DIE “RUITER OP DIE WIT PERD” IS DIE LAASTE WÊRELDORDE [DIE DIER]!
ie dier van Openbaring 13:1 wat uit die see opkom met sewe koppe en tien horings, is in werklikheid die “laaste wêreldorde of heersende mag.”
[Die ruiter op die wit perd]!
Hulle is altesaam sewentien [17] kuslande wat grens aan die see.
Die dier bestaan vervolgens, uit die sewe magtigste ekonomiese super moondhede ter wêreld naamlik:
Die VERENIGDE STATE VAN AMERIKA.
KANADA.
BRITTANJE.
FRANKRYK.
ITALIË.
JAPAN.
DUITSLAND.
Die tien horings waarvan ons lees, is die volgende lande:
PORTUGAL.
SPANJE
BELGIË.
HOLLAND.
DENEMARKE.
NOORWEË.
SWEDE.
GRIEKELAND.
AUSTRALIË.
NIEU ZEELAND.
“Hulle [die tien genoemde lande] het een gesindheid, en sal hulle krag en mag oorgee aan die dier [wat die Bogenoemde 7 super moondhede is].”
(Open. 17:13)
Gesamentlik en met hulle ondersteuners kan hulle beskryf word as die VERENIGDE WESTERSE NASIES.
Hulle word gesimboliseer as die “ruiter op die wit perd.”
Hy het ʼn boog [mag] en aan hom is ʼn kroon [outoriteit] gegee, en hy het uitgegaan as ʼn oorwinnaar en om te oorwin.
(Open. 6:2)
Die Westerse nasies van die “wit perd ruiter”, is afstammelinge van die nageslag van die aartsvaders, Isak en Jakob.
Daniël verklaar met betrekking tot die einde: “Daar sal ʼn koning [die laaste wêreldorde of die VERENIGDE WESTERSE NASIES] optree, hard van aangesig en wat listige streke verstaan.
Sy krag sal sterk word, maar nie deur sy krag nie; En hy sal buitengewoon baie kwaad aanrig en dit voorspoedig uitvoer; En hy sal magtiges [die Islamitiese strydende leërs] vernietig en ook die volk van die heiliges [die uitverkore Christene].”
(Dan. 8:23-24)
“En die draak [dit is Satan en sy troonsaal is in Sjina, waar die draak aanbid en verafgod word, en as gevolg van die mag van Sjina] het hom [vir die dier, die laaste wêreldorde of die VERENIGDE WESTERSE NASIES] sy krag gegee en sy troon en groot mag [naamlik wêreld heerskappy].”
(Open.
13:2)
Hierdie periode, is die laaste drie en ʼn half jaar van die laaste sewe jaar.
(Open. 13:5 & 7)
Let wel:
Duitsland is die sewende kop van die dier met die “dodelike wond” wat gedurende die Tweede wêreld oorlog totaal vernietig is.
(Open.
13:3)
Na die oorlog, is Duitsland deur die geallieerde magte in Oos en Wes Duitsland verdeel.
Gedurende 1989 het Rusland sy greep oor Oos Duitsland laat vaar en toe die Berlynse muur val, het die onderverdeling van Oos en Wes verdwyn en die “dodelike wond” het begin genees.
Duitsland is toe herenig as ʼn soewereine staat en het intussen, ontwikkel tot ʼn magtige ekonomiese reus.
Amerika se gesamentlik toetrede in 1942 met die geallieerde magte, het gely tot die oorwinning van die “Tweede Wêreld Oorlog van 1939-1945!”
En die resultaat daarvan is die gesamentlike ontworteling van Duitsland, Italië en Japan.
[Die gesig van Daniël 7:8, is deur middel van hierdie oorlog in vervulling gebring!]