Laai die dokument gratis af www.Lastweek.co.za
Druk hierdie bladsy
Na wedergeboorte

DIE HEILIGE GEES NA WEDERGEBOORTE!

 

Na die Heilige Gees se krag van wedergeboorte in jou binneste, kan dit vergelyk word met ’n vlymskerp mes wat skeiding maak en vlees van been skei!   So is daar nou deur die Heilige Gees se krag van wedergeboorte ’n onderskeid gemaak tussen die gedagtes van vleeslike selfgesentreerdheid; en die gees van die mens wat aan GOD behoort geïnspireer met insig deur die Heilige Gees!  

 

Binne in die innerlike gemoed, is die gees van die mens nou deur die krag van wedergeboorte opgewek en teenwoordig!   En omdat die gees van die mens geheilig is deur die Heilige Gees, word daar nou met ons gees van binne af na buite oor die vleeslike selfgesentreerdheid oorheers, om sodoende met ’n gekruisigde self en al sy dinge, in Gees en Waarheid met die VADER ’n lewe van geregtigheid te wandel!   (Rom. 12:2)

 

Na wedergeboorte deur die krag van die Heilige Gees, dien ons liggaam dan as die tempel van GOD en die Heilige Gees!   (1Kor. 6:19-20)  

 

Nou egter, meer as ooit tevore, na die vernuwing en gemoedsaandoening van ons gees met die vrug van die Liewe Heilige Gees, het ons as die Here se geheiligde, onse Liewe VADER, Liewe JESUS en die Liewe HEILIGE GEES met ons hele wese, intens lief en ons naaste soos ons self!

 

Ons is nie sonder sonde nie, maar nou deur die Heilige Gees gesertifiseer as Sy uitverkorenes in die “Boek van die Lewe,” het ons ’n Ewige Hoëpriester [Jesus], wat in medelye, vir ons met Sy eie bloed ’n ewige vergifnis van sonde, en versoening met GOD onse Liewe Vader, die saligheid bewerkstellig!   (Heb. 4:14-16)

 

Elke dag in gebed, moet ons eerlik wees met onsself, en tot eer van GOD die Vader en Christus Jesus, teenoor die Liewe Heilige Gees wat alles sien en weet, ons sonde met berou erken, dit by die naam noem en uit bely, om die skuldgevoel van veroordeling vry te wees.  

 

Daarna sal Hy weereens deur die ewige versoenings bloed van Jesus, vergifnis van sonde bewerkstellig, en ons innerlike, gebroke en onvrymoedige liefdes verhouding met GOD as VADER, weer in vrede en blydskap herstel!   (Heb. 10:14-23)

 

Elke Heilige Gees wedergebore dissipel van Christus Jesus, moet deur middel van gereelde self introspeksie en sondebelydenis, strewe na ’n lewe van heiligmaking, om sodoende ’n rein hart te behou, want julle is die liggaam van Jesus Christus!   (1Joh. 3:1-3)

 

Dit is die smal Weg van Waarheid en die Lewe, net dit!  

Daarom is wedergeboorte uit die werke van jou geloof van uiterste belang vir die dissipel van die Here Jesus Christus, sodat ons as kind van GOD die VADER, met ’n rein hart in Sy geregtigheid mag wandel!  

 

Wat die Heilige Gees nie doen nie, maar wat onder die oortuiging van Kerkmense, vir die van ons wat uit Genade van GOD pas wedergebore is, op ’n dwaalweg van onheilige, dooie Kerk godsdiens te lei!  

 

Wat die Heilige Gees wel doen vir die van ons wat met ’n rein hart voor GOD wandel; vanuit ons innerlike vernude gemoed met die vrug van die Heilige Gees leer en lei Hy vir ons op die gemaakte pad van GOD, naamlik die Weg die Waarheid en die Lewe van Sy Geregtigheid!  

 

Ons weet nou met die Heilige Gees se insig wat Hy aan Sy weergeborenes verleen: Hoedat oor ’n tydperk van bykans 2000 jaar, die Kerk met ’n aangepaste, maar ’n dooie godsdiens [wat ’n baie slim Kerk Teologie is, en geriefshalwe, aangepas word om die kerklidmate getrou aan die Kerk gebonde te hou] waarmee alleenlik tot finansiële voordeel van die Kerk, die kerklidmate moet kwalifiseer as Christen kerklidmate!  

 

Eerder as om vir die lidmate te lei om uit die werke van hul geloof en deur middel van die Heilige Gees se krag van wedergeboorte, dissipels van die HERE Jesus Christus en kinders van die VADER te word!  

 

Hoedat die Kerk hulself met skynheiligheid en ’n baie slim aangeleerde godsdiens teenoor die lidmate regverdig [want sê hulle], dit word met ’n absolute letter korrektheid vanuit die Bybel deur die Kerk aan die lidmaat oorgedra en toegepas!  

 

Juis daarom [met die dooie letter korrektheid van die Bybel Teologie en sonder die Heilige Gees se teenwoordigheid in die Kerk], het die Kerk in gebreke gebly om gehoorsaamheid aan die wil van GOD die VADER te beoefen!

 

Die Heilige Gees het op aarde vir Jesus as ’n gewone mens [die Seun van die mens] en nadat hy op 30 jarige ouderdom gedoop is, ingewoon en bygestaan met al Sy wonderwerkende kragte!  

 

Net om ’n paar te noem, soos byvoorbeeld; bevrydings krag, genesings krag, helende krag, die insiggewende krag van Sy bediening, skeppingskrag, lewendmakende krag, vernuwings krag [wedergeboorte] en opwekkings krag!   En Jesus, het op aarde vol van die vrug van die Heilige Gees en van geregtigheid, in Gees en Waarheid met die VADER gewandel!

 

Na JESUS se kruisiging en Sy opstanding vanuit die dood, met Sy hemelvaart en die VADER se verheerliking in JESUS [as die SEUN van GOD] en Jesus se verheerliking in Sy VADER, en die LIEWE HEILIGE GEES [want in DRIE-EENHEID is die Heilige Gees saam met die VADER en die SEUN verheerlik], het die Heilige Gees daarna weer vanuit die hemel teruggekeer aarde toe!  

 

Die doel van die liewe Heilige Gees se sending deur die VADER, terug aarde toe, is vir dieselfde rede as vir JESUS toe Hy nog as mens op die aarde gewandel het!  

 

Om vir Sy Apostels en die dissipels wat wedergebore lede in die opgestane liggaam van JESUS CHRISTUS tot vandag toe is, te ondersteun en by te staan met die bogenoemde kragte, wat alleenlik deur die Heilige Gees vir die heilige, wedergebore uitverkorenes bewerkstellig is!  

 

En daarom wandel hulle in Gees en Waarheid met die VADER as geheiligde kinders van GOD [wat nie kerklidmate is nie]!  

 

Deur die dissipels en in samewerking van die Heilige Gees wat hulle bystaan, word die Evangelie en die Waarheid, in verband met GOD se koninkryk hier op die aarde verkondig en onder al die nasies, volke stamme en tale versprei!  

 

Ten spyte van die godsdienstige Kerk wat met ’n kortsigtige beleid van valse leerstellings en dwaalleringe, weerstand bied teen die Heilige Gees en die Waarheid omtrent die evangelie van Christus Jesus!

 

Onthou met Wedergeboorte deur die Krag van die Heilige Gees, is elkeen van ons se gedagtes nou onder die beskerming van Jesus se bloed teen die aanslae en invloed van die bose!  

 

Elkeen van ons afsonderlik maak nou deel uit as ’n uitverkore lid in die Lewende, opgestane en GOD verheerlikte liggaam van Christus Jesus, en daarom is ons ’n eenheid in Hom [wat nie ’n Kerk of ’n kerklidmaat is nie.   Dit is Lasterlik]!   (Efés. 4:1-32)

 

Om ’n leefwyse van oorwinning en ’n gemoed van rus en vrede te handhaaf, te midde die realiteit van ’n bose samelewing, wat blootgestel is aan die naaktheid van ’n onstuimige en bose wêreld; wat oorheersend vol van afgodery, bose sondes, goddeloosheid, ongeregtigheid, hebsug en wrede gewelddadigheid is!  

 

Vereis dit van ’n dissipel die algehele verloëning van die self, met volle oorgawe van gehoorsaamheid aan die leiding, onderrigting en die vertroosting van die Liewe Heilige Gees!  Sodoende die Weg die Waarheid en die Lewe van wedergeboorte en heiligmaking te kan wandel

 

By elke geleentheid, sonder om aanmatigend te wees, moet die dissipel in ’n kinderlike opregtheid en eerbied, normaalweg met onse LIEWE VADER wat in die hemel is, praat!  

 

Of jy nou loop, ry, sit, lê of staan en wanneer ’n geliefde van die HERE in gebed tot die VADER gaan, sien dan vir jouself altyd, in die teenwoordigheid van die Liewe Heilige Gees, as die tempel van GOD!

 

Die Allerheiligste plek van Sy tempel, is jou innerlike hernude gemoed waar u weergebore en opgewekte gees, vol van vrede, rus en liefde in eenheid is met die Liewe Heilige Gees!

Dit is ook waar jou liefde vir GOD met heiligmaking in ’n rein hart gegenereer word!   (Heb. 10:19)

 

Om deur middel van gebed by die Allerheiligste plek van Sy tempel in te gaan, moet die “self” ter aller tye van gebed, eers met self introspeksie, in diepte van sondebelydenis onder die bloed van Jesus Christus, op die altaar [die kruis] van vergifnis en versoening gekruisig word!  

 

M.A.W.  In die teenwoordigheid van die Liewe Heilige Gees binne in jou, wat Sy “tempel” is, word self introspeksie gedoen!   Gesindhede, selfregverdiging, eie godsdienstige opinies en afgodery, eiegeregtigheid; sonder om ten alle opsigte wat eiebelang se verwagtinge en behoeftes betref, vir die VADER te raadpleeg of te vra of te vertrou, asook alle sonde indien enige, word in skaamte en verootmoediging met alle opregtheid aan Liewe Jesus wat die Hoë Priester van GOD is, bely!

 

Vir die dissipel om ongehoorsaam te wees aan die ingewing om die wil van die VADER te doen, of om moedswillig en opsetlik sonde te doen, dan word die Heilige Gees se innerlike aanwesigheid, vervang met ’n onrustigheid en ’n verlies aan liefde, blydskap, vreugde, rus, en vrede in jou innerlike gemoed!  

 

Maar wanneer die dissipel met gereelde sondebelydenis, die wil van die VADER in gehoorsaamheid uitleef; bewerkstellig dit ’n innerlike gemoed van berusting, blydskap, vreugde, rus, en vrede wat vol van liefde na die uiterlike weerspieël!     
(1Joh. 1:9) (1Pet. 1:15-20)

 

Met elke geleentheid van gebed na die belydenis van sonde, moet Sy geliefde vir ʼn wyle in stilte vertoef totdat Jesus se versoening, van Vrede, Rus en Liefde in jou innerlike gemoed herstel.  

 

Nou eers, kan die Allerheiligste troonsaal van Liefde, en die troon van Barmhartige Genade vir die vergifnis, verlossing en oorwinning van sonde, met liefde en ’n innige dankbaarheid genader word!   (Heb. 4:16) (Heb. 10:19-22)

 

Sodoende deur die Liewe Heilige Gees wat teenwoordig is, die klein bietjie liefde wat deur die werke van die vlees [die self] in jou feitlik versmoor is, weer op te wek met ’n dankbaarheid vir die vergifnis en verlossing van sonde, en opnuut jouself as ʼn dankoffer van liefde aan GOD die Vader en Liewe Jesus in gebed toewy!

 

Let noukeurig daarop, hoe armoedig jou liefde in werklikheid vir GOD onse Liewe Vader is!

Nou kan alle versoeke, verwagtinge en behoeftes, in ’n betoning van dankbaarheid opgedra word!

 

Ongeag die probleme en die omstandighede wat oor jou mag kom, wees altyd dankbaar teenoor die Vader daarvoor, want HY sal jou verhoor en uithelp!  

 

Die dissipel se gesprek met die VADER moet gewoon normaal wees, en onder geen omstandighede mag dit verwaand en voorbarig wees nie!  

Ons mag onder geen omstandighede vir die VADER kommandeer of opdragte gee met betrekking tot ons behoeftes, versoeke of verwagtinge nie!  

 

Maar met ’n vooraf gepaardgaande besef van ’n diepe innige dankbaarheid moet ons in alles altyd kinderlik opreg van HOM afhanklik bly!   Want deur die Heilige Gees is die VADER altyd bewus van al ons behoeftes!

 

Waak altyd elke dag teen die verskeie en geringe afgodery in jou lewe!  Deur jou vernude gees [gewete] se ingewinge en innerlike waarskuwings te ignoreer, word sodoende in ongehoorsaamheid jou bankrotskap aan liefde vir GOD bewerkstellig!     
(Rom. 12:2)

 

Dit is ook deur jou hernude gees van waarneming en gehoorsaamheid daaraan, dat jy nou in die wil van GOD wandel

 

Daarom gee ons nou ook nie meer oor aan die opsetlike, moedswillige en vermakerige “self” [die siel of gedagtes] wat demonies, verleidelik beïnvloed word nie.   Want ons gees word as gevolg daarvan onderdruk, sodat die self eerder na die wellus van die vlees wil handel en doen net wat hy wil, inplaas daarvan om gehoorsaam, in gees en waarheid met die VADER te wil wandel!  

 

Maar in ’n leefwyse van gebed met die Liewe Heilige Gees wat binne in jou innerlike en rein gemoed teenwoordig is!   En in ons wandel met die Here, moet die self elke dag gedurig in Jesus aan die kruis gekruisig bly [met sondebelydenis soos byvoorbeeld, ongehoorsaamheid aan die Heilige Gees, ongeërgdheid teenoor die belangrikheid van sondebelydenis, verkeerde gesindhede, moedswilligheid, toorn, woede, wellus, begeerlikheid, ens. ens.]

 

In gees en in waarheid moet die self altyd deur middel van self introspeksie ondersoek en nederig gehou word!   (Joh. 9:31)

 

Lewer die self uit aan die Heilige Gees as ’n godsdienstige, goddeloos sondaar, en as dit nodig is vir die verlossing van sonde wat deur middel van begeerlikheid, in die gewoonte geoefen is, dan moet die wellus van die self geopenbaar word teenoor die heilige dienaar van Jesus, want in die self is daar geen goed teenwoordig nie!   (2Kor. 13:5-11)

 

Deur kinderlik opreg alles te bely, verklaar ons aan Liewe Jesus, in “detail,” deur die Heilige Gees die sonde en gesindhede van self!   Met volharding daarin, word die oorwinning oor sonde, en die bevryding van ons gees bewerkstellig.   Die wellus van self wat in die vlees manifesteer is nou saam in Jesus gekruisig!   
(Gal. 2:20) (Joh. 14:17) (1Joh. 1:8-10, & 2:1-2)

 

Met verloop van tyd en namate jou gees deur middel van sondebelydenis, vryraak van die gebondenheid wat die bogenoemde slegte gewoontes van self op jou gees uitoefen, word jy al hoe meer bewus daarvan, dat jy deur middel van die Heilige Gees binne in jou; met insig, ingewings, waarskuwings en openbaringe wat vanuit jou innerlike gemoed afkomstig is, dat jy in reinheid en heiligheid nou waarlik in gees en waarheid met GOD wandel!   (2Kor. 3:17-18)

 

Een baie groot geheim vir die oorwinning oor die mag van Satan se houvas oor die self, is om altyd bereid te wees en in alle eerlikheid, die waarheid te praat, want vir die waarheid hoef jy voor GOD nooit, ooit rekenskap te gee nie!  

 

Die WAARHEID en EERLIKHEID is die vrug van gehoorsaamheid wat beoefen word, en is dit vir ’n rein hart, die baie belangrike eienskappe van heiligheid, verlossing en oorwinning!

 

Dit is wat dit beteken as GOD sê: “... en laat die regverdige nog regverdig word en laat die heilige nog heiliger word.”   (Open. 22:11b)

 

Nou kom Liewe Jesus en Sy Vader, na alles wat voorafgegaan is, om saam met die liewe Heilige Gees, wat vir jou as Sy tempel voorberei het, om binne in jou te woon!  Nou is ons een met Jesus in die Liefde van Sy Heilige Gees.   (Joh. 14:23)

 

Die Heilige Gees alleenlik, kan en wil Sy uitverkore wedergebore dissipel, elke dag verlos en dié vrywaar van ongehoorsaamheid, van die demonies godsdienstig, beïnvloedbare en selfsugtige verleibare self, sodat ons met oorwinning oor die self in gees en waarheid met die VADER kan wandel!  

 

Nou eers word ons gebede uit ’n rein hart wat in gees en in waarheid spreek van dankbaarheid, ongeag die probleme en omstandighede wat ons in die lewe mag ondervind, en kinderlik opreg sonder enige motief van selfsug is, deur die Heilige Gees opgedra aan Jesus, en deur onse Liewe Vader word dit verhoor!   (Joh. 14:13-14) (Kol. 3:17)

 

Jesus Christus as die Hoëpriester van GOD, word verheerlik deur hierdie Liefdes offer van eerbiedige gehoorsaamheid en dankbaarheid in ons gebede, en GOD die Vader word in Sy Seun daardeur verheerlik en die engele vereer Hom as gevolg daarvan!   (Joh. 14:13) (1Pet. 4:11c)

 

Geliefdes van onse Liewe Heiland, Jesus, wees gewaarsku teen die werke van die bose magte, wat oorheers in die Kerk!  

 

Vir geestelike groei in die Waarheid, moet geen ander Bybel as die Ou Afrikaanse Vertaling van 1933/1953 gelees word nie.   Dit is die enigste Afrikaanse Bybel wat deur die Salwing van die Heilige Gees geïnspireerd is, en waaruit die Heilige Gees vir ons in die Waarheid wil wysmaak!  

 

Met ’n oop gemoed teenoor die Heilige Gees, moet jy alleenlik op HOM vertrou as jou Leermeester en Hy sal deur middel van Sy Salwing oor jou, vir jou alles leer en bekendmaak, ook die toekomstig dinge sal Hy jou bekendmaak!   
  (Joh. 14:16-17 & Joh. 15:26, & Joh. 16:7-15) (1Joh. 2:20 & 1Joh. 2:26-29)

 

Wanneer die Salwing van die Heilige Gees se teenwoordigheid wel oor Sy wedergebore liefling gewaar word, moet dié, dit beoefen om so lank as moontlik in Sy teenwoordigheid te vertoef!  

 

Die salwing van die Liewe Heilige Gees oor jou, word gekenmerk aan die gewaarwording van Sy Heilige teenwoordigheid!

 

Enige ander Bybel wat beskryf kan word as ʼn nuwe godsdienstige [teologiese] vertaling, hetsy, “Engels of Afrikaans,” is vir die doel van die godsdienstige leraar [Teoloog] van die godsdienstige Kerk van vandag vertaal!  

 

Dit word deur ʼn paneel van godsdienstige Teoloë wat nie deur die Heilige Gees Wedergebore en afgesonder is nie, godsdienstig-wetenskaplik oorgeskryf om aan te pas by die godsdienstige Kerk!  

 

Enige boek of Bybel verklaring, wat deur een of ander godsdienstige Teoloog of Teoloë van die Kerk geskryf of saamgevat is [ongeag die godsdienstige bekwaamheid en vermoëns wat daaraan toegeskryf word], moet terwille van die Salwing van die Heilige Gees, wat julle in alle Waarheid wil leer en onderrig, vermy word!   Want jy mors net jou tyd om dit te lees!  

 

Daar is geen geestelike baat daarin gevind om die klomp geskiedkundige / godsdienstige / sielkundige / wetenskaplike (M.A.W. ’n Klomp baie slim teologiese snert), wat vanuit die Bybel teologies korrek, saamgevat is, te lees nie!  

 

Indien dit wel gelees word en omdat die godsdienstige self [Teoloog of Teoloë] dit sonder die inspirasie van die Heilige Gees geskryf het, sal dit baie moeilik wees om die oë oop te hou, en wakker te bly.   Al wat dit inhou vir die godsdienstige persoon wat dit lees, is net ’n vermoeienis van die siel!  

 

Hierdie godsdienstige persoon sal dan eerder meer baat vind by die lees van ’n goeie storieboek, tenminste sal die storieboek jouself, amuseer en interessant gevind word!

 

Deur elke dag gehoorsaamheid aan die Liewe Heilige Gees te beoefen.   Om te waak teen die dwaalleringe van die Kerk, en teen die verleiding van onverskillige afgodery wat in die hart opkom!   (1Kor. 6:11-18 & 7:1)  

 

Word die weergebore dissipel se armoedige liefde vir Liewe Jesus, deur die krag van die Liewe Heilige Gees gegenereer na ʼn borrelende fontein van volkome blydskap en vreugde in jou innerlike gees, wat met die vrug van die Heilige Gees in oorwinning, heers oor die gekruisigde self!   HALLELUJAH!   (Gal. 5:22, & Fil. 1:11, & Efés. 5:9)

 

NB.  Terwyl ons dan nou op die koms van ons Heiland, Christus Jesus wag, wat vir die ganse mensdom voorafgaande is met die drie en ’n halwe jaar van Groot verdrukking, en die daaropvolgend, 45 dae van verskriklike kern verwoestings wat in die noordelike halfrond van die aarde sal plaasvind!  

 

Moet julle buitekant die strukture van die godsdienstige Kerk, die heiliges opsoek, nooi mekaar uit en skakel in by dié, wat ware Heilige Gees wedergebore lede in die Lewende liggaam van die HERE JESUS CHRISTUS is!  

 

Neem vrymoedigheid en met hierdie woorde moet julle mekaar opsoek: “Is jy miskien ’n wedergebore dissipel of ’n heilige dienaar van Jesus,” en lei mekaar in liefde met die goedheid van jou hart op die Weg van die Waarheid en die Geregtigheid van GOD!   
(Matt. 24:21-22, & Matt. 24:29-31) (Dan. 12:11-12)

 

Met die vrug van die Heilige Gees (Gal. 5:22, & Fil. 1:11, & Efés. 5:9) moet julle mekaar in die Waarheid onderrig en dien!   Bou op die Fondament “Jesus” [nie geboue nie], maar in geregtigheid, die gemeentes van GOD!   (Hand. 2:37-47) (Titus. 2:11-15)

 

Met julle samekomste verteenwoordig Julle gemeenskaplik ,met die Heilige Gees in jul midde, die tempel van GOD!   Onthou elkeen van julle wat deur die Heilige Gees se krag van wedergeboorte vernuwe is, is ook met die vrug van die Heilige Gees vernuwe!   
  (Gal. 5:22, & Fil. 1:11, & Efés. 5:9)

 

Juis daarom het Jesus die Volgende verklaar: “Moenie wat heilig is( wat julle van die Heilige Gees ontvang het), aan die honde (die wat onheilig is) gee nie; en gooi julle pêrels (die vrug van die Heilige Gees) nie voor die varke (die wat die Heilige gees se krag van wedergeboorte geringag), sodat hulle dit nie miskien met hulle pote vertrap (met minagting verwerp) en omdraai en julle verskeur (deur julle standvastigheid in vertwyfeling te bring en skeuring onder julle te veroorsaak) nie.   (Matt. 7:6)  

 

Maar pasop vir die geveinsdheid, slinksheid en valsheid van die godsdienstige Kerk, dat julle nie onwetend en tot nadeel van jul geestelike sélf, maar tot finansiële voordeel van die geslepe Kerk, moontlik inskakel by een of ander godsdienstige selgroep nie!  

 

Want hierdie arme lidmate in die selgroepe [wat self ook maar soekende is na die Heilige Gees se Waarheid, word met godsdiens, gebonde aan die KERK gehou, net soos ’n voël wat vasgekeer is in ’n kou], en onwetend van die godsdienstige Kerk se geslepenheid, word hulle gevoer met soveel verskillende vorme van godsdienstige seminare en leringe!  

 

Die uiteindelike resultaat is godsdienstige vermoeienis en besluiering deur die dogmatiek van die Kerk!   Hierdie selgroep lidmate bly dus onbewus van die verlies aan hulle Saligheid, wat alleenlik deur die Heilige Gees se krag van wedergeboorte vir hulle bewerkstellig kan word!

 

Geliefdes van onse Liewe Heiland Jesus, terwyl julle dan julself in heiligmaking met rein harte voorberei, en terwille van die Liefde en jul standvastigheid van geloof en die hoop in afwagting op die nabye wederkoms van Jesus, en die krag van die Heilige Gees wat in jul teenwoordigheid is, want Hy is die belofte van Jesus, die Trooster, die Heilige Gees wat by Sy uitverkorenes vir ewig vertoef!   HALLELUJAH!   PRYS die HERE!   (Joh. 14:16-18)  

 

Wees dan gewaarsku en vermy hierdie onheilige, professionele, “rowers en wolwe” wat in die persoon van skaapsklere [heiligheid] voorkom, en optree onder die vaandel van die sogenaamde “familie kerke” en “emerging churches,” of enige ander soortgelyke kerk van watter naam ook al, want hulle is alleenlik daarop ingestel, om die goedheid en die liefde in julle harte onder mekaar, te wil uitbuit en te misbruik tot hulle eie voordeel van selfverryking!   (Fil. 3:14-21) (2Tim. 3:1-9) (2Pet. 2:1-22) (Judas. 1:3-16)

 

Let op hierdié godsdienstige rowers van die Kerk, wat met “móói gesiggies” vol van geveinsdheid, skynheiligheid en vals nederigheid is!  

 

Pasop vir die sogenaamde “manne kampe/vrouekampe” of enige godsdienstige kursusse, seminare en leringe wat kamtig van julle beter mense in die godsdienstige samelewing van ’n vervloekte Kerk wil maak!   En dan moet julle nogal daarvoor betaal!  

 

Die doel agter die voorgestelde doel van hulle skynheilige dienslewering van godsdiens, en sonder dat julle die valsheid agterkom, is om die liefde en die opregtheid van die swakkes onder julle, subtiel uit te buit, sodoende julle van jul geld en besittings te verlig!  

 

Want moontlik “score” hierdie godsdienstige varke [dit is die natuur van hulle vleeslike en innerlike neiging], uit een of ander godsdienstige “sucker” onder julle, ’n bakkie of ’n BMW/Mercedes Bence of ’n rol geldnote!  

 

Onthou soos dit voorafgaande uiteengesit is; alleenlik die vrug van die Heilige Gees wat deur die krag van wedergeboorte, voortspruit vanuit die werke van jou grondige geloof in die HERE JESUS CHRISTUS, skep vir jou die vernuwing en die verandering van jou gemoed [deurdat die self, in homself sterf] sodat jy in vrymoedigheid, met die vryheid van innerlike rus en vrede wat JESUS vir ons bewerkstellig, ’n eerbare getuienis vir Jesus sal wees!   En die VADER met liefde in Gees en Waarheid te kan dien!  

 

Die doel van julle gemeenskaplike samekomste en in die teenwoordigheid van die Liewe Heilige Gees, is om saam met JESUS CHRISTUS te verenig!  

Waar elkeen in liefde vanuit ’n rein hart, vol van lof en dankbaarheid, gemeenskaplik bydra tot die eer en verheerliking van onse LIEWE HEILAND JESUS, en tot seën vir mekaar te wees!   (Kor. 12:1-31)(Efés. 4:11-16)  

 

Sodoende deur julle samekomste van liefde en onbaatsugtige offers van diensbaarheid teenoor mekaar, sien die engele julle opreg, vereering en verheerliking van JESUS en daarom verheerlik hulle dan saam met ons, vir JESUS en die LIEWE VADER wat in die hemel woon!   HALLELUJAH!   PRYS DIE
 
Terug na bo
Druk hierdie bladsy
Stuur hierdie blad aan iemand
Voeg tot gunstelinge
Kopiereg ©2012 Laastweek.co.za - Alle regte voorbehou