’n NUWE HEMEL. ’n NUWE AARDE.
ohannes skryf: “En ek het ʼn nuwe hemel en ʼn nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verby gegaan; en die see was daar nie meer nie.”
(Openb. 21: 1)
Voor die aangesig van die Here wat op die Wit troon sit het die eerste aarde en die hemel weggevlug [vanweë die oordeel van Sy onskuldige lyde het hulle die buitenste duisternis in verskiet]; en daar is geen plek vir hulle gevind nie!
(Open. 20:11)
Hy het gesien hoe die nuwe Jerusalem neerdaal op die nuwe aarde en ʼn groot stem hoor sê: “...Die tabernakel van GOD is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal Sy volk wees; en GOD self sal by hulle wees as hulle GOD. En GOD sal al die trane van hulle oë afvee en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.”
(Openb. 21:3-4)
Hiérdie is die wedergeborenes, die regverdiges van wie JESUS die volgende verklaar: “Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hul VADER.
(Matt. 13:43)
Die wedergeborene wat met die Heilige Gees en ’n rein hart voor GOD die VADER volhard en oorwin, is kosbaar in die oë van die VADER!
(Open. 21:7)
Vêrder sê die Here; “...Aan die een wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne-in die Paradys van GOD is.”
(Openb. 2:7)
“Hy wat oorwin sal alles beërwe; en ek sal vir hom ʼn GOD wees, en hy sal vir my ʼn seun wees.”
(Open. 21:7)
Die wedergebore Christen vrou wat volhard en oorwin
(1Tim. 2:15)
, sal ook ʼn “seun” vir GOD wees en nie meer vrou nie! Omdat sy op hierdie aarde, uit Adam voortgebring is as mannin, moet sy daarom met die verskyning van Jesus verander en gelykvormig word aan Hom. Ons sal dan almal deur die die krag van die Heilige Gees bewerkstellig, gelyk wees as “seuns” en mede-erfgename van GOD!
(Fil. 3:21)
Daarom verklaar Jesus: “... Maar die wat waardig geag word om daardie eeu en die opstanding uit die dode te verkry, trou nie en word nie in die huwelik uitgegee nie.
Want hulle kan ook nie meer sterwe nie, want hulle is soos die engele en is kinders van God, omdat hulle kinders van die opstanding is.”
(Luk 20:35-36)
Die [Heilige] Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is; en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.
(Rom. 8:16-17)