Laai die dokument gratis af www.Lastweek.co.za
Druk hierdie bladsy
Switserland en Oostenryk
 

SWITSERLAND EN OOSTENRYK

Die dier van Openbaring 13: 11-17: “En uit die aarde het ek ʼn ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehad net soos ʼn lam.” ... “En hy oefen al die mag van die eerste dier uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid, waarvan die dodelike wond genees is.” (Open. 13:11-17)

Hierdie twee horings naamlik Switserland en Oostenryk, is nie-kuslande nie. Hulle is nie aan die see geleë nie, maar is buurlande wat grens aan Duitsland, en is eensgesind met die bogenoemde “laaste wêreldorde.”

Na die Tweede Wêreld Oorlog, en sonder dat die wêreld daarop ag geslaan het, het Switserland en Oostenryk op ʼn baie slim wyse hulself aan die kant van Duitsland geskaar en so die magtigste monetêre troika in die hele wêreld geword.

Vanweë hulle besondere gemeenskaplike verhouding van “drie-eenheid,” was dit van uiters belang dat Switserland haar neutraliteit, sowel as haar wêreldbekende “Rooi kruis” dienste, reg oor die wêreld moes behou.

[Dit het ʼn komplekse spioenasie netwerk geïnkorporeer wat die CIA oorskadu het!

Dit is alleenlik ingestel vir die opbou en voortbestaan van die verslaande en vernederde Duitse volk, om vir hulle ʼn ekonomiese en industriële herstel te bewerkstellig!]

As gevolg van hulle wêreldwye monetêre mag, en die middele tot hul beskikking, naamlik, die Selfoon, die “rekenaar beeld,” die televisiebeeld,” en die satelliet netwerk met die Wêreldwye Internet Webwerf [wat die “beeld” van die dier is]. Stel aan hulle die vermoë tot noukeurige insae, sowel as die monitering van instansies soos die Wêreld Handel Organisasie [W.H.O.], en die wêreldwye ooreenkoms oor handel en handelstariewe; “Global Agreement On Trade & Tariffs [GATT].”

Vêrder is hulle die meesterbrein agter die Europese Unie se “Maastricht verdrag,” asook ʼn monetêre geldeenheid [€] wat beplan is vir die hele wêreld!

Hulle is die manipulerende mag agter die internasionale valuta beheer.

Hierdie algehele monetêre mag en die gebruik daarvan, is tot die beskikking van bogenoemde “laaste wêreldorde” gestel.

Daar staan geskrywe: “En op grond van sy slimheid, sal hy met geluk bedrog pleeg,” “ ... “En baie mense, onverwags [finansieel] vernietig.” (Dan. 8:25)

Gevolglik deur die bogenoemde handelswyse, sal die ganse mensdom op aarde, vir hulle sosiale en geldelike onafhanklikheid streng afhanklik wees van die “laaste wêreldorde.”

Dit is dan gedurende die laaste drie en ʼn half jaar [die Groot verdrukking tydperk], wanneer die mense vir sekuriteitsredes, deur middel van ʼn merk, ʼn naam, of ʼn nommer deur die “laaste wêreldorde” beheer sal word [die merk van die dier].

Diegene wat hierdie identifikasie merk nie neem nie, sal nie kan koop of verkoop nie, en sal as vyande van die staat vervolg, verdruk, en gedood word. (Open. 13:16-17)

Oor die ganse aarde, sal ’n algehele etniese suiwering plaasvind!

Daarom is mag oor elke nasie, stam en taal aan hom [die dier, die laaste wêreldorde of die VERENIGDE WESTERSE NASIES] gegee vir ʼn tydperk van twee en veertig maande. sDie gevolg sal wees dat die Islam geloof nou baie aantreklik sal voorkom vir baie mense, wat dan tot hul eie ondergang hierdie geloof sal aanneem!

 

Terug na bo
Druk hierdie bladsy
Stuur hierdie blad aan iemand
Voeg tot gunstelinge
Kopiereg ©2010 Laastweek.co.za - Alle regte voorbehou