NA DIE KOMS VAN JESUS. CHRISTEN DODE WAT AGTERBLY!
ngeveer 2000 jaar gelede word dit aan Johannes geopenbaar dat; “...Salig is van nou af die dode wat in die Here sterwe. Ja, sê die Gees sodat hulle kan rus van hulle arbeid, en hulle werke volg met hulle.”
(Openb. 14:13)
Vêrder verklaar Johannes, wat die uiteindelike bestemming van hierdie dode behels met die laaste opstanding en die Wit troon oordeel: “En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; ...”
(Openb. 20:13)
Merk op dat hierdie Christene nie gehaal word deur Jesus en Sy engele nie!
Hierdie werke wat hulle sal volg, is hulle geregtigheid in Jesus, wat in die boeke opgeskryf staan, waarvoor hulle die Ewige lewe sal ontvang.
(Open. 20:12)
Duidelik deur die insig van die Heilige Gees sien ons dus, dat almal wat reeds in Jesus afgesterf het, nie in die hemel is nie, maar dat hulle rus in die dood en die doderyk.
Want as al Sy “heiliges” wat afsterf en die dood se rus ingaan, reeds in die hemel was soos deur die leuen verkondig word, dan is die doel van Liewe Jesus se wederkoms ook onnodig.
Dit is ook geen wonder dat Jesus die volgende stelling maak nie: “Laat die dooies hul eie dooies begrawe.”
(Matt. 8:21 & Luk. 9:60)
Nietemin, hierdie gelowiges van die Here Jesus Christus, klein en groot sal nie deel hê aan die eerste opstanding met Sy wederkoms nie, maar hulle sal uiteindelik aan die laaste opstanding deel hê, om dan deur Hom (Jesus) wat op die groot wit troon sit, geoordeel te word, elkeen volgens hulle werke.
Hierdie gebeure vind plaas meer as ʼn 1000 jaar later, nadat die koninkryk van GOD deur Jesus vir ʼn 1000 jaar reeds hier op aarde gevestig is.
Al hierdie opregte Christene van GOD sal egter gered word.
(Matt. 25:34)
Hierom sê Jesus; “Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en wat laaste is eerste.”
(Matt 19:30)