Laai die dokument gratis af www.Lastweek.co.za
Druk hierdie bladsy
Wat beteken geloof?

WAT BETEKEN GELOOF VIR ’n WEER GEBORE CHRISTEN?

Hersien :  2010/09/05

 

Ware-geloof vir JESUS se Christen dissipel, is GOD onse VADER se toelaatbare geregtigheid van geloof vir geloof in JESUS!   En dit is bedoel vir alle mense, wat enersyds deur GOD die VADER geregverdig word en andersyds in JESUS met die vrug van die Heilige Gees, wedergebore bewerkstellig word!   (Joh. 6:44 & Joh. 14:6) (Gal.5:22) (Joh.3:3&5) (Hand.13:48)

 

“Hom [JESUS] het God voorgestel in sy bloed as ’n versoening deur die geloof, om Sy [die VADER se] geregtigheid te bewys deurdat HY die sondes ongestraf laat bly het wat tevore gedoen is onder die verdraagsaamheid van God!” ... “ Ons neem dus aan [ons aanvaar dit] dat die mens [wat weergebore is in JESUS] geregverdig word deur die geloof sonder die werke van die wet.”   skryf Paulus!   (Rom. 3:25 & 28)

 

Hierdie geregtigheid van GOD vir geloof in JESUS, is gesetel in liefde vir GOD die VADER en dié liefde word alleenlik met die vrug van die Heilige Gees, binne-in die innerlike gemoed van Sy wedergebore dissipel bewerkstellig! (Joh. 3:3 & 5) (Gal. 5:22)

 

Die Heilige Gees wys vervolgens vir ons met nie onduidelike insig nie, wat die verskil is tussen die Kerk se algemene-geloof van godsdienstigheid, en wat die Heilige Gees se geïnspireerde en ware-geloof en die werke van geloof vir die dissipel met wedergeboorte in JESUS CHRISTUS behels!   (2Thes. 2:13-14)

 

Die Christen dissipel moet onomwonde die waarheid in verband met ware-geloof verstaan!   Die Heilige Gees onder andere, is GOD se Leermeester en tempel Bouer vir jou gestuur!   Daarom deur die Heilige Gees wedergebore, is elke dissipel ’n tempel vir JESUS om in te woon!   En die doop van die Heilige Gees is die verseëling van jou standvastige-geloof en sodoende is jou Godgegewe-wedergebore-liefde in die HERE JESUS CHRISTUS verseker!   (Joh.15:1-26)

 

Die wedergeboorte uit water en die Heilige Gees is die Evangelie van JESUS vir toeganklikheid in GOD se koninkryk!  Wedergeboorte deur die Heilige Gees is die fondament van ware-geloof [dit is GOD se Nuwe Hart Verbond vir alle mens]!  Ons geloof is gewronge deur JESUS bloed aan die kruis!   En JESUS se kruis is sentraal die grondslag vir ’n standvastige-geloof!   Ware-geloof word met die liefde van JESUS binne-in die dissipel se innerlike wedergebore gemoed met die vrug van die Heilige Gees geamalgameer!   (Esegiël. 36:25-27 & Esegiël. 11:19-21)   (Jer. 31:31-34 & Heb. 8:8-13) (Joh. 3:3 & 5)

 

Jou wedergebore liggaam dien vir die Heilige Gees as tempel van GOD!  Die Allerheiligste binnekamer van jou liggaam en tempel van GOD, is jou innerlike, wedergebore-gees [hart]!   Dit is hier waar die Heilige Gees van GOD met die vrug van liefde, GOD se Nuwe hart Verbond [nou meer as 2000 jaar oud] verteenwoordig!   Maar die voorhangsel van die Allerheiligste binnekamer, is GOD onse VADER se geregtigheid vir geloof in JESUS!   Wanneer ons in gebed tot die VADER nader is dit deur die voorhangsel van geloof in JESUS deur die Heilige Gees!   JESUS is die Hoëpriester van GOD se tempel!   KONING JESUS is deur GOD daartoe bemagtig en heers dus oor GOD se heelal!  

 

Binne-in die dissipel se wedergebore liggaam wat dien as tempel vir die Heilige Gees, en by wyse van spreuke, is die kruis van JESUS die altaar, waarop die onheilige-sélf, in geheel elke dag aan GOD geoffer en toegewy word!   Eintlik moet die self permanent daarop gekruisig bly, en dag vir dag sterf die onheilige-self op GOD se altaar van versoening en vergifnis!   En tydens die belydenis van sonde, wat die nagevolg van ongehoorsaamheid van die sondige sélf is, dien die bloed van JESUS aan die kruis, dan toepaslik, vir die reiniging, vergifnis en versoening daarvan!  

 

Let wel; daar is ontelbare werke en eienskappe van die self!   Die self staan ook bekend as die vlees!  Die vlees [self] is ’n  “EK”  spesialis!   Skryf Dr. L E Maxwell in sy boek:  “BORN CRUCIFIED.”  In Afrikaans:  ‘MET CHRISTUS GEKRUISIG,’  vertaal deur Timo Kriel en uitgegee deur HART UITGEWERS.  

NB . Móét deur elke Heilige Gees se wedergebore kind van GOD gelees word!

 

Maar nou is die Verrese en Verheerlikte JESUS binne-in Sy dissipel, die wedergebore Lewe van ’n ware-geloof wat uitgelewe word!   Daarom buig ons ook ons hoof in waardigheid voor die VADER, en in eenvoud vanuit die innerlike gemoed en in JESUS, deur die Heilige Gees, bid ons tot die VADER!   Sodat elke gebed van eenvoud, nie teen die dak en mure van die kamer “ping pong” nie!   Want dit is die Heilige Gees binne-in ons innerlike gemoed wat ons gebede ontvang en bekragtig!   HALLELUJAH!   PRYS DIE HERE!   (Heb. 4:13-16 & Heb. 10:19-23)

 

Met ’n leefwyse van heiligmaking is die Heilige Gees onder andere [en om dit so te stel], ook die Koster en die Ouderling van GOD se tempel!   Die Heilige Gees leer en lei en onderrig my, geheel die volle waarheid van ware-geloof, om dan uiteindelik met ’n rein hart, ’n heilige tempel vir GOD te wees!  En in dié geloof, met die sélf in JESUS gekruisig, wandel ons die Weg van die kruis met GOD die VADER in Gees en Waarheid!  

Dit is die betekenis van die Heilige Gees se uitspraak soos deur Paulus gemaak is naamlik:   “ ... ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is en jaag na die doel [ “Salig is die wat rein van hart is want hulle sal GOD sien!”] om die prys te verkry van die hoë roeping van GOD in JESUS CHRISTUS!”   (Matt.5:8) (Fil.3:14)

 

Met ware-geloof deur die Heilige Gees bewerkstellig, is jy geregverdig ’n volwaardige, wedergebore dissipel, en ’n dienaar en ’n navolger van JESUS!  AMEN!  

 

Die Liewe Heilige Gees is een met Sy wedergebore dissipels wat hulle HERDER en SALIGMAKENDE HEILAND [vir JESUS] navolg!  

Die Heilige Gees weet ook wie wedergebore is of nie, aangesien die Heilige Gees met wedergeboorte ’n nuwe hart [gees] vir Sy dissipels bewerkstellig, hulle vir wie Hy besoek en ondersoek!   Daarom weet die Heilige Gees ook dat dié wie deur HOM geleer en gelei word, alleenlik in en vir die waarheid gegrondves blý staan en word daar deur húlle nie net ’n klomp aangeleerde kop en mond godsdiens-kennis gegorrel nie!

 

Honderde jare voor die aanvang van die Evangelie van JESUS, is daar deur die beskeie Jeremia, ’n profeet van GOD, ’n dekreet van GOD vir ’n Nuwe Hart Verbond bekendgemaak!   (Jer. 31:31-34) (Heb. 10:16)

 

Honderde jare later en wel in die verre-toekoms en gedurende daardie tyd in die godsdienstige Kerk, volgens die Kerk se ORDE van Hiërargie, is daar vir hierdie nederige amp van geloof in JESUS, en vir die bekendstelling van JESUS wat kom, geen beskeie en heilig genoeg, ’n Predikant, of Pastor, of Doktor, of Professor, of priester, of Hoë Priester tot van dag toe gevind nie! (Joh. 6:44 & Joh. 14:6) (2Kor. 4:13a)

 

Daarom en op die regte tyd het GOD deur die Heilige Gees, die beskeie Johannes die Doper van sy moederskoot af, geroep [georden]!   En in die woestyn is hy afgesonder en deur die Heilige Gees onderrig, ’n profeet van GOD, wat die bekendmaking van JESUS en die Evangelie van die hemele uitroep en verkondig!   (Luk. 1:41)(Matt. 3:1-6) (Matt. 11:9-14)

 

Met die verkondiging van die evangelie van GOD se koninkryk word JESUS deur Johannes die Doper aan die godsdienstige Jode voorgestel as die Weg van die geloof die Waarheid en die Lewe! “... Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met Vuur [dit is die wedergeboorte]!”   (Joh. 3:11c)

 

Dit is egter die doop van die Heilige Gees, naamlik die “wedergeboorte en dit is GOD se NUWE HART VERBOND” wat Johannes die Doper so graag wou ontvang, maar nie deelagtig kon word nie!   Die rede?  JESUS moet deur die Heilige Gees eers alles in vervulling volbrag, sodat die Heilige Gees daarna kon terugkeer aarde toe en met die krag van wedergeboorte binne-in ons [JESUS se wedergebore dissipels] kom inwoon!   (Matt. 3:11 & Matt. 3:14) (Esegiël. 36:25-27 & Esegiël. 11:19-21) (Jer. 31:31-34 & Heb. 8:8-13) (Joh. 3:3 & 5)

 

Met die doop van JESUS deur Johannes die Doper, is alle Goddelike geregtigheid [vir geloof in JESUS] vervul toe die Heilige Gees op HOM neerdaal en JESUS is as mens, wedergebore!  Vervolgens lees ons daarom, wat JESUS vir Sy dissipels verseker:   “Voorwaar Ek sê vir julle dat julle wat My gevolg het in die wedergeboorte wanneer die Seun van die mens op Sy heerlike troon gaan sit, julle ook op twaalf trone sal sit en die twaalf stamme van Israel sal oordeel!”   (Matt. 3:13-17) (Matt.19:28)

 

Let wel : Met JESUS se uitspraak aan Johannes:  “Laat dit nou toe, want só pas dit ons om alle geregtigheid te vervul [bedoelende dit is GOD se NUWE HART VERBOND naamlik, die wedergeboorte wat nou deur JESUS in vervulling gebring word]!”   (Matt. 3:15)

 

Nie te min, Johannes die Doper en al GOD se heiliges vanuit die Ou-Testamentiese-era wat met geregtigheid van geloof, in afwagting van JESUS se bekendmaking deur die Heilige Gees gewag het, word nou ook deur JESUS se doop van wedergeboorte en die vrywillige aflegging van Sy lewe aan die kruis, met Sy heilige bloed, vir die saligheid geregverdig!  En by Sy wederkoms, word hulle ook vanuit hul doodse-rus, vir die ewige saligheid eerste opgewek [daarna elkeen van ons wat in geloof, deur die Heilige Gees wedergebore is]!  Halleluja! Prys die  “LIEFDE”  van ’n Regverdige GOD en VADER!   JESUS CHRISTUS!   AMEN!   (Heb. 9:15 & Heb. 9:25-28 & Heb. 10: 12-18)

 

En dít is GOD se geregtigheid vir geloof in JESUS!  En dit is JESUS se Nuwe Testamentiese Evangelie van wedergeboorte, wat ’n voorwaarde is, vir ’n NUWE HART VERBOND met GOD onse VADER!   En dít word deur die Kerk met die onderhouding van die Joodse-godsdiens, tot vandag toe, beskou en verwerp as kettery en natuurlik, demonies   “sektaries”  !   (Joh. 3:3 & 5)

 

NB : Hoe aangrypend belangrik is geloof vir die dissipel daarom in die navolging van JESUS se doop nie?  Daarvolgens, vir diegene wat sodoende gló, word met die Heilige Gees se doop van wedergeboorte, binne-in GOD se koninkryk geregverdig bewerkstellig, ’n dissipel en navolger van JESUS! (Mark. 16:16)

 

Johannes die Doper was die eerste dienaar van GOD wat deur die roeping van die Heilige Gees, GOD se geregtigheid van geloof in JESUS, deelagtig geword en beoefen het!   Sodoende, tot en met sy inhegtenisneming, het hy die doop vir die vergifnis van sondes en vir JESUS, as die WEG van geloof vir die Saligheid, verkondig!   Vir GOD se NUWE HART VERBOND naamlik, JESUS se EVANGELIE van wedergeboorte was hy ook die eerste martelaar gewees!

 

Vandag; meer as 2000 jaar later, deur die insig van die Heilige Gees, weet ons egter, wat hierdie GOD gegewe “Nuwe Hart Verbond” van ’n Ontfermende GOD se barmhartige genade van liefde vir ons behels?   Naamlik, vir “JESUS se bloed geheiligde dissipel” en kind van GOD, word GOD se geregtigheid van geloof vir die geloof in JESUS en die ewige saligheid, alleenlik deur die Heilige Gees vir elkeen van ons [wat Sy Heilige Gees, se wedergebore dissipels is] bewerkstellig!   (Rom. 1:17) (Rom. 3:21-26) (Fil. 3:9-10) (2Kor. 4:13a) (Gal. 2:16)

 

Wat JESUS se uitspraak van geloof soos ’n mosterdsaad betref?   Wentel egter om die Kern van ons innerlike liefde en die Heilige Gees geïnspireerde-geloof!  Maar die self [die “ek”] en al sy dinge, moet elke dag in JESUS gekruisig bly en afsterf!   (Rom. 6:1-23)(Mark. 8: 34b)

 

Die Heilige Gees se wedergebore dissipel en navolger van JESUS, is innerlik geïnspireer, deur ’n Goddelik-gegewe-geregtigheid van ware-geloof in JESUS!   (2Kor. 4:13a) (Rom. 1:17)

 

Want sê Paulus: “Ons verwag deur die [Heilige] Gees uit die geloof die geregtigheid waarop ons hoop!   (Gal. 5:5)

 

JESUS CHRISTUS is die Hoëpriester van GOD die VADER, en van GEREGTIGHEID vir geloof tot die Saligheid!   En Hy is ook die HOËPRIESTER van ons belydenis [geloof]!   (Heb. 3:1)   (Gal. 2:16)

 

Dit is ook die geregtigheid van GOD, wat in die verrese en verheerlikte JESUS, deur die krag van die Heilige Gees, die lewendmakende en wonderwerkende krag van ons geloof vanuit ons innerlike inspireer en bewerkstellig!   (Efese. 1:19-23)(Joh. 14:12-17)

 

Dit is baie belangrik om te weet; anders as in die uitvoering van die wil van GOD, dat die self vir eie belang, morsdood moet wees!   Sodat die genoemde Heilige Gees geïnspireerde geloof met resultaat alleenlik vir die koninkryk van GOD kan dien en manifesteer!  

 

Die gebruik van die Nagmaal dien tot gedagtenis van JESUS se lewe as mens!   En vasgespyker aan die kruis, die herinnering aan Sy onskuldige bloed en die smartlike lyding wat Hy met die aflegging van Sy heilige lewe, moes deurmaak vir die redding van die mens!  

En vir Sy dissipels en navolgers, is die Nagmaal ’n geestelike spys vir ’n standvastige-geloof in die HERE!  Tydens die gereelde gebruik van die Nagmaal, bewerkstellig die Heilige Gees weereens vir elkeen van Jesus se wedergebore dissipels, met ’n geestelike inspirasie van GOD se liefde en genade, die standvastigheid van hulle geloof!   Maar sentraal van ons geloof in JESUS, is die werklikheid van Sy wederkoms vir ons deur die Heilige Gees bevestig!  En daarom, met die oog gevestig op JESUS se wederkoms, is Hy ook die Voleinder van ons [volhardende en held-moedige] geloof!   HALLELUJA!   PRYS DIE HERE!   AMEN!   (Heb. 12:2) (Fil.3:20-21)

 

Dus deur die Heilige Gees bewerkstellig, weet “ons” [die wedergebore dissipels van JESUS], dat inplaas van geloof soos ’n mosterdsaad te hê, Jesus nou self met dieselfde geloof waarmee Hy destyds nog as mens onder ons gewandel het, binne-in ons innerlike gemoed teenwoordig is!   (Joh. 15:4-5)

 

Daarom ook is dit van uiterste belang en voordelig om te weet!   Vir die wat in die geregtigheid van geloof met die VADER in Gees en Waarheid wandel!   Dat die Heilige Gees wat die kernkrag van ons geloof is, alleenlik vir die mens binne-in GOD se orde van geregtigheid [soos dit geheel saamgestel is in die Bybel] manifesteer!   En dat die geregtigheid van JESUS, binne-in my teenwoordig is, indien my lewenswandel voor GOD, alleenlik saam met die Heilige Gees kan getuig, van ’n eerlikheid wat in die geringste detail van alle motiewe, onselfsugtig die waarheid is waarmee my medemens gedien word!  

 

Met ander woorde, sonder om in myself geveins te wees en myself op te hou met leuens!  Deurdat ek selfregverdigend met godsdienstigheid, myself kamtig met ’n skyn van heiligheid wil voorgee, en sodoende, met valse en verskuilde motiewe, vir ander lieg en bedrieg!   (Kol. 3:1-17)

 

Onthou en dit mag nooit vergeet word nie!   Die Satan is die vader van die leuen wat in die mens werksaam is. “Period!”   Dit wil sê: Deur Satan verlei en uit gewoonte, daarin geoefen om te lieg en te bedrieg!  Want as die waarheid in die geringste detail van eerlikheid, nie in my teenwoordig is nie, en indien ek die waarheid enigsins vervang met ’n kléin wit leuentjie, dan is Liewe JESUS nie in my teenwoordig nie!  Sy geregtigheid binne-in my word dus vervang met my ongeregtigheid van ’n godsdienstige skyn van heiligheid!   (Joh. 8:44) (Matt. 12:37) (1Joh. 3:8)

 

Juis daarom is die eerlike belydenis van my sonde van uiterste belang!   Sodoende, bekom ek voor GOD, nie net ’n rein hart nie, maar ’n hart vol van Goddelike bewondering en liefde vir die VADER!   Sodat my intiemste gedagtes, met ’n rein hart in die waarheid voor GOD, soos ’n fontein van lewende waters binne-in my innerlike gemoed mag opborrel en jubel!   En so is my intieme verhouding van geloof in JESUS, deur die Heilige Gees met die VADER, dan kinderlik volkome in die rustigheid van my vreedsame gemoed!   Ongeag die gehoer en gerumoer van die daaglikse samelewing om my!   (Efés. 1:4)

 

Let wél: eers dan het ek die besitreg van GOD se Geregtigheid vir die Heilige Gees se geïnspireerde geloof in JESUS!  En dan is Hy teenwoordig binne-in my innerlike wese!   (2Kor. 13:5) (Matt. 5:20)

 

Gegewe die Ontfermende VADER se oorweldigende Liefde in JESUS CHRISTUS, vir Sy wedergebore dissipels, is Hy ook Sy VADER se Genadeoffer, vir die verlore-gaande-mensdom se geregtigheid van geloof in HOM!   Altans, vir diegene wat in gehoorsaamheid, ag-slaan op die Heilige Gees se gedurige en veroordelende gepleit vir jou redding van ’n ewige verderf!   Dit is juis daarom, dat jy vir hulp moet uitroep na die HERE en vir HOM moet vra vir die vergifnis van jou sondige en eiesinnige of Kerk geïnspireerde leefwyse van godsdienstigheid!  Om ’n dissipel en navolger van JESUS in GOD se koninkryk te word moet jy daarom, vir HOM vra vir die verlossing, die bevryding en die redding daarvan [die voorafgenoemde leefwyse van eiesinnigheid] en van die ewige verderf!   (Joh.3:3-21)

 

Met wedergeboorte soos deur die Heilige Gees bewerkstellig, verteenwoordig die Heilige Gees binne-in ons innerlike gemoed, die HERE JESUS CHRISTUS!   Die vrug van Sy geregtigheid binne-in ons, is die Heilige Gees se Alom teenwoordigheid wat ook onder andere, binne-in my innerlike gemoed, in ’n rein hart, GOD se NUWE HART VERBOND van LIEFDE verseël!   HALLELUJA!   (Gal. 5:22) (Hand. 5:32) (Esegiël. 36:25-27 & Esegiël. 11:19-21)   (Jer. 31:31-34 & Heb. 8:8-13) (Joh. 3:3 & 5)

 

Binne-in ons innerlike wedergebore gemoed, is die geregtigheid vir my geloof in JESUS, gesetel in die aanwesigheid van die Heilige Gees vrug van liefde!   En sonder hiérdie geïnspireerde-geloof [ met vertwyfeling], is dit vir ons onmoontlik om vir GOD as VADER te behaag!   (Gal. 5:22) (Heb. 11:6) (Matt. 6:33)

 

En in HOM [JESUS] gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die Wet is nie, [of my eiesinnige en gestrenge godsdienstigheid van “ek het my Kerk” sindroom van een of ander Kerk denominasie, of die aanhang van ’n sekere geestelike godsdiensleier van een of ander Kerk vir wie ek verafgod al dan nié]!   Maar met dié [geregtigheid] wat deur die geloof in CHRISTUS is, die geregtigheid [vir geloof in JESUS] wat uit GOD deur die Heilige Gees geregverdig is; sê Paulus! (Fil. 3:9)

 

Meer nog, die Heilige Gees is nie net die Geïnspireerde Wysheid van GOD wat met diepe insig van die toekomstige gebeure en verborgenhede binne-in ons verstand manifesteer nie!   Maar Hy is ook innerlik, die tere Liefde, van inspirasie vir Sy dissipel se volhardende en geïnspireerde geloof!  En deurgaans vanuit die innerlike, met standvastigheid in die geregtigheid van ons geloof, word ’n eerlike leefwyse van, getrou te wees aan die waarheid bewerkstellig!   (Joh.15:4-5)

 

Immers het JESUS aan die wat HOM in die wedergeboorte navolg, die volgende verseker: “... Die Trooster, die Heilige Gees, wat die VADER in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.”   (Joh. 14:26)

 

Verder bevestig Paulus die volgende in verband met die waarheid oor die

Heilige Gees se werksaamhede binne-in ons innerlike: “... en my rede en my prediking was nie in oorredende woorde van menslike wysheid nie, maar in die betoning van Gees en krag, sodat julle geloof nie in wysheid van mense sou bestaan nie, maar in die krag van God.

 

Tog spreek ons wysheid onder die volwassenes, maar ‘n wysheid nie van hierdie wêreld, of van hierdie wêreld se heersers, wat vergaan nie.

Maar ons spreek die wysheid van God, wat bestaan in verborgenheid wat bedek was en wat God van ewigheid af voorbeskik het tot ons heerlikheid, wat niemand van die heersers van hierdie wêreld geken het nie—want as hulle dit geken het, sou hulle die Here van die heerlikheid nie gekruisig het nie—maar soos geskrywe is: Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet.

 

Maar God het dit aan ons deur sy [Heilige] Gees geopenbaar, want die [heilige] Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God.

Want wie van die mense weet wat in ‘n mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in God is nie, behalwe die [heilige] Gees van God.

 

Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die [Heilige] Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het.

Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk. Maar die natuurlike mens neem die dinge van die [Heilige] Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.

 

Maar die geestelike mens beoordeel wel alle dinge; self egter word hy deur niemand beoordeel nie.

Want wie het die sin van die Here geken, dat hy Hom sou kan onderrig?  Maar ons het die sin van Christus.   (1 Kor. 2:4-16 & 1Kor. 1:17-31)

 

Een of andertyd, omdat jy glo en wanneer ons na GOD om hulp uitroep en daarna vra, word elkeen van ons wat gedoop is, op ’n besonders wyse en afsonderlik deur die Heilige Gees bewerkstellig, wedergebore dissipels, dienaars en navolgers van JESUS!   Wetende ons is Sy uitverkorenes en wedergebore lede in Sy liggaam!

Dus, met ware-geloof is ons wedergebore deur die Heilige Gees, binne-in die liggaam van CHRISTUS JESUS [om so te sê], met die “naelstring” van LIEFDE deur die Heilige Gees, met HOM verenig!   (Joh. 15:4-5)

 

Dit beteken egter, dat sonder uitsondering van die persoon, ons as wedergebore kind van GOD, in die geloof daarop ingestel bly, om gedurigdeur in gehoorsaamheid en in die waarheid vir GOD die VADER, wil behaag!   HALLELUJA! PRYS DIE HERE!   AMEN!  

 

Ware-geloof beteken eenvoudig; dat ek na wedergeboorte, met ’n standvastige vertroue, geensins meer rede van dubbelsinnigheid vind, om te twyfel oor die teenwoordigheid van die HERE JESUS CHRISTUS binne-in my innerlike gemoed, nie!  

HOM, my Saligmaker vir Wié ek nie nou sien nie, maar deur die Heilige Gees se krag van wedergeboorte, wat ’n krag alleenlik van GOD afkomstig is, weet ek verseker dat JESUS nou binne-in my inwoon!   Dat ek HOM wel fisies ondervind en Sy teenwoordigheid deelagtig is!  HALLELUJA!   PRYS DIE HERE!   AMEN!   (Joh. 15:4-5)

 

Terselfdertyd ontvang ek innerlik onder andere, die Heilige Gees se vrug van tere Liefde, wat GOD deur die Heilige Gees bewerkstellig en vanaf wedergeboorte, binne in my teenwoordig is!  Juis daarom en uit genade ontvang, is my God-geïnspireerde geloof, vir my ’n vaste vertroue in dit wat ek glo!   Naamlik, dat in die geregtigheid van GOD, is Jesus Christus, Sy VADER se gegewe Liefde van barmhartige genade!  En Hy is die enigste hoop en Saligmaker vir die verlore gaande mensdom se verlossing en redding, vanuit ’n ewige verderf!   (Rom. 5:1-5)

 

Die werklikheid dat JESUS my verlos en uitred van ’n bestemde vir alle mense, ewige verderf, is nou sonder enige vertwyfeling, deur die Heilige Gees vasgelê en verseker binne-in my innerlike, wedergebore en deur GOD geïnspireerde geloof!  Met die gepaardgaande hoop [verwagting], dat JESUS binnekort Sy uitverkorenes kom haal!  

Dán is ons vir ewig saam met HOM in die Heerlike en Majestueuse teenwoordigheid van GOD die VADER, vir watter verrassing van heerlikheid dit ook àl mag inhou en vir ons van betekenis sal wees]!   (Kor. 13:13)

 

Geloof vir ’n dissipel en navolger van Jesus beteken egter, dat deur die krag van die Heilige Gees bewerkstellig, Sy dissipel die vrug van die Heilige Gees ontvang om ’n weergebore uitverkorene van HOM te wees!   (Gal. 5:22 & Fil. 1:11 & Efese. 5:9 )

 

Dus binne-in my deur die Heilige Gees bewerkstellig, weet ons dat wedergeboorte, alleenlik deur die Heilige Gees plaas vind!   En my innerlike gemoed [my gees of hart], word onder andere met Sy vrug van Liefde vernuwe!  

NB:   Ware-geloof is ’n GOD-gegewe eienskap van hierdie liefde!   Die vrug van die Heilige Gees bewerkstellig binne-in my gemoed, hierdie nodige Liefde vir JESUS wat ook onder andere insluit; die “geregtigheid vir geloof” in CHRISTUS JESUS!   Dié geregtigheid egter, is van GOD vir geloof in JESUS!”   En dié geloof is in die liefde vir JESUS binne-in ons innerlike gemoed, kragtig geïnspireer deur die Heilige Gees!   (Joh. 6:44 & Joh. 14:6) (2Kor. 4:13a)

 

Want die vrug van die [Heilige] Gees is Liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, en selfbeheersing!”   En “... die vrug van die Heilige Gees bestaan in alle goedheid en geregtigheid en waarheid.”   (Gal. 5:22 & Fil. 1:11 & Efese. 5:9 & Joh. 15:4-5 )  

 

Sonder wedergeboorte deur die krag van die Heilige Gees, is daar geen kwalifiserende vrug van die Heilige Gees [M.A.W.   GOD se NUWE HART VERBOND], waarmee ons gees [hart] wat aan die VADER behoort, mee vernuwe moet word nie!  Dus, is daar ook geen Heilige Gees geïnspireerde-geloof nie!   Ongeag hoe gestreng u godsdienstige voorstelling van uself in eie denke van u gedagtes in die Kerk mag voorkom!   Want by gebreke te bly aan die krag van wedergeboorte deur die Heilige Gees, glo ons maar oor die algemeen in JESUS deur die intellek van ons gedagtes!   (Fil.3:9) (Gal. 5:22 & Fil. 1:11 & Efese. 5:9 )

 

Omdat uself as ’n godsdienstige Predikant van die godsdienstige Kerk, nie die Heilige Gees, se wedergebore ondervinding as ’n dissipel en navolger van die Here Jesus Christus deelagtig is nie!   Daarom is u ook nie in besit van die Heilige Gees se geïnspireerde geloof nie, al mag u dan van uself só iets verbeel of dink!  

 

Jy bly dus net soos die godsdienstige Christen-Jode ’n onwedergebore, Kerk Christen [m.a.w. jy’s ’n klip-gristen]!   Dit is hulle wat ’n weersinswekkende strydigheid teenoor die waarheid van JESUS se Evangelie van wedergeboorte preek!   Dit is vir hulle wie Paulus deur die ingewing van die Heilige Gees se insig en wysheid, die begrip van hul verdraaide godsdiens kennis moes weerlê en bestraf tot vandag toe!  

Daarom ontbreek vir hulle, die Heilige Gees se wedergebore en geïnspireerde geloof, sowel as die Goddelike insig met volle begrip daarvan en die wysheid oor die WAARHEID!  En sonder die Heilige Gees se insig, weet hulle nie hoe om iemand op die WEG van die WAARHEID en die LEWE binne-in die koninkryk van GOD in te lei nie!  Sodat hy of sy ’n wedergebore dissipel en navolger van die HERE JESUS CHRISTUS mag word!   Die rede daarvoor is die godsdienstige-Kerk op sigself, se godsdienstige leermeesters en Predikante, wat vir finansiële en gerieflikheidshalwe in onkunde wil bly, oor die WAARHEID van JESUS se Evangelie van wedergeboorte deur die Heilige Gees!  En dus blý hulle besluier met die Joodse, OU VERBOND godsdiens!   (Matt. 23:15)

 

Soos dit voorafgaande, baie duidelik deur die insig van die Heilige Gees vir ons uiteen gesit is, word hierdie Heilige Gees geïnspireerde geloof, nie van die kansel áf uitgedeel nie!  ’n Wedergebore dissipel van die HERE JESUS CHRISTUS is nie ’n godsdienstige Christen en ’n goedgelowige Kerklidmaat nie!

Maar JESUS se dissipel, is uit die Barmhartige Genade van GOD se Liefde, wedergebore deur die krag van die Heilige Gees bewerkstellig!   M.A.W. bevestig in GOD se geregtigheid van geloof, is die geïnspireerde geloof binne-in die wedergebore dissipel met die vrug van liefde gesetel, en deur die Heilige Gees is dié geloof verseël!   (Efese. 1:13-14)

 

Vernuwe en vol van die alom teenwoordigheid van die Heilige Gees se ewige en vars blywende vrug van Liefde, is die dissipel van onse Here JESUS Christus, nou met ’n heilige en ’n ware-geloof in die WAARHEID gewrog!  En die dissipel as uitverkorene, blý met ’n vaste vertroue van hoop, verseker van GOD se geregtigheid vir die saligheid!  

Daarom in dié geloof, as uitverkore dissipel en tempel van GOD word ons Goddelike kindskap aan die VADER, geensins ooit weer te betwyfel nie!  HALLELUJAH!   PRYS DIE HERE!   (Gal.4:6-7)

 

Om te sê: “Ek glo in die HERE JESUS CHRISTUS.”   Dan is dit nog nie die Heilige Gees se geïnspireerde en ware-geloof nie!   Maar dit is net ’n gedagte in die mond!

 

Geïnspireerde en ware-geloof bestaan eers vanuit my wedergebore “gees” [my vernude hart wat aan GOD behoort] nadat ek die werke van dit wat ek in glo, naamlik: Om die geregtigheid van Jesus netso na te volg en dit in my eie lewe toe te pas!   Dit is die werke van JESUS, toe Hy nog as mens op die aarde gewandel het!  Die menslike selfbeeld, soos eiegeregtigheid, opinies en gedagtes van Homself en van selfgesentreerdheid, en selfregverdiging moes Hy afsterf!   Netso moes JESUS terwille van GOD se NUWE HART VERBOND die Joodse-godsdiens afsterf, sodat Hy die Evangelie van wedergeboorte kon verkondig!   (Gal. 5:22) (Hand. 5:32) (Esegiël. 36:25-27 & Esegiël. 11:19-21)   (Jer. 31:31-34 & Heb. 8:8-13) (Joh. 3:3 & 5)

 

JESUS as mens, met ’n tederheid van die Heilige Gees se innige alomteenwoordigheid en liefde, het in gehoorsaamheid aan die wil van Sy VADER, in geregtigheid en die Heilige Gees se geïnspireerde-geloof met GOD gewandel!   Daarom volg ons vir JESUS na, soortgelyk aan Sy voorbeeld wat Hy vir ons daargestel het [en nie die godsdiens van een of ander Kerkorde nie]!   (Joh. 3:30)

 

Daarom het JESUS die Predikante van die Kerk bestraf en die volgende woorde teenoor hulle uitgespreek: “So het julle dan die gebod [jy moet die HERE jou GOD lief Hè met jou hele hart ...] van GOD kragteloos gemaak terwille van julle oorlewering [die Joodse verbond godsdiens].   Geveinsdes, tereg het Jesaja oor julle geprofeteer toe hy gesê het: Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is vêr van My af.   Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe [uit die Bybel] te leer wat gebooie [opinies en godsdienstige persepsies] van mense is!”   (Matt. 15:6-9)

 

Daarom, vir die wedergebore dissipel en dienaar van JESUS, bestaan die geregtigheid van ons geloof alleenlik in die navolging van JESUS met die werke van ons geloof!   (Jak. 1:21-25)

 

Met ander woorde: Die oorsprong van my geloof spruit voort vanuit my werke [wat ’n bewys is] van my geloof in JESUS se Evangelie van wedergeboorte, naamlik:

{1} Bekering. Van ’n sondige leefwyse en ’n selfbeeld van ’n gestrenge godsdienstigheid!

{2} Met opregte berou van sondebelydenis in diepte en die verwerping van ’n eiesinnige en aangeleerde Kerk se verbond-godsdiens!*  

{3} Die doop van onderdompeling in water met die vergifnis van sondes.

{4} En die doop van die Heilige Gees [wat met oorweldigende liefde, die krag en verseëling vir die geregtigheid van geloof in JESUS, die wedergeboorte is]!

 

*NB : Feit bly staan: Die Heilige Gees met die Edele innemendheid van Goddelikheid, dwing Homself nie op aan enigiemand nie!   Maar pleit innerlik en soek ’n nederige, en ’n gewillige hart wat in absolute onderdanigheid aan gehoorsaamheid oorgegewe is!  Deur die toepassing van bogenoemde werke van geloof, word erkenning vir die Waarheid oor JESUS se Evangelie van wedergeboorte bewys en van getuig!   Want sodoende word binne-in ’n rein hart [dit is jou innerlike gees], ruimte geskep vir die inwoning van die Heilige Gees met insiggewende leringe van Goddelike wysheid oor die waarheid in sy geheel!  

 

Indien enigiemand [ongeag die Predikant, Pastor, Kerklidmaat of skrifgeleerde], sy of haar hoogmoedige en trotse hart met ’n sélf aangeleerde en eiesinnige persepsie van Teologie [dit is die Kerk se Verbond-godsdiens], nie van voorneme is en dit gewilliglik aflê en dit kruisig tydens sondebelydenis nie, dan is wedergeboorte onmoontlik!  

 

Tipies aan die Kerk van vandag se Verbond godsdiens!  Het JESUS, daarom by geleentheid, aan die skrifgeleerdes en die Fariseërs van die Ou Verbond godsdiens, hierdie gelykenis vertel: ... “En niemand gooi nuwe-wyn [dit is die vrug van die Heilige Gees   (Gal. 5:22) ] in ou-leersakke [’n onbekeerde hart van godsdienstigheid] nie; anders sal die nuwe-wyn die sakke skeur en dit sal uitloop en die sakke sal vergaan [m.a.w. nooit tot die insig van die waarheid oor bekering en wedergeboorte kom nie   (Joh. 3:3 & 5) ].   Maar nuwe-wyn [die vrug van die Heilige Gees   (Gal. 5:22) ] moet in nuwe-sakke [dit is ’n wedergebore rein hart] gegooi word en al twee [die wedergebore rein hart vol met die vrug van die Heilige Gees] word saam behou [vir die ewige saligheid gered].   En niemand wat ou-wyn [die Ou Verbond godsdiens] gedrink [beoefen] het, wil dadelik nuwe [GOD se Nuwe Hart Verbond, deur JESUS se Evangelie van Wedergeboorte] hê nie; want hy sê die oue [die godsdiens van die Ou Verbond] is beter!   (Luk. 5:37-38)

 

Met ander woorde:   Deur die Heilige Gees se werkende krag van wedergeboorte ontvang ek met die vernuwing van my gees [dit is ’n rein hart] ook die vrug van die Heilige Gees!   [ Gal. 5:22 & Fil. 1:11 & Efese. 5:9 ]

Wedergeboorte in JESUS word bewerkstellig deur die Heilige Gees!   Dit is die vervulling van GOD se belofte van ’n NUWE HART VERBOND!   JESUS self is GOD se EVANGELIE van die NUWE TESTAMENT sowel ás die EVANGELIE van GOD se koninkryk!  En JESUS se EVANGELIE van WEDERGEBOORTE, is die NUWE TESTAMENT, wat geskryf, verseël en bekragtig is met Sy bloed!   (Esegiël. 36:25-27 & Esegiël. 11:19-21)   (Jer. 31:31-34 & Heb. 8:6-13 & Heb. 9:11-28)

Wedergebore met die vrug van die Heilige Gees, is die WET van LIEFDE en die hou van die SABAT, daarom binne-in my innerlike en vernude gemoed, deur JESUS in vervulling gebring!   HALLELUJA!   PRYS DIE HERE!  AMEN!   (Rom. 8:2-4 & Rom. 13:10)

 

En onder andere is dit ook, deur die samewerking van die Heilige Gees die werke van my geïnspireerde geloof!   HALLELUJA!   (Gal. 3:22-29 & Gal. 4:4-7)

 

Nou éérs in hierdié liefde, wat onder andere, voortspruit vanuit die vrug van die Heilige Gees, is ek die besitter van ’n ware en ’n kragtige geloof!   ’n Goddelike geïnspireerde geloof wat van binne af, vanuit my wedergebore gees [rein hart], soos ’n fontein van lewende waters voortvloei!   Toegerus met die nodige insig en wysheid, in dit wat ek aanvanklik van JESUS CHRISTUS geglo het!   (Gal. 5:22)

 

Want al sterf ek ook, in dié geloof wat vanuit die geregtigheid van GOD vir geloof in JESUS die oorsprong deur die Heilige Gees het, dan sal ek nogtans deur die krag van die Heilige Gees, met JESUS se wederkoms, vanuit my doodse-rus, weer opstaan, en vir ewig met HOM lewe!   HALLELUJAH!   PRYS DIE HERE!   AMEN!    

 

Nie net alleen dit nie; maar binne-in my wedergebore en vernude gees [my vernude en rein hart], wat deur die Heilige Gees bewerkstellig is, word ek deelagtig, ’n geïnspireerde geloof van vreesloosheid vir die dood!  

Hierdié einste geloof van heiligheid wat die eienskap van ’n vreeslose liefde is, spruit voort uit die vrug van die Heilige Gees!  Dit laat die dissipels van JESUS, in tye van verdrukking en vervolging, optree met ’n vreeslose heldemoed!  En sonder enige verset of benoudheid, sterwe Sy dissipels vreesloos vir die WAARHEID oor JESUS se EVANGELIE van wedergeboorte!  

Hierdie wedergebore en liefdevolle dissipels van JESUS, is onwrikbaar vreeslose helde in geloof vir die WAARHEID!  Met dankbaarheid en blydskap dra hulle onverskrokke hul kruis van lydsaamheid, vir JESUS se Evangelie van wedergeboorte!   (1Kor. 16:13) (Hand.4:1-20)

 

Dit is hiérdie heilige Geloof wat in Liefde van binne af, vanuit die vrug van die Heilige Gees voortspruit!   Waarmee JESUS as mens [die Seun van die mens], in gehoorsame onderworpenheid aan die wil van Sy VADER volhard het!   Hy het tot en met Sy sterwensuur aan die kruis, onwrikbaar vir GOD se EVANGELIE van wedergeboorte in lydsaamheid volhard!   JESUS was onverskrokke, vreesloos vir die vervolging en verwerping deur die Jode!  En juis daarom tot en met Sy kruisdood, kon JESUS met GOD se EVANGELIE van wedergeboorte volhard!   HALLELUJAH!   PRYS DIE HERE!   AMEN!  

 

Hierdie heilige en ware-geloof is die anker van ons hoop wat verseker, nie beskaam, teleurstel of twyfel nie!  “Omdat die Liefde van GOD [onse VADER] in onse harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is!   En daarom is die [Heilige Gees se] liefde die vervulling van die WET [binne-in ons innerlike, wedergebore vernude en rein hart]:”  Sê Paulus!   (Rom. 5:5 & Rom. 13:10b & Rom. 8:1-39)

 

Iemand wat in JESUS glo en die voorafgenoemde “werke van geloof” in sy of haar lewe, prakties toepas, so ’n iemand, het onder andere in JESUS, reeds GOD se liefde van barmhartige genade ontvang en deelagtig geword!   En die werke van hul geloof in hul lewenswandel van dissipelskap, getuig saam met die Heilige Gees daarvan!

Maar iemand wat met sy of haar godsdienstige intellek, egter net glo in die HERE JESUS en die voorafgenoemde “werke van geloof” in JESUS CHRISTUS, nie prakties toepas nie, hetsy as gevolg van gebrek aan kennis oor die waarheid of bloot net uit onkunde!   Feit bly staan, so ’n iemand is nog nie deur die krag van die Heilige Gees wedergebore nie, en het dus nog nie GOD se liefde van barmhartige genade in die HERE JESUS CHRISTUS ontvang en deelagtig geword nie!  Die gevolg daarvan is vertwyfeling, en onsekerheid met ’n leefwyse van onstandvastigheid, gepaardgaande met onrustigheid vol van vrees!   Dit alles spreek boekdele oor die goedgelowige Kerklidmaat se ongeloofwaardige godsdiens!

 

Die Heilige Gees maak vir ons met geen onduidelike insig, JESUS se gelykenis oor die bruilof bekend, waaroor veel te sê is, en in besonders Sy woorde: “En toe die Koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie die bruilofskleed* aan het nie.   En Hy sê vir hom: Vriend hoe het jy hier ingekom sonder ’n bruilofskleed* aan?   En hy kon geen woord sê nie.  

Toe sê die Koning vir Sy dienaars [engele]: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis.   Daar sal geween wees en gekners van die tande.   Want baie is geroep, maar min uitverkies [wedergebore]!”   (Matt. 22:1-14)

 

*Wedergeboorte , is ’n gawe van die Heilige Gees, en bewerkstellig vir die dissipel en navolger van JESUS, ’n kindskap eie aan GOD die VADER!   Maar ook is dit GOD se toelaatbare geregtigheid vir ons toeganklikheid in SY koninkryk!  

Met JESUS se wederkoms, nadat die Heilige Gees vir ons vanuit die dode opwek en verander met ’n verheerlikte liggaam wat gelyk is aan JESUS!   Ons word dan soortgelyk beklee met wít klere wat vir ons ánders as die kleed van die engele laat uitbeeld!  Dit is spierwit koninklike klere wat met ’n glansryke heerlikheid, eie aan GOD toegeskryf word!  Deur JESUS geregverdig, is die kenteken daarvan ’n verheerlikte en heilsame ligkrans, gelyk aan JESUS se geregtigheid wat om ons uitstraal!   Daarom verklaar JESUS soos volg: “Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hul VADER .   (Open.3:5) (Matt. 13:43)   (Dan. 12:3)

 

Daarom en onder andere sê JESUS ook: “Soek eers die koninkryk van GOD en SY geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word!”   (Matt. 6:33)

 

NB : JESUS se Evangelie van wedergeboorte deur die Heilige Gees, bewerkstellig onder andere, ’n geestelike insig van GOD se koninkryk!   En wedergeboorte is ook die VADER se toelaatbare geregtigheid vir ons toeganklikheid in sy koninkryk!   (Joh. 3:3 & 5)

 

Met ander woorde; ongeag hoe godsdienstig jy vir jou self en vir andere mag voorkom, sonder wedergeboorte deur die krag van die Heilige Gees, is jy met jou kleed van godsdienstigheid, in die oë van GOD die VADER, deur JESUS gesien, nie belangrik genoeg gereken om die ewige saligheid sonder die wedergeboorte te beërwe nie!  PERIOD!  Maar dié op die kruispaaie van die lewe, is die slegtes sowel as die goeies [hulle is die uitgeworpenes van die samelewing] en word oor die algemeen deur die Kerk nie gereken nie!  Maar hierdie slegtes sowel as goeies, is te dankbaar vir die kleed van wedergeboorte deur die krag van die Heilige Gees wat uit genade van GOD se liefde hul toegereken word!   En daarom sal hulle in GOD se koninkryk, met die wít troon oordeel, aan JESUS se regterhand, die godsdienstige Kerk aan die linkerhand voorgaan!   (Matt. 25:31-46 & Open. 20: 11-15)

 

Totdat Jesus Christus weer kom vir Sy uitverkore, wedergebore dissipels!  Word die verskil van geïnspireerde geloof in die kind van die VADER deur die Heilige Gees se krag van wedergeboorte, onderskei van die godsdienstige Kerk se geloof van intellek in die gedagtes!  

 

Met die Heilige Gees se geïnspireerde geloof, dien die innerlike wedergebore gees [hart] van die wedergebore dissipel, as die allerheiligste heiligdom, en die liggaam van die wedergebore dissipel, dien as die tempel van die Heilige Gees vir GOD die VADER!  

 

Oor die ganse aarde verstrooi, is mede wedergebore uitverkorenes van die HERE!  En elkeen van hulle afsonderlik of gesamentlik as die gemeente van GOD, is met hierdié geïnspireerde geloof van die Heilige Gees, geheiligde-lede in die opgestane, lewende liggaam van CHRISTUS JESUS!   HALLELUJA!   PRYS DIE HERE vir ons mede broers en susters en die diensknegte van die HERE wat in die geloof deur die Heilige Gees geïnspireerd staan, op die ROTS van WAARHEID vir JESUS se EVANGELIE van wedergeboorte!   AMEN!   (Joh. 15:1:27)

 

Hierdié wedergebore dissipels wandel in liefde voor die VADER, met geïnspireerde geloof deur die Heilige gees!  Hulle is vreesloos dienaars in GOD se geregtigheid van geloof, vir die Evangelie van JESUS en word deur die Heilige Gees onderskei as Sy uitverkorenes!  

Hulle is beslis nie goedgelowige, godsdienstige of Christen-gemeentes van enige godsdienstige Kerk nie!   Maar hulle is die Heilige Gees se wedergebore dissipels en navolgers van JESUS!   Wedergebore burgers in GOD se koninkryk is hulle! (1Joh. 5:4)

 

Die Heilige Gees geïnspireerde geloof van JESUS se dissipel en navolger wat die Evangelie van die Saligheid in JESUS betref, is deur die Heilige Gees se ondersteunende krag bekragtig!

 

Uit genade deur GOD se liefde, is die gehoorsame dissipel van die HERE JESUS CHRISTUS, met die toepassing van sy of haar werke vanuit die geloof om ’n rein hart te bekom, deur die Heilige Gees se krag van wedergeboorte, met die vrug van die Heilige Gees [en dit is GOD se NUWE HART VERBOND] toegerus as die tempel van GOD!   [ Gal. 5:22 & Fil. 1:11 & Efese. 5:9 ]

 

Die wedergebore dissipel en navolger van JESUS, is die uitverkore besitter van ’n volmaakte Liefde, ’n GOD gegewe geloof en ’n onbetwyfelbare hoop!  Daarmee wandel ons vreesloos en nougeset, met ingetoënheid op dié smal Weg van geregtigheid!   Want vrees onder andere; word deur die leuenagtige werke van Satan, oor die algemeen binne-in die godsdienstige gedagtes van intellektualisme, geïnisieer!  

 

Dus, weergebore deur die krag van die Heilige Gees met ware-geloof, is “ek” [die sondige self van ’n ou Adam natuur wat beslis bestemd was vir die ewige verderf], nou deur die doop in JESUS, gekruisig saam met JESUS, en daarom dood gebore vir die sonde!   (Rom. 6:4-14)

 

Die Heilige Gees se wedergebore dissipel en navolger van JESUS, beoefen nie ’n Kerk-godsdiens nie en kan ook nie!   Want wedergeboorte in JESUS, bewerkstellig ’n volwaardige leefwyse van geïnspireerde-geloof, saam met die Heilige Gees volgens die wil van die VADER, vir JESUS se Evangelie van wedergeboorte!   PRYS DIE HERE!   HALLELUJAH!   AMEN!   (Matt. 28:19-20 & mark.16:15-20)

 

WAT BETEKEN GELOOF VIR ’n AFGODEDIENAAR?

 

Eenvoudig net dit; Dat GOD vir hulle die krag van die dwaling [in hulle godsdiens] stuur, om die leun [van hul afgodery] te glo!   En die Satan is die krag daaragter!   (2Tess. 2:11-12)

 

Die geloof van ’n afgodedienaar, soos byvoorbeeld die geloof van Islam, is uiteraard gelykstaande aan die geloof van die Jode sowel as die geloof van “goedgelowige” Predikante en leraars in die Kerk!   Asook al die ander onheilige etcetera, etcetera, godsdienstige gelowe van afgodery!  

 

Ons sien deur die insig van die Heilige Gees, wat geloof vir die gelowige Saulus beteken en wat dié Heilige Gees se geïnspireerde-geloof vir die wedergebore Paulus beteken!  Behalwe dat die woord geloof vir albei dieselfde betekenis voorhou, is daar hoegenaamd geen vergeleke in die geloof van beide nie!  

 

Dit is hierdie einste “innerlik en Heilige Gees geïnspireerde-geloof” van GOD se geregtigheid vir geloof in JESUS, wat vir Saulus innerlik geïnspireer het vir die aflegging van sy eiesinnige geloof in ’n nietige en GOD verlate Joodse-godsdiens!  ’n Moeisame en ’n vervelige Joodse-godsdiens waarvan die geloof alleenlik in die verstandelike begrip daarvan geregverdig word!   (Fil. 3:9)

 

Daarom was dit vir die jong en gelowige Saulus, en deur die godsdienstige Jode daartoe geregverdig in die uitvoering van sy godsdienstige pligte, veelmeer interessanter gewees om die Heilige Gees se wedergebore gemeentes van CHRISTUS JESUS te vervolg!

Maar byname van Paulus egter, het die skille van ’n eiesinnige en oorgeërfde Joodse-godsdiens van sy oë afgeval!  Sy naam het van die gelowige en godsdienstige Saulus, na die Heilige Gees se wedergebore Paulus verander!   Paulus is deur die Heilige Gees geïnspireer met ware-geloof!  

 

JESUS het vir Paulus en elke Heilige Gees wedergebore dissipel en navolger van HOM, bevry van ’n verganklike en deur GOD verlate en vervloekte morsdood-godsdiens!  Naamlik, die Joodse-godsdiens wat sommige morsdood-hoer-Kerke sonder die Heilige Gees insig van die Waarheid, met die kategismus van Martin Luther en Johan Calvyn, tot vandag toe aanhang!  

 

Vir sy roeping, is Paulus deur die Heilige Gees wedergebore en geregverdig bewerkstellig en hy is toegerus met ’n Goddelike geregtigheid van geloof in JESUS CHRISTUS, vir die verkondiging van JESUS se Evangelie!   (Rom. 9:30-32 & Gal. 2:16)

 

Paulus het in lyding vir die Evangelie van JESUS, met geïnspireerde geloof van die Heilige Gees, die lewenstorms van verdrukking en vervolging deur die Jode oorleef, nogtans, nieteenstaande die trauma daarvan, word die vrug van sy werke onder die heidene, met die Heilige Gees, se geïnspireerde geloof vermag tot vandag toe!  

 

Nié teenstrydig sy getraumatiseerde lewens wandel, geniet hy nogtans die luukse ervaring van ’n ewige, en ’n onwankelbare, rus en vrede van Liefde binne-in sy innerlike gemoed [die HERE JESUS CHRISTUS binne-in hom], dié geregtigheid van sy wedergebore en geïnspireerde geloof!   (Joh. 15:4-5)

 

Sonder wedergeboorte binne-in JESUS deur die Heilige Gees, is daar eenvoudig geen rus en vrede vir die goedgelowige en godsdienstige lidmaat van die Kerk nie, maar ’n verskriklike las van vrees vir die dood en ’n eindelose vertwyfeling oor die toekomstige bestemming!   (Matt. 11:28-30)

 

Tot en met sy doodse-rus, wandel Paulus met GOD sy VADER in Gees en Waarheid!   Want deur sy Heilige Gees geïnspireerde geloof, weet hy ook dat hy deur die krag van die Heilige Gees, weer vanuit die dood sal opstaan en vir ewig sal lewe! PRYS DIE HERE! HALLELUJA! (2Kor. 15)

 

Die wedergebore Paulus, se Heilige Gees geïnspireerde geloof, is uit die Liefde van JESUS vir hom, met Liefde geïnspireer!

Deur die Heilige Gees, met geïnspireerde geloof weet Paulus, sonder ’n sweempie van vertwyfeling, dat deur CHRISTUS JESUS die saligheid vir alle mense is!

 

NB : In geen ander godsdienspraktyk van watter geloof ook al, is daar saligheid vir die goedgelowig mense in die beoefening van hulle godsdiens nie!   (Hand. 4:12)  

 

Maar die Joodse-geloof is in die verstandelike begrip daarvan ’n klomp aangeleerde godsdiens en die geregtigheid daarvan word met ’n godsdienstige persepsie vanuit die verstand onderhou!  Terwyl die sielkundige en humanistiese werke daarvan met integriteit, ’n skyn van liefde in die vlees manifesteer!  

 

Weereens sien ons deur die insig van die Heilige Gees, hoedat Petrus na die hemelvaart van JESUS en almal wat saam met hom in die bovertrek in afwagting op die doop van die Heilige Gees vertoef het, net soos Saulus [Paulus] van Tarsus, hulself bekeer het van die Joodse-geloof en die Joodse-godsdiens-gees!  

 

Sodoende en terwille van JESUS het hulle die vervloekte Joodse verbond godsdiens afgesterf!   Hulle was alreeds vooraf dissipels van JESUS, in water gedoop met die vergifnis van hul sondes, toe die Heilige Gees hulle in die bovertrek doop en vir hulle wedergeboorte bewerkstellig!

Behalwe vir die Heilige Gees se verskillende ampte onder hulle, is elkeen deur die werke van sy of haar geloof in JESUS, wedergebore deur die krag van die Heilige Gees en hulle het as seuns en dogters van GOD onse VADER, reeds hier op aarde, in ware-geloof, die versekering van hul ewige saligheid ontvang! HALLELUJAH!   PRYS DIE HERE!   AMEN!  

 

Vir dié rede verklaar Paulus die volgende: “Eindelik, my broeders, word kragtig in die HERE en in die krag van Sy sterkte.   (Efese. 6:10-18)

 

Die gelowige Saulus, [voordat hy die Heilige Gees se wedergebore Paulus geword het], het die Joodse-geloof hartstogtelik aangehang, wat tot vandag toe net soos die Kerk, ’n eiesinnige godsdienstigheid van skyn-geregtigheid is!

Daarom word die Joodse-godsdiens deur Paulus beskryf as drek [letterlik ’n klomp stront]!   Só ernstig en uitgesproke, is Paulus oor GOD se geregtigheid vir geloof in JESUS, en so het Paulus deur die Heilige Gees geïnspireerde geloof, homself uitgespreek oor die ongeloofwaardige gebruik en die beoefening van ’n nuttelose, Joodse verbond godsdiens, wat nie kan red nie, en wat JESUS se Evangelie van wedergeboorte behels, van geen nut dien nie!   (Fil. 3:2-8)

 

Destyds onder die wedergebore gemeentes van JESUS, was hierdie einste liefdelose Jode met hulle dwaalleringe van ’n uitgediende, Wettiese en deur GOD ’n vervloekte, ou verbond godsdiens, die oorsaak gewees van Paulus se bittere stryd met hulle!   Daaroor skryf hy soos volg: “ ... en dat ons verlos mag word van die verkeerde en slegte mense, want die [ware] geloof is nie die deel van almal nie.”   (2Thes. 3:2)

 

’n Mens wonder soms oor die gelowige Kerk-Christene, wat so maklik Christen-Jode wil word, asof sodoende vir hulle ’n beter geloof bereik sou word!  

Wat geloof in JESUS se Evangelie van wedergeboorte behels het GOD vooraf reeds die volgende bekend gemaak:

“Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.

En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer en sê: Ken die Here nie; want almal sal My ken, klein en groot onder hulle.

Want Ek sal barmhartig wees oor hulle ongeregtighede en aan hulle sondes en hulle oortredinge nooit meer dink nie.”

As Hy sê ‘n nuwe verbond, het Hy die eerste [verbond] oud gemaak; en wat oud word en verouder, is naby die verdwyning.   (Heb. 8:10-13 & Heb. 9:1-28 & Heb. 10:1-18 )

 

Nieteenstaande kon Paulus met geïnspireerde geloof die waarheid deur die insig van die Heilige Gees vir hulle uitlê!  Terwyl die Heilige Gees se wedergebore en geïnspireerde geloof binne-in hom, getuig van liefde en van JESUS CHRISTUS as die enigste, nuwe en lewende Weg, die Waarheid en die Lewe!   (Gal. 3:25-29 & Heb. 10:19-23)

 

Die Heilige Gees se teenwoordigheid te midde van die heiliges word gekenmerk vir kragtige werke van ware-geloof [nie aan die mooi en welsprekende en skynheilige Predikant of Pastoor van enige mooi toegeruste Kerk van vaam nie]!

Dus word geloof vir hulle, nie vanuit die innerlike gees gegenereer nie!   Maar geloof word deur die leuenagtige werke van Satan, godsdienstig intellektueel, binne-in die gedagtes van die gelowige Islam, en die Christen-Kerk se godsdienstige goedgelowige-predikante, en die gelowige Jode, geïnisieer!  

 

Daarom, en net soos vir die JODE wat vir JESUS en die HEILIGE GEES verwerp het, glo hulle almal binne-in hulle gedagtes, dat geloof in die Kerk, en van hulle aangeleerde kategismus godsdiens, en wat deur hulle in die vlees beoefen en uitgeleef word, reg en die waarheid is!

 

Met ander woorde: Sonder die Heilige Gees se krag van wedergeboorte, is daar geen innerlike vernuwing met die vrug van die Heilige Gees, vir geïnspireerde geloof nie!   En word geloof binne-in die gedagtes van die goedgelowige Kerkmense, en die goedgelowige Islam, en die goedgelowige Jode en al die ander goedgelowige afgodedienaars, deur middel van intellektualisme geïnisieer!   En onder andere word dit deur die Kerk geregverdig, met die waardes en norme in die onderhouding en die beoefening van die wettiese werke van humanistiese en morele integriteit!

 

En daarom [het] God hulle die krag van die dwaling [gestuur], om die leuen te glo, sodat almal geoordeel kan word wat die [Heilige Gees waarheid van wedergeboorte] nie geglo het nie, maar behae gehad het in die [hoer-kerk se godsdienstige] werke van die ongeregtigheid.   (2Thes. 2:11-12) (Open. 17:1-6)

 

Ons sien dus deur die insig wat die Heilige Gees verleen, hoedat die geloof vir die godsdiens waarin Islam glo, en die geloof van elke ander denkbare godsdienstige [al is dit dan vanuit die Bybel], die werke daarvan onteenseglik, die werke van ’n leun en ’n valse godsdiens van intellektualisme en afgodery is!  

 

Hierdie godsdienstige mense van Islam, die godsdienstige Kerklidmate en elke ander godsdiens, wat anders daarop neersien, of meer is as die eenvoudige Evangelie van JESUS se Heilige Gees krag van wedergeboorte, en wat noodsaaklik is om vir die dissipel binne-in die liggaam van JESUS CHRISTUS die ewige Saligheid binne-in die koninkryk van GOD te bewerkstellig, word deur die Satan geïnisieer en dit is godsdienstig beïnvloed met leuens!  En aan die goedgelowige lidmate van die Kerk word selfs vanuit die Bybel en die kategismus, die Godverlate Joodse verbond godsdiens, eerder as JESUS se Evangelie van wedergeboorte vir die geloof van die waarheid voorgehou!

 

Ons weet ook, deur insig van die Heilige Gees, dat dié soort van geloof ’n baie moeisame godsdiens van aangeleerde intellektualisme en van vleeslike diensbaarheid is!  Dit is ’n godsdiens wat beslis nie sonder die werke van godsdienstige rituele is nie, selfs, al is dit ’n godsdiens-gees van afgodery!  

 

Daarom dan is die geloof van godsdienstige intellektualisme, vir die gelowige kerklidmaat net soos vir die afgodedienaar, ’n hopelose geloof van godsdienstigheid!  Want deur middel van die kategismus word humanistiese integriteit van moraliteit aan die lidmate voorgehou, soortgelyk aan die Joodse verbond godsdiens van die Bybel!

 

Hierdie genoemde geloof van intellektualisme, is humanistiese sielkunde!   En dit is ’n eiesinnige godsdiens-gees van vleeslike afgodery, wat verstandelik aangeleer word!   Al sou dit ook vanuit die Bybel aan die lidmate voorgehou word, dan is dit nogtans ’n negatiewe geloof, wat sonder die noodsaaklike werke van die Heilige Gees se geregtigheid van geïnspireerde geloof in JESUS CHRISTUS is!   En daarom vir Sy dissipel met die essensiële vrug van die Heilige Gees, die wedergeboorte moet bewerkstellig!   (Gal. 5:22 & Rom. 5:1-5)  

 

En juis daarom, is die gelowige Kerklidmaat se verstandelike geloof, wat sonder die getuienis van wedergeboorte is, dan met kategismus en al wat die saligheid behels, van geen nut of enige waarde nie!  Behalwe vir vleeslike diensbaarheid van moraliteit aan die sogenaamde hoer-Kerk, is dit baie vér van jou bestemming vir die ewige saligheid!  

 

GOD se geregtigheid van geloof bewerkstellig alleenlik deur die werke van my geloof in “CHRISTUS JESUS,” en deur die Heilige Gees se krag van wedergeboorte, toeganklikheid vir die ewige saligheid en die nuwe aarde en die nuwe hemel!  

 

Dit is baie duidelik dat hierdie godsdienstige [Teologiese] geloof van intellektualisme, maar net die vleeslike skyn van heiligheid, weerspieël!   En dien hulle samekomste oor die algemeen, met die vleeslike werke van allerlei rituele en bygelowe, eenvoudig net tot besluiering en Kerk gebondenheid van die “goedgelowige” lidmate!  

 

Dit is maar net ’n veralgemeende, opgeblase geloof van godsdienstigheid!   Die waarde van die soort van opgeblase geloof, kan vergelyk word met ’n klein ballon wat vol van helium, sonder enige spesifieke doel, op eie momentum, rigtingloos die lug in losgelaat word en uiteindelik tot niet gaan!  

 

Hoe bejammerenswaardig is dit nie vir hierdie onwetende maar goedgelowige kerklidmate nie, die feit dat die Kerk met sy godsdiens-gees, die naaste is wat hulle ooit aan die hemel sal kom!  En besef hierdie kerklidmate ook nie, dat deur ’n godsdiens-gees van Satan, word die Predikante “verstandelik,” beïnvloed, met die baie slim implementering van godsdienstigheid!   Want die geloof in hulle dooie [kragtelose] godsdiens [wat die Saligheid in JESUS betref] en alles waarvoor dit mag staan, die oorsprong daarvan word met ’n godsdiens-gees, vanuit die Bybel in die gedagtes geïnisieer!

 

Die gelowige kerklidmaat in die godsdienstige Kerk en die Kerk se idee van geloof, is met die godsdiens-gees van die kategismus en al, onwetend, oopoë op pad hel toe!

Behalwe dat dié soort van geloof ’n valse hoop vir die saligheid eendag inhou, is hierdie valse geloof van godsdienstigheid, net soos vir die godsdienstige-Jood en die godsdienstige-afgodedienaar, van geen noemenswaardige betekenis nie, dieselfde geld vir die godsdienstige Christen wat ’n goedgelowige Kerklidmaat is!  Al behoort dié gelowige en godsdienstige lidmaat ook lewenslank aan die Kerk!  

 

Met hulle godsdienstige samekomste, en die lees van godsdienstige formuliere, en religieuse belydenisse in die Kerk, word die veroordeling van ’n sondige gewete, en die skuldgevoel wat ’n nagevolg van die sonde is, vir ’n wyle met ’n valse gerustheid van ’n onrustige, innerlike gemoedstoestand, godsdienstig onderdruk!  

 

Terwyl sonde oortuiging deur die Heilige Gees, alleenlik in die lig van die waarheid geskied, moet die deur sonde oortuigde skuldenaar, onmiddellik opstaan en in teenwoordigheid van ’n heilige-ouderling, die sondes eenkant in afsondering uit bely!  Sodat die skuldgevoel, van sonde oortuiging, met eerlike erkentlikheid in detail van die sondes, deur die Heilige Gees verwyder en nullifiseer mag word!

 

Die Satan glo ook en dra kennis, ten opsigte van GOD se geregtigheid van geloof in die HERE JESUS CHRISTUS en die HEILIGE GEES!   Maar hy sidder en vrees, want hy kan dié geregtigheid van GOD vir geloof, nie deelagtig word nie!  Ten spyte van wat hy glo!  

 

Verslaan deur JESUS met die Waarheid, is die vyand van GOD en mens, vanuit die hemel neergewerp aarde toe, en weet hy elke oomblik van sy ewige bestaan, dat hy beslis met oopoë vir die hel bestem is!   Maar die predikante van al die hoer-kerke, bly uit eie keuse, met die leun van die duiwel, blind vir die Heilige Gees se krag van wedergeboorte!

 

So sit die religieuse-duiwel dan ook met elke godsdienstige geleentheid, in die Kerk en luister noukeurig na sy godsdiens gemotiveerde vriend, die religieuse-dominee, wat wel vanuit die intellek, oor geloof praat, maar sonder die insig van die Heilige Gees se geïnspireerde wysheid, niks verstaan of weet van die ware-geloof waarvan hy of sy probeer praat nie!   Want die Kerk het die krag van geloof, naamlik wedergeboorte deur die Heilige Gees verloën!

 

Behalwe dat jy moet glo in die godsdiens-gees van die KERK, en die Kerklidmaatskap daarvan!  Beteken die goedgelowige Christen-lidmaat van die Kerk se geloof, oor die algemeen vir hom of haar, netsoveel soos vir die godsdienstige-afgode dienaar en die goedgelowige duiwel, “niks nie”!  

 

Met ander woorde, die Kerk sonder die teenwoordigheid van die Heilige Gees en die wedergeboorte uit water en die Heilige gees, beoefen ’n geloof vanuit die geskiedenis van die Bybel, wat in werklikheid maar net ’n dooie, letter-korrekte geloof van Joodse-godsdienstigheid is!  En die geregtigheid daarvan, word vir die goedgelowige lidmate voorgehou uit die Middeleeuse-kategismus!   Dit word geregverdig vanuit die Bybel, met verpligte en moeisame werke van humanisties diensbaarheid van morele integriteit!   Wel, dit is letterlik ’n godsdiens van selfgeregtigdheid wat net soos deur die Jode beoefen word, ’n godsdiens-gees van afgodery!  

 

En met dié soort van blindheid vir die Waarheid oor wedergeboorte deur die Heilige Gees in die koninkryk van GOD, word daar as gevolg van genoemde godsdiens-gees in die Kerk, onbewustelik deur hulle, met die gebruik van die Nagmaal, ’n vloek van oordeel oor hulself geneem! (1Kor. 11:26-30)

 

Die goedgelowige Kerklidmaat is onbewus daarvan, dat die Christen-Kerk se “MUMBO-JUMBO” oor geloofsbelydenis, kragteloos staan!   Hulle [die religieuse predikante] deur middel van intellektualisme, gee kamtig voor om alles te weet oor geloof!  Maar self is hulle, soos Martin Luther en Johan Calvyn, net soos die Jode en die afgodedienaars, sonder die Heilige Gees se krag van wedergeboorte, en daarsonder, bly hulle juis ongered!   (Joh. 3:3 & 5)

 

Let wel : die Middeleeuse-kategismus van Martin Luther en Johan Calvyn se teologiese intellektualisme, “geïndoktrineer” is van dekade tot dekade getrou tradisioneel oorgelewer!  Dit is maar net ’n dooie [kragtelose] en ’n nuttelose godsdiens ritueel, met ’n skyn van heiligheid daarin!  

M.A.W. net soos die godsdiens van die Jode sonder die Heilige Gees, deur GOD verdoem is, so is dit ook met die geskiedkundige kategismus van die Kerk!   En dien dit Sondag vir Sondag eenvoudig net as ’n vervelige, godsdiens ritueel vir die godsdienstige hiërargieë van die verskillende hoer-kerke!  

Baie slinks, bely hierdie godsdienstige Kerke tog die Heilige Gees!   Maar teenwoordig is die Heilige Gees beslis nie in hul midde nie!

 

Dus verseg die Kerk om die werklikheid van JESUS se Evangelie van wedergeboorte te erken, wat met die vrug van die Heilige Gees en onder andere ook die vervulling van JESUS se Wet van Liefde is!  Wedergeboorte inspireer en bekragtig ook die geloof binne-in die innerlike van die dissipel, wat wesentlik, vir hom of vir haar noodsaaklik, regverdig binne-in die HERE JESUS CHRISTUS, vir die geregtigheid tot die Saligheid!   (Gal. 5:22 & Fil. 1:11 & Efese. 5:9 & Rom. 13:8-14)

 

Die onomwonde bewustheid van verskil tussen die Kerk lidmate en die predikant met sy of haar, godsdiens-gees, synde JESUS se wedergebore dissipel: Geskied nadat die oorgeërfde, aangeleerde en eiesinnige, baba-doop* godsdiens bely en verwerp word!   Eers daarna word wedergeboorte deur die Heilige Gees bewerkstellig, en die innerlike gemoed van JESUS se dissipel word met die vrug van die Heilige Gees vernuwe!   (Gal. 5:22 & Rom.5:5)

 

* Hierdie sogenaamde baba-doop, is voor GOD ’n gruwelike ritueel van Kerk-afgodery, wat deur die Rooms-Katolieke Kerk, spesifiek ingestel is, om daarvolgens, vir die ouers van die baba, op ’n baie slim en slinkse wyse tot Kerk-gebondenheid en Kerk-getrouheid te manipuleer [te bedrieg]!   Nie teenstrydig die verkeerdheid daarvan nie, word hierdie einste baba-doop van die Rooms-Katolieke kerk, ongeag die spesifieke motiewe daaragter, dan weer netso deur Martin Luther en Johan Calvyn godsdienstig-geregverdig, oorgelewer en ingestel in hulle Kerk tot van dag toe!  

 

Hóé opvallend is dit nie, dat sonder wedergeboorte en die INSIG van die HEILIGE GEES, dat die duiwel ’n godsdienstige méns oor die “algemeen” met sy of haar doktorale geleerdheid in die letter korrekte detail van die Bybel, godsdienstig besluier!   Want sy of haar begrip van ’n letter korrekte godsdiens, het geskiedkundig, meer as 2000 jaar gelede plaasgevind en is binne die twee buiteblaaie van die Bybel saamgevat en daar eindig dit!  

 

Verder al sê hulle so, word hierdie sogenaamde Predikante se letter korrekte kennis van godsdiens, nie vir die doel van Evangelisasie aangewend nie, want hulle is nie wedergebore nie!   Maar nét soos die skrifgeleerdes en fariseërs [huigelaars], in JESUS se tyd gedoen het, word hulle dienste egter vir die toename van kerklike lidmaatskap gebruik en toegepas!   Want daarvoor voorsien die Kerk ’n aansienlike inkomste met voordele aan hierdie predikante met die bekwaamheid en vermoë vir die toevoeging van grootgetale kerklidmate [wat besluier vir die waarheid, nie HEILIGE GEES wedergebore dissipels en navolgers van Jesus is nie]!

 

Diegene wat in JESUS CHRISTUS glo en HOM aanneem, En wat lewensbelangrik is, is die werke vanuit die geloof, naamlik; bekering, belydenis van sonde, die doop van onderdompeling in water en die doop van die Heilige Gees [wedergeboorte]!   Ontvang dan na wedergeboorte, die geregtigheid om vir GOD as VADER ’n kind te wees!  

Dit is die resep [genoemde werke van die geloof] vir die wedergeboorte, wat deur Johannes die Doper, JESUS en die Heilige Gees vir ons almal wat glo bewerkstellig is!   Dit is die Evangelie van GOD se koninkryk!   HALLELUJAH! PRYS DIE HERE!   AMEN!

 

Wedergeboorte deur die krag van die Heilige Gees, word uit die werke van die geloof bewerkstellig, om vir die een wat in CHRISTUS JESUS glo, deur die genoemde werke van geloof, ’n uitverkore dissipel van JESUS en ’n kind van GOD te maak!  

 

Voorheen was GOD se Ou Verbond met Israel, net vir Israel gewees, en die bewys van Israel se geloof was in die werke daarvan naamlik, deur die ewige en moeisame onderhouding van humanistiese en morele insettinge en verordeninge, wat opgeskryf staan in die Wet van Moses en aan hulle voorgehou was!

 

Maar nou het GOD, vir almal wat die HERE JESUS CHRISTUS in die krag van die Heilige Gees se wedergeboorte navolg, ’n Nuwe Hart Verbond bewerkstellig.   Juis daarom, het die Heilige Gees vir die Regverdige en Heilige Jesus, opgewek en na Sy kruisdood gelei!   (Esegiël. 36:25-27 & Esegiël. 11:19-21)   (Jer. 31:31-34 & Heb. 8:8-13) (Joh. 3:3 & 5)

 

Want GOD se Barmhartige Genade van ’n Nuwe Hart Verbond, word in geregtigheid van geloof vir geloof in JESUS CHRISTUS vir alle nasies, volke, stamme en tale, bekragtig deur die Heilige Gees se krag van wedergeboorte, met die vrug van die Heilige Gees!  

En die geregtigheid van ware-geloof spruit voort uit GOD se Liefde, wat onder andere, binne-in my innerlike gemoed, ook die vrug en eienskap van die Heilige Gees is!   (Gal. 5:22 & Rom.5:5)

 

Die heiliges van die HERE [Sy gemeente] se samekomste in die teenwoordigheid van die Heilige Gees, word met groot en ongeveinsde liefde jeens mekaar geïdentifiseer!   Dit word alles bewerkstellig binne-in die liggaam van die verrese, lewende en verheerlikte JESUS CHRISTUS!  

 

Beslis is Hy nie die godsdienstige Kerk se dooie letter “ink-god op papier,” of n gees van godsdienstigheid in die gedagtes van die kop nie!   (2Tim. 4:7-8)

 

Godsdienstige intellektualisme [m.a.w. die godsdienstige slim het sy godsdienstige baas gevang] is die oorsaak van ware geloof besluiering!  Jou sogenaamde persepsies van godsdienstigheid, is die oorsaak van die mistigheid en onsekerheid oor jou saligheid!  

 

Let maar noukeurig op:  Omdat die belese Professor van teologie, onseker oor sy godsdienstige-teorie, die uitspraak maak van; “ek dink,” sê die slim en modieuse Predikant ook, ek dink!   En hoedat sonder die insig van die Heilige Gees, die goedgelowige Predikant en die Pastoor se godsdienstige uitsprake van “ek dink,” onmiddellik sy of haar ongeloof, godsdienstige onbekwaam weerspieël!  

 

Met jou letter korrekte verklaring van godsdiens, vanuit die Bybel, sonder die Heilige Gees se insig met die verklaring van die Woord van GOD, dobber jy met ’n skynbare geloof, eenvoudig net Godloos in die verwarrende oseaan van godsdienstigheid rond!   Indien die Heilige Gees wel teenwoordig is, is die Heilige Gees GOD se Stuurman van ware geloof vir elkeen van JESUS se wedergebore dissipels in dié lewe,

 

Jou eiesinnige en oorgeërfde godsdiens is die rede waarom jy sonder GOD se genade net buitekant GOD se liefde, wat die Ligkrans van die kruis is, beweeg!   En waarom jy saam met die ontelbare, ander godsdienstige-gepeupel van die hoer-Kerk, in ’n skyn van heiligheid, sommer net voortploeter!  

Terwyl die Liewe Heilige Gees, inderdaad met wedergeboorte en ware geloof, die rigting wil aandui op jou Weg van geregtigheid na GOD se koninkryk en die saligheid!   Dit is uit genade, GOD se geregtigheid vir geloof in JESUS wat HY deur SY lyding aan die kruis vir jou bewerkstellig het!

 

Moontlik omdat sondebelydenis vir jou nog iets vreemds is in die Kerk, wil dit vir jou voorkom asof dit ’n skande is om jou sonde te bely, maar so ’n gedagte is ’n leun van die duiwel, en vêr van die waarheid!   Sondebelydenis moet deur jou geloof in JESUS, gesien word as ’n voorreg tot eer van JESUS se geregtigheid in jou lewe!   Elke geleentheid vir sondebelydenis, word jou selfbeeld verruil vir die geregtigheid van JESUS se teenwoordig binne-in jou innerlike gemoed!   En die geregtigheid van JESUS binne-in jou weerspieël ’n lewensbeeld van JESUS!

 

Met jou eerlike en opregte sondebelydenis in die volheid daarvan, vereer jy die GEKRUISIGDE JESUS, wat eens en vir altyd, soos vir my goddeloosheid en ook vir jou selfgeregtigdheid, die skande van Sy kruisdood moes verdra!   Vir almal het Hy met Sy bloed vergifnis van sonde en met Sy liggaam versoening vir die sondaar by die VADER bewerkstellig!  

 

Gereelde en getroue sondebelydenis maak vir jou in die geregtigheid van geloof ’n mede kruisdraer van JESUS!   Vandaar hiérdie woorde van JESUS: “En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is my nie waardig nie!”   (Matt. 10:38)

 

Die versuim van sondebelydenis egter, is die oorsaak van jou vervreemding van GOD se genade van Liefde [naamlik JESUS], en Sy alomteenwoordigheid deur die HEILIGE GEES, in jou nietige lewe!

 

Dit vat wedergebore helde en heldinne van JESUS, om tot vereering van HOM, elke dag tydens stiltetye, sondeskuld erkenning, met opregte sondebelydenis te maak, en sodoende, bevestig elkeen van Sy dissipels, JESUS se heilige-onskuld aan die kruis en bekom dus deur die Heilige Gees bewerkstellig, vergifnis en ’n rein hart!

Elke dag, met elke geleentheid van sondebelydenis deur my en jou gemaak, vind daar met die bekering van self, genesing vir die liggaam en ’n immergroen, heilsame innerlike vernuwing plaas, so word heiligmaking binne-in jou innerlike gemoed, beoefen en bevorder!   En die Heilige Gees kom met liefde en bekragtig jou geestelike groei, met standvastigheid van jou geloof, alles die nagevolg van sondebelydenis!  

 

Die besef van skande tydens my en jou sondebelydenis, teenoor JESUS se heilige-onskuld van vernedering, skande en moord aan die kruis, word JESUS geregverdig deur my en jou sondebelydenis!  In eerlike erkentlikheid van sondebelydenis teenoor HOM, word JESUS se heilige onskuld tereggebring, en word GOD die VADER daardeur vereer deur die engele!  Deur sondeskuld erkenning is JESUS se sélf-afgelegde-lewe van liefde vir jou en my, ’n bewys van Sy HEILIGE-ONSKULD aan die kruis!

 

Wat deur die insig van die Heilige Gees, geensins uit die oog vergeet mag word nie, is die werklikheid van skande, wat die mens, oor die Heerlikheid en Majesteit van GOD en die Verheerlikte Wesens van GOD se Koninkryk gebring het, vanaf die skepping tot vandag toe!  

Vir dié rede het GOD die VADER, die Koningskap oor alle gesag, mag en heerskappye van die heelal aan JESUS oorhandig.om dit te onderwerp of te vernietig!........

 

“NIKODEMUS!” Hoe lank gaan jy nog hunk en punk op twee gedagte?   Terwyl jy weet dat jy weergebore moet word!  

“Jy is ’n Akademikus en leermeester van godsdiens!   EK roep jou in diensbaarheid van MY, vir MY Heilige Gees se wedergebore en vernude volk in SUID-AFRIKA {Terwyl jy lees en nogmaals terugkeer om hier oor te lees, dan sal die krag van MY Heilige Gees oor jou vaardig word, en in geen onduidelik taal, sal jy verstaan en weet dat jy weet, dit is EK “JESUS,” wat met jou praat}!   Maar jy moet in jouself, oorgegee wees en jouself bekeer van jou aangeleerde godsdienstigheid!   Jy moet jouself met onderdompeling in water laat doop, met vergifnis van sondes!   Tydens die doop moet jy in MY dood aan die kruis, sterf vir die self se eiesinnige belang!   Daarna sal jy krag van die Heilige Gees ontvang!   MY Heilige Gees sal jou met insig in die Waarheid van MY woord, leer en lei en vir ewig met jou wees!   Vir die redding van ’n mag-der-menigte met ’n wanbegrip van godsdienstigheid onder hierdie verlore gaande volk, is dit noodgedwonge, noodsaaklik dat jy vir MY ’n ware wedergebore dissipel en getuienis moet wees!  

Jy word georden as MY dienaar honorêr, vir die Waarheid oor MY Evangelie van wedergeboorte in die Koninkryk van GOD!   En die Heilige Gees bewerkstellig vir jou in liefde, die Goddelike en hemelse honoris causa vir lydsaamheid en nederigheid!   Laasgenoemde is die geheim vir ’n leefwyse van oorwinning in die geregtigheid van ware-geloof!”

 

Daarom is hierdie woorde deur MY aan my dissipels en navolgers beklemtoon: “Voorwaar Ek se vir julle dat julle wat My gevolg het in die wedergeboorte, wanneer die Seun van die mens [JESUS] op Sy heerlike troon gaan sit, julle ook op twaalf trone sal sit en die twaalf stamme van Israel sal oordeel.”   (Matt. 19:28)

 

Tereg het jy die kennis van godsdiens met eer en vaam bemeester en indien jy deur die krag van die Heilige Gees in JESUS, nie wedergebore is nie, dan weet GOD eenvoudig nie van jou nie en in die oë van GOD bestaan jy nie!   Period.  

 

Die VADER kyk met oë vol van liefde, eerste na JESUS in Sy hoedanigheid van menswees op aarde, voordat GOD die mens in eenvoud, na die gelyke van JESUS as mens oordeel!   Is jy in JESUS of sonder JESUS?   Op GOD se weegskaal, word jy deur die Heilige Gees, met wedergeboorte in JESUS geregverdig of glad en geheel nie!   (Jes. 52:13-15 & Jes.53:1-12)

 

NB : Bogenoemde is wat GOD se geregtigheid van geloof vir geloof in JESUS behels!   Maar wat die verskil egter, tussen die goedgelowige Kerklidmaat en JESUS se wedergebore dissipel maak, dui soos volg daarop: Die Heilige Gees bewerkstellig vir die dissipel van JESUS, deur die water doop en die doop van die Heilige Gees, weergebore en uitverkore!   Dít is die eenvoudige boodskap van JESUS se Evangelie van wedergeboorte en dít is GOD se nuwe hart verbond, vir die ewige Saligheid in GOD se koninkryk!”   Ons verstaan dus die verskil, wat die werke van die geloof vir ’n dissipel en ’n navolger van JESUS beteken!  

 

 

 
Terug na bo
Druk hierdie bladsy
Stuur hierdie blad aan iemand
Voeg tot gunstelinge
Kopiereg ©2010 Laastweek.co.za - Alle regte voorbehou