Laai die dokument gratis af www.Lastweek.co.za
Druk hierdie bladsy
Jesus se koms op die wolke

DIE OPSTANDING VAN DIE “UITVERKORENES MET JESUS SE KOMS OP DIE WOLKE!”

 

T

erwyl die aarde dan in duisternis gehul is, omdat die atmosfeer vol radioaktiewe as, rook, stof, roet, waterdamp en verskillende gasse is, wat dan die gevolg van die voorafgaande verskriklike kernkrag verwoestings is, verklaar die Skrif die volgende: “ En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is.  

 

Want soos ʼn strik sal hy kom oor almal wat op die hele aarde woon.  So moet julle ook weet dat die koninkryk van God naby is wanneer julle hierdie dinge sien gebeur.  Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag [die huidige geslag] sal sekerlik nie verbygaan voordat alles gebeur het nie.  

 

Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug (oorleef) en voor die Seun van die mens [Jesus] te staan.   (Luk. 21:28-36)

 

En dan sal die teken van die Seun van die mens [Jesus] in die hemel verskyn, [die Blink Môrester (Open. 22:16c) ] en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.   (Mark. 13:24-30)

 

En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal Sy “uitverkorenes” [die Heilige Gees se wedergebore Christene] versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemel af, tot die ander einde daarvan: Sê Jesus.”   (Matt. 24:30-31)  

 

Hierdie uitverkorenes is niemand in besonder nie en is ook nie Kerk gebonde of die Kerk nie!  Maar uit al die vlakke van die samelewing, is hulle gewone mense, wat kinderlik in Jesus Christus glo en hulle harte aan Hom gegee het as die enigste Saligmaker!  

 

Hulle is dissipels en navolgers van JESUS wat deur die Heilige gees binne in die Volmaakte Liefde van Christus Jesus wedergebore is!  Daarom is hulle uit die laaste geslag van alle nasies, stamme, volke en tale deur die Heilige Gees uitgesonder as die “uitverkorenes!”   [Die lewende liggaam van JESUS in JESUS!]

 

Die apostel Paulus bevestig: “Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ʼn geroep, met die stem van ʼn aartsengel en met geklank van die basuin van GOD; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.  Daarna sal ons wat in die lewe oorbly [na die Groot verdrukking], saam met hulle in wolke (rookwolke) weggevoer word, die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.”   (1Thess. 4:16-17)

 

Vêrder sê hy: “En aan julle wat verdruk word, verligting te gee saam met ons [die martelare] in die openbaring van die Here Jesus uit die hemel met sy magtige engele.”   (2Thess. 1:7)

 

Johannes maak hierdie volgende waarheid bekend, naamlik: “En die ander dode het nie herlewe totdat die 1000 jaar [vrederyk van Jesus] voleindig was nie.  

Dit is die eerste opstanding. Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding, oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van GOD en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.”   (Openb. 20:5-6)

 

Sagaria het sowat 2500 jaar gelede, met betrekking tot die Jode, na hierdie oomblik in tyd soos volg verwys: “Maar oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en smekinge; en hulle sal opsien na My [Jesus] vir wie hulle [met die kruisiging] deurboor het, en hulle sal oor Hom rouklaag soos ʼn mens rouklaag oor ʼn enigste seun en bitterlik ween soos ʼn mens bitterlik ween oor ʼn eersgebore kind.  In dié dag sal die rouklaag groot wees in Jerusalem, ...”   (Sag. 12:10-11a)

 

Hierdié Jode sal vir JESUS sien maar sal nie deel uitmaak van die uitverkorenes wat saam met Jesus opgeneem word met Sy wederkoms nie.  Eers met Sy uiteindelike wederkoms sal een derde wat oorbly wel gered word!  Want JESUS sê vir Nikodemus die leermeester van die Jode: “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van GOD nie sien nie! ... en kan hy die koninkryk van GOD nie ingaan nie!”   (Joh.3:3 & 5)

 

Dit is ook baie duidelik uit die voorafgaande en hier opvolgende openbaringe van die Woord, dat nét JESUS se wedergebore uitverkorenes wat vanuit die drie en ʼn halfjaar Groot verdrukking kom, deel sal uitmaak van die eerste opstanding!   (Matt. 24:29-31 & Open. 7:9-17)

 

Dit is hier met die koms van Jesus, waar die Trooster, die Liewe Heilige Gees dan ook saam met Sy uitverkorenes terugkeer tot GOD die Vader, want die Heilige Gees bly vir ewig by hulle; sê JESUS!   (Joh. 14:16-18)

 

Die Liewe Heilige Gees maak ook met droefheid aan ons hierdie verborgenheid bekend, naamlik; dat Liewe Jesus met Sy koms, oor die wat verlore gaan ween, terwyl daar tog genade met soveel Liefde vir almal, tot redding was!   (Joh. 3:16-17)

 

Nicodemus ʼn Fariseër, wat glo in die wederopstanding van die dode, kom destyds na Jesus en die Here sê vir hom, onder andere; “... niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens [Jesus] wat in die hemel is.”   (Joh. 3:13)

 

Derhalwe moet dit ook baie duidelik verstaan word, al wil ons dit graag anders glo, dat nie een Christen alreeds in die hemel opgeneem is nie, maar dat hulle wel in afwagting in die dood en doderyk bewaar word, tot en met hul wederopstanding aan die einde van die 1000 jaar!   (1Kor. 15:12–23) (Dan. 12:2) (Dan. 12:13)

 

Nog minder sal een van ons opgeneem of weggeraap word, voor of gedurende die drie en ʼn half jaar van Groot verdrukking.   Maar eers na hierdie verskriklike tydperk van vervolging, lyding en verwoesting, word net Sy “uitverkorenes” versamel en opgeneem, sê JESUS!   (Matt. 24:21–31)

 

 

Terug na bo
Druk hierdie bladsy
Stuur hierdie blad aan iemand
Voeg tot gunstelinge
Kopiereg ©2012 Laastweek.co.za - Alle regte voorbehou