SJINA.
n Sjina word geen arbeiders-unie en werkstakings toegelaat nie.
Met die beskikbaarheid van miljoene vlytige, hoogs geskoolde goedkoop arbeiders, is Sjina tans die mees aantreklike land ter wêreld vir internasionale koöperatiewe en finansiële ondernemings.
Sjina is ʼn land van formaat sonder mededinging.
Die enkel grootste supermoondheid in Asië. ʼn Industriële reus en ʼn ekonomiese verskaffer aan die hele wêreld.
Die spoed en getalle waarmee Sjina die wêreld van finansiële stabiliteit dreineer is ondenkbaar!
Maar nie vir lank nie, want dan word “die merk of die naam van die dier” [die laaste wêreldorde] of die getal van sy naam toegepas!
(Open. 13:16-17)
Sjina se militêre magte met Apóllion [Satan] oor hulle, sal vir ʼn periode van vyf maande vervolging en onderwerping uitoefen teen Oosterse nasies wat nie Christene is nie!
(Open. 9:2-11)
Dan sal die Islamitiese magte van 200 miljoen man, met die ondersteuning van Sjina teen die Westerse magte optrek!
(Open. 9:13-21)
Hierdie oorlog sal woed tot en met die koms van ons Heiland, Jesus Christus, op die wolke!
Gedurende hierdie tydperk van oorlogvoering, sal een derde van die mensdom sterwe!
(Open. 9:18)