Laai die dokument gratis af www.Lastweek.co.za
Druk hierdie bladsy
Die wat die merk sal aanneem

  DIE WAT DIE MERK VAN DIE DIER SAL AANNEEM!  

 

S

atan gaan letterlik miljoene Christene gedurende die Groot verdrukking verlei!  Op die oog af baie goeie Kerkmense, wat dan die merk van die dier sal neem.  “En dan sal baie tot struikeling gebring word en mekaar verraai en mekaar haat.”   (Matt. 24:10)  

 

Alreeds is daar baie goeie Kerkmense, wat hulle skaam om in waarheid en opregtheid in die geloof met hulle getuienis vir Jesus Christus en die evangelie, te bly staan!   (Heb. 10:19-39)  

 

Hierdie mense sal dan vir Jesus verloën en die merk van die dier, of op die regterhand, of op die voorhoof ontvang.  

Dit sal gedoen word in opdrag en met seënwense van hierdie laaste wêreldorde [die dier].  

 

Christene wat die merk neem, verbeur hulle ewige erfenis saam met Jesus en hulle lidmaatskap in die liggaam van Jesus Christus.  

 

Hulle word dan deel van diegene wat voor die engele van GOD met vuur en swael vir ewig gepynig sal word.   (Openb. 14:9-12)  

 

Die uitverkorenes, sal hulleself nie laat verlei om die “merk van die dier” te neem nie, omdat hulle deur die Heilige Gees Krag van wedergeboorte, toegewyd bly aan Jesus, en alleenlik glo en vertrou op die leiding en inspirasie van die Heilige Gees.   (Matt. 24:24, Rom. 8:28 en Open. 14:12)  

 

Terug na bo
Druk hierdie bladsy
Stuur hierdie blad aan iemand
Voeg tot gunstelinge
Kopiereg ©2012 Laastweek.co.za - Alle regte voorbehou