Laai die dokument gratis af www.Lastweek.co.za
Druk hierdie bladsy
Wie die uitverkorenes is

WIE’ DIE “UITVERKORENES” IS.

 

Ons moet verstaan dat hierdie bogenoemde “uitverkorenes” van die Here, nié volgens hulle werke geoordeel sal word nie.

 

Daarom sê Paulus: “Wie sal beskuldiging inbring teen die uitverkorenes van GOD? GOD is dit wat regverdig maak.” (Rom. 8:33)

 

Vêrder sê hy: “Wat ons gered en geroep het met ʼn heilige roeping, nie volgens ons werke nie, maar volgens Sy eie voorneme en genade wat ons van ewigheid af in Christus Jesus geskenk is. (2 Tim. 1:9)

 

Ons lees dat; “net so is daar dan ook in die teenwoordige tyd ʼn oorblyfsel, ooreenkomstig die verkiesing van die genade. En as dit deur genade is, dan is dit nie meer uit die werke nie;...” (Rom. 11:5-6)

 

Die apostel Petrus skryf: “Maar julle is ʼn uitverkore geslag, ʼn koninklike priesterdom, ʼn heilige volk, ʼn volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig, julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van GOD is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.” (1 Pet. 2:9-10)

 

“Uitverkore volgens die voorkennis van GOD die Vader, in die heiligmaking (weergebore) van die Gees, tot gehoorsaamheid en besprinkeling met die bloed van Jesus...” (1 Pet. 1:2-12)

 

Deur Gods genade is hierdie gelowiges in Christus, “uitverkore,” want van voor die grondlegging van die aarde is hulle name in die boek van die lewe opgeskryf. (Openb. 13:8)(Efese. 1:4)

 

Hulle is die oorblyfsel van hierdie geslag wat deur die Groot verdrukking moet gaan om standvastig deur die geloof te volhard in die Evangelie met hulle liefde vir Jesus Christus.

 

Daarom sê Petrus: “Sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring (met die koms) van Jesus Christus. (1 Pet 1:7)

 

Die apostel Johannes skryf: “En hulle het hom (Satan en hul vrees vir die dood) oorwin deur die bloed van die Lam (Jesus) en deur die woord van hulle (weergebore) getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.” (Openb. 12:11)

 

Nie deur hulle goeie werke nie, maar op grond van GOD se eie keuse is hulle die laaste oorblyfsel of geslag en Sy uitverkorenes wat die Groot verdrukking tydperk moet ingaan!

Daarom maak hulle deel uit van die eerste opstanding.

Om dié rede verklaar Jesus: “So sal die wat laaste is, eerste wees, en die wat eerste is, laaste; want baie is geroep, maar min uitverkies.” (Mat. 20:16)

 
 

Terug na bo
Druk hierdie bladsy
Stuur hierdie blad aan iemand
Voeg tot gunstelinge
Kopiereg ©2010 Laastweek.co.za - Alle regte voorbehou