Laai die dokument gratis af www.Lastweek.co.za
Druk hierdie bladsy
Ruiter op die vuurrooi perd

DIE RUITER OP DIE VUURROOI PERD.  DIE WETTELOSE EEN. DIE “ANTICHRIS”.  

 

D

ie “ruiter op die vuurrooi perd” van Openbaring. 6:4, simboliseer die Islamitiese ryk vanuit die Ooste met die gesamentlike ondersteuning van die Oosterse moondhede!  

Hulle is die nageslag van die afstammelinge van Nimrod die geweldenaar, en van Ismael die seun van Abraham by Hagar die slavin, en Esau die vader van die Edomiete.   (Mal. 1:3-4)  

 

Maar, Paulus verklaar die volgende: “Nie omdat hulle [Ismael en Esau] Abraham se nageslag is, is hulle almal kinders van GOD nie [behalwe as hulle in Christus Jesus deur die Heilige Gees wedergebore is, dan is hulle kinders van GOD]!”   (Rom. 9:6-16)  

 

Vêrder sê hy: “En daarom sal GOD hulle [vir Islam] die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo.”   (2 Thess. 2:8-12)  

 

Met ander woorde; Islam het die ontstaan van sy Anti-Christelike geloof te danke aan ʼn leuen, wat Satan vir Mohammed gegee het en daarom dié dwaling tot vandag toe!  

Islam bevestig die ontvangs daarvan wanneer hulle verklaar dat; ʼn “Eerlike gees” [wat hulle Gabriel noem, ʼn engel], het aan Mohammed verskyn en hy het hierdie Anti-Christelike geloof aan hom gegee!  

 

Ook geen wonder nie, want die Satan self verander hom in ʼn engel van die lig, sê Paulus.   (2Kor. 11:14)  

 

Hierdie Islamitiese geloof is gegrond op ʼn leuen wat ʼn krag tot dwaling is, en word sedert die jaar 610 NC deur die Antichris beoefen!  

 

Sedertdien, word hierdie Anti-Christelike geloof van Islam, sowel as hulle samestelling en versameling, deur die verleidende en diaboliese mag van Satan bewerkstellig!   (2 Thess. 2:9)  

 

Die geskiedenis van hul selfgestylde; Godlose, liefdelose en wettelose geloof, het bewys dat hulle ʼn onbeheersde goddelose, barbaarse en antichristelike samevoeging van Satan is!  

Daarom staan daar geskrywe: “Wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het.   (Open.  12:12b)  

 

Gesamentlik word hulle ook beskryf as: “... Die wettelose wat sal kom ...”   (2 Thess. 2:8-12)  

 

Sedert die dominante ontstaan van die Islamitiese oorheersing, het hulle hulself bewys as ʼn uiterste en gewelddadige vyand van Christene en veral van die Westerse moondhede!  

 

Daar staan geskrywe: “... En soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie anti-Christene, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is.”   (1 Joh. 2:18)  

 

“Want baie verleiers het in die wêreld ingekom; [die wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie].  Dit is die verleier en die Antichris.”   (2 Joh. 1:7)(1 Joh. 4: 3)  

 

“Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is?  Dít is die Antichris wat die Vader en die Seun loën.”   (1 Joh. 2: 22)

 

Dit is dus duidelik dat almal wat teen die Christelike geloof is en wat ontken dat Jesus Christus die Seun van GOD is, deel uitmaak van die Antichris!  

 

Moslems of Mohammedane maar beter bekend, internasionaal, as Islamiete, het die Westerse nasies binnegedring, sonder om Westerse demokrasie aan te neem, maar om dit te misbruik vir die vestiging van hulle eie soort anargistiese selfbestuur.

 

Die Islamiete, sal nie die “merk van die dier” [VERENIGDE WESTERSE NASIES] aanvaar nie, omdat hulle nie onder beheer van die “laaste wêreldorde” en hulle magte wil staan nie.  

 

Nietemin is die Islamitiese krygshere die meesterbrein agter alle internasionale terrorisme en onstabiliteit, en so noodsaak hulle die implementering van die “merk van die dier.”  

 

Hulle sal egter beheer oor hulle rykdom verloor, en dit sal onder beheer van die “laaste wêreldorde” [VERENIGDE WESTERSE NASIES] kom.  

 

Die ruiter op die “vuurrooi perd”, simboliseer die Islamitiese krygers met die “groot swaard” waarmee geweldige verwoesting aangerig word.   (Openb. 6:4)  

 

Dié “groot swaard” is die atoom slaankrag wat deur S.A. ontwikkel en aan hulle gegee is!  Dit is met hierdie “groot swaard” van Islam, waarmee die vrede van die aarde weggeneem word.   (Openb. 6:4)  

 

Hierdie Islamitiese krygshere vanuit die ooste, was gedurende die sogenaamde “struggle” van die apartheidsjare, die grootste ondersteuners en raadgewers van die ANC en is dit tot vandag toe.  

 

By oorname van Suid Afrika en as vergoeding, is atoom en vuurpyl tegnologie aan hulle belowe.  

 

Onmiddellik na die val van die vorige regering is die geheim van hierdie magtige wapen aan hulle oorhandig as vergoeding, en dit sonder die medewete van die Westerse kern moondhede.  Dit was mos immers terugbetaal tyd.  

 

Met hulle domastrante hoogmoed, was dit vir hulle net die regte tyd vir oorname van hierdie geweldige atoom slaankrag!  

 

Hierdie versteuring van vrede op aarde het baie duidelik begin op 11 September 2001 in New York, en daarna regdeur die hele wêreld.  

 

Hierdie vergoeding van Suid Afrika aan die Islamitiese krygshere uit die Ooste, is ʼn onvergeeflike flater wat nie reggestel sal word nie, maar die wêreld sal dit binnekort besef en beleef.

 

Daniël maak bekend; “en tot die einde toe sal dit oorlog wees, vasbeslote verwoestings.”   (Dan. 9:26)  

 

NB .  Die mag wat die Islamitiese nasies ten Noorde, Ooste, Suide en Weste van die Eufraatrivier [d.w.s. Irak], van oorlogvoering teen die Westerse nasies terughou, is vier engele.  

 

Hulle word gereed gehou vir die uur en dag en maand en jaar, wanneer hulle losgelaat word om ʼn derde van die mensdom dood te maak.  

 

Hierdie navolgers van Mohammed, te wete die Islamitiese krygers, sal gesamentlik met die ondersteuning van die Oosterse moondhede, ʼn leërmag van 200 miljoen krygers bymekaar bring om sodoende hul gesamentlike vyand, die laaste wêreldorde, aan te val.  

 

Gedurende hierdie tydperk sal een derde, ± 2,500 miljoen, van die mensdom uitgewis word.   (Openb. 9:14-16)  

 

Joël bevestig; “... uitgesprei oor die berge, [vanuit die Ooste] kom ʼn talryke en magtige volk [Islam], wat van oudsher sy gelyke nie gehad het nie en dit hierna ook nie sal hê tot in die jare van die vêrste geslagte nie” [met ander woorde tot aan die einde van die duisend jarige vrederyk.]  

 

“... Vir hom bewe die volke van angs, alle aangesigte verbleek.”  “... voor hulle bewe die aarde, sidder die hemel; die son en maan word swart, en die sterre trek hulle glans in.”   (Joël. 2:1-17)  

 

Islam is ʼn gewelddadige Antichris beweging, wat Gods-lasterlik is teenoor die Christen geloof en moet onder alle omstandighede vermy word!  

Die Islam gewoontes, hulle antichristelike geloof, godsdienstige rituele, en hulle Antichris offergawes, naamlik; Halaal, al hierdie goed, is vir GOD die VADER van Jesus Christus ʼn gruwel.  

 

Vir die Christene en hulle kinders, wat Halaal bewustelik of onbewustelik eet, vir hulle is dit ʼn Antichris afgod offer en wek dit die toorn van GOD!  

Dit bring ʼn vervloeking en krankheid, sonder uitsondering, op die liggaam en die gesin!   (2Kor. 6:14-18)(1 Kor. 10:14-22)(Hand. 15:24-29)  

 

Die opregte Christen, bid en vra nie vir die Here se seën oor ʼn Antichris afgod offer nie, want dit is Godslasterlik!  

 

Wanneer die opregte Christen in die geringste ongehoorsaam is wat bogenoemde betref, word die Liewe Heilige Gees daardeur bedroef!   (Efese. 4:30)(Joh. 3:36)  

 

Maar GOD word geëer en verheerlik deur die engele wanneer hulle dit opmerk dat die gelowige in die geringste tot GOD gehoorsaamheid beoefen!  

 

Daarom is dit dan van uiterste belang dat ons die Heilige Gees se ingewinge, leringe en leiding eerbiedig en moet ons net soos Jesus dit gedoen het aan Hom, in alles gehoorsaamheid bewys en beoefen!  

 

Daar is net een Waaragtige GOD en Hy is die Vader van die lewende Jesus Christus en van die Trooster die Heilige Gees!  Sonder Jesus, is die mens vir ewig verlore, beslis bestem vir ʼn ewige verdoemenis, ongeag wie en wat die geloof is wat beoefen word, indien enige!   (Hand. 4:12)

 

 
Terug na bo
Druk hierdie bladsy
Stuur hierdie blad aan iemand
Voeg tot gunstelinge
Kopiereg ©2012 Laastweek.co.za - Alle regte voorbehou