DIE AANVANG VAN GOD SE KONINKRYK. DIE 1000 JARIGE VREDERYK OP AARDE.
ie profeet Daniël skryf: “Maar in die dae van dié konings [regerings] sal die GOD van die hemel ʼn koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ʼn einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan.”
(Dan. 2:44)(Dan. 7:14)
Johannes bevestig: “...Die koninkryk van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid.”
(Openb. 11:15)
Sefanja maak vooraf bekend: “Want dan sal Ek aan die volke rein lippe toebring, sodat hulle almal die Naam van die Here sal aanroep en Hom met ʼn eenparige skouer sal dien.”
(Sef. 3:9)
Vêrder bevestig hy met betrekking tot Suid Afrika: “Oorkant die riviere [dit is die Kunene, Zambezi en Limpopo riviere] van Kus vandaan [Sentraal-Afrika] sal My aanbidders, My verstrooide gemeente, My offerande bring” “...En Ek sal tussen jou in laat oorbly ʼn ellendige en geringe volk wat by die Naam van die Here skuiling soek.
[Hierdie is die Wettiese Suid Afrikaners, en is deel van die vyf dwase maagde, hulle is nie weergebore Christene nie!
Maar hulle sal net soos die Jode, agtergebly; gedurende die wederkoms van Jesus Christus vir Sy uitverkorenes!
Met berou sal hulle dwaasheid te láát besef word!
(Sag. 12:10-11a)
Met die aanvang van die 1000 jarige vrederyk egter word hulle [die wat nog in die lewe oorbly] dan gesamentlik met die “minder as ʼn derde Jode wat Hy sal laat oorbly,” deur Jesus Christus versamel!
Gesamentlik maak hulle dan almal deel uit van die laaste oorblyfsel van die 12 stamme van Israel wat die duisendjarige vrederyk ingaan, en net soos hulle voorgeslagte moet hulle ook een of ander tyd tot sterwe kom!
Met die laaste opstanding sal hierdie dode geoordeel word na wat in die boeke geskryf is [volgens hulle werke]!
Die oorblyfsel van Israel [bogenoemde] sal geen onreg doen en geen leuentaal spreek nie, en in hulle mond sal geen bedrieglike tong gevind word nie; maar hulle sal wei en neerlê, en niemand sal hulle verskrik nie” “...die Koning van Israel, [JESUS] die Here is by jou, jy sal geen kwaad meer vrees nie” “...Die Here jou GOD is by jou, ʼn held wat verlossing skenk.
Hy verheug Hom oor jou met blydskap; Hy swyg in Sy liefde; Hy juig oor jou met gejubel” “...In dié tyd sal Ek julle aanbring, ja, in die tyd wanneer Ek julle versamel; want Ek maak julle tot ʼn roem en tot ʼn lof onder al die volke van die aarde, wanneer Ek voor julle oë jul lot verander, sê die Here”.
(Sef. 3:10-20)
Die Apostel Paulus verwys na die Profeet Jesaja as hy sê: “... Al is die getal van die kinders van Israel soos die sand van die see, net die oorblyfsel sal gered word.
(Rom. 9:27)
Sagaria sê: “En die Here sal Koning wees oor die hele aarde; (Let wel) in dié dag sal die Here een wees [VADER, SEUN en die HEILIGE GEES], en Sy Naam een.
(Sag. 14:9
)
Daniël het vooraf bekend gemaak: “Dan word die koningskap en die heerskappy en die grootheid van die koninkryke [regerings en hul mag] onder die ganse hemel gegee aan die volk van die heiliges van die Allerhoogste; hulle koninkryk is ʼn ewige koninkryk, en al die heerskappye sal hulle vereer en gehoorsaam wees.”
(Dan. 7:27)
Johannes bevestig : “En ek het trone gesien, [dit is hier op aarde] en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die Woord van GOD, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid [verafgod] het nie en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings regeer saam met Christus die duisend jaar lank.
Let wel
: En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie.
Dit is die eerste opstanding. Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van GOD en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.”
(Openb. 20:4-6)(Jes. 65:17-25)
Hierdie heiliges sal die ewige lewe smaak vir ʼn duisend jaar, lank voordat die boeke voor die groot wit troon van God geopen sal word, vir die laaste oordeel.
Die Heilige Gees maak met insig ook die volgend waarheid bekend!
Deur die geloof het Abraham, toe hy geroep is, gehoorsaam weggetrek na die plek wat hy as ‘n erfenis sou ontvang; en hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou kom.
Deur die geloof het hy as vreemdeling gaan woon in die land van belofte soos in ‘n vreemde land en in tente gewoon met Isak en Jakob, die mede-erfgename van dieselfde belofte.
Want hy het die stad verwag wat fondamente het, waarvan God die Boumeester en Oprigter is.
Deur die geloof het Sara self ook krag ontvang om bevrug te word; en toe sy oor die leeftyd was, het sy gebaar, omdat sy HOM getrou geag het wat dit beloof het.
Daarom is daar ook gebore uit een vader, en dit ‘n verstorwene, kinders soos sterre van die hemel in menigte en soos die sand aan die strand van die see, wat ontelbaar is.
In die geloof het hulle almal gesterwe sonder om die beloftes te verkry, maar hulle het dit uit die vêrte gesien en geglo en begroet, en het bely dat hulle vreemdelinge en bywoners op aarde was.
Want die wat sulke dinge sê, verklaar dat hulle ‘n vaderland soek.
En as hulle bly dink het aan dié vaderland waaruit hulle weggetrek het, sou hulle geleentheid gehad het om terug te keer.
Maar nou verlang hulle na ‘n beter een, dit is ‘n hemelse. Daarom skaam God Hom nie vir hulle om hulle God genoem te word nie, want Hy het vir hulle ‘n stad berei.
(Heb.11:8-16)
Met die aanvang van JESUS se koninkryk tydens die duisend jaar vrederyk, sal Abraham dan soos dit deur GOD aan hom ’n belofte gemaak is, sy erfenis ontvang en sy grondgebied in besit neem!
En hy sal in die stad woon wat fondamente het, waarvan God die Boumeester en Oprigter is!
(Eseg. 37:11-28 & Eseg. 40-48)