Laai die dokument gratis af www.Lastweek.co.za
Druk hierdie bladsy
Sy uitverkorenes in die hemel

SY “UITVERKORENES” IN DIE HEMEL.

 

D

aar staan geskrywe; “ Na hierdie dinge het ek gesien en kyk, daar was ʼn groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam” (Jesus), bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande;”...“Dit is hulle wat uit die Groot verdrukking kom, en hulle (die uitverkorenes) het hul klere gewas en het hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam (Jesus).

 

Daarom is hulle voor die troon van GOD en dien Hom dag en nag in Sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal Sy tent oor hulle oopspan. Hulle sal nie meer honger en nie meer dors hê nie, en nooit sal die son of enige hitte op hulle val nie; want die Lam (Jesus) wat in die middel van die troon is, sal hulle laat wei en hulle (gedurende die 1000 jarige vrederyk) na lewende waterfonteine lei en GOD sal alle trane van hulle oë afvee.” (Openb. 7:9-17) (Openb. 15:2)

 

NB . Geliefdes wees versigtig om nie onverskillig te wees nie en let tog daarop; dat GOD die Vader van onse Heiland, Jesus Christus, deur middel van die profete, lankal reeds vir ons hierdie verskriklike vervolging van die uitverkorenes in die laaste dae bekend gemaak het.  

 

Dit moet vir ons ʼn eer wees om vir Hom te sterwe en nie vrees nie!  Van voor die grondlegging van die aarde af is ons in Christus Jesus uitverkies as Sy uitverkorenes, en word ons [wedergebore dissipels en navolgers van JESUS] waardig geag, om vir Hom tot die dood toe te ly gedurende die Groot verdrukking!   (Efés. 1:4-14 & 2Thess. 2:13-14 & 2Tim. 1:9-10) (Matt. 24:21-22 & 29) (Rom. 8:31-39)

 

Daarom is daar vir Sy uitverkorenes met die eerste opstanding, ʼn meer uitnemender saligheid bewerkstellig!   (Matt. 24:29-31)

 

Johannes praat van ʼn ontelbare skare wat vanuit die Groot verdrukking kom. [Of ons dit wil weet of nie, moet ons dit glo]!   (Open. 7:9-17)

 

Want As die Here Jesus Christus, die Seun van GOD, en al Sy Apostels en al Sy dissipels en al Sy ontelbare martelare deur die eeue heen in hulle bloed gesterf het, sodat ons deur middel van wedergeboorte, die Reddende Genade van Volmaakte Liefde wat die Evangelie van die Nuwe Testament is deelagtig kon word!  

 

Mag die Liewe Heilige Gees dan ook vir ons volkome waardig vind, wanneer ons in alle eerbaarheid en vreeslose heldemoed, die lyding en dood in die Groot verdrukking tegemoet gaan!  Halleluja vir Jesus en die opstanding van die dode!  Ere sy die Naam!   (Open. 12:11)

 

Terug na bo
Druk hierdie bladsy
Stuur hierdie blad aan iemand
Voeg tot gunstelinge
Kopiereg ©2012 Laastweek.co.za - Alle regte voorbehou