|
DIE HEILIGE GEES, GEBED EN DIENSBAARHEID:
Alleen die HEILIGE GEES se wedergebore dissipel en dienaar wat ’n navolger van JESUS is, verteenwoordig ook die Koninkryk van GOD onse VADER!
En word hulle deur die HEILIGE GEES in JESUS bekwaam toegerus, om deur die krag van die HEILIGE GEES, die VADER te bid en HOM daarvoor te dank.
Hetsy vir genesing of redding, of selfs die opstanding vanuit die dood, indien die HEILIGE GEES dit so versoek!
(Joh. 15:5)
Dit is van uiterste belang vir die heilige dienaar van JESUS om te weet en te verstaan, dat JESUS alleenlik deur die krag van die HEILIGE GEES wat binne-in jou woon, die wonderwerk van die kranke se genesing, of die redding van ’n siel, of die opwekking van die dode bewerkstellig!
En word dit hoegenaamd nie uit jou eie bekwaamheid of vermoëns gedoen nie!
Dit is ’n vermetele grootmanskap van die self om só iets te wil voorgee, of selfs in die gedagtes te koester!
Met betrekking tot GOD die VADER se barmhartige genade van Liefde deur JESUS as die LIG vir die redding van die mens in die wêreld, verklaar Johannes die volgende: “In HOM [JESUS] is lewe en die lewe is die Lig [die Heilige Gees is die Lig in HOM en] vir die mense. ... Hy is die Waaragtige Lig!”
(Joh. 1:1-9)
Daarom het JESUS voor Sy kruisiging, aan Sy dissipels die volgende beklemtoon en gesê:
“En Ek sal die VADER bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: die [Heilige] Gees van die WAARHEID wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en [die waarheid] in julle sal wees.
(Joh. 14:16-17)
Maar Ek sê julle die WAARHEID: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster [die Heilige Gees] nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel:
(Joh. 16:7-8)
En hieraan weet ons dat ons uit die WAARHEID is; en ons sal ons harte voor HOM gerusstel, want as ons hart ons veroordeel, GOD is meer as ons hart [gees], en Hy weet alles.
Geliefdes, as ons hart [gees] ons nie [van sonde deur die HEILIGE GEES] veroordeel nie, dan het ons vrymoedigheid [’n rein hart] teenoor GOD; en wat ons ook al bid, ontvang ons van HOM, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor HOM.
En dit is Sy gebod, dat ons in die Naam van Sy Seun, JESUS CHRISTUS, moet glo en mekaar liefhê soos Hy ons ‘n gebod gegee het.
En hy wat Sy gebooie bewaar, bly in HOM, en Hy in hom. En hieraan weet ons dat Hy in ons bly aan die [HEILIGE] GEES wat Hy ons gegee het.
(1Jn 3:19-24)
Jesus sê: As iemand My liefhet, sal hy My woord [in die waarheid] bewaar, en My VADER sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.
(Joh. 14:23)
Dit is My gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het.
(Joh. 15:11-12)
Wie My gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my VADER liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.
(Joh. 14:21)
JESUS sê “Ek is die ware Wynstok, en My VADER is die Landbouer.
Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra!
Met eerlike en opreg toegewyde belydenis van my sonde, bewerkstellig die Heilige Gees vir my die verlossing, bevryding en die reiniging van my hart [gees] en word ek in my gewete bevry van my skuldgevoel, wat ook my gees is!
Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het.
Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.
Weer sê Hy: “Ek is die Wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.”
(Joh. 15:1-5)
As julle in My bly en My woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry. Hierin is my VADER verheerlik, dat julle veel vrug dra; en julle sal My dissipels wees.
(Joh. 15:7-8)
Dit het Ek vir julle gesê, dat My blydskap in julle kan bly en julle blydskap volkome kan word.
Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die VADER ook al in My Naam vra, Hy julle dit kan gee.
Dit gebied Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê. As die wêreld julle haat, moet julle weet dat hy My voor julle gehaat het.
(Joh. 15:16-18)
En Ek sal die VADER bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: Die [HEILIGE] GEES van die WAARHEID wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken HOM, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.
(Joh. 14:16-17)
“ ... maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.”
(Joh. 14:26)
In dié dag [met die doop van die HEILIGE GEES in ons] sal julle weet dat Ek in My VADER is, en julle in My, en Ek in julle.
(Joh. 14:20)
En wat julle ook al in My Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die VADER in die Seun verheerlik kan word.
As julle iets in My Naam vra, sal Ek dit doen.
As julle My liefhet, bewaar My gebooie.
(Joh. 14:13-15)
Vrede laat Ek vir julle na, My vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart [gees] nie ontsteld word en bang wees nie.
(Joh. 14:27)
Dié godsdienstige persepsie wat deur die Kerk se Predikant of Pastoor aan die lidmate voorgehou word, dui daarop asof hulle dit self besit: “Naamlik dat namate ’n sekere diepte in die HERE bereik word of ’n sekere mate van ’n heilige platform bereik moet word, dan kan jy eers ’n vername en belangrike Predikant of Pastoor word!”
Wel dit is alles maar net ’n leun en ’n klomp godsdienstige snert in die Kerk!
Dié wat hierdie soort van beeld wil voorhou is godsdienstige huigelaars met niks anders as net ’n klomp aangeleerde godsdiens nie!
Dit is ’n tipe van godsdienstige selfgesentreerdheid, met ’n selfbeeld-opinie van belangrikheid!
Maar ’n heilige dissipel, wat ’n navolger en ’n dienaar van JESUS is, moet in elke opsig vir die selfgesentreerdheid en die selfbeeld van belangrikheid sterf!
Die Heilige gees bewerkstellig ’n ongekende Liefde en ’n leefwyse van geloof wat van diep binne-af, vanuit jou innerlike gemoed [gees] opgewek word en daar vanuit voortvloei vir die onbaatsugtige diensbaarheid van liefde aan jou medemens en jou naaste [die liggaam van JESUS]!
Dit is wanneer jy die selfgesentreerdheid se eie wil en begeerlikhede afsterf en jy begin om in alle eerlikheid die waarheid in jouself te beoefen en sodoende vir die self al minder word, sodat die beeld van JESUS binne in jou toeneem en hy meer word!
Want dit is van uiterste belang dat jy in teenwoordigheid van die VADER, altyd sensitief bly om die waarheid met ’n heilige vrees te praktiseer!
NB
: Triomfeer altyd, elke dag van jou lewe, met ’n hart vol van blydskap en dankbaarheid vir die bloed van JESUS en jou persoonlike getuienis van oorwinning, as gevolg daarvan!
Aangesien dit onder die bloed van JESUS aan die kruis is, waarmee jy die “monster-self en die werke van die verskriklike-self” oorwin!
Soos byvoorbeeld: In tye van die self se beproewing of lyding of die vyand se aanslag op die godsdienstige-sélf!
Dit is almal geldige geleenthede vir die self om mettertyd op die agtergrond te verdwyn en uiteindelik te sterf!
Juis daarom bid ek soos volg; “ In JESUS en deur die Heilige Gees dank ek U, O Geliefde VADER, vir hierdie genoemde beproewings, want ek weet, salig is die oorwinning of die genesing wat U, O. VADER vir my deur die krag van die Heilige Gees in JESUS bloed bewerkstellig!
HALLELUJAH!
PRYS VIR JESUS!”
Sodoende word jy al hoe meer bewus van ’n diepe afhanklikheid vir die Heilige Gees se alomteenwoordigheid en Sy werkende krag van Liefde wat soos ’n rivier vanuit jou innerlike gemoed voortvloei tot seën van andere!
Verkieslik moet julle dan in groepe van twee saam uitbeweeg, want so het Jesus in opdrag aan al Sy Apostels en dissipels vir ons die voorbeeld daar gestel, nou kan ons die VADER bid vir mense se bevryding, genesing en die verlossing van hulle bose werke en die strikke van gebondenheid wat as gevolg van ongehoorsaamheid deur die vyand van GOD, oor hulle gehandhaaf word!
En wanneer ons dan in die geloof vir iemand bid vir ’n wonderwerk, soos byvoorbeeld; die van genesing, dan bewerkstellig die HEILIGE GEES wat binne-in ons teenwoordig is, die wonderwerkende krag van genesing!
Daarom sê JESUS: “
... Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.”
(Joh. 15:1-5)
Met ander woorde; in JESUS, en deur die krag van die HEILIGE GEES, is die wonderwerk van genesing vir die persoon vir wie gebid word, bewerkstellig!
En het die geloof van die persoon vir wie gebid word, niks daarmee te doen!
Julle moet die godsdienstige Kerk se houvas van ’n dooie letter godsdiens oor die persoon breek!
Alle eie godsdienstige persepsies moet mee gebreek word!
Eers dán kan die persoon deur middel van begeleiding, met die werke vanuit sy of haar geloofsoortuiging in JESUS CHRISTUS, ’n dissipel en ’n navolger van HOM gemaak word!
Die HEILIGE GEES self se teenwoordigheid is die krag van Reddende Liefde! Hy oortuig van GOD se barmhartige genade, dit word deur ons diensbaarheid, van HOM af, aan die persoon vir wie gebid word oorgedra!
JESUS verklaar: “Salig is die wat rein van hart is want hulle sal GOD sien!”
(Matt. 5:8)
In Spreuke lees ons: “Die HERE is vêr van die goddelose [die wat moedswillig sondig], maar die gebed van die regverdiges verhoor hy.”
(Spr. 15:29)
Die aanvang van ons gebede moet altyd vanuit ’n rein hart, in alle nederigheid en waardigheid met liefde en dankbetuiging, soos volg ingelei word: “onse DIERBARE en GELIEFDE VADER wat in die hemel is, ons aanbid U in JESUS, onse DIERBARE en GELIEFDE HEILAND, en deur die krag van die HEILIGE GEES, onse DIERBARE en GELIEFDE TROOSTER, LEIDSMAN en VRIEND, wat vir altyd by ons bly en vir ons intree by U!
Laat U naam geheilig word, laat U koninkryk kom, laat U wil geskied soos in die hemel so ook op die aarde!
Ons dank U vir ... etcetera ... etcetera ... AMEN en AMEN!”
DIE NAGMAAL
|