Laai die dokument gratis af www.Lastweek.co.za
Druk hierdie bladsy
Wat is die teken?
 

WAT IS DIE “TEKEN” HOE SAL ONS WEET?  

 

J

esus sê: “En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë.  Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie ... en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke.  Maar al hierdie dinge is ʼn begin van die smarte.”   (Matt. 24:6-8)  

 

NB. Hierdie dinge is ʼn baie ernstige en skrikbarende waarskuwing, vir die mensdom in sy geheel!  Vir die ganse mensdom om te sien, en die tyd van hierdie openbaring te begryp, is daar ten minste drie belangrike sleutel-gebeure voor die aanvang van die drie en ʼn half jaar Groot verdrukking!  

 

1 . Die profeet Daniël maak bekend: “En hy [Die laaste wêreldorde of Verenigde Westerse Nasies] sal vir een week [ʼn periode van sewe jaar] met baie [Verenigde Oosterse Nasies] ʼn sterk verbond sluit.  In die middel van die week, [dit wil sê drie en ʼn half jaar later], word die verbond egter verbreek, en is dit dan ook die einde van godsdienstige offers!”   (Dan.  9:27)  

 

“En van die tyd dat die voortdurende offer afgeskaf en die ontsettende gruwel [ʼn vuurpyl met kern slaankrag] opgerig word, sal duisend twee honderd en negentig [1290] dae verloop.”   (Dan. 12:11)  

 

2. Jesus verklaar hierdie profesieë en sê: “Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting [ʼn vuurpyl met kern-slaankrag], waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die Heiligdom [dit wil sê, in Jerusalem]” ... “dan moet die wat in Judea [dit wil sê, Israel] is, na die berge vlug.”   (Matt. 24:15-16)(Dan. 9:26b)  

 

“Want dan sal daar [vir drie en ʼn half jaar] Groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie.”   (Matt. 24:21)(Dan. 12:11)

 

Let wel : Bogenoemde is ʼn baie ernstige hongersnood en ’n kernoorlog waarskuwing, aan die huidige Israel en vir die hele wêreld.  Want as die Westerse nasies, nie voorbereidings tref teen hongersnood en hierdie kern aanslag van Islam vanuit die Ooste nie, is Islam in alle geval hulle ondergang!  

 

Die apostel Paulus sê: “Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval* kom en die mens van sonde [Islam] geopenbaar word, die seun van die verderf [naamlik Mohammed die stigter van Islam] die teëstander wat hom verhef bo al wat GOD genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy [Islam se moskee is alreeds op die tempel grond in Jerusalem] in die tempel van GOD as GOD sal sit en voorgee dat hy GOD is.  ... En nou, julle weet wat hom teëhou, [naamlik die Jode] sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word [Islam is reeds geopenbaar as die Antichris]!  Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, totdat hy wat nou [reeds in Paulus se tyd] teëhou, [en die weerstand deur Islam] uit die weg geruim is; En dan sal die ongeregtigheid [met die aanvang van die laaste drie en ʼn half jaar nadat Islam die verbond verbreek] geopenbaar word, hy [Islam] wat die Here met die asem van Sy mond sal verdelg en deur die verskyning van Sy wederkoms tot niet sal maak, hy [Mohammed] wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade, en tekens en wonders van die leuen, en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die [Islam] wat verlore gaan, omdat hulle die Liefde tot die Waarheid [die Barmhartige Genade van GOD se Liefde in Jesus Christus] nie aangeneem het om gered te word nie.  En daarom sal GOD hulle [vir Islam] die krag van die dwaling stuur, om die leuen [naamlik die Antichris geloof van Islam] te glo, sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.”   (2Thess. 2:3-12)  

 

* Die afval is as gevolg van die onheilige, onbekeerde, predikante en pastore wat met ’n gees-van-godsdiens in die Kerk, sonder die teenwoordigheid van die Heilige Gees se vrug van Liefde en geregtigheid die Kerk dien!   En deur middel van hulle baie slim aangeleerde, en voorbereide godsdienstigheid, word daar met ’n gees van godsdienstigheid, Kerk gebonde lidmate gemaak!  Maar nie een dissipel word na Jesus Christus toe gelei nie.   Want self is hulle nie oorgegee om deur die Heilige Gees gered te word nie, en daarom weet hulle nie hoe om dit te doen nie!   Hulle weerstaan dus die Heilige Gees en daarom is hulle sonder die Lewende Waarheid!   Hulle verantwoordelikheid aan die Kerk, is die oorsaak vir die Christen Kerklidmate se afvalligheid!  Afvalligheid nie van die Kerk nie, maar van die Lewende GOD, sowel as die verloëning van Jesus Christus se Evangelie van wedergeboorte, wat dan ook die Redder en Saligmaker van die mensdom se enigste vereiste vir redding is!   En daarom sê die Heilige Gees:  Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.   Want haar sondes reik tot aan die hemel, en God het haar ongeregtighede onthou!   (Open. 18:4-5)

 

Volgens Openbaring 17:5, sluit voorafgenoemde skrif aanhaling, alle kerke in!   Die Babiloniese Rooms Katolieke Kerk, is die eerste kerk gewees en dus, dié moeder van elke ander denkbare kerk!  Daarom, om aan te pas by die gees van die Kerk se godsdienstige ismus, is die 1933/53 Ou Afrikaanse Bybel vervang met die Kerk se 1982 Nuwe Vertaling van die Bybel!   En groot is die godsdienstige Kerk se dwaling en afval!

 

3 . Wanneer die neem van die merk verpligtend gemaak word, sal mense dan sonder twyfel weet dat die einde naby gekom het.  

 

“Alle mense klein en groot, rykes en armes, en die vry mense en slawe, sal ʼn merk op hulle regterhand of op hulle voorhoofde gegee word.”   (Openb. 1 3:16-17)  

 

Jesus beklemtoon: “Want soos ʼn strik sal hy kom oor almal wat op die hele aarde woon.”   (Luk. 21:35 )  

 

So weet julle ook, wanneer julle al hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die deur!”   (Matt.  24:33)  

 
 
 


Terug na bo
Druk hierdie bladsy
Stuur hierdie blad aan iemand
Voeg tot gunstelinge
Kopiereg ©2012 Laastweek.co.za - Alle regte voorbehou