aanroep [JESUS], en Ek sal hulle verhoor. Ek sê: Dit is My volk! En hulle sal sê: Die Here my GOD!”   (Sagaria. 13:8-9)(Sagaria. 14:1-21)(Matt. 23:39)

 

Paulus spreek van hierdie dag as hy sê: “In vuur en vlam sal Hy wraak uitoefen op die wat GOD nie ken nie en op die wat aan die Evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie.

 

Hulle sal as straf ondergaan ʼn ewige verderf, weg van die aangesig van die Here en van die heerlikheid van Sy sterkte, wanneer Hy kom om verheerlik te word in Sy heiliges en bewonder te word in almal wat glo, in daardie dag...”   (2 Thess. 1:8-10)

 

Die “laaste wêreldorde,” naamlik die dier en al sy Antichristelike meelopers, tesame met die valse [Antichris] profeet Mohammed en sy Islamitiese gevolg, “... hy [Islam] wat die Here met die asem van Sy mond sal verdelg en deur die verskyning van Sy wederkoms tot niet sal maak.”   (2 Thess. 2:3–12)

 

Hulle sal lewend in die poel wat brand met vuur en swawel gewerp word.   (Openb. 19:20)

 

Vêrder staan daar geskryf, dat ʼn engel uit die hemel sal neerdaal en “die ou slang wat die duiwel en Satan is” sal bind vir ʼn duisend jaar, en hom in die afgrond werp en die afgrond sal verseël en toesluit.  Na die verloop van een duisend jaar egter sal hy vir ʼn kort tydjie losgelaat word.   (Openb. 20:1-3)

 
 
Terug na bo
Druk hierdie bladsy
Stuur hierdie blad aan iemand
Voeg tot gunstelinge
Kopiereg ©2010 Laastweek.co.za - Alle regte voorbehou