Laai die dokument gratis af www.Lastweek.co.za
Druk hierdie bladsy
Vooruitsig na die ewige verderf

VOORUITSIG NA DIE EWIGE VERDERF.

 

Die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp! Alles en almal wat nie van, of vir GOD die Vader van Jesus is nie, is in die poel van vuur gewerp!

 

Met ander woorde; bo op die duiwel en sy engele en alles wat onrein, boos en euwel is, word daar ʼn ontelbare skare wat soos lewende lyke van mense is, net sommer op ʼn hoop, in die poel van vuur gewerp!

 

Hulle sal gepynig word met vuur en swael voor die heilige engele en voor die Lam [Jesus]. En die rook [reuk] van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid.  

 

Vir ewig in duisternis sal hulle gekerm die geween en die gekners op hulle tande van pyn, en die reuk nie ophou nie.

 

Weens die wurm wat hulle vreet en nooit sterf nie, en die vuur wat hulle brand, en nooit uitgeblus word nie, het hulle [vanweë die ewige gekriewel en pyniging] dag en nag geen rus nie.   (Openb. 14:9-12)(Openb. 21:8)(Jes. 66:24)(Judas. Vs. 13)(Matt. 25:30)

 

Hulle is afgryslik vir alle vlees om te aanskou. Watter verskriklike en gruwelike vooruitsig is dit, vir die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid [Jesus] nie aangeneem het om gered te word nie!   (2 Thess. 2:10-12)

 

Maar hulle het die breë weg van Kerk-afgodery verkies en liefgehad wat GOD haat!   Hulle was geredelik oorgegee aan die begeertes van die  “hart van die self”  [wat die breë poort is en daar is baie wat daardeur ingaan], om dan na hartelus op die “wye pad van self” te wandel wat na die ewige verderf toe lei!

 

Die breë pad is ooreenkomstig die grootmanskap van  “self”  en dié se eie wil en begeertes van bevrediging na die vlees, wat dan ooreenkomstig die vrug van sonde baar en dus die loon van die dood ontvang!   (Matt. 7:13)(Gal. 5:19-21)(Rom. 6:23)

 

Liewe Jesus sê: “Kom na My toe.” Want vir u is daar van twee plekke, net een finale bestemming voorberei!

 

Maar as daar ernstig opgelet word, dan is die groter meerderheid van die mensdom, uiteindelik bestem vir die poel wat brand met swael en vuur (die ewige verderf)!

 

Dit wil voorkom of hierdie “plek” in GOD se Universele heelal, die mees populêre bestemming vir die mens is!

 

Jesus Christus is die enigste keuse wat die mens het om van die ewige verderf gevrywaar te word!   (Joh. 3:16)

 

Dink net, as Jesus Christus sê, dat hulle My Koninkryk nie sal ingaan nie. Die voorbarigheid om te dink dat dit nie moontlik kan wees om op tyd, binne-in bogenoemde plek te beland nie!   (Matt. 5:20 & 7:21-22)

 

Des ter nood sê JESUS vir Sy wedergebore dissipels:   “Die oes is wel groot, maar die arbeiders min [Met ander woorde, daar is baie siele wat gered en ingebring moet word!   Daarmee bedoel JESUS egter nie Predikante en Pastore wat kafoefel en Kerk speel met die lidmate nie!].   Bid dan die HERE van die oes* dat Hy arbeiders [dissipels] in Sy oes uitstuur!   (Luk. 10:2)

 

* JESUS is wel die HERE van die oes en deur die Heilige Gees, sál JESUS Sy wedergebore dissipels uitstuur om die bloed gewaste groot oes van kosbare siele in te bring!   Wat onomwonde die nagevolg is van Sy geliefde bemindes se getroue en volhardende gebede!   HALLELUJA!   PRYS DIE HERE!   AMEN!  

 

HALLELUJAH!   PRYS DIE HERE JESUS CHRISTUS wat vir ons [wedergebore dissipels en navolgers van JESUS] se volkome saligheid, die Evangelie van wedergeboorte uit water en deur die Heilige Gees, met Sy menslike-bloed, Gewronge volbrag het!  

Dit laat die gewone maar opregte [vroom] mense wat in JESUS glo, wonder oor die papbroekige en lamsakkige Predikante en Pastore in diens van die Kerk!   En let vir die rede op hulle gemaksugtige leefwyse van onvrugbaarheid, jeens JESUS se Evangelie van wedergeboorte, wat vir ons die noodsaaklike toeganklikheid in GOD se koninkryk moet bewerkstellig!   (Joh. 3:3 & 5)

 

Vanweë die Kerk se godsdienstige huigelary, word die Kerklidmaat met afsterwe, heilig verklaar, en kamma binne in die hemel met gebed verwesenlik en dit saam met al die gepaardgaande snert van so ʼn emosionele opgeruide gebed wat GOD onse Vader nie eers verhoor nie!

Dink net aan die gruwelike Godslastering van die Kerk teenoor GOD en Sy Koninkryk!   Terwyl die Here Jesus Christus alleenlik aan die voleinding, met die laaste opstanding van die dode, Self sal oordeel en regverdig wie in GOD die Vader se Koninkryk moet ingaan! (Open. 20:11-15) & (Matt. 25:31-46)

 

Daar is goedgelowige kerklidmate, wat mislei en besluier word, sodat die lidmate die ongeloofwaardige snert, en die leun van Satan se 5 minute voor die dood en 5 minute na die dood moet glo!   En dit word nogal deur hulle voorganger vir die waarheid aan hulle voorgehou

Die WAARHEID egter, deur die insig van die Heilige Gees, sien soos volg daaruit en die verstandiges sal die geloofwaardigheid daarvan insien en verstaan:

 

Wat die geloofwaardigheid van 5 Minute voor die dood betref , word soos volg deur JESUS beklemtoon; “voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou as iemand nie weer gebore word uit water en Gees nie, kan hy [of sy] die koninkryk van GOD nie sien nie, ... en kan hy [of sy] in die koninkryk van GOD nie ingaan nie!”   Met die nugtere besef daarvan, dat 5 minute voor die dood, eenvoudig net te laat is daarvoor! (Joh. 3:3 & 5)  

 

En die waarheid oor 5 minute na die dood, sien soos volg daaruit: “Die lewendes weet dat hulle moet sterwe, maar die dooies weet glad niks nie, en hulle het geen loon meer nie, want hulle nagedagtenis word vergeet.   Hulle liefde sowel as hulle haat, ook hulle naywer, het lankal verdwyn en hulle het vir ewig geen deel meer aan alles wat gebeur onder die son nie!”   (Prediker. 9:5-6)  

 

Maar ánders, is die wedergebore siele van die martelare [Dit is profete, apostels, dissipels en navolgers van JESUS!   Let wel; dit is nie Predikante en Pastore van die Kerk nie] wat gedood is terwille van die woord van GOD en die getuienis wat hulle gehad het vir die Evangelie van JESUS!   Derhalwe bevind hiérdie martelare, hulself in ’n doodse-rus onder die goue altaar van GOD, totdat ook húlle medediensknegte en hulle broeders wat nog gedood moet word voltallig is!   Eers met geklank van die basuin van GOD en die wederkoms van JESUS, sal hulle opgewek word!   HALLELUJA!   PRYS DIE HERE!   AMEN!   (Open. 6:9-11)(1Thess. 4:13-18)

 

JESUS se wedergebore uitverkorenes word met Sy wederkoms, dadelik na die Groot verdrukking opgewek en deur die engele uit die vier windstreke van die een einde van die hemele tot die ander einde daarvan versamel!   (Matt. 24:29-31) (1Thess. 4:13-18)

 

Die ander dode wat nie wedergebore is uit water en Gees nie, word geoordeel, goed of kwaad, volgens hulle werke, eers na die 1000 jarige bestaan van GOD se koninkryk en JESUS se heerskappy op hiérdie aarde.   Eers dan sal die see die dode oplewer wat daarin is, en die dood en die doderyk sal die dode oplewer wat daarin is, en hulle sal geoordeel word, goed of kwaad, elkeen volgens sy of haar werke!   (Open. 20:1-15)

 

Dit is wel waar, 5 minute voordat jy met gees, siel en liggaam die doodse rus ingaan, sal jy verseker weet of jy ’n wedergebore kind van GOD is, al dan nie!   Indien jy dit nie is nie, dan sal jy met onsekerheid en vertwyfeling weet dat jy gewis bestem is vir die oordeel!

 

Die duiwel het, mag oor die dood, en tot en met die opwekking van die dode [gees siel en liggaam], heers die dood oor die doderyk!  

 

Maar JESUS het die dood oorwin en verklaar soos volg; “Ek is die eerste en die laaste en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. AMEN!   En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood [waarmee JESUS op GOD se bepaalde tyd die dode sal opwek]!”   (Heb. 2:9-17 & Open. 1:17c-18)

 

Wanneer dit egter op die sterfbed besef word dat 5 minute voor die dood te laat is, dan eers word die Waarheid oor ware-geloof in JESUS se Evangelie van wedergeboorte besef!   Maar soos die son moet onder gaan, so sak die duisternis toe in jou gemoed!   Die oordeel van sondeskuld en ongehoorsaamheid vanweë die Heilige Gees se vergeefse-gepleit vir jou wedergebore redding deur al die Jare heen, neem nou in alle benoudheid van verwyte, sy volle gang binne-in jou gedagtes!  

 

Maar dit is ’n leeftyd te laat!   Einde ten laaste, van die sterfbed af, is jy darem nie alleen op pad na jou eindbestemming nie, die engel van die dood is stilswyend aan jou sy!   So beland die goedgelowige Kerklidmaat wat nie wedergebore is nie, op die bestemde tyd dan ook in die doderyk!   En daar is baie gegradueerde, maar ongeredde [nie wedergebore] Dominees en Pastore in die doderyk wat vir JESUS se Evangelie van wedergeboorte, uit water en die Heilige Gees geminag het, en die Waarheid van GOD se Woord met die leuen van die Kerk-godsdiens verkrag het!

 

Daarom sê Dawid: “... wat is die mens dat U aan hom dink en die mensekind dat U hom besoek?   (Psalm. 8:5)  

 

Die toegewyde geloof van die Jode en van Islam, vir wie Jesus Christus nie hulle Saligmaker is nie, steek die Christene se “skaam vir my geloof in Jesus Christus” by GOD die Vader in die skande!  Vreeslik is dit om te val in die hande van die Lewende GOD!   AMEN!     (Heb. 6:4-6 & 10:19-31)

 
 

Terug na bo
Druk hierdie bladsy
Stuur hierdie blad aan iemand
Voeg tot gunstelinge
Kopiereg ©2010 Laastweek.co.za - Alle regte voorbehou