|
INLEIDING:
Lees asseblief aandagtig en biddend van voor na agter om die verband te volg
aar is diegene op wie hierdie openbaringe van geen toepassing is nie, en hulle sal dus net hulle tyd verspil om vêrder te lees:
Dit is hulle wat in die naam van GOD die VADER en van JESUS CHRISTUS die Seun en die HEILIGE GEES, die bediening van verryking [prosperity religion] in die Kerk verkondig of profeteer!
Met ander woorde: Die persepsie wat aan die gemeente van dié godsdienstige Kerke voorgehou word is: Hoe meer jy vir hierdie onheilige teologiese rowers in die amp van die Kerk en vir hulle Kerk gee, hoe groter sal jou seëninge wees en veel meer sal jy van GOD ontvang.
Wel, dit is ʼn leuen van Satan met sy verleidende gees van hebsug, naamlik Mammon.
Dit is niks anders as ʼn valse godsdiens wat aan die Kerklidmate voorgehou word nie en van lankal af is die oordeel van die ewige verderf reeds vir hierdie valse profete bewerkstellig!
(2Pet. 2:1-3)
Dít is ’n beleid van die Rooms-Katoliek-Kerk en dié Kerke wat so doen, maak hulself skuldig aan dieselfde oordeel wat bestem is vir hierdie genoemde Kerk van rituele en afgode-godsdiens!
Die openbaringe van hierdie dokument is gerig aan die “uitverkorenes” van JESUS, ʼn groot menigte vanuit al die vlakke van die samelewing wat niemand kan tel nie. Hulle is die laaste geslag uit alle nasies, stamme, volke en tale, wat binnekort tot die dood toe ʼn Groot verdrukking van drie en ʼn half jaar sal moet verduur!
(Markus. 13:19-30)
(Open. 7:9)
Vervolgens lees ons: Vir die wat ernstig nadink oor hul saligheid, wat alleenlik deur wedergeboorte in JESUS CHRISTUS bewerkstellig word!
Daarom het ons Geliefde VADER die Liewe HEILIGE GEES gestuur om deur wedergeboorte vir elkeen met liefdevolle ontferming te help sodat jy gered mag word!
Tenminste vir dié wat gered wil word?
Want onwillekeurig is die ewige oordeel vir almal bestem!
Maar pasop vir die godsdienstige Kerk se populistiese Pastore en Predikante [“fariseërs”] wat nie wedergebore dissipels en dienaars van Jesus is nie!
(Joh. 12:42-44)
Indien jy besluit om nie vêrder te lees nie, verontskuldig dit jou nie van JESUS se regverdige oordeel en jou uiteindelike ewige bestemming nie!
Ons lees dus oor alles wat binnekort moet gebeur, wat God die Vader deur Jesus Christus met insig van die Heilige Gees aan Sy diensknegte toon!
Wie die dier is en wat die beeld van die dier beteken?
Wie is die geld manipuleerder, die Antichris, die vier perde van Openbaring 6:2-8 en hul ruiters?
Hoekom is Islam die vyand van die Westerse moondhede?
Ontdek wat die geheim is agter die groot swaard van Islam?
Hoekom goeie Christene die merk van die dier sal neem!
Ook die lot wat vir Rusland bestem is en wie agter die wêreld terrorisme van vandag staan?
Hoekom moet daar ʼn Groot verdrukking kom van drie en ʼn half jaar?
(Matt. 24:21)
Wat is die lot van Europa en Asië en waar is die laaste-en derde wêreld oorlogsone?
Wie sal ʼn militêre mag van 200 miljoen man kommandeer?
Hoekom sal 2.500 miljoen mense gedurende hierdie tydperk sterf?
Besef wat die lot van swart Afrika is, en waar staan Sjina?
Lees hoe die kern moondhede geplaas is.
Atoom verwoesting wat kom en die gevolge daarvan vir die res van die wêreld!
Het u nagedink hoekom Jesus terugkeer, net vir Sy uitverkorenes en wie die uitverkorenes is?
Die Heilige Gees: Wat beteken dit om wedergebore te wees?
Dat daar ʼn eerste en laaste opstanding van die dode moet plaasvind en waarom meer as ʼn 1000 jaar uitmekaar?
Wie gaan saam met Jesus met Sy wederkoms en wie sal agterbly?
Die Kerk sal agterbly en vernietig word.
Vind uit waarom die kerk nie die bruid is nie en wie die bruid van die Lam van GOD sal uitmaak?
Wat van die Jode met hulle fabelagtige tog denkbeeldige geloof in ʼn verworpe GOD?
Waarom is die koninkryk van GOD net vir 1000 jaar hier op aarde bestem?
Wie is die 144,000 en tot watter doel?
Waarom moet Jesus regeer tot die laaste vyand van GOD vernietig is?
Wie is hierdie vyand van God?
Die vooruitsig na die ewige verderf!
Wie is bestem vir die ewige verderf?
Wat behels dit en wat beteken die tweede dood?
Alles word verduidelik in hierdie openbaringe!
Waarom moet Jesus Homself aan GOD onderwerp?
Hoekom ʼn nuwe hemel en ʼn nuwe aarde?
Waar is die verbondsark van GOD?
Verstaan die mag van selfgesentreerdheid!
Heiliges verafgod reeds die beeld van die dier en daarom ontbreek dit hulle aan die koninkryk van GOD!
Die groot afval en verleidelike leerstellings van ons tyd!
Verstaan meer van die diaboliese mag van Satan en die komende Armageddon!
Die skille van ’n vermufte, eeue oue en dooie-letter-godsdienspraktyk, verblind die geestes oë en is dit onmoontlik dat die HEILIGE GEES WAARHEID ingesien kan word!
Verstaan hoe werk die die HEILIGE GEES met Sy krag deur die geloof in die wedergebore dissipel van JESUS!
Bogemelde is almal profesieë en insig deur die HEILIGE GEES van wat binnekort moet gebeur en is reeds lank gelede aan die profete van die Bybel geopenbaar en deur hulle opgeteken.
|