Laai die dokument gratis af www.Lastweek.co.za
Druk hierdie bladsy
Die liefde van Korintiers 13

 

DIE VRUG VAN DIE HEILIGE GEES BEWERKSTELLIG DIE LIEFDE VAN 1 KORINTIËRS 13!   

 

A

s gevolg van Adam se   “ongehoorsaamheid,”   aan sy VADER, is die mens, sonder enige uitsondering [elke godsdienstige Leermeester, Predikant, Pastoor en die Kerklidmaat ingesluit], losgemaak van GOD se Liefde en beskerming!   En sedertdien, deur die ongehoorsaamheid van Adam, het alles vir die mens by GOD verkeerd geloop!

Toe Adam en Eva omdraai by die ingang van die tuin van Eden, nadat die engel van GOD hulle weg gewys het, is die mens se vrees en liefde vir GOD as VADER, bedenklik!  

 

Nie net dit nie, die vrug van ongehoorsaamheid bring skeiding tussen GOD en die mens!   Onder andere, vervreemd van Goddelike Wysheid se inspraak en leiding in die menslike verstand, is die mens se gees en geestes vermoë van kommunikasie met GOD die VADER, nou passief!  Dit wil sê: Losgemaak, vry en vervreemd van GOD se Alom-beskerming, is die mens nou blootgestel aan die alom teenwoordigheid van die leuenagtige en die verleidende Satan!  

Met die gevolg dat die menslike-sélf, van nature, sondig-boos is, en juis daarom; is almal met die sondeval van Adam en Eva, bestem vir die ewige verderf!  

Sonder die Liefde en die insiggewende LIG van GOD se wysheid, is die mens vir duisende jare, Godloos, onder die Satan se bose en duistere invloed van demoniese-verleiding en ondermyning vasgevang!  

 

Sedertdien leef die menslike-sélf, onafhanklik van GOD, sonder eer en sonder natuurlike liefde vir sy medemens!   En sonder enige liefde vir die goeie, is die mens, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van GOD!   Met selfgesentreerdheid en lief vir jouself* is die mens, nou ingestel op sy eie-gedagtes van selfstandigheid!   Die mens bly dus sonder Goddelike-liefde, onafhanklik van GOD te wees!   (2Tim.3:1-9)

 

*Verduideliking: Hiérdie soort liefde, van “lief vir jouself” te wees soos dit deur die godsdienstige-kerk, se pastorale-sielkundiges en predikante aan die lidmate verkondig en voorgehou word [“In die waarheid is dit ’n “Homosentriese-liefde van erotisme!”] en is gekenmerk aan die vele huwelike van mislukking sónder tal wat daaraan toegeskryf kan word!  

Om vir jouself lief te hè en ook vir jou naaste [byvoorbeeld jou vrou] lief te hè, soos vir jouself?   Wel, dit is ’n saak van onmoontlikheid!   Want, dit kan vergelyk word met twee magnetiese pole wat negatief téénoor mekaar, afstootlik vanmekaar staan!   En as die pastorale-sielkundige, die twee magnetiese pole, positief teenoor mekaar wil bring, staan hulle ook téénoor mekaar, afstootlik vanmekaar!   Hoe nou gemaak?   Onbewus daarvan, is dit ’n gesindheid van die godsdienstige-Antichris wat in die godsdienstige-Kerk manifesteer!   En ’n uiterste-leun van die duiwel wat deur hierdie valse profete van liefde werk!   Natuurlik alles met erkenning en lofprysinge van soortgelyks, in die godsdienstige-kerk!   Maar   jouself-liefhê,”   is ’n leun van die duiwel, in die mond van sy pastorale sielkundiges, wat in diens van die godsdienstige-kerk staan!   (2Thess.2:10-12)

Let wel: hierdie voorgenome proponente van jouself-liefhê, word deur soortgelyks, sorgvuldig gekeur [M.A.W.   Soort soek soort!   Hulle is nie deur die Heilige Gees wedergebore en georden, as dissipels en navolgers van JESUS nie!   solank hulle net ’n bietjie skeef lyk en die een arm is effens langer as die ander één, afhangende van links of regs te wees, dan kwalifiseer hulle vir die amp van predikant en vir pastorale dienslewering in die godsdienstige-Kerk]!  

 

Daarom, sê JESUS:   “As iemand agter My aan wil kom [vir JESUS wil liefhê en vir HOM navolg], moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg.   Want elkeen wat sy lewe wil red [homself liefhet], sal dit verloor: maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor [die liefde vir self verloën], sal dit vind [dit is die liefde van JESUS deur die vrug van die Heilige Gees en die ewige lewe]!”  

Die wedergebore-dissipel se liefde vir self, moet verloën word en in homself sterf, voordat jy vir GOD die VADER, vir JESUS, en die Heilige Gees of jou naaste [byvoorbeeld jou vrou] kan liefhê!   En as JESUS vir jou sê:   “jy moet jou naaste [byvoorbeeld jou vrou] liefhê soos jouself.”   Bedoel JESUS daarby; soos jyself, geliefd wil wees, so moet jy jou naaste liefhê!  En beslis is dit nie, jy moet jouself-liefhê nie!   Want sê JESUS:   “’n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek  julle lief gehad het, moet julle ook mekaar liefhê.”   JESUS het nie vir Homself nie, maar terwille van Sy liefde vir ons en ons redding, Homself verloën en Sy lewe aan die kruis met liefde vir ons, afgelê!  “Hieraan sal almal weet dat julle My dissipels is, as julle liefde onder mekaar het!”   (Matt.22:37-40) (Joh.13:34-35) (Efe.5:1-21)

 

[M.A.W. Naasteliefde teenoor naasteliefde!   En nie ek moet eers vir myself-geliefd wees en dan vir my naaste liefhê nie!] dit is ’n bol sielkundige stront wat vir die arme onwetende kerklidmate, deur middel van hul predikante, pastoraal, opgedis word!  Hierdie soort van homosentriese-liefde van erotisme, van jy moet vir jouself liefhê, is ’n konflik situasie teenoor die Welmenende JESUS, se Goddelike liefde vir GOD en mens en die mens vir GOD en sy naaste!   En dit is die rede waarom feitlik 90% van mans en vroue in die godsdienstige-Kerk [professors, doktore, predikante, pastore, leermeesters en kerklidmate ingesluit], onder die vloek van húl-selfliefde gebind is met ’n homosentriese-liefde van erotisme; naamlik, masturbasie, buitenegtelike owerspel, hoerery, egskeidings, homoseksualiteit en allerhande onreinhede met omvattende gevolge van ongebondenheid, ongehoorsaam aan die ouers, etcetera etcetera!  Waarvan dié wat dit beoefen geen verlossing daarvan kan kry nie!   (Gal.5:16-26) (Kol.3:5-17) (Judas.1:3-4 & 17-25) (2Pet.2:17-22) (Jak.4:1-10)  

 

Selfs die menslike intuïsie van ’n Goddelike bewustheid, word deur ’n demoniese-gees van godsdienstigheid [die gees van die Antichris], in die gedagtes beïnvloed, van jy moet jouself liefhê [dit grens aan ’n goddelike-selfbeeld van afgodery]!  Sodat een of ander vorm van humanisties-godsdiens soos byvoorbeeld wat in die Kerk, gepraktiseer en beoefen word!   Die godsdiens wat daardie persoon dan beoefen, voel dan vir die godsdienstige intellek, soortgelyks, kompleet en waar!  

Dieselfde demoniese-gees van godsdienstige humanisme [die gees van die Antichris], is voltyds teenwoordig en aktief in die Kerk van vandag!   En daarom, net soos in die geval van die godsdienstige-Jode, is hulle wat sê dat hulle die Kerk van GOD is en dit nie is nie, deur ’n humanisties-gees van “jy moet jouself liefhê,” besluier en verblind, vir GOD die VADER se NUWE HART VERBOND!  Naamlik, JESUS se Evangelie van Wedergeboorte!  Alles insluitend, die bekering, sondebelydenis en die doop van onderdompeling in water, met die vergifnis van sondes, deur die bloed van JESUS, en die doop van die Heilige Gees en dit is die wedergeboorte!   In der WAARHEID, vir die sélf verliefde en godsdienstige-kerklidmaat en die verlore gaande méns, is JESUS dié enigste HOOP van redding en kindskap in die koninkryk van GOD die VADER!   (Matt. 3:11 & Matt. 3:14) (Esegiël. 36:25-27 & Esegiël. 11:19-21) (Jer. 31:31-34 & Heb. 8:8-13) (Joh. 3:3 & 5) (Hand.4:12)

 

Dit is om hierdie rede, dat Liewe Jesus die volgende verklaar het:   En as iemand na my woorde luister en nie glo nie, Ek oordeel hom nie; want Ek het nie gekom om die wêreld te oordeel nie [want die wêreld is reeds van die begin áf tot verderf toe veroordeel], maar om die wêreld te red.”   (Joh. 12:47-50 )  

 

En Ek soek nie My eer nie; daar is Een [GOD die Heilige Gees] wat dit soek en wat oordeel.   (Joh. 8:50 & Joh.16:7-14)

 

Hier op die aarde tans, is dit die Heilige Gees wat beslissend oordeel, wié geregverdig deur JESUS, se naam in die boek van die Lewe verskyn of nie!   (Joh.16:7-15)

 

Die uitdrukking van; “my eie gewete klae my aan,” of van ’n skuldige gewete van sonde wat jy mag ondervind, dit is die gevolg van jou eie gees wat aan GOD behoort en wat binne-in jou benoud, vasgevang en onderdruk word deur jou onbekeerde en bose-self-natuur, of deur jou onbekeerde, godsdienstige bose-self-natuur!  Dit is jou onderdrukte gees [jou gewete] wat binne in jou vasgeknel, manifesteer om bevryding en verlossing vanuit jou valse dop van skynheiligheid!  Jou bose selfbeeld, wat ewe vroom in godsdienstigheid geklee wil wees en so voorgehou word!  

 

Die gees van die mens is gedurig bewus van sy SKEPPER!   En die gees van die mens is bewus van sy bestemming in die ewige-verderf, wat vir die sondige, godsdienstige en selfgesentreerde mens beslis die bestemming is!   Dit is verskriklik!  

 

Daarom is jy dan met die oordeel van die Heilige Gees, in jou deur sonde of godsdiens onderdrukte gees [gewete], oortuig en aangekla van jou sondige toestand!  Want dit is die Heilige Gees wat gedurig by die deur van jou duistere en godsdienstige hart aanklop en ondersoek instel, of jy dalk gered en wedergebore wil word!  

Maar die Tere, Sagmoedige en Almagtige GOD die Liewe Heilige Gees, dwing Homself aan niemand op nie!   Want JESUS se Evangelie van wedergeboorte deur die krag van die Heilige Gees, of dit aangeneem of verwerp word, dit is ’n individuele en vrye keuse wat nie afgedwing kan word nie, maar ’n persoonlike besluit wat deur elke mens geneem moet word!  

 

Veral die godsdienstige Kerk se godsdienstige gepeupel, weerstaan die Heilige Gees en verwerp JESUS se Evangelie van wedergeboorte deur die Heilige Gees, wát in werklikheid vir die mens, die enigste deur van ware Liefde na die Saligheid is!  Hierdie wonderlike en wedersydse Liefde van die VADER vir ons en ons vir die VADER, word alleenlik met die vrug van die Heilige Gees binne-in die weergebore dissipel en navolger van JESUS bewerkstellig!   (Gal.5:22)

 

Juis vir ons verlossing en redding is die HERE JESUS gekruisig, en dit is van uiterste belang, dat elkeen wat gered wil word, moet uitroep na die HERE en in erkentlikheid vir HOM sê; “HELP my asseblief HERE,” red my van my sondige en goddelose-self, of van ’n selfregverdigend en ’n godsdienstige self, help my HERE, red my asseblief, HERE!

 

In die teenwoordigheid van die Heilige Gees, moet elkeen met godsdiens en al, sélf erkentlik wees oor die wanhopige toestand van jou sondige self!   En juis daarom, om hulp na GOD die VADER uitroep [uitskreeu as dit nodig is] vir die redding en verlossing van die oorheersende en vernietigende mag van jou eie weghol gedagtegang!  

Want dit is nie die regverdige en godsdienstige sélf nie, maar jou onderdrukte gees binne in jou wat met die gevoel van wanhoop en benoudheid, uitruik na die Heilige Gees en daarna smeek om gered en verlos te word!  Dit is jou eie gees wat vir jou deur die Heilige Gees met ’n skuldige gewete laat oortuig van sonde!   Jou eie gees is jou gewete en kla vir jou aan van sondeskuld en veroordeling!  

 

Die Heilige Gees hoor dan die benoudheid en die berou van jou onderdrukte gees wat aan GOD behoort en juis daarom klop Hy gedurig aan die deur van jou verharde en duistere-hart!  

Maar die eiesinnige, moedswillige en opsetlike-self, moet met bekering, berou betoon en die Heilige Gees sal vir jou in die Naam van Jesus Christus, tot redding, verlossing, genesing en vertroosting, tegemoetkom!

 

Die Heilige Gees Sélf, is die Liefde van 1 Korintiërs 13, waarmee ons met ’n rein hart, die hemel moet ingaan!  

Daarom terwille van die Volmaakte Liefde in JESUS CHRISTUS, word die vrug van liefde deur die mistiese werking van die Heilige Gees, binne-in SY dissipels bewerkstellig, en dit is JESUS se Evangelie van wedergeboorte, wat vir ons van wesenlike belang is!   “Omdat dié Liefde van GOD in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is!”  Sê Paulus.   (Gal.5:22) (Joh.3:3&5) (Rom. 5:5b) (Rom. 15:30)

 

Sedert Adam se sondeval en bloot die nagevolg, van sonde en ongehoorsaamheid aan die VADER, is die verbintenis van die mens se geestelike insig van Goddelike wysheid in die verstand, vir die eensydige en tot GOD alleen gerigte gedagtes van afhanklikheid, gekanselleer!   Met die gevolg dat; die gedagtes van die mens, eie aan die self toegeskryf word!  Dit meen die gedagtes van die sondige en goddelose sélf!   En die gedagtes van die godsdienstige sélf!   En die gedagtes van die GOD gerigte sélf!  

 

Maar die wedergebore dissipel en navolger van JESUS en kind van GOD, ontvang uit die innerlike, vanuit die gees, binne-in die verstand ingegee deur die Heilige Gees, insig van verborgenhede en wysheid van GOD!  En daarom moet ons elke dag, in tye van stil wees voor die VADER, die gedagtes van sélf onderwerp en myself ernstig afvra; koester ek in werklikheid, elke dag van my wedergebore lewe, ’n verhouding van liefde met die VADER en is die Heilige Gees, die getuienis van my liefde in JESUS vir die VADER?   Of is ek maar eintlik net besig met godsdienstige fabels!   Eers dan kan ek in ’n verhouding van afhanklikheid van die VADER vir die voorsiening van al my behoeftes wees!   AMEN!  

 

Die Heilige Gees verklaar in die boek van Hebreërs die volgende:   “En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ’n beloner is van die wat Hom soek.   (Heb. 11:6)

 


Terug na bo
Druk hierdie bladsy
Stuur hierdie blad aan iemand
Voeg tot gunstelinge
Kopiereg ©2012 Laastweek.co.za - Alle regte voorbehou