Laai die dokument gratis af www.Lastweek.co.za
Druk hierdie bladsy
God word in die hemel aanbid

  GOD WORD IN DIE HEMEL AANBID EN VEREER.

 

D

ie vier-en-twintig ouderlinge wat voor GOD op hulle trone sit, het op hulle aangesig geval en GOD aanbid en gesê: ons dank U, Here GOD, Almagtige, wat is en wat was en wat kom, dat U groot mag aangeneem en as Koning geheers het.

 

En die nasies was vertoornd, en U toorn het gekom en die tyd van die dode om geoordeel te word en om die loon te gee aan U diensknegte, die profete, en aan die heiliges en aan die wat U Naam vrees, klein en groot, en om die verderwers van die aarde te verderf.

 

En die tempel van GOD het in die hemel oopgegaan, en Sy verbondsark is in Sy tempel gesien, en daar was weerligte en stemme en donderslae en aardbewing en groot hael.”   (Openb. 11:16-19)

 

NB . GOD het die Openbaringe aan Jesus gegee, om dié aan Sy diensknegte te toon en bevestig onder meer, dat die Ark van Sy verbond lankal nie meer op die aarde is nie, maar wel in Sy tempel in die hemel!   (Openb. 11:19)

 

Met ander woorde: GOD die Vader van Jesus Christus het toegelaat dat die tempel in Jerusalem herbou moes word, sodat hierdie sogenaamde Jode uitgewys word as vals!

 

Juis om dié rede, is die Skrifgeleerdes en die Fariseërs deur Johannes die Doper en Jesus Christus bestraf, want sonder die verbondsark [“waarin die kliptafels met die Wet wat Moses van die berg afgebring het, bewaar is”] bedryf hulle alreeds vir meer as 580 jaar ʼn valse godsdiens en dit in die naam van die GOD van Abraham!

 

Vir dieselfde rede kan hulle vandag nie die tempel sonder die verbondsark herbou nie, en ook omdat die Leviete wat die tempel as priesters moet bedien, reeds vir 2700 jaar lank saam met Israel onder die verskillende nasies van die aarde verstrooi is!

 

So ook vandag [behalwe om Kerklidmate te maak], kan ʼn Predikant of ʼn Pastoor of enige werker wat nie deur die Heilige Gees weergebore is nie, niemand na die Here Jesus Christus toe lei nie.   (Rom. 8:9c)

 

Daarom ook is die koue en liefdelose dooie godsdienstige Kerk van vandag, maar nét ’n mensgemaakte instelling wat sonder die teenwoordigheid van die Heilige Gees is, en dien dit tot geen nut vir die Kerklidmaat wat JESUS se Evangelie van wedergeboorte deur die Heilige Gees tot saligheid betref nie!

 

In plek van die Ark van die Ou verbond, verteenwoordig die Heilige Gees nou Self, GOD se Nuwe Verbond van Goddelike Liefde en Genade deur Jesus Christus se Volmaakte Liefde, wat binne in die Heilige Gees se wedergebore dissipels, die tempel van GOD en die liggaam van Jesus Christus is, wat nie die Kerk is nie!  Want alleenlik is die Heilige Gees die Bekragtiger van GOD se Nuwe Verbond van Liefde tot die Saligheid, binne-in die weergebore dienaar van Jesus Christus, en nie die Predikant of die Pastoor van die Kerk nie.  Vir dié rede is die weergebore Christen se liggaam nou die tempel van GOD!   Met die gevolg dat, hierdie sogenaamde Jode ʼn valse godsdiens bedryf sonder die seën of beskerming van GOD die Vader vir meer as 2500 jaar, omdat hulle vir Jesus as die Seun van GOD die Vader verwerp het!   (Joh. 1:11)

 

Dieselfde geld vir die Kerke van vandag wat almal sonder die Heilige Gees is! Wat ’n valse, liefdelose en ’n dooie godsdiens met die Bybel bedryf.  Sonder om voor GOD skaam te kry word alles met ’n valse nederigheid deur onheilige Predikante en Pastore [in die Naam van GOD die VADER en JESUS CHRISTUS die SEUN en die HEILIGE GEES], aan die Kerklidmate voorgehou asof dit die waarheid is!  Naamlik hulle liefdelose dienslewering van baie slim geleerde godsdienstige afgodery, wat die Heilige Gees weerstaan in die Kerk!  Hierdie Dienaars van die Kerk het net een liefde en dit is vir homself!

 

 
Terug na bo
Druk hierdie bladsy
Stuur hierdie blad aan iemand
Voeg tot gunstelinge
Kopiereg ©2012 Laastweek.co.za - Alle regte voorbehou