DIE HEILIGE GEES.
Hersien:
2010/09/05
it is waar! Die Heilige Gees getuig saam met ons gees en gee vir ons insig, dat JESUS se Goddelike ontstaan en Sy bestaan uit die verlede, in terme van tyd, ligjare en die ewigheid, onmoontlik nie deur die menslike vermoëns bepaal of vasgelê
kan word nie!
(Joh. 17:5)
Netso sien ons ook deur die insig van die Heilige Gees, dat niemand die geheel omvang van GOD se heelal, ooit sal kan bepaal of meet nie!
Want daar is geen begin nie en daar is geen einde aan nie!
Daar is ook geen uiterste nie en daar is geen senter nie!
GOD in Sy Majestueuse en heilige Almag is sélf ook die LIG van Sy koninkryk en geen ander lig kan daarteenoor bestaan nie!
(Jes. 60:19-20) (Open. 21:23-25 & Open. 22:5)
Die Heilige Gees maak ook met insig bekend: Dat die omvang van GOD se majestueuse en ewige liefde, guns en barmhartige genade, gemeet aan die kruis, onpeilbaar is vir die mens!
En dat die poel van pyniging en marteling, wat ewig brand met swael en vuur, ’n werklikheid is en deur die engele van GOD, ’n voorbereide plek in die buitenste duisternis is, waar die veroordeeldes vir ewig blywend, verdoem is!
Maar wat al die lewende wesens, goed of boos betref, die ligkrans van GOD se majestueuse en ewige Liefde, eindig hiér aan die begin van die buitenste duisternis!
Dit is ook waar; dat die Liewe Heilige Gees, in die heerlikheid van GOD se Heiligdom, verhewe in die verheerliking van Koning JESUS, onafskeidbaar EEN is met die Goddelike en Majestueuse Almag van GOD onse VADER en van Koning JESUS!
In JESUS met wedergeboorte, ís die wonderwerkende Heilige Gees, dié onafskeidbare en onherroeplike VERBINTENIS, tussen GOD en die mens!
En behalwe vir die Heilige Gees se insig van wysheid en verborgenhede, leringe en die wonderwerkende gawes en bedinge van die Heilige Gees, met betrekking tot die waarheid oor JESUS se Evangelie van wedergeboorte en van GOD se KONINKRYK aan ons geopenbaar!
Kán die mens onmoontlik nié, GOD se Mag en Glorie, deur die Heilige Gees se werke, op menslikerwys bepaal of beperk nie!
Daarom is die
“Almag”
van GOD se wonderwerkende Heilige Gees aan Sagaria geopenbaar en só is dit deur hom opgeskryf:
“... Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur My [Heilige] Gees, sê die HERE van die leërskare!”
(Sag.4:6b)
Met duidelike insig van die Heilige Gees sien ons vervolgens: Dat wanneer Johannes die Doper getuig van JESUS in die “begin,” dan bedoel hy in die begin met die skepping van die wêreld!
(Joh. 1:1-11)
Maar vir ’n kort tydjie van 33 jaar het JESUS gevul met die Heilige Gees, wel die lewe van ’n gewone mens op die aarde uitgeleef!
(Jes.11:2-5)
En toe is Hy aan die Kruis vermoor!
Dit is dieselfde bonatuurlike en skeppende Almag van GOD deur die Heilige Gees, toe GOD die hemel en die aarde en alles wat daarin is, geskape het!
En waarmee Jesus deur die Heilige Gees, in die skoot van Sy maagdelike moeder opgewek is!
’n Gewone normale seun van die mens is Hy gebore!
Dit is ook die Heilige Gees wat vir JESUS na die tuin van Getsémané gelei het!
Daarom het JESUS soos volg gebid:
“My VADER, as dit moontlik is, laat hierdie beker [JESUS se kruisiging] by My verbygaan; nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil!”
Daarna in die tuin van Getsémané, het die Heilige Gees vir JESUS verlaat!
Waarna JESUS, uit eie wil en keuse tot Sy VADER soos volg bid:
“My VADER, as hierdie beker nie by My verby kan gaan sonder dat Ek dit drink nie, laat U wil geskied!”
JESUS is daarom, uit eie wil en keuse, onbeskaamd deur die Kerk, afskuwelik aan die kruis laat vermoor!
Sodat, alle geregtigheid in HOM, vervul sou word!
Daarom, vanweë GOD se Almag, wat deur die Heilige Gees manifesteer, het die grafte oopgegaan!
JESUS is met GOD se Almag deur die Heilige Gees, vanuit die dood opgewek en lewend gemaak!
En Sy opstanding word aan almal in die hemel en op die aarde verklaar, dat JESUS die eniggebore Seun van GOD is, want Hy het alle geregtigheid in vervulling gebring!
HALLELUJA!
PRYS DIE HERE!
AMEN!
(Gen.1:1-3)
(luk. 1:35-38)
(Matt.26:39&42) (Joh. 3:16)
(Matt.3:15)
Jesus as Seun van die mens [’n gewoon normale mens], op 30 jarige ouderdom en sonder die nodigheid van sondebelydenis,
“want Hy is sonder sonde, Heilig,”
het Homself laat doop deur Johannes die Doper!
En Johannes die Doper was deur die Heilige Gees afgesonder, alleenlik vir die voorbereiding van die volk, met die oog op en die verkondiging van ’n nuwe era, wat aangebreek het!
En dit is in en deur JESUS, GOD se Nuwe Verbond van genade vir die mens!
Met ander woorde; dié weg wat na die ewige saligheid lei, is GOD se geregtigheid van geloof in JESUS, en liefde vir GOD onse VADER wat deur CHRISTUS JESUS en GOD se Heilige Gees, vir ons bewerkstellig is!
Nadat Jesus deur Johannes die Doper gedoop is, het dieselfde Heilige Gees van GOD wat vir HOM in die moederskoot opgewek het, nou op Jesus, [die Seun van die mens], neergedaal en Hom bekragtig, [’n tempel van die Heilige Gees], vir die wonderlike roeping en die bediening van JESUS se Evangelie van wedergeboorte [GOD se NUWE HART VERBOND], waarvan Hy in persoon, vir ons die voorbeeld is om na te volg!
Dit is waarvoor GOD Sy Vader Hom gestuur het!
So het Jesus vir ons die voorbeeld daargestel, Hy is die eerste mens, wat deur die krag van die Heilige Gees wedergebore is, ’n Tempel van GOD!
Waarvan die van ons wat deur die Heilige Gees wedergebore is, soort gelyk bekragtig ’n tempel van GOD is en deur die insig van die Heilige Gees, dien en getuig ons in die waarheid!
Juis daarom sê JESUS vir Nikodemus [leraar van die godsdienstige Kerk]; “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou as iemand [dit sluit die Predikante, Pastore en Kerklidmate in] nie weergebore word nie, kan hy die koninkryk van GOD nie sien nie!
En kan hy die Koninkryk nie ingaan nie!”
Period!
(Joh. 3:3-11)
Jesus se liggaam, het die eerste Tempel van die Heilige Gees geword!
(Luk. 3:21-23)
Om dié rede sê Jesus dan aan Sy Dissipels: “Want al die profete en die wet het tot op Johannes geprofeteer!”
Bedoelende dat die Heilige Gees van nou af deur die krag van wedergeboorte in die hart [gees] van sy dissipels sal inwoon!
(Matt. 11: 13)
Soos enige ander mens wat sterwe, is die Here Jesus Christus as ’n mens, ná Sy kruisiging, die dood in!
(1Kor. 15: 20-21)
Maar op die derde dag van Sy dood, is Jesus as mens deur dieselfde Heilige Gees wat die doderyk binne gedring het, uit die dode opgewek maar sonder Sy bloed [dit is die lewe of die siel of die “self” van menswees] wat op die aarde uitgebloei het en getuig nou van vergifnis vir sondes!
(Joh. 10:17-18) (1Joh.1:7c)
En die Heilige Gees het vir Jesus bekragtig, met ’n Lewende Heilige en deur GOD Verheerlikte Liggaam wat eens en vir altyd dien as GOD se Volmaakte Offerlam van Liefde, wat by die Vader ’n ewige versoening vir die mens bewerkstellig!
Daarom deur insig van die Heilige Gees met betrekking op JESUS se Evangelie van wedergeboorte, skryf Johannes soos volg:
“Want daar is drie wat getuig in die hemel: [GOD] die VADER, die WOORD [JESUS die SEUN] en die Heilige Gees en hierdie drie is EEN; en daar is drie wat getuig op die aarde: die [Heilige] Gees [getuig van wedergeboorte] en die water [getuig van die doop tot vergewing van sondes] en die bloed [van JESUS getuig van die vergifnis van sondes] en dié drie is [JESUS se Evangelie van wedergeboorte] eenstemmig!
(1Joh.5:7-12)
Deur die Heilige Gees wat saam met Hom opgevaar het die hemel in, is die beskeie en onderdanige Jesus, Hy is ook die Hersteller van gehoorsaamheid aan GOD, met omvangryke Liefde, as dié eniggebore Seun van GOD, Majestueus Goddelik ontvang!
Hy is deur Sy VADER verheerlik, die ERE-KONING en HOËPRIESTER van GOD!
(1Pet.3:18)
Jesus is die eerste mens wat deur die krag van die Heilige Gees vanuit die dode opgestaan het!
Onteenseglik soos dit voorafgaande deur die insig van die Heilige Gees vir ons geopenbaar is, is Hy deur die krag van die Heilige Gees bewerkstellig, die eniggebore Seun van GOD wat gesterf het en weer lewend geword het en die hemele ingevaar het!
Wanneer JESUS nogmaals terugkeer, sal Sy uitverkorenes ook deur die lewendmakende krag van die Heilige Gees, vanuit die dode opstaan, en ons sal soos JESUS, met ’n verheerlikte liggaam, en deur HOM begelei, as kinders van GOD die hemele invaar!
HALLELUJA!
PRYS DIE HERE!
AMEN.
Nadat Jesus van die aarde soos in ’n wolk deur die Heilige Gees vergesel is, is Hy in Volmaakte Liefde aan die regterhand van Sy Vader, deur GOD verheerlik en JESUS is deur Sy VADER as Hoëpriester vir ons en Erekoning van GOD se koninkryk, volgens die Orde van Melgisedek gegenereer!
Sedertdien is JESUS in Sy Majestueuse en Goddelike hoedanigheid vir ons die Bewerker van heiligmaking en ’n ewige saligheid!
Sedertdien is die voorbeeld daar gestel deur Jesus en Johannes die Doper vir dié wat kinderlik in Jesus glo: Om met die bekering en aflegging van hulle ou weë [en dit sluit godsdienstigheid in], hul sonde te bely en daarna, tot vergewing van sondes deur die bloed van JESUS, móét Sy dissipels en navolgers daarom, in water deur middel van onderdompeling gedoop word!
Sodoende, deur die wonderbare werking van die Heilige Gees wat deur GOD onse Vader gestuur is, word ons met wedergeboorte [dit is die doop van die Heilige Gees], as dissipel van die Here Jesus, ’n geheiligde tempel van die Heilige Gees bemagtig!
(Joh.1:12)
Want met die inwoning van die Heilige Gees binne in ons, dien ons gemeenskaplik, as die wedergebore liggaam van Jesus!
(Joh. 14:26)
(1Joh. 5:5-6)
Vir almal van die wat nie aan Jesus aanstoot neem nie, beteken dit om deur die Heilige Gees in ons gees en in ons innerlike gemoed, met die Volmaakte Liefde van Jesus Christus, geheel en al, as geheiligde en uitverkorene van GOD vernuwe te word!
Wanneer wedergeboorte deur die Heilige Gees plaasvind, dan is dit niks anders nie, as ʼn bonatuurlike wonderwerk van GOD wat ons van binne af, met die vrug van die Heilige Gees vernuwe!
(Hand. 2:4) (Titus. 3:5) (Gal.5:22)
Dit is ʼn voorwaarde wat Jesus aan Sy
“dissipel”
stel om weergebore te word, en nie ʼn keuse nie. Want daarsonder [die insig van die Heilige Gees] kan u die koninkryk van GOD nie sien [waarneem] nie, en kan u die Koninkryk van GOD nie ingaan nie; Sê Jesus vir die godsdienstige Nicodemus en vir ons almal!
(Joh. 3:3-6) (Hand. 2:16-18 & 19:18) (1Kor. 6:19-20)
In JESUS is ons [die wat weer gebore is] daartoe geregtig en ontvang elkeen van ons nou deur Sy bloed en deur die werking van die Heilige Gees, vergifnis en versoening vir ons verkeerde gesindhede, verdraaide motiewe en sonde, wat ons moontlik daagliks doen!
En terwille van die liefde in ’n rein hart en die alomteenwoordigheid van die Liewe Heilige Gees binne-in my, bely ek onmiddellik in skaamte voor die HERE, die detail van hierdie verkeerde goeters in my lewe!
En dan vra ek om vergifnis daarvoor!
En dadelik is ek vergewe en vry van sondeskuld!
Met ’n rein hart is my kinderlike verhouding met GOD die VADER weer herstel
(Heb. 5:9-10 en 7:1-28) (1Pet. 3:22)
Daarom het JESUS vir Petrus, Jakobus en Johannes, hierdie woorde geuiter [hulle was toe nog nie deur die Heilige Gees wedergebore nie]:
“Waak [bewaar jou hart rein] en bid, dat julle nie in versoeking kom nie, die [weergebore] gees is wel gewillig maar die vlees [die self] is swak [sondig]!”
(Matt.26:41)
Vir eeue lank verkondig die godsdienstige Kerk met sy skrifgeleerdes en fariseërs [Teoloë en Predikante] die wederkoms van die Here Jesus Christus, sonder om die Heilige Gees Sy regmatige erkenning in hul midde te gee!
Nog minder voer hulle [die godsdienstige Kerk] die opdrag van Jesus uit, wat HY na Sy opstanding vir ons [Sy wedergebore dissipels] beveel het om te doen, naamlik; soos Hy en sy dissipels gedoen het, om bekeerlinge met die belydenis van hulle sonde, as Sy dissipels te doop en te leer!
(Matt. 28: 19-20)
Net soos JESUS vir die Joodse leermeesters, ’n verleier van die volk en ’n Sekte was, word die HEILIGE GEES se WAARHEID van wedergeboorte, ook vandag deur die godsdienstige Kerk met sy valse, godsdienstige skrifgeleerdes en fariseërs [Teoloë en Predikant], gesien as ’n bedreiging [van lidmaatgetalle] vir die Kerk!
Op grond van die letter korrektheid van die Bybel en omdat hulle sonder die wedergeboorte, die teenwoordigheid van die Heilige Gees nie deelagtig geword het nie, bevraagteken en betwis die godsdienstige Kerk se slim teoloë [Predikante en Pastore], die Goddelike insig soos deur die Heilige Gees met wysheid aan ons geopenbaar is!
En daarom praktiseer hulle tot van dag toe ’n verouderde, en obsolete godsdiens wat 2000 jaar gelede deur JESUS in-vervulling beëindig is!
Hulle godsdienstige kennis en die kortsigtige letter omvang daarvan, word dus uit die aangeleerde kennis van die letter, sonder insig en die wysheid van die Heilige Gees, verstandelik deur hulle vasgepen!
Foei tog arme blinde skrifgeleerdes en Fariseërs wat op grond van akademiese geleerdheid sê ons sien!
Met ander woorde; hulle sien net die letter en maak hul beskeie gevolgtrekkings volgens die korrektheid daarvan, en niks meer nie!
Hul algemene en selfgesentreerde houding is, basta die Heilige Gees!
Maar die Kerk met haar Predikante gevolg, is van lankal af deur die Heilige Gees geopenbaar as ’n konglomeraat van godsdienstigheid, ’n onheilige foefie!
(Open.17:5)
Die nuwe bekeerling wat deur Jesus Christus gered en verlos wil word, se opregte sondebelydenis ten opsigte ’n rein hart te bekom, moet met volle oorgawe in die diepte uit-bely word!
Teenoor JESUS se wedergebore en geheiligde dienaar [
wat ’n dissipel en ’n navolger van die Here Jesus Christus is, moet die sondes bely word!
En nie teenoor ’n dienaar van enige godsdienstige Kerk nie], anders is die Heilige Gees nie teenwoordig nie!
Elke Heilige Gees, wedergebore dissipel van die Here Jesus Christus, wat hom of haarself in liefde beywer vir die Koninkryk van GOD, is Sy dienaar en ’n navolger van JESUS!
Hierdie dissipels van Jesus, is nie aan die godsdienstige Kerk gebonde nie, maar hulle lewenswandel van ’n GOD gegewe geloof in JESUS, word deur die Heilige Gees geïnspireer, en waar Jesus is daar is hulle!
(Joh. 12:26)
Deur die sondebelydenis met opregtheid in diepte te doen, word die hoogmoedige en trotse self in skaamte daardeur verneder en is die “selfbeeld,” uitgeklee en blootgelê, vir wie en wat ekself werklik is!
Die self wie se sonde en sy eie denke omtrent homself in die teenwoordigheid van die Heilige Gees in skulderkenning blootgelê is, vind nou, in dié deur GOD en mens vernederde en verwerpte Jesus, se onskuld en lyding aan die kruis, medelyde, met jou sondige self in HOM gekruisig!
Maar ’n godsdienstig lafaard wat homself gevul het met ’n gees van godsdienstigheid [leermeesters en predikante ingesluit], kannie, en wil nie, en sal nie, sy sondes bely en ander so leer, om gered te word nie!
Met opregte sondebelydenis in die diepte word die gees van die mens wat aan GOD behoort en vanaf geboorte in jouself passief is [nou deur die Heilige Gees, met die bloed van Jesus wat die vergifnis van sonde en versoening met GOD die Vader vir jou bewerkstellig], bevry van die bose se houvas, wat deur middel van die sondige, goddelose en godsdienstige self, ’n mag van godsdienstige passiwiteit oor die mens se gees uitoefen!
Solank die bose met ’n gees van wêreld geneigdheid en van godsdienstigheid [mammon], die sondige sélf en die godsdienstige sélf daarmee kan verlei en bemoei, dan beoefen hy sy houvas en mag van passiwiteit oor die gees van die mens uit en kan die mens, vir GOD as Vader, nie in gees en waarheid dien en HOM liefhê nie!
Eenvoudig gesê: Dit is net ’n saak van onmoontlikheid!
Daarom gewaar u ook, nadat sondebelydenis in diepte gedoen is en met die bevryding van jou gees deur die Heilige Gees, dit kompleet voel of ’n geweldige gewig van jou afval!
Jou blydskap en vreugde is weereens vernuwe en herstel!
Dit voel kompleet asof jy in die lug sweef en tegelykertyd wil jy onkeerbaar, deurmekaar lag en huil!
Jou passiewe Adam gees, is nou deur Jesus se vergifnis van sonde, deur die Heilige Gees binne-in die gemoed, bevry, opgewek en vernuwe.
Jy is nie meer dieselfde nie!
Want met die oortuiging van sonde deur die Heilige Gees is dit jou innerlike gees [jou gewete], wat jou aan kla van sonde en ongeregtigheid wat jy gedoen het, en waarvan jy na opregte sondebelydenis, deur Jesus bloed bevry word!
Met trane van blydskap, gewaar jy hoedat strome van lewende water [blydskap en vreugde van die Liewe Heilige Gees] vanuit jou binneste opborrel en vloei.
Dit is jou gees binne in jou wat nou opspring en juig van blydskap en vreugde, want hy is vry, vry, vry van die vloek van die ewige verderf!
JESUS het onvoorwaardelik, in
absolute gehoorsaamheid en onderdanigheid aan Sy Vader, as middelaar, Homself in ons goddelose en godsdienstige plek, onskuldig laat vervloek en tot die dood aan die kruis, oorgegee!
Sodoende het Hy in samewerking van die Heilige Gees, vir ons die Volmaakte Liefde van redding en bevryding, bewerkstellig, deurdat Hy Homself sonder sonde aan die kruis laat verneder het!
JESUS is vervloek terwille van my goddeloosheid en vir ons almal se redding!
Tenminste vir die wat gehoorsaam is aan die geklop en die roepstem van die Heilige Gees, wat nimmer einde met jou godsdienstige maar verlore siel pleit vir redding!
(Heb.5:7-9)
Vir die rein hart voor GOD is dit van die uiterste belang en dra dit groot betekenis vir die wedergeborene om in JESUS gekruisig te bly, om daagliks in die alomteenwoordigheid van die Liewe Heilige Gees, onvoorwaardelik die selfgesentreerdheid in diepte te verneder met eerlike sonde-erkenning en sondebelydenis [indien daar enige on-uit-belyde sonde teenwoordig is]!
JESUS is verneder en juis daarom moet ons onsself verneder sodat JESUS vanuit ons selfvernedering, verhoog kan word!
Dit is wat dit beteken om [met selfvernedering] jou kruis daagliks op te neem en met ’n rein hart vol van die Heilige Gees voor GOD te wandel.
(Matt. 16:24)
Sodoende word die dissipel deur die Heilige Gees, deelagtig die Volkome Verlossings Liefde van die Here Jesus, wat uit gehoorsaamheid aan Sy Vader, vir ons bewerkstellig is!
Want Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het; en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, ’n bewerker van ewige saligheid geword.
(Heb. 5:8-9)
Om ongehoorsaam te wees aan die Heilige Gees, wat onder andere jou sondeskuld erkenning en die eerlike belydenis van jou sonde betref, so ’n iemand bedroef die Heilige Gees!
Die gevolg van hierdie ongehoorsaamheid, om nie jou sonde eerlik in die teenwoordigheid van die Heilige Gees uit te bely nie, word daarom, jou enigste en kosbaarste besitting deur die duiwel van jou beroof; naamlik; waarheid en eerbaarheid en die oorsprong daarvan is uit jou wedergebore liefde wat ’n vrug van die Heilige Gees is!
En die geregtigheid vir jou GOD-gegewe vrymoedigheid in JESUS, om met ’n rein hart, as kind voor GOD in gees en waarheid te wandel, is jou deur die duiwel ontneem!
Die duiwel neem nou op ’n baie subtiele wyse heerskappy oor die ongehoorsame-sélf, se verleidelike en ronddwalende gedagtegang om eerder afgodery en sonde te wíl doen!
Iemand wat uit eie oortuiging van ’n skuldige gewete [wat jou innerlike gees is en waardeur die Heilige Gees jou oortuig van sonde] nie die sonde bely om vergifnis en reiniging deur die bloed van JESUS te ontvang nie, so ’n persoon sal geen rus en vrede vind vir innerlike berusting van gemoed nie!
So ’n iemand is dan oorgegee aan “selfregverdiging,” en word dan as gevolg van on-vrymoedigheid en ongehoorsaamheid ín jou gedagtes demoniese beïnvloed met, tot selfdestruktiewe wanhopigheid en waansinnigheid gedryf!
Met ander woorde; dit is nie net ’n direkte minagting van die Heilige Gees se oortuiging van jou sonde nie!
Want dit moet ook vir jou ’n absolute rooilig waarskuwing van gevaar wees, dat jy besig is om vir GOD as jou VADER, te verloën en deur jou onverskilligheid word die waarskuwing net eenvoudig geïgnoreer]!
Die genade in JESUS vir die vergifnis van jou sonde en die herstel van ’n rein hart in versoening met die VADER as SY kind, wat JESUS bloed met Sy kruisdood vir ons bewerkstellig het, word nou deur jou ongehoorsaamheid geminag en letterlik verwerp!
En die Heilige Gees word deur jou ongehoorsaamheid bedroef!
Iemand wat opsetlik die hart verhard teen die skuldgevoel van sonde-oortuiging, verhard ook sy of haar hart teen die Heilige Gees en bedroef dus die Heilige Gees!
Want die Heilige Gees is die Een wat oortuig van sonde!
(Joh. 16:7-11)
Die gevolg van ongehoorsaamheid laat ’n oop deur vir Satan om vir jou te versoek en te verlei!
Dit is nou net eenvoudig vir jou onmoontlik om die Satan te weerstaan!
Indien jy onmiddellik jou sondige sélf, van ’n hardnekkige ongehoorsaamheid bekeer nie, is jy met oopoë op pad hél toe en dit deur jou eie en moedswillige toedoen!
Adam in die begin, het oorvloediglik in die heerlike teenwoordigheid van GOD sy VADER, geen tekort aan vergenoegdheid, blydskap vreugde, geluk of enige iets gehad nie!
Ook het hy geen lyding geken nie!
En toe was hy ongehoorsaam aan sy VADER gewees en daarom is hy die oorsaak van die mens se sondeval!
Met ander woorde; die nagevolg van Adam se ongehoorsaamheid aan GOD die VADER, het daartoe gelei, dat die Satan baie suksesvol, deur middel van verleiding, ’n oorheersende mag van rebellie teenoor GOD in die ongehoorsame en sondige gedagtes van die mens uitoefen tot van dag toe!
Maar JESUS het uit eie keuse, Sy Prinslike Goddelikheid, van volkome heerlikheid wat Hý by GOD Sy VADER geniet het, verlaat, vir ’n eensame en smartvolle lewe van menswees en lyding heen, want deur GOD Sy VADER was Hy as mens op daardie oomblik aan die kruis ook verwerp gewees!
En sonder die teenwoordigheid van die Liewe Heilige Gees, vir Wié Hy so lief is, was Hy in dáárdie oomblikke deur God verlate gewees!
Want Sy liggaam wat dien as die tempel van die Heilige Gees, moes as die Seun van die mens, afgebreek word en sterf op die aarde!
Juis daarom in die tuin van Getsémané; het Hy
vir die tweede maal gaan bid en gesê: “My Vader, as hierdie beker nie by My kan verbygaan sonder dat Ek [die menslike wese wat moet sterf] dit drink nie, laat U wil geskied.
”
(Matt. 26:36-46)
Die Liefde van Jesus vir GOD Sy VADER, is die motivering van ’n volhardende gehoorsaamheid aan Sy Vader tot Sy verskriklike dood toe gewees!
(Mat 26:42)
(Heb.7:25-26)
In gehoorsaamheid het hy die Volmaakte Liefde bewerkstellig, en is almal wat HOM aanneem, in die liefde van gehoorsaamheid met die VADER herstel.
(Heb. 5:8-9)
Sodoende is ons wat nou deur die Heilige Gees binne in die Volmaakte Liefde van Jesus Christus wedergebore is, gehoorsame kinders van GOD onse LIEWE VADER!
En in gehoorsaamheid kan ons nou, met vrymoedigheid, van GOD onse VADER afhanklik wees en mág ons vir al ons behoeftes op HOM vertrou.
(Luk.12:22-34)
En daarom, vir die van ons wat in die liggaam van Jesus deur die krag van die Heilige Gees wedergebore is, ongeag wat ook al die omstandighede in jou lewe mag wees
, n
ou weet ons, dat GOD die VADER se Volkome Wil in ons lewens geskied!
HALLELUJA!
PRYS DIE HERE!
AMEN!
(1Pet. 1:15)
Dit is hoekom Paulus Skryf: “Want wie op onwaardige wyse die Nagmaal eet en drink, eet en drink ’n oordeel oor homself, terwyl hy die [Heilige Gees se wedergebore en opgewekte en lewende] Liggaam van die Here Jesus Christus [wat nie die Kerk is nie] nie kan onderskei nie.
Daarom is daar [in die Kerk] onder julle baie swakkes en sieklikes, en ’n aantal [ontelbaar] het ontslaap [die ewige verderf in].
(1Kor. 11:29-31)
Want as ons onsself beoordeel en ons dan ons sonde bely en laat doop tot vergewing van sondes, deur die bloed van JESUS, sou ons nie geoordeel word nie!
(Heb. 13:10-14)
Met die neem van die Nagmaal is die Kerklidmaat en die godsdienstige Predikant reeds deur die Wet van die sonde veroordeel, wat naas elke dag deur die godsdienstige Predikant, vir die lidmate voorgehou en gelees word!
Terwyl die lidmaat en die godsdienstige Predikant, se werke van geloof in Jesus Christus vir die wedergeboorte deur die Heilige Gees ontbreek!
Naamlik, die bekering van ’n sondige leefwyse en ’n eiesinnige godsdienstigheid van liefdeloosheid,
“na”
’n innerlike leefwyse met die Heilige Gees van vrug-volle geloof in CHRISTUS JESUS, die doop in water tot vergewing van sondes deur die bloed van JESUS, en die doop van die Heilige gees tot wedergeboorte!
Dit is dus onmoontlik vir die godsdienstige kerklidmaat en die Predikant om sonder die Heilige Gees se krag van wedergeboorte, die vrug van die Heilige Gees deelagtig te word en gered te word!
(Gal.5:22)
Soos die Engelse spreekwoord sê:
“
No pain no gain.”
Met belydenis van jou sondes in die diepte, is dié spreekwoord ʼn werklikheid, en daarom is sondebelydenis nie aangenaam nie!
Want jou eiesinnige, liefdelose en vrugtelose godsdienstigheid en jou verskuilde sondes, moet vanuit die versteekte hoeke van duisternis in jou hart, met berou, in GOD se
“LIG van WAARHEID”
gebring word!
Om GOD se vergewing en die bevryding van ’n leefwyse van liefdelose godsdienstigheid en van jou sondes te ontvang, moet jou belydenis in die teenwoordigheid van GOD se Heilige Gees [GOD se LIG van WAARHEID], en JESUS se wedergebore dienaar, met alle eerlikheid van opregtheid, gedoen word!
Nadat sondebelydenis in alle opregtheid gedoen is, word jy deur JESUS se wedergebore dienaar in die naam van die VADER, en van JESUS, en van die HEILIGE GEES, deur middel van onderdompeling in water gedoop, tot vergewing van sondes!
En
deur die bloed van
Jesus ontvang jy gelykertyd, volkome vergifnis vir jou sonde!
En nou is jy vry van die skuldgevoelens van sondeskuld uit die verlede!
Gelykerwys ontvang die daardeur geteisterde liggaam, van watter bose aard en kwaal ook al, verlossing en genesing!
En dit alles word deur die Heilige Gees bewerkstellig!
(Jak. 1:13-16)
Maar as die sonde van die persoon van self, wat deur ongehoorsaam te wees en in versoeking verlei is, nie met alle eerlikheid in die diepte uit bely word nie, bly die leun agter en Satan is die vader van die leun!
So ’n iemand se liggaam is oorgegee aan ellende en krankheid en uiteindelik aan ’n ewige verdorwenheid!
Met ander woorde; inplaas daarvan om as kind van GOD met ’n rein hart, die tempel van GOD en die Heilige Gees te wees, behou die duiwel dus sy oorheersende mag en dominerende houvas oor die rebelse-self, en die liggaam van daardie godsdienstige Christen dien dan as die sinagoge [kerk] van Satan!
Die Heilige Gees kom onder geen omstandighede naby ’n godsdienstige persoon wat nie wedergebore is en sonde doen en wié se sonde nie uit bely is nie!
Want so iemand behoort, en is met godsdiens en al, onder die mag van Satan in die Kerk!
Net die gedagte daaraan, dat iemand wat in ongehoorsaamheid maar nét voort ploeter en dan wil sê ek is ’n kind van GOD die VADER?
So ’n persoon lieg en leef in besluiering van die Kerk se goedgelowige Christenwêreld van godsdienstigheid en is daarom vervreemd van die Liewe Heilige Gees!
Met ander woorde; die Heilige Gees wil graag van ’n sondaar of van ’n godsdienstige en goedgelowige kerklidmaat ’n wedergebore dissipel van JESUS en ’n tempel van GOD maak!
Die Heilige Gees is ook die verteenwoordiging van JESUS en GOD die VADER, binne-in Sy wedergebore dissipels!
Die Heilige Gees onderskryf geen form godsdiens nie, en die Heilige Gees woon in geen Kerk nie!
Nóg minder is die Heilige Gees teenwoordig in ’n mens wat godsdienstig wil voorkom, terwyl daar met verkeerde motiewe en verskuilde sonde in die hart omgegaan word!
Alhoewel die Heilige Gees, genadiglik by so ’n iemand pleit vir oorgawe aan gehoorsaamheid, om in die geloof deur JESUS se Evangelie van Wedergeboorte gered te word!
Dieselfde kan van die godsdienstige Kerk en sy onheilige dienaars gesê word!
Dié wat dink dat hulle heilig is en dit nie is nie, maar verkondig dat die Heilige Gees wel in hulle teenwoordigheid is!
Hulle lieg en laster dus teen die Heilige Gees!
Daarom is dit van uiterste belang, dat elkeen
“nie in ’n groep van die Kerk se byeenkomste nie,”
maar afsonderlik, saam met ’n heilige, wedergebore dienaar van Jesus, in die teenwoordigheid van die Heilige Gees, jou sonde moet uit-bely!
Daarna moet jy jou laat doop tot vergewing van sondes, en sodoende deur die bloed van JESUS vergifnis ontvang en deur die Heilige Gees bewerkstellig, wedergeboorte ontvang [die doop van die Heilige Gees]!
Die gevolg van onopregtheid en oneerlikheid met sondebelydenis vir ’n rein hart, wat in alle eerlikheid van die waarheid moet uit-bely word, veroorsaak dat die voorreg van redding, bevryding, verlossing en genesing vir die liggaam wat deur die bloed van JESUS bewerkstellig word, nou van daardie godsdienstige persoon ontneem is!
Al is jy gedoop!
Die Heilige Gees is ten opsigte van JESUS se EVANGELIE van WEDERGEBOORTE, daardeur [oneerlikheid] bedroef en die dienaar van Jesus Christus [nie van die Kerk nie] se onbaatsugtige tyd is onnodig verkwis!
(Matt. 12:44-45 & 6:24)
Met die onreg wat vir JESUS in oneer, vernedering, bespotting, verwerping en smartvolle lyding aangedoen is, toe Hy aan die kruis vermoor is, is die sélf [die “EK” spesialis] met ’n skuldbesef daaraan, deur die Heilige Gees oortuig, van jou onheilige, goddelose, godsdienstige en sondige verwerplikheid gedurende sondebelydenis!
Sodoende met sondebelydenis in alle opregtheid van berou, word die dissipel deur die kosbare vertroosting van die Heilige gees, bewus van Sy Eerbaarheid in onskuld, reinheid en heiligheid aan die kruis, asook die omvangrykheid van die Lewende JESUS se Liefde!
Daarna, deur die doop van onderdompeling, word die Christen vereenselwig met Jesus Christus aan die kruis, wat deur GOD verlate, ʼn eensame en wrede dood moes ingaan!
Die ou natuur van self is nou saam met Jesus Christus gekruisig en afgesterf in Sy dood!
(Rom. 6:3-11)
(Matt. 28:19-20) (2Tim. 2:11)
As die persoon van self die sonde met berou in alle eerlikheid uit bely, is die huis skoon uitgeveeg en leeg.
Jou liggaam is van nou af [na die doop van die Heilige Gees] ʼn heilige tempel van GOD waar die Heilige Gees van GOD inwoon!
(1Kor. 3:16)
Met sondebelydenis in diepte en die doop van onderdompeling in water, word dit aan GOD se geliefde Heilige Gees bevestig dat die Christen se motief van geloofsbelydenis in Jesus Christus, opreg is, nou word die Christen se passiewe gees en innerlike gemoed deur die Liewe Heilige Gees, met ʼn Goddelike Liefde vernuwe!
En die Heilige Gees van Waarheid, met die Volmaakte Liefde van Jesus Christus, bewerkstellig nou met die vrug van die Heilige Gees, wedergeboorte binne-in die innerlike gemoed!
Die persoon van die vorige ou-selfbeeld, word daardeur vernuwe, om ’n “heilige” dissipel en navolger van JESUS te wees!
Jou liggaam is van nou af [na die doop van die Heilige Gees] ʼn heilige tempel van GOD waar die Heilige Gees van GOD inwoon!
(1Kor. 3:16)
Daarom is wedergeboorte van die uiterste belang, om met ons hele wese in gees en in waarheid as kinders van God, HOM in liefde te behaag!
Andersins, sonder weergeboorte deur die Heilige Gees, is dit onmoontlik om GOD lief te hê!
Met wedergeboorte, ontvang ons GOD se Liewe Heilige Gees, HY is die Saadjie van onverganklikheid, die liefde van 1Korintiers 13, binne in die dissipel van Jesus!
As iemand in Christus is, is hy ʼn nuwe skepsel!
Die ou dinge het verbygegaan.
Kyk alles het nuut geword!
(2Kor. 5:17)
Met ander woorde; net soos die Ark van die ou verbond, binne-in die allerheiligste van die Tempel van Salomo, die simbool van GOD se teenwoordigheid vir die volk van Israel was.
Die Heilige Gees is nou binne-in die weergebore Christen se hernude gees [wat ook die besnyde hart is], met die WET van GOD teenwoordig en nou is die dissipel, ’n heilige tempel van GOD!
GOD se NUWE VERBOND van Barmhartigheid, Genade en Goddelike Liefde, word met GOD se geregtigheid van geloof in JESUS, binne-in ons deur die Heilige Gees in die Volmaakte Liefde van die verrese CHRISTUS JESUS bewerkstellig!
Dus is die weergebore dissipel en navolger van JESUS deur die Heilige Gees saam met JESUS CHRISTUS in Sy opstanding vanuit die dood vereenselwig!
(Fil. 3:10)
Na alles is dit die “Liewe” Heilige Gees wat die dissipel weergebore verklaar, en dié dissipel is dan ’n navolger van JESUS in die wedergeboorte en jou naam verskyn dan in die Boek Van Die Lewe!
(Gal. 4:6) (Matt.19:28)
Nou egter, sonder om te twyfel weet ons deur die Liewe Heilige Gees wat saam met ons hernude gees getuig, dat ons waarlik kinders van GOD en dissipels en navolgers van Jesus Christus is!
(Rom. 8:1-17)
Nou is ons as bekwame dienaars, deur die Heilige Gees georden, om lewende getuienisse vir JESUS te wees, van GOD se genade van Liefde en die Evangelie van wedergeboorte!
(Luk. 12:8)(Hand. 1:8) (Rom. 8:16) (1Kor. 6:17)
Bogenoemde is die hoogste kwalifikasie wat nodig is en vir die dissipel, dienaar en navolger van JESUS, is dit ’n onberoulik roeping van diensbaarheid in die geregtigheid van geloof!
Dit is vir JESUS se heilige dienaar van uiterste belang, om deur die Persoon van die Heilige Gees, in die Waarheid oor JESUS se Evangelie van wedergeboorte vir toeganklikheid in GOD se koninkryk, geleer en bekwaam te word!
Dit is hoekom Jesus dit beklemtoon as Hy sê dat Hy moes opvaar sodat die Heilige Gees kon terugkeer om saam met ons te vertoef tot in ewigheid!
(Joh. 14:16-17) (Hand. 2:17-18 & 2:38-39)
(Joh. 16:7-15)
Elkeen wat deur die Heilige Gees weergebore is, is ʼn dissipel en ʼn heilige dienaar van Liewe Jesus!
Vir hulle het Jesus die opdrag gegee: “Gaan dan heen, maak dissipels [let noukeurig daarop, dissipels vir Jesus en nie Kerklidmate nie] van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het en kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld.”
Amen.
(Matt. 28:19-20) (Hand. 2:38-39)
Indien u nog nie hierdie bonatuurlike vernuwings krag van wedergeboorte en heiligmaking in u Christen lewe ondervind het nie, kontak dringend ʼn weergebore dienaar van die Here Jesus Christus.
Bekeer jou van ’n gewoonte-godsdiens of ’n vormgodsdiens-leefstyl en bely jou sonde in die teenwoordigheid van die Liewe Heilige Gees saam met die geheiligde dienaar van die Here, en laat jou doop deur middel van onderdompeling in water: In die naam van GOD die Vader en Jesus die Seun en die Liewe Heilige Gees, moet jy jou laat doop en versuim nie want daar is min tyd oor!
(Hand. 2:38-39)
(Matt. 28:19)
Soos die Heilige Gees die Almag van GOD die VADER in JESUS voor Sy kruisdood verteenwoordig het!
Netso is die Heilige Gees ook met die Almag van GOD, die lewe in die opgestane Liggaam van Jesus met Sy hemelvaart gewees!
Netso verteenwoordig die Heilige Gees ook die Almag van GOD die VADER in die geloofslewe van Sy wedergebore heiliges, wat elkeen respektiewelik, dissipels, dienaars en navolgers van JESUS is!
Almal is weer gebore lede [uitverkorenes] in die opgestane lewende Liggaam van Christus Jesus!
[Hulle is beslis nie kerklidmate van ’n dooie godsdiens en ’n Kerkorganisasies nie!
Dit is lasterlik]
(Joh. 15:1-27 & Joh. 16:7-15)
Salig-sprekende sê JESUS:
“Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word [want Hy ís ook die vervulling van alle geregtigheid]!” ... En
“Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal GOD sien!”
(Matt. 5:6 & 8)
Daarom, vir my persoonlik [en ek is ’n dissipel, dienaar en navolger van JESUS in die wedergeboorte], met ’n innige liefde vir GOD my VADER, saam met die kosbare koestering van die Liewe Heilige Gees, en tot eer van JESUS, is my strewe [
“quest
“] na ’n kosbare rein-hart, meer begeerliker as enige iets anders denkbaar!
Bekering is ’n voortdurende proses van daaglikse heiligmaking, om voor GOD onse VADER ’n rein-hart te bekom!
Voorafgenoemde is Paulus se bedoeling wanneer hy sê:
“Maar een ding; ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van GOD in CHRISTUS JESUS!”
[Naamlik ’n rein-hart]!
(Fil.3:7-14)
Die Heilige Gees se insig en wysheid met betrekking tot die wil van die VADER, in die wedergebore dissipel se lewenswandel en handel voor GOD, word nie in die gehoer en gerumoer van die vlees of in die stormagtige geraas van die godsdienstige gedagtes van die verstand, of in die godsdienstige ge-mumbo-jumbo van gebed verkry nie!
Maar beoefen jouself, elke dag daarin, om binne-in jou innerlike gemoed, in die stilte van stil wees, voor GOD die VADER te vertoef!
Wag op die wil van die VADER in berusting van jou innerlike gemoed [jou gees]!
Terwyl jy dan in afwagting is, vir die Liewe Heilige Gees se mistiese-inspraak van insig en wysheid, binne-in jou innerlike gemoed, moet elke moontlike en ronddwalende en godsdienstige gedagte van die verstand, uitgedoof word!
En jy sal geïnspireerd, verstom staan hoedat die mistieke Heilige Gees, vanuit jou innerlike gemoed, vir jou deur insig en wysheid met algehele begrip in die WAARHEID, leer en lei!
En jou godsdienstige persepsies is daardeur ge-nullifiseer en jou WOORD bediening, word daardeur verander!
Selfs die godsdienstige ge-mumbo-jumbo van jou gebed verander, en nou vir die eerste keer maak dit ook vir die VADER sin!
Vir meer as 2000 jaar en deur die kosbare koestering van die mistieke Heilige Gees, is dít die wedergebore dissipel en navolger van JESUS, se gemeenskaplike geheim, van ’n suksesvolle en vrugbare lewe van geloof in die wil van die VADER!
Onthou en vir ’n wedergebore dissipel en navolger van JESUS, is dit baie belangrik om nooit te vergeet nie, dat die Heilige Gees se mistiese insig, wysheid en leringe, altyd vanuit die wedergebore en hernude innerlike gemoed byderhand is, maar die aktiewe gedagtes van godsdienstigheid, onderdruk die verstandelike openbaarmaking daarvan!