DIE DIABOLIESE KRAG VAN SATAN
Hierdie “laaste sewe jaar,” is ook die heel laaste deel van Satan se diaboliese verleiding en destruktiewe werk aan die mensdom op aarde.
Die duiwel neem vir Jesus op ʼn hoë berg, en toon aan Hom in een oomblik, al die Koninkryke van die wêreld, (soos dit vandag daar uitsien) “...En die duiwel sê vir Hom: “Ek sal U al hierdie mag gee en hulle heerlikheid, want dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil. As U my dan aanbid, sal alles aan U behoort...” (Luk.
4: 1 - 13)
Maar Jesus het hom weerstaan. Hierna het Satan sy aandag op die verleiding en totale
vernietiging van die mensdom gerig. (1 Pet.
5: 8)
Daar staan geskrywe: “En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp. “...wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het.” (Openb. 12: 9 en 12)
Hierdie “min tyd,” is die laaste sewe jaar, waarin Satan mense nog kan verlei.
(Jak. 1: 12 - 18)
Hierna sal Satan gebind en in die afgrond gegooi word vir ʼn duisend jaar.
(Openb. 20: 1 - 3)
Die grootste strik wat Satan, feitlik op elke Christen suksesvol uitvoer, is gemaksug! Deur gemaksug skep Satan die broeiplek vir die gelowige om sonde te doen, wat dan uiteindelik met krankheid gepaard gaan!
Die vrug van gemaksug is ongeërgdheid wat Satan op die gelowige uitoefen!
Met ongeërgdheid o.a. is dit vir die gelowige nie meer belangrik om getrou die gemeente se samekomste by te woon nie. Die gelowige word nou deur Satan beroof van sy vrymoedigheid, waardigheid en eerlikheid! Met ander woorde; die opregtheid word vervang deur geveinsdheid. (1 Joh. 3: 21)
Dié Christen is nou beroof van die heerlike voorreg, om in die teenwoordigheid van die Liewe Heilige Gees, saam met die gemeente heiligmaking na te streef!
Dit is juis in hierdie gemeentelike samekomste, “as daar ten minste nie onder hulle ʼn verwarring is nie,” waar die werke van Satan aan die lig gebring en kragteloos gestel word! Waar die gelowige ook beskerm word teen die aanslag van Satan, wat daarop uit is om die opregte Christen se kroon van verlossing tot die saligheid in Jesus Christus te beroof!
(Matt. 13: 3-23)
Daar was onlangs ʼn pragtige klein lammetjie.
Die Herder wat oor die kudde skape aangestel was, was baie lief vir hierdie lammetjie.
Dié lammetjie was besonder spelerig, en het gedurig gehuppel en gespring en gehardloop en het uitgestaan onder al die ander lammertjies.
Met verloop van tyd, het die lammetjie groter geword, maar die slegte gewoonte gehad om agter groener weivelde, al vêrder en vêrder weg te wei van die beskerming van die Herder en die kudde.
Op ʼn dag het ʼn trop wolwe, wat gedurig hierdie kudde skape gevolg en dopgehou het, hierdie ongeërgde lammetjie gegryp, en in een oomblik het hulle hierdie pragtige lammetjie uitmekaar verskeur en verslind!
Die Herder het toe opgemerk dat die lammetjie nie teruggekeer het na die beskerming en die warmte van die kudde nie.
Hy laat toe die kudde in veilige bewaring, om die lammetjie te gaan soek. Nie ver van waar die kudde skape was nie, vind Hy toe die verskeurde en bloedbevlekte oorblyfsels van die lammetjie se pragtige pels.
Dié Herder se hart was gebroke oor hierdie verlies van ʼn pragtige lammetjie en Hy het toe bitterlik geween, want Hy was baie lief vir die lammetjie.
Bogenoemde is ʼn gelykenis van ʼn pragtige jong Christen wat as die lammetjie voorgestel word, wat na die plesier (verbode vrugte) van die wêreld gehunker het. Hierdie liefling sterf toe onvoorsiens in sonde as gevolg van ongehoorsaamheid.
Behalwe vir die hart verskeurde en gebroke ouers van hierdie pragtige en enige lieflingskind was die gemeente geskok en bewoë oor die dood van so ʼn pragtige liewe kind wat nie meer daar is nie!
Liewe Jesus is die Herder wat deur middel van die Heilige Gees, waak oor die kudde skape wat die gemeente voorstel. (Efese. 1: 22-23)
Die trop wolwe is Satan met sy engele (en volgelinge), wat altyd daarop uit is om die jong ongehoorsame Christen te verlei om die sonde te wil doen, wat dan as gevolg daarvan beroof word van die saligheid wat Jesus, vir die gehoorsame gelowiges bewerkstellig het!
Deur moedswillig sonde te doen val die ongehoorsame Christen terug onder die Wet van die Ou Testament en word dan geoordeel en veroordeel volgens die Werke van die sonde! (Heb. 6:4-6)
Liewe Jesus het vir ons wat glo; met Sy volmaakte “Liefde,” die versoeking van die Satan weerstaan, en in gehoorsaamheid tot die volmaakte Liefde, het Hy aan die kruis gesterf om die mag van Satan en die mag van die dood en die doderyk te oorwin. Juis as gevolg daarvan is ons nou ook vry, van die mag van die Wet van die Ou Testament wat die dood bewerkstellig!
Liewe Jesus is ook die “enigste” Liefling en Offerlam van God die vader en die Heilige Gees, wat Homself in gehoorsaamheid aan Sy Vader oorgegee het, toe Hy tot die dood toe Homself nie lief gehad het nie, maar terwille van barmhartige genade uit Liefde, het Hy in benoudheid aan die kruis wat dien as altaar, vir die redding van die mens gesterf!
Vir die wat in hulle sonde maar net voort ploeter na die Ewige verderf het Hy gesterf. Vir die wat deur die barmhartige genade van GOD die Vader se Liefde gered wil word!
Mag dit vir hulle wat sonde doen, nie tevergeefs wees dat Jesus Christus uit Liefde vir hulle, die Prys van versoening en vergifnis aan die kruis betaal het nie!
Deur die gehoorsaamheid van Jesus Christus aan GOD die Vader het Hy vir ons wat glo en Hom aanneem, die Wet van volmaakte Liefde bewerkstellig, waardeur alleenlik, die weergebore Christene gered word, wat ook die krag van die Wet vanuit die Ou Testament era oor die weergebore Christene kanselleer!
Die werke van die Wet van die Liefde, is 1Korinthiërs 13:1-13 en dié Wet van Liefde, as Hy in ons innerlike hernude gemoed inwoon, kan nie sondig nie!
Binnekort sal dié van ons wat oorwin saam met Hom in Sy ewige heerlikheid wees.
(Pred., 11: 9-10, 12: 1) (Psalm. 1: 5-6)
Hier is Liewe Jesus se neutkraker: Vir iemand wat in die “gutter” is, of vir die vrou wat ʼn “Rambling Rose” is, vir die “Jimmy come lately,” of ʼn “druggy!”
Vir die verstoteling wat onbemind is!
Vir die gebrokene van hart wat weggegooi is!
Vir die wat uit ʼn ongelukkige en gebroke ouerhuis kom! Vir die arme!
Vir die minderwaardige!
Vir die dronkaard!
Vir die sondaar!
Vir die hoereerder!
Vir die goddelose!
Vir die verminkte!
Vir die kreupele!
Vir die wat krank is!
Vir die wat op sterwe lê!
(Jes. 42:3)
Vir die wat in die godsdienstige greep van besluiering deur die Kerk se godsdienstige demone vasgevang is!
Vir al die genoemde asook vir die wat moontlik uitgelaat voel, vir die wat
UITROEP na die Here Jesus Christus vir
HULP!
(
Die skrywer van hierdie openbaringe, was skuldig aan heelwat van bogenoemde en van nog veel meer sonde, was hy ʼn uiterste sondaar gewees!
Maar een aand, op 25jarige ouderdom en onder die invloed van alkohol, het hy na die hemele opgekyk en uitgeroep na die Allerhoogste GOD en Vader.
Met hierdie woorde vir hulp het hy uitgeroep; “as daar ’n GOD is, help my asb. Want aan die einde van my lewe het ek gekom”!
Vêrder sê hy: “En GOD het het my verhoor!
Nadat ek my sonde met ’n opregte oorgawe bely het, is ek in water, deur middel van onderdompeling, in die Naam van GOD die VADER, JESUS CHRISTUS die SEUN En die Liewe HEILIGE GEES gedoop!
Deur die Heilige Gees krag van wedergeboorte, wat binne in die Volmaakte Liefde van Jesus Christus bewerkstellig is, het GOD die VADER my vergewe, my gered en verlos!
Met ’n oorweldigende verrukking van liefde het die Liewe Heilige Gees vir my omvou en deurdring!
HY het my gebroke liggaam volkome genees!
Ek vind dat dit ’n lewenslange worstelstryd is, om verlos en vry te wees van die blywende mag van myself, naamlik; die mag van die gewoonte en die oorheersende mag van die vlees [die eie wil en begeertes van die self]!
Soms, is die stryd so erg dat ek moet uitroep na die HERE Jesus, onse Heiland, om my te verlos uit die mag van myself!
(2 Kor. 5:10)
Want baie subtiel, maar op ’n slinkse wyse probeer die self deur oorreding, sy vleeslike, beïnvloedbare gedagtes, met ’n godsdienstige oortuiging te regverdig
!
Gedurig teenoor myself, moet ek waak en bid
!
(Rom. 7:15-26) (Rom. 8:7-8 & 8:13)
In die teenwoordigheid van die Liewe Heilige Gees, met ’n diep innerlike opregtheid, bekleed met die wapenrusting van eerlikheid en die waarheid, doen ek gereelde sondebelydenis van verkeerde gedagtes, gesindhede en dade, sodat die self, elke dag in Jesus Christus gekruisig bly
.
(Gal. 5:16-26) (Rom. 13:14)
Sodoende in gees en waarheid voor die aangesig van onse Liewe Vader, wandel ek dan elke dag met ’n hart vol van blymoedige oorwinning, wat heers oor die mag en wil van myself [die vlees]
!”
(Rom. 8:11 & 8:14-17)
Op die kruispaaie van die lewe, is die Liewe HEILIGE GEES deur die HERE JESUS CHRISTUS, as die “BARMHARTIGE SAMARITAAN” uitgestuur, Hy wag op die hulpgeroep van die van ons wat gered wil word.
HY wil baie graag (want die koste is reeds deur Jesus Christus betaal), vir almal van ons uit Satan se verwoestende mag van verganklikheid red, om ons in die ewige sorg van die HEMELSE HERBERGIER te laat.
Om ons wonde en die seer deur ’n verwoestende lewe aangedoen, met Sy Liefde Olie te genees!
Om elkeen te bevry en te verlos van die Kerk se godsdienstige houvas en besluiering!
Ons almal, ongeag die persoon, word deur die Heilige Gees met Liefde uitgenooi tot wedergeboorte, vir die bruilof van die KONING! Halleluja!
Prys die Here!
Amen.
(Luk. 14:13-24)
Maar die Priester en die Leviet (dit is die Kerk se godsdienstige en sélf regverdigende Predikant en Pastoor, met hulle aangeleerde godsdiens, is die “sout van die aarde wat laf geword het”: Sê Jesus.
Matt. 5:13)
Hulle het genoeg aan hulle eie kwaad en moet derhalwe, rekenskap gee vir hulle Goddelike en naaste liefde, of dit wel teenwoordig is of dan nie!
(Luk. 10:25-37)
Is dit nie die wedergebore uitverkorenes, waarop GOD onse Liewe Vader aanspraak maak om kinders van HOM te wees nie!
Naamlik, hulle wat deur die Heilige Gees, binne in die Volmaakte Liefde van Jesus Christus se gehoorsaamheid aan Sy Vader, wedergebore is!
Is dit nie die sonde wat teen die Heilige Gees gedoen word en nooit vergewe sal word nie, naamlik; wanneer die Heilige Gees met jou pleit vir wedergeboorte en Hy bedroef deur jou minagting van “nonchalance,” afgejak is?
Of die godsdienstige Predikant en Pastoor wat gewetenloos die Bedroefde Heilige Gees ignoreer asof Hy nie bestaan nie?
Hom te minag (soos die Jode vir Jesus aan die kruis), asof Hy nie belangrik is nie.
Dat Hy net in die pad is van hul eiesoortige godsdiens van hebsug en selfverryking?
Of onverskillige uitlatings wat gemaak word deur die Kerk se godsdienstige Predikant en Pastoor, soos byvoorbeeld: Almal wat godsdienstig is (met ander woorde, ’n Kerklidmaat van die Kerk is), en glo in Jesus Christus, dat hulle gered sal word?
Dat hulle wel die kinders van God is, en daarom is wedergeboorte deur die heilige Gees, essensieel nie so belangrik nie?
Solank hierdie kerklidmate net in die onderhouding van die Wet van Moses volhard, “want sê die Kerk, dit is van uiterste belang”; wel, alleenlik vir die godsdienstige Kerk se bedrieglike voortbestaan, is dit belangrik en vir niks anders nie!
(Foei tóg)
Dit alles is ’n leun wat deur middel van ’n godsdienstige Predikant en Pastoor binne in die Kerk manifesteer!
Dit alles is God lasterlik en is ’n openbare lastering teen die Heilige Gees!
Vreeslik is dit om te val in die Hand van die Lewende God en Vader van Jesus Christus, wat nie die vervloeking en minagting van die kruis deur Sy Vader gespaar is nie!
Want HY is ’n LIEWE VADER, wat vir almal so liefhet, dat HY nie sal toelaat dat een van ons wat waarlik na Jesus uitroep om gered te word, agter gelaat sal word en verlore sou gaan nie!
(1Joh. 5:16c)